STORIE AGTER DIE LIED

STORIE AGTER DIE LIED

Die interessante voorgeskiedenis van die trefferliedjie “Ek verlang na jou” is gister op Facebook ontrafel n.a.v. ‘n plasing deur my oor ‘n onderhoud wat ek in die 70’s met die bekoorlike sangeres Sonja Herholdt gevoer het. Daarin het ek vertel hoe Sonja die lied by...

SPRANKELENDSTE SONJA

SPRANKELENDSTE SONJA

Nou moet ek versigtig trap, ek weet, maar ek wil tog waag om dit op skrif te stel: dat Sonja Herholdt die borrelendste, opgewekste, sprankelendste en ongekunsteldste mens is met wie ek ooit ‘n onderhoud gevoer het. Sonja word vandag in “Die Burger” se lekker rubriek...

TARZAN EN JANE

TARZAN EN JANE

Soos Facebook se algoritmes nou maar werk, word by jou ‘n belangstelling bespeur en dan word jy toegegooi met verbandhoudende materiaal. ‘n Navraag oor ou flieks het ‘n vloegolf foto’s van aktrises op my losgelaat: Marilyn Monroe, Brigitte Bardot, Gina Lollobrigida,...

FUNICULI, FUNICULAAA!

FUNICULI, FUNICULAAA!

Jamme, jamme ‘ncoppa, jamme jà /Jamme, jamme ‘ncoppa, jamme jà/ funiculì, funiculà! funiculi funiculà!/ ‘ncoppa, jamme jà /funiculì, funiculà! So sing Mario Lanza gisteraand in U Eie Keuse op die radio.  Soos altyd wonder ek oor die herkoms en betekenis van die ou...

OU SABIEPARK

OU SABIEPARK

Hier's ons weer, hier's ons weer, met ons blaar-lus voor jul deur ... Noem Tarlehoet nou die Sabiepark Spur of iets dergeliks, maar gister ag is die sewe kameelperde toe jou werklik die soveelste keer terug vir 'n langdurige kuier. Vyfde of sesde keer in vier dae. Dit...

BOEKE OOR KOERANTE

BOEKE OOR KOERANTE

In sy insiggewende voorwoord tot Wag-'n-bietjie verskaf prof. Johannes Froneman 'n waardevolle bestekopname van boeke oor koerante en koerantmense in Afrikaans. Ek plaas dit graag hier: Toe Hennie van Deventer in 1998 uittree as hoof van Naspers se koerante, was die...

INSPEKSIE IN LOCO

INSPEKSIE IN LOCO

En nou, dames en here, glo dit of nie: kameelperde wat kan lees. Pas het ek gister my Lentedagstukkie, Hol-a-drio-a, op Nagkantoor geplaas of twee langnekke daag op vir ‘n inspeksie in loco. Wat hulle waarneem, verheug die hart en laat die mond water. ‘n Opgeskote...

‘n KUIER-VAKANSIE

‘n KUIER-VAKANSIE

Die by the sword - so heet Sabiepark se Boere-Aussie, Tony Park, se nuwe boek - iets soos sy 23ste. Dit moet oor die ANC handel, het André Groenewald terstond besluit toe ons die vermaarde skrywer in die piekniekplek raakloop en die twee 'n geselsie aanknoop. Tony kon...

TOEGEWYDE PA

TOEGEWYDE PA

As daar ooit ‘n man uit een stuk was, was dit my goeie vriend Frik Nel (87) wat vanoggend in die hospitaal in Montana, Pretoria, oorlede is nadat n griepvirús sy hart aangetas het. Sy toegewyde vaderskap vir sy seun Louis (60) wat weens ‘n besering by sy geboorte...

IS DIT NOU NODIG?

IS DIT NOU NODIG?

Die nuus uit Gqeberha oor die begin van die derde geregtelike doodsondersoek na die moorde op die Cradock-Vier wek by my taamlike ongemak. Vir die familie se versugting na afsluiting (seker ook wraaksug) moet ’n mens begrip hê, maar om ‘n groep 80-plussers - die...

TOT SIENS, GOUE JOAN

TOT SIENS, GOUE JOAN

Dat ‘n sportster soos Joan Harrison, wenner van ‘n Olimpiese goue medalje in Helsinki in 1952, ons net stilletjies kan ontval, is amper ondenkbaar. Hoe gebeur dit? Is al ons nuusantennas reg ingestel? Feit is: Joan Harrison (89) –‘n legende sal sommige nie skroom om...

MY SPAN LIVERPOOL!

MY SPAN LIVERPOOL!

Die stewige aanbod (ooraanbod?) van Engelse sokker op Supersport en e-nuus op Kyknet herinner my telkens aan my naaste belewenis van ’n FA Cup Final. Dit was in Mei 1974. Ek was nie die Saterdag by Wembley nie, wel in Londen in verband met die stigting van Beeld in...

SPRANKELENDE 21

SPRANKELENDE 21

Hier dan: Hamlet met die prins(e). Die uwe en ouma Tokkie saam met Thomas (links) en Jacob . Agter ons is Simonsberg. Kyk hoe trots is ons twee oues! Op die onderste foto is ons saam met die hele Claassens-span: ook Brent, Marisa en Christopher. Vir die boonste foto...

SLAG VAN MELKBOS

My brief in Rapport se meningskolom Sondag 13 April: Jammer om daardie ballon te prik, maar die Slag van Blouberg in 1806 was nie in Blouberg nie. Om ‘n stryd teen ‘n nuwe hotel in Blouberg aan die veldslag van amper 220 jaar gelede te koppel, kan oulik klink, maar is...

PLESIER VAN PADKOS

PLESIER VAN PADKOS

‘n Kostelike stukkie humor in die Bybel is hoe die Israeliete op hul Groot Trek na die “land van melk en heuning” holderstebolder met hul onklaar “padkos” uit die land van die farao vort is. In Eksodus 12 lees ons hulle het in die pad geval met hul brooddeeeg, sonder...

O SOETSTE TAAL

Op Moedertaaldag onthou ek ver-ver terug die eerste aand, iewers in 1959, toe ek 'n nog jong Mimi Coertse in die Aula op die Tukkiekampus O boereplaas hoor sing het: O boereplaas, geboortegrond! Jou het ek lief bo alles. Al dwaal ek heel die wêreld rond, waar so...

TOTSIENS, KOLLEGA

TOTSIENS, KOLLEGA

Almal bo 'n sekere ouderdom is in die vertreksaal, wagtende op hul eie vlug/vaart om te vertrek. Van die gesegde kan kwalik 'n treffender illustrasie bestaan as 'n foto in die pamflet vir kollega Jean le Roux se gedenkdiens die week. Die foto beeld hom uit op...

DANKIE, VOLKSBLAD

DANKIE, VOLKSBLAD

By die afskeid van ‘n geliefde kan jy huil omdat hy weg is of bly wees dat hy gelewe het en jou lewe verryk het. Vir ons geliefde koerant geld laasgenoemde. So skryf ek vandag in Volksblad, die koerant waarin ek 24 van my beste jare ingeploeg het, 12 as redakteur. So...

VAN DEVENTER PENS

Op ’n dag het ek ’n brief van Bybelkor ontvang, koelbloedig gerig aan “Geagte mnr. Van Deventer ‘Pens’”. Waarop ek toe aan ds. Hans Linde, destydse uitvoerende direkteur, terugskryf: “U skryf aan my as … ‘Pens’. Ek kan kategories stel dat ‘Pens’ (met of sonder...

KWêLA OP DIE DUINE

KWêLA OP DIE DUINE

OOr Kyknet se 25 jaar gesels Murray la Vita en Marida Swanepoel vandag land en sand in Die Burger.  Geluk, Kyknet, vir ‘n kanaal wat met nul kykers begin het, het julle geroer om vandag so ’n betekenisvolle faset van die Afrikaanse leefwêreld te wees. Mense kyk nie na...

SPITBRAAI, 20/11

SPITBRAAI, 20/11

Parkering is Woensdag op twee plekke beskikbaar: in Penguin Place (sic) voor die huis (boonste foto) en soort van langs die huis in Strandweg (onderste foto’s).  Die huis (die laaste een aan die linkerkant van die straat) se nommer is 11. Penguin Place is die vyfde...

ANDER OU SE PAJAMAS

Die spreekwoord praat van anderman se skoene waarin jy nie graag sou wou staan nie. Ek het my eie gepatenteerde weergawe. Skoene word met pajamas vervang. Elke dag / hoor / sien ek iets in die media wat my dankbaar stem dat ek nie in die of daardie se nagkabaai wakker...

UILE VAN VOLKIES

UILE VAN VOLKIES

Die Uile van Kranskop is eintlik die Uile van Volkies. Dit het ek – self ‘n oud-Volkie van Potchefstroom – darem so half en half geweet. Vandag het ek die bevestiging gekry in Erika Terblanche se ATKV|LitNet-Skrywersalbum oor die vrugbare jeugverhaalskrywer. Uit Erika...

GRYP VAN BATES

GRYP VAN BATES

Die opvatting - as so een bestaan - dat sakeblaaie net sedig, saaklik, selfs stroef sou wees, kry vandag 'n opstopper in Media24 se koerante. By 'n berig oor haar regstryd met die Reserwebank se grypery van haar bates (onroerende bates, bedoel ek hier) verskyn Berdine...

HOND SOEK ‘N VROU

HOND SOEK ‘N VROU

Hy / sy moet nog net kan praat. So sê mense van ‘n skrander hond Rondom die jaar 2000 in ‘n soektog na die skranderste hond het die BBC (British Broadcasting Corporation) se basterbrak Pippin sterk na vore gekom. Die halfpoedel-halfspanjoel met ‘n bietjie Ihasa apso...

NATNEUS-NUUSMAKERS

NATNEUS-NUUSMAKERS

In Die Burger kry hondeliefhebbers (ook enkele katliefhebbers) die laaste ruk ‘n goeie kwota stories oor geleerde troeteldiere wat ook as “nuusdraers”uitblink. Gelukkige mense lees hul koerant soggens horisontaal met komplimente van ‘n getroue “Wagter” wat as vaste...

BAD SE GAT

Ek weet nie mooi wat 'n digi-gedig is nie. Bemerk egter die ATKV bied 'n kompetisie vir Afrikaanse digi-verse aan. Een afdeling is vir komiese gedigte. As ek sou ingeskryf het, sou ek gewaag het met "Bad se gat" - enetjie waarmee ek lekker gespeel het. Dalk kan iemand...

MY PAD MET MY BOEKE

MY PAD MET MY BOEKE

Met my rondkrappery vir resensies en allerlei kommentare op boeke uit my pen, ontdek ek, nogal verrassend, dat oor een boek meer mooi dinge deur meer mense kwytgeraak is as oor elke ander een van die 25 of so.   Dit is Laatoes – Kykweer van ‘n kanniedood-koerantman.  ...

BEELD: DAG DER DAE

BEELD: DAG DER DAE

“Heut' ist der Schönste Tag in meinen Leben”, sing Joseph Schmidt in sy 1935-treffer.  Op skool in die 50’s aan Volkies, Potchefstroom, was die lied ‘n staatmaker op plate-aande in die skoolsaal. Van ons Volkies van daardie era het gewonder en nogal daaroor kopgekrap...

NATSTEEN-KAMERADE

NATSTEEN-KAMERADE

Ons weet wat julle nie weet nie. Ons – ek praat nou van die spesie joernalis – weet watter vreugde ons uit ons beroep geput het. Die naweek is daardie vreugde op genoeglike wyse ten toon gestel op die tweede Natsteen by De Wet Potgieter se Nagkantoor-kroeg op die...

BOETE OOR JOPIE

BOETE OOR JOPIE

Op die voorblad van Albert Blake se afgewagte biografie oor Jopie Fourie pryk 'n mooi foto van die jong Boererebel, let ek op. Ek wonder of Blake weet van die tyd toe dit onwettig sou wees en vir hom 'n boete op die hals kon haal. Ton Vosloo het in daardie slagyster...

VETERANE VIER VRIENDSKAP

VETERANE VIER VRIENDSKAP

By Vergenoegd in die Paarl het twee Volksblad-veterane vandag lang stories gesels. Ek en Tokkie het vir Johan van Wyk gaan kuier waar hy nou ná die mooie Zandra se dood alleen moet klaarkom. Nadat ons saam ‘n broodjie gebreek het, het ons ‘n bankie gevind vir ‘n foto....

REISMOLESTE

REISMOLESTE

Sommige reise is nie vir sissies nie. Konfrontasies met allerlei hardekwas gesagsfigure; vreesaanjaende vlugte op flentervliegtuie; senutergende busritte saam met hoenders en bokke; slapelose nagte in agtertangse hotels; ure se toustaan vir slegte kos van suspisieuse...

AAND VAN BOK-KAPTEINS

AAND VAN BOK-KAPTEINS

En die klomp handtekeninge? Almal Springbok-rugbyspelers s’n. Dis op ‘n geraamde spyskaart wat teen my kroegtoonbank in die woonkamer hang. Die oorsprong is die sogenaamde “Aand van die kapteins” in Kaapstad se Mount Nelsonhotel op Woensdag 24 Mei 1995, die vooraand...

STEMDAG 2024

My simpatie is met elkeen wat 'n bloutjie by die stembus geloop het, veral diegene wat wou stem, maar nie kon nie omdat hulle na ses uur of meer in lang, stadig bewegende toue moed opgegee het; diegene wat weggewys is oor administratiewe foute met hul registrasie;...

HAAL AF, HAAL AF!

HAAL AF, HAAL AF!

Verkiesingsplakkate met slim en minder slim slagspreuke is tiekie die bos voor a.s. Woensdag se verkiesing. Elke party wil elke ander party se boodskap oortroef of verdwerg. Rusies vlam op oor kwessies soos pariodiëring van plakkate, verwydering van plakkate weens...

IDEAAL VIR WEGKOM

IDEAAL VIR WEGKOM

Slinger-slinger deur die ruuste van ruwe rotse kies die klipperige grondpad koers van die sendingstasie Zoar se kant op die bekende R62-roete tot by Laingsburg op die N1. Die oggendson bak uit ‘n blouselblou lug op die asemrowende rotsformasies . Dit is die...

‘n MYMERING OOR WYN

‘n MYMERING OOR WYN

‘n Vreugde van die salige aftreejare, nou al 25, is ‘n skemerwyntjie op ‘n bankie langs die see met ‘n Privaat-plaatjie teen die rug en met ‘n uitsig op Tafelberg en Robbeneiland. So skryf ek in die tydskrif "WynLand" se Apriluitgawe in die rubriek "Cheers vir eers"....

OUPA IN DIE LANGPAD

OUPA IN DIE LANGPAD

Party mense kan dink dis vervelig. Van my 83 jaar op aarde is 'n kenmerk egter my lang verbintenisse. Ek en my kerk (amper 70 jaar), ek en my bank ( oor die 60 jaar), ek en vrou (amper 60 jaar ), ek en my rugbyspan (amper 60 jaar), ek en my werkgewer (amper 50 jaar) -...

KWV-DIPLOMASIE

KWV-DIPLOMASIE

Diplomaat verdrink in bad ná te veel KWV. Nee, dit was nie werklik ‘n koerantopskrif in die 60’s nie, maar dit was ampertjies. Die diplomaat was die Fillipyn Vittorio Carpio wat aan die spits was van ‘n VV-vredesending oor die Suidweskwessie wat Suid-Afrika in 1962...

DANIES TRAP TONE

DANIES TRAP TONE

My twee vriende Danie Krynauw en Danie Krynauw het albei later (maar heelwat later) lekker gelag oor ‘n tonetrappery by hul eerste ontmoeting. So ‘n ontmoeting die een of ander tyd was onvermydelik omdat albei in die Kaapse sosiale lewe aktief was. Een Danie Krynauw...

EENVOUDIG NET BETER

EENVOUDIG NET BETER

Dis nie dat die lewe aan land vir hom onsmaaklik is nie. Die lewe ter see is net beter. Ek wil dié woorde van sir Francis Drake so verbuig: Dis nie dat lewe op ander skepe vir my onsmaaklik is nie. Die lewe op die Queen Mary 2 is net beter. ‘n Hardnekkige maaggogga...

SAL VLIEG HOOG MET FEES DER FEESTE

SAL VLIEG HOOG MET FEES DER FEESTE

By sy 90ste verjaardag op 2 Februarie 2024 het die verrinneweerde Suid-Afrikaanse Lugdiens bloedmin om te vier. By sy 50ste in 1984, 40 jaar gelede, was, in skrille kontras, ‘n fees sonder weerga. Van 2 Februarie, die lugdiens se stigtingsdag in 1934, tot 23 November...

SKATKIS VOL KWINKSLAE

SKATKIS VOL KWINKSLAE

As spreker – dikwels impromptu by konferensies en etes – en as storieverteller met ’n unieke styl, ’n monumentale humorsin en ’n skatkis vol kwinkslae, anekdotes en slimstories het Piet Cillié, redakteur van Die Burger en later voorsitter van die Nasionale Pers, nie...

EIE CHARLIE CHAPLIN

EIE CHARLIE CHAPLIN

Elke keer as spotprenttekenaar Charl Marais stiptelik om 11:00 by my kantoor by Die Volksblad inwals vir die spotprentkonferensie, het ek half verwag dat hy ’n bamboeskierie en paar-nommers-te-klein hardebolhoedjie sou uitpluk en ’n paar danspassies uitvoer. Nes sy...

VAT DIT KORT!

VAT DIT KORT!

Iemand, veel jonger, vra my gister op my 83ste na ‘n lewensles.  Sonder nadenke kom my antwoord: waak teen te lank. Waarskynlik kan die antwoord, en die snelheid waarmee dit afgevuur is,  verbind word met ‘n geleentheid wat onlangs bygewoon is.  Daardie een is werklik...

RIZZ EN ZIRR

RIZZ EN ZIRR

Die woordjie 'rizz' se bekroning as die Oxford University Press (OUP) se woord van die jaar vir 2023 voer my gedages terug tot die woordjie 'zirr' wat in die jare 60 in die Lugmaggimnasium in Pretoria se woordeskat ‘n ereplek beklee het. Die twee woorde – die een...

PIEPIE-PENARIE

Die penarie van ‘n dringende draai loop sou ‘n mens dit kon noem: die hele moles wat in fases – soos beurtkrag – ontvou het nadat ‘n bejaarde vriend onwyslik sy gade se aanbod om op ‘n lang reis vir die doel by ‘n vulstasie stil te hou van die hand gewys het. Die...

‘n AREND KOER NIE

‘n AREND KOER NIE

Vandag wil ek die wapen opneem vir ‘n wapen: my geliefde skool, Volkies van Potchefstroom, se klassieke en tradisieryke arendwapen. Op die verre Melkbos kry ek sterk snuf in die neus dat iemand met jeukvingers aan my alma mater se wapen torring. ‘n Weergawe duik hier,...

KREEF OP DIE KOLE

KREEF OP DIE KOLE

Kreef op die kole by Sabiepark se piekniekplek.  Vir ons was dit iets nuut. Waarskynlik  ook ‘n eerste vir Sabiepark. Johan en Mariza het die begeerlike seekos saamgebring toe hulle die laaste week van ons lang wintervakansie uit Oudtshoorn kom saamkuier het.  Die...

TY-KONNEKSIES

TY-KONNEKSIES

Skakels binne skakels binne skakels, Drie van die mense op die boonste foto – een van hulle ‘n kollega - was in die afgelope dae saam met my en Tokkie op Tarlehoet se stoep in Sabiepark, ‘n vierde is ‘n matriekmaat, asook mede-Klerksdorper, en die vyfde ‘n...

REUK VAN PIESANGS

REUK VAN PIESANGS

Hoe ver kan ‘n bosnagaap ‘n piesang ruik? Dat sy kos – veral boomgom, bloeisels, sade en vrugte - gewoonlik deur reuk opgespoor word, is bekend. Daarvan het ons heelwat ervaring. Elke aand word op ons “piesangtafel” in Sabiepark sterk meegeding om die lekkerny. ‘n...

BOEKE OOR KOERANTE

BOEKE OOR KOERANTE

 ‘n Volledige lysie van my boeke met ‘n koerantetema in chronologiese volgorde: Scoops en skandes (Tafelberg, 1993) Flaters en kraters (Tafelberg, 1996) Kroniek van ‘n koerantman (Tarlehoet, 1998) In kamera (Protea Boekhuis, 2003) Byl in my bos (Griffel Media, 2009)...

OOR GLORIERYKER DAE

OOR GLORIERYKER DAE

Agteros kom ook in die kraal. Verkoon as my storie ietwat koue kos is, maar die nuus dat Mediapark in Aucklandpark, Johannesburg, blykbaar al geruime tyd gelede aan UJ (Universiteit van Johannesburg) verkoop is, het by my verbygeglip. Ek hoor dit pas: Media24 se mense...

ROEKELOSE DROME

My wrewel oor die onbekookte borgskap-projek van SA Toerisme stort ek vanoggend in 'n brief in Die Burger en Volksblad uit. Ek skryf: Veronderstel vir een vlietende oomblik Temba Khumalo van SA Toerisme se beoogde borgskap van Tottenham Hotspur is nie ‘n lugkasteel...

REDDING ROOI MERC

REDDING ROOI MERC

Ja, dis vroulief Tokkie se granaatrooi Merc daardie. Hoe haar 14-jaar-oue staatmaker op die nippertjie ’n rol in die matriekafskeid van die Hoërskool Stellenberg, Bellville/Durbanville, verwerf het, is ‘n lang, pynlike storie. Laat ons die detail maar verswyg. Genoeg...

PROF. PERFORMER

” Fransjohan Pretorius se memoires oor sy dosenteloopbaan op Netwerk24 laat die prentjie van prof. Nico van der Merwe voor my opdoem. Hy was ‘n jeugdige regsprof by Tukkies in die jare 60. ‘n ware “showman”. Ek sou sy delikteklas in Romeins Hollandse Reg III vir geen...

TROU TOT DIE DOOD

TROU TOT DIE DOOD

Een vakansie bring my Sabieparkvriend Frik Nel, voorheen brig. Frik Nel van die Veiligheidspolisie, vir my die boek Trou tot die dood deur die laaste polisienkommissaris in die ou bedeling, genl. Johan van der Merwe, wat gisteraand na ‘n beroerte oorlede is. In die...

RSG SKIET BOK MET KLOK

RSG SKIET BOK MET KLOK

Een van Edith Piaf, “Mossie van Parys ” se mooi Franse liedjies  heet “Les trois cloches”.  Dit vertel van ‘n man vir wie die kerkklokke drie keer gelui het: by sy geboorte, troue en begrafnis. Wie onthou nog die liedjie waarvoor Fanus Rautenbach so lief was, "Die bok...

ONVOLTOOIDE SIMFONIE

ONVOLTOOIDE SIMFONIE

Vir die MSC Sinfonia het die Van Deventers nou al drie keer gegroet.  Dat ‘n vierde groetslag dalk kan voorlê, was ‘n vergesogte gedagte. Onverwags het so ‘n moontlikheid egter nou opgeduik.  Ons het nie te lank gewik en geweeg nie. Pas het die bevestiging van ons...

TJORRE MET TITELS

Ter ere van die Chinese Sehol wat nou tot die mortormark toetree, deel ek graag ‘n hoofstukkie oor motorname uit my humorboekie “Praat-praat in Tamatiestraat” (Griffel, 2010). Dit is ook as e-boek by De Novo beskikbaar. Kyk onder. TJORRE MET TITELS “Bankrot Maar...

EIE GENESARET

EIE GENESARET

‘n Entjie buite Chrissiesmeer op die pad van Carolina na Ermelo is ‘n padbord: Genesaret.  Dis nie ‘n pad wat ek dikwels ry nie.  Elke keer as ek verby ry, wonder ek egter oor hierdie Genesaret.  Bestaan  ‘n Bybelse konnotasie? Die netjiese grondpad na Genesaret loop...

RILLER BY BRANDVLEI

RILLER BY BRANDVLEI

Elke visterman kan vir jou ’n storie of twee vertel van die grote wat weggekom het. Sulke onheil tref nie net vistermanne nie. Pas is die nuus bekend gemaak van ons geskenkboek oor ons seun, Johan, se lewensreis met diabetes mellitus (Vyftig jaar op insulien – ‘n...

BOME VAN STATUUR

BOME VAN STATUUR

Een, twee, drie jakkalsbessies tel ek op die werf van Tarlehoet by Wildevy 154, Sabiepark. Oornag het hierdie bome van statuur 'n nuwe status verwerf. Jakkalsbessies is een van vier nuwe spesies op SA se lys van beskermde bome. Bewaar jou as jy hulle sommer net gaan...

VREESLOSE VERKENNER

VREESLOSE VERKENNER

Alwyn wie? So kan ek baie mense hoor vra as die naam van Alwyn Schlebusch genoem word.  Tog was die man van inbors een van die gedugste en invloedrykste politici van sy era; ‘n toegewyde voorloper en verkenner in die soeke na ‘n politieke oplossing vir die krisis...

PETER MALAN SE KLIP

PETER MALAN SE KLIP

Geld groei nie aan bome nie … ook nie klippe nie. In Sabiepark is ‘n klip in ‘n boom wat lyk of dit saam met die boom kon gegroei het. Hoe anders verklaar ‘n mens daardie bielie se teenwoordigheid hoog en droog in ‘n mik van ‘n huilboerboon (ai, watter gedugte boom!)...

KONTINENTALE MATRIEK

KONTINENTALE MATRIEK

‘n Akademikus weet al hoe meer van al hoe minder en minder en ‘n joernalis  al hoe minder van al hoe meer en meer.  Die wysheid van prof. Piet Cillié by sy eie oorskakeling van die ioernalistiek tot die akademie kom by my op wanneer ek by die herlees van JA Kannemeyer...

NAT KOL, MODDERKOL

Moenie van ‘n nat kol ‘n modderkol maak nie, waarsku my Tokkievrou gereeld. Ongelukkig het ek in hierdie opsig ‘n swakheidjie: meermale as ek ‘n penarie probeer beredder, slaag ek net daarin om die penarie te verdiep. Miskien is dit omdat ek uit die koerante-omgewing...

JINTELMAN-POLITIKUS 

JINTELMAN-POLITIKUS 

Een van die politieke leiers wat in my persgalerydae in die 60’s die diepste in my hart gekruip het, was – snaaks genoeg vir die verteenwoordiger van ‘n Nasionale koerant – sir De Villiers Graaff, jintelman-leier van die Verenigde Party. Ek het hom op die krieketveld...

NUWE JAAR, NUWE EEU

NUWE JAAR, NUWE EEU

OM MIDDERNAG, 31 Desember 1999, het die 20ste eeu tot ’n einde gekom.. Wereldwyd is asem opgehou oor potensiële chaos in die rekenaarbedryf wat alles van lugvaart tot die bankwese ernstig kon belemmer, indien nie in duie laat stort nie. Die Y2K-probleem is dit genoem,...

LANKMOEDIGE KAPOUS

LANKMOEDIGE KAPOUS

Alle lede van die spesie homo sapiens is natuurlik nie ewe lankmoedig en genaakbaar nie. ‘n Spesiale pakket van deugde word geverg om ‘n lughartigheidjie te kan uiter nadat bobbejaan se kind jou domein binnegedring, al jou breekgoed (plus ‘n paar onbreekbaarhede op...

DRIEKUNS IN DIE BOS

DRIEKUNS IN DIE BOS

‘n Driekuns op die krieketveld  veroorsaak groot opgewondenheid.  Die bouler is uit sy vel . Sy spanmaats storm op hom af om geluk te wens. Laat ek julle vertel van ‘n sonderling driekuns in die bos. Die “bouler” se naam is Caroline Pols-Dijkstra, ‘n mede-Sabieparker,...

BROEDERLIKE BEROERING

BROEDERLIKE BEROERING

Net ‘n week ná FW de Klerk se groot oomblik op 2 Februarie 1990 maak die dinamiese nuwe leier toe weer groot nuus – hierdie keer met ‘n aankondiging oor die vrylating van Nelson Mandela. Weer kom Die Volksblad met ‘n scoop –  maar ene wat roeringe veroorsaak en die...

REIS DEUR VORIGE EEU

REIS DEUR VORIGE EEU

Verbeel jou jy klim in ‘n “hi-tech”-hysbak wat terselfdertyd ‘n tydkapsule is. Dit woerts jou nie net van een verdieping na ‘n ander nie maar ook van een era na ‘n ander. Druk knoppie een en jy klim uit in die 20’s. Knoppie twee vat jou na die 30’s. Wil jy 40’s toe...

SKIPPIE OPPI WATER

SKIPPIE OPPI WATER

Wat is die betekenis van die skippie uit gevoude koerantpapier op die buiteblad van "Koerantkamerade"? Elkeen moet maar self besluit oor die simboliek. Oor die herkoms die volgende: Die jaar 1978 was die Jaar van die Koerant: so uitgeroep deur die Nuusblad-Persunie...

VOLKSBLAD-KARAKTERS

VOLKSBLAD-KARAKTERS

Dat staatspresident PW Botha, die “Groot Krokodil”, as jongeling politiek toe is, is op die rekening van ‘n Volksbladman. Die geheimpie word vandag verklap in Volksblad in 'n artikel oor Volksblad-karakters  Koerantkamerade, my boek.  Die artikel beslaan die hele...

VURIG EN PLESIERIG

VURIG EN PLESIERIG

Met die sanger Gé Korsten, ‘n boorling van Rotterdam, se vurigheid as Afrikaner het niks geskort nie. Hy was aan ‘n Engelse skool, maar sy hart was so anti-Brits dat hy uit die bioskoop gestap het as God Save The King speel. Smiddae is hy Die Voortrekkers toe by ‘n...

DIT WAS WEER LEKKER

DIT WAS WEER LEKKER

Ironies genoeg moes ons ons laaste vuurtjie op Dinsdagaand 7 September in die agterste lapa aansteek en styf teen die muur skuil teen ‘n snerpende windjie.  Later was daar rammelende donderweer. Die vorige twee aande was dit “swembadweer”.  Nou wel net een keer vinnig...

WIE OP DEESKE AARDE?

WIE OP DEESKE AARDE?

Kom ons sit die raai-raai-riepastorie voort met “Koerantkamerade” (Naledi, 2021) as verwysingsbron. Hiermee tien vrae uit die boek. Eerste leser van die pos wat die spyker op die kop slaan met al tien 10 versluierde identiteite wen ‘n prys: weet nog nog nie wat nie....

AGTER PAPIERGORDYN

AGTER PAPIERGORDYN

Watter koerantman  het vir PW Botha gese: “U se moer ook “? Watter een het hom, in sy eie woorde, aan PW “afgesmeer”? Wie is met koekies en tee in Libertas onthaal … en toe bars ‘n bom? Geheimpies soos hierdie word verklap in “Koerantkamerade”, my nuwe boek, wat so...

‘N KOPPIE VIR KUIER

‘N KOPPIE VIR KUIER

Op die granokoppie Mathekenyani, 10 kilometer suid van Skukuza op die H1-1, gebeure vele dinge. Leeus en luiperds loop hier. Soms ‘n energieke olifant. Mense raak in stringe hier verloof, hulle trou selfs. Ander kom strooi die assies van ‘n geliefde.  Intieme kerk- en...

GOUE HALFUUR

GOUE HALFUUR

In ‘n goue halfuur het ons die volgende beleef: Vyf sebras het soos skimme uit die bos gekom om te kom drink. Onenigheid het tussen twee ontstaan. Wilde skoppe is uitgevoer. ‘n Bosnagaap het grasieus teen die maroela afgeseil en oral piesang gesoek – ook, tot Tokkie...

SY WAS ‘N ROTS

SY WAS ‘N ROTS

Sy/haar onderhoude met spesiale mense is deel van elke joernalis se memoires. Gedenkwaardige eie onderhoude wat vinnig by my opkom, was met  uiteenlopende karakters soos Thabo Mbeki, Harry Oppenheimer, Tretchikoff,  Gerhard (Spiekeries) Viviers, Francesco, die...

LAASTE IN DIE RY

LAASTE IN DIE RY

Sou die uwe die enigste oorlewende van die parlementere persgalery van 1964 wees?  Tussen my en Johan Pretorius, ‘n SAUK-veteraan van ‘n latere generasie, het ons tot die slotsom gekom dat ek  waarskynlik laaste in die ry is – nogal ‘n taamlik eensame plekkie om ‘n...

GOUE SEUN NIC BOJE

GOUE SEUN NIC BOJE

Elke keer as ‘n bohaai iewers oor studentemoleste ontstaan, gee my gedagtes ‘n groot sprong die verlede in. Kollege-tehuis toe – 60 jaar gelede.  Die Kovsies en die Maties sal dit nou nie weet nie, maar in Tukkieland was Kollege ‘n gedugte plek. Die jare 60 was 'n...

LIEWE OU PIET

 Liewe ou Piet ….. Dit was die opskrif van die hoofartikeltjie in ‘n spesiale Piet Gouws-uitgawe van Beeld se personeelkoerant, Beeld-Intro, met die ou  vriend se vroeë aftrede in September 1998 weens swak gesondheid.  Liewe ou Piet  - só sal sy kollegs hierdie...

ROMEINSE BACCHUSFEES

ROMEINSE BACCHUSFEES

Stel jou voor: ‘n Uitbundige klomp koerantmense net in lakens geklee, gevlegde blarekrone op die kop, lywe uitgestrek op rolle rooi fluweel, en met yslike goudgeverfde erdebekers vol wyn in die hand. ‘n Romeinse Bacchusfees so uit die boek. Dit was die toneel met die...

TE VINNIG MET DIE NUUS

TE VINNIG MET DIE NUUS

Hoe varser des te beter.  Dit geld nie net vir vrugte, groente, melk, brood en eiers nie; gewis ook vir nuus. ‘n Koerant wat skitter met sprankelvars nuus – dit is die ideaal. Pas egter op vir “te vars”. Die enigste goeie “te” is die “te” in “tevrede”, soos my ouma...

DE LESTE EEN 80

DE LESTE EEN 80

Van hierdie 1957-matriekklas van Volkies, Potchefstroom,  sal ná 3 Januarie 2021 nie een oor wees wat nog onder 80 is nie.  Die baba van die klas, wat die uwe is, bereik dan daardie baken.  Hoeveel van die klas nog lewe, is 'n vraag. Dalk minder as die helfte. So...

EEN AAND IN LONDEN

EEN AAND IN LONDEN

My storie gaan oor 'n herinnering aan my goeie kollega, vertroueling en gewaardeerde gespreksgenoot  Chris Moolman (79) wat vanoggend  oorlede is. Om by die storie te kom, moet ek eers 'n draai maak by ’n motorwedstryd van die Vrystaatse Nasionale Party, ter viering...

KOERANT-KAMERADE

Kosbare koerantkamerade. So noem ek die Die Burger en Beeld in briewe wat Saterdag in die twee susterskoerante se briewekolomme gepubliseer is. Ek is dankbaar vir die geleentheid wat my gegun is om ook op hierdie wyse afskeid te neem van my geliefde Volksblad waar ek...

ODE AAN SKUKUZA

Met Skukuza wat gisteraand aangewys is as "Kwela" se Dorp-van-die-Jaar-finalis vir Mpumalanga plaas ek graag weer 'n bloggie wat al voorheen verskyn het - ook in die tydskrif "Weg". My stuk is natuurlik meer op toeriste gemik. Vir Kwela se kompetisie is 'n sterk...

ODE AAN DIE ROLPERS

ODE AAN DIE ROLPERS

Oor ‘n rolpers kan ‘n woordkunstenaar ‘n gedig skryf.  Oor hoe massief hy is, hoe vinnig hy loop, hoe hoor en sien vergaan terwyl hy duisende klaar koerante in ‘n kits netjies voor jou uitspoeg. By Volksblad is ons bevoorreg om fabriek en redaksie onder een dak te hệ....

PAPIER BLY KONING

BEGIN Januarie 1963 – amper sestig jaar gelede – het ek as groentjie-verslaggewer by Die Volksblad se ou gebou in Voortrekkerstraat 79, Bloemfontein, ingestap.  ‘n Leeftyd by en naby koerante is daardie dag ingelui. My formele loopbaan by die Nasionale Pers – van...

TJEK SE LAASTE HOP

TJEK SE LAASTE HOP

Wuif totsiens vir die tjek. Die gerespekteerde betaalmiddel sedert die 9de eeu al loop nou die pad van ander gister-goed wat nie teen moderne plaasvervangers die pas kon volhou nie. Soos die betroubare telegram, die Kerskaart en die minnebrief met langhand op papier...

OM OP TE HOU ROOK

As 'n ervare veteraan op die gebied van ophou rook, wil ek met Oumatjie Zuma saamstem dat dit 'n maklike ding is. Mastig, ek het dit persoonlik hoeveel keer reggekry! 'n Keer wat ek in 'n ophoufase was, is ek in 1990 via Londen na Rusland op besoek. Kollega Tertius...

KYK NET DAAI ETIKET!

KYK NET DAAI ETIKET!

You can’t keep a good man down,” seg hulle op Engels. Ek verbuig ter wille van die blog die spreuk ietwat: “You can’t keep a good wine down.” Vanoggend deur ‘n brokkie in Die Burger herinner aan die Suid-Afrikaanse wyn wat ek in 1985 by Kenneth Kaunda in Lusaka...

VROT KOMMUNIKASIE

Volledige weergawe van my brief oor Covid 19 wat Saterdag in verkorte vorm in Die Burger verskyn het.  ‘n Hardnekkige virus wat die wệreld in ‘n wurggreep het, ‘n deurmekaarspul met regulasies wat nie altyd sin maak nie, magsdronk wetstoepassers en vrot kommunikasie....

DANKIE, LOUISE

Ek glimlag van oor tot oor. Reken ek moet maar een van my laaste botteltjies wyn oopmaak en ‘n glasie klink om die mooie resensie deur Louise Viljoen op Maroelamedia van my reisverhaal “Na verre hawens” te vier. Verlede week sou die bekendstelling gewees het op die...

KORONA-MASKER-ADE

KORONA-MASKER-ADE

Masker of nie masker nie – dit is die vraag. In Die Burger se meningskolom gister blyk verwarring, teenstrydigheid en frustrasie oor onsekerheid. Met die lewenservaring van amper 80 jaar wil ek voorspel ons gaan hieroor bly stry en mekaar oor en weer begluur, oor ons...

VIR JAN TUISBLYERS

Lekker om jou rekenaar na twee dae in 'n werkwinkel oop te maak en so 'n ruiker op jou Facebookblad raak te loop.  Dankie, Louise Viljoen.  Ek brand om die volledige resensie op Maroela Media te lees. "Hennie van Deventer, voorheen redakteur van Volksblad en ook die...

EN NOU, POLLUX?

Meermale moet 'n mens maar sterk staan die versoekinge van die ou ondermaanse.   Moet maar die persoonlike swakheidjie bely om my in 'n sekere mate te verlustig in die verleentheid van dese en gene wat my so aangevat het oor my onmiddellike verwerping van die Bird...

LAMLENDIGE APOLOGIE

LAMLENDIGE APOLOGIE

  Ek verwys die uitgewer Tafelberg graag na die verskoning wat die Sondagkoerant Rapport oor sy dwalinge met die Bird Island-sage op 16 April 2019 prominent gepubliseer het. “Ons het ‘n fout gemaak,” het die koerant ruiterlik erken. Sy verskoning was inklusief en...

ARME PROTEAS!

ARME PROTEAS!

Kom nou eers tot verhaal om 'n straaltjie oor gisteraand se krieket by te dra. Het my laat dink aan die jaar 1957 toe ek tweede aanvangsbouler van Volkies op Potch was. Ons speel teen Potchefstroom-Dorp. Een van sy aanvangskolwers is Harry Newton- Walker, groot...

NET LIEVEN HEER WEET

NET LIEVEN HEER WEET

As dit by moderne poësie kom, kan ek nie eintlik saamgesels nie. Veel daarvan is vir my duister.  Soms wil-wil ek wonder of die digter (en die liriese resensent!) self weet wat hul skeppings beteken. Eintlik is dit onbillik om net moderne poësie uit te sonder. Ook van...

02:02:2020

02:02:2020

Vir die somervakansie van 2020 het Sabiepark sy beste voet voorgesit: ‘n sprankelende lushof van milde groen; temperature van selde oor die vroeë 30’s; lekker, harde reën; perfekte braai-aande; Piet-my-vrou wat die hele maand bly roep soos nooit tevore.  Eers hier...

UIT MELKBOS

UIT MELKBOS

Liewe vriende Die tradisionele Kers-CD uit Melkbos het gesneuwel in 2016, die jaar toe Tokkie 70 en ek 75 geword het.  Die tradisionele Kers- en Nuwejaarsbrief uit Melkbos met ‘n verslag (en selfs ‘n foto of twee) van die jaar se wel en wee in die Van Deventerkamp het...

REKENAAR-VERSKRIK

REKENAAR-VERSKRIK

Herman Toerien skryf in sy Weeklikse Nuusoorsig vir die TLU op Maroelamedia se webblad  (verkorte weergawe): “‘n Klompie van ons is in Hennie van Deventer se kantoor saamgetrek. Hennie was destyds, in 1981, redakteur en gaan ons toespreek oor ‘n belangrike verandering...

ONS BOOTJIE LAAT VAAR

ONS BOOTJIE LAAT VAAR

Met die nuweling “Na verre hawens” nou volstoom na die boekwinkels op pad – hy is al hier en daar, hoor ek -  moet die ou man (al amper 79), nee, wil hy bitterlik graag, dankie sệ vir ‘n span medewerkers en helpers wat agter die skerms help woel het om die bootjie te...

KOM VAAR SAAM!

KOM VAAR SAAM!

Oor die MSC Opera-moles in Venesie, die Oceanosramp, die seerower-aanval op die Melody aan die Ooskus van Afrika ... oor elkeen het ek my eie persoonlike storie; ook oor hope ander onvergeetlike vaarte sedert die Union Castle-dae - romanties, avontuurlik, klassiek en...

DIE OU VLAG

En Die Vlaglied nou wat ons as kinders so uit volle bors gesing het?  Mag dit seker nie meer sing nie. Sal hopelik darem as versagtende omstandighede gereken word by vonnisoplegging as jy betrap word dat jy die wysie net neurie?  ——————– Nooit hoef jou kinders wat...

KOL-KOL KERK TOE

KOL-KOL KERK TOE

van die vreugdes van ‘n vakansie in die bos is die Sondagbesoeke aan die karaktervolle kerkie in die personeeldorp met sy duursame inheemse hout oral, gewyde atmosfeer en natuurlike omgewing met ‘n reuse-reuse koorsboom by die een ingang. Aanbidding saam met die...

KLIPKOP, KOEBAAI

KLIPKOP, KOEBAAI

Seker so ‘n stuk of 60/70 keer in ‘n tydperk van twee dekades het die Honda (‘n 1999-model CR-V) die 500 km tussen OR Tambolughawe en Sabiepark heen en weer kafgedraf. Johannesburg was sy basis vir die Van D’s se bosvakansies. Sy staanplek was by Klipkop Car Care (in...

HIER’T, JOU VULLIS!

Roep hardop:   “swartmamba” of sommer net  “imamba” in een van die ander landstale. Kyk hoe skrik mense hulle oor ‘n mik. Gewaar jy die vreesaanjaende dierasie al-op-eens hier vlakvoor jou, is die skrik dalk nog groter. Met sy hoekige kop soos ‘n doodkis, vurige...

BEELDSKONE BAAI

BEELDSKONE BAAI

Vreemde woorde in vreemde tale – “magnifico” in Italiaans, “imposant” in Frans, “wunderschön” in Duits en allerlei verwante uitdrukkings van verwondering  in ander tale –  het skielik vir my betekenis gekry waar ek, op die dek van die MSC Musica die intog in die Baai...

SEEROWERKONTREI

SEEROWERKONTREI

Om van die suide af by die Suezkanaal uit te kom, verg versigtige deurgang van seerowerkontrei aan die Somalilandse kus. Dit is waar hedendaagse seerowers steeds skuil en veral in die jare 2007 tot 2012 onheilspellend aktief was. Van tyd tot tyd roer die seerowers...

SEE VAN SAND

SEE VAN SAND

Een woord was op almal se lippe van die oomblik af dat die MSC Musica op 26 April 2019 uit Durban weg is op sy driewekelange terugtog na sy tuiswaters in die Middellandse See: Suez.  Aan die skip se noordwaartse roete al langs die ooskus van Afrika op was avontuur,...

HENNIE, ALIAS GARRY

HENNIE, ALIAS GARRY

Waar die Adriatiese kus van Montenegro en Kroasië ons voete op MSC Musica se vaart na Europa met sy natuurskoon onder ons uitgeslaan het, het die weldaad van twee wildvreemde Britte dit met hul ruimhartigheid gedoen.  Ons het langs die swembad, een van drie, oor ‘n...

LIEWE SNOW GOOSE

LIEWE SNOW GOOSE

 In matriek op Volkies in 1957 was Paul Gallico se klassieke werk “The Snow Goose” ‘n geliefde voorgeskrewe boek. Dit was ‘n inspirasie; ek het selfs ‘n gedig oor die hartroerende boekie geskryf. In die eindeksamen kon ek my gedig neerpen in antwoord op die vraag:...

HEL OP AARDE

HEL OP AARDE

Eskom se ellendes is geen grap nie. Hoe af dan vir diegene wat met ‘n slim stukkie spot, ‘n kwinkslag of humoristiese kommentaartjie die gemoed ietwat verlig. Dit sluit die spotprenttekenaars in, soos Zapiro en Beeld se Niel van Vuuren. Beurtkrag Fase 4 (en die gevaar...

SOUT IN DIE WONDE

Op die storie van die hond -  ‘n Engelse bulhond, maaindjoe, nie ‘n boerboel nie -  wat ‘n mooi jong vrou in Kaaptad op ‘n denbeeldige pad tussen Johannesburg en Kaapstad “in die omgewing van Richmond” gebyt het, kan ek na ‘n diepte-ondersoek meer lig werp....

BY MY STOEL VERBY

Om jou  toonnaels te laat knip,  is een van daardie sleurwerkies waaraan min mense seker erg het.  Diè roetintakie kan ‘n openbarende studie in geriatriese gedragspatrone word as jy, soos ek, vir daardie doel die plaaslike oord vir bejaardes besoek. Jy wag jou beurt...

‘N DONDER-DAG

Oor ‘n dag soos gister – nogal ‘n Donder-dag - sou ‘n mens jou maklik aan selfbejammering kon oorgee, deur jou tande sis van woede of ongereserveerd aan die swets gaan.  Dalk bied  ‘n suurderige  glimlag van gelatenheid die beste invalshoek  om die storie oor te...

SPEK, EIERS EN ONSIN

SPEK, EIERS EN ONSIN

Die onverdunde onsin wat die politikus Jacob Rees-Mogg oor die ABO se konsentrasiekampe kwytgeraak het, is so tipies Brits soos ‘n tradisionele “Engelse ontbyt” met gerookte haring en daarna spek en eiers met roosterbrood plus worsies, niertjies,  tamatie, sampioene,...

‘N GEWRAAKTE MEMO

'n Ietwat oorgeesdriftige verkiesingsmemorandum van Die Volksblad se politieke redaksie in 1981 maak nou, amper vier dekades later, weer sy buiging op Facebook.  Die een of ander verdwaalde gees het dit iewers uitgegrawe en stuur dit rond om sogenaamd die geheime band...

VREESLIKE VRYDAG

VREESLIKE VRYDAG

Die MSC Musica was seker al in Mosambiek en terug, sy Kaapse sage vergete. As ek en Tokkie op die laaste dag van Januarie 2019 terugkyk op die gebeurtenisvolle maand is die Musica se rol  egter geweldig.  Ons sou immers self ook – DV (Deo Volente) - verlede week onder...

SON VAT DOOIERUS

SON VAT DOOIERUS

Of ons ou mense weer ‘n somervakansie in Sabiepark sal aandurf, weet ek nie.  By al die vreugdes – drie keer se heerlike reën, donderstorms in die verte, die geil groen van die veld; die blomme aan die katjiepiering, die haak-en-steek en andere; die sambokpeule; die...

SKERPIOEN-SEISOEN

SKERPIOEN-SEISOEN

Dit was ‘n “skerpioenvakansie” soos nie tevore by Tarlehoet nie. Die goggas met hul dodelike knypers het gewemel. Ongelukkig het Marisa een raakgetrap. Die pyn was verblindend.  Dae klank was die voet onheilpellend pynlik, verkleurd en geswel ondanks intensiewe...

FEESTE-INNIE-BOS

FEESTE-INNIE-BOS

Fees-inie-bos noem Nelspruit sy jaarlikse kunstekarnaval.’n Fees-innie-bos soos min was ons somervakansie van 2018/2019. Op 30 Desember was Brent en Marisa 18 jaar getroud; op 31 Desember ek en Tokkie 52 jaar (70 jaar se versamelde huweliksoet  en –suur binne 48 uur...

LIEWER DOODSWYG?

Stemme gaan al hoe meer op dat Julius Malema se flirtasies met rou rassehaat en ander bedenklikhede liefs deur die media doodgeswyg word.  ‘n Mens begryp die kommer en vrese wat sulke denke dryf.  Jy kom selfs in die versoeking om daarby in te val. Snoer Malema se...

HAND IN ‘N EMMER

Dink jy jy is onvervangbaar, heer/ dame? Vanoggend rede gehad om die versie uit my "pampiere" te gaan uitdelf. Dis brutaal reguit en presies in die kol: Sometime when you're feeling important, Sometime when your ego's in bloom, Sometime when you take it for granted,...

FOTO WAT ROER

FOTO WAT ROER

'n Foto wat my diep roer, is gister deur matriekmaat Van Aardt du Preez van Potchefstroom op Facebook geplaas. Johan Claassen, oud-Springbokkaptein, is in 'n versorgingsoord in Pretoria opgeneem. Van sy ou spanmaats het hom kom ondersteun. Hennie van Zyl,...

ERNSTIGE SAKE

Ek het die volgende hekelversie op Facebook geplaas: Hoop nie ek's nou te krassie maar smaak my onder Rassie  is ons rugby nie eens wat dit  onder Snorre wassie. Die antwoorde wys: Moenie met rugby spot nie; dis ernstige sake. Die manne het my geantwoord met...

MEDIA EN WAARHEID

Een gevolg van die Magnus-sage is dat oud-kollegas uit ‘n vorige era by die koerante weer ‘n slag druk met mekaar gesels.  E-posse vlieg. Die verontwaardiging oor die afgelope twee weke se media-sirkus  loop hoog. Dit druis in teen alle joernalistieke etiek om...

VRAE VIR MNR. X

Die geheimsinnige Mnr. X bevind hom in die gerieflike posisie dat hy eensydig sy storie kan vertel. Verslaggeefster Maygene de Wee, skynbaar die enigste met toegang tot hom, teken dit op; Netwerk24 en Media24 se dagblaaie (met die lofwaardige uitsondering van Beeld)...

SKINDERSTORIES

My brief in vanoggend se Volksblad: Die opspraak oor die bewerings teen Magnus Malan in die boek “Die seuns van Bird Island”  duur sedert Sondagoggend. Ek het nie die boek gelees nie. Ek gaan ook nie.  Ek volg die beriggewing in die nuusmedia wel getrou. Tot dusver...

KAAL BENE

KAAL BENE

Vleis groei nie terug aan kaalgevrete bene nie. Met die harde werklikheid  maak hiënas klaarblyklik maar moeilik vrede. In Maart is ‘n kameelperd op ons motorpad dood – ouderdom of dalk ‘n slangbyt. Sy beendere lê tussen die tamboties gesaai. Tot aan die einde van die...

KAN  NIE IS DOOD

KAN NIE IS DOOD

Piet Theron, Volksblad-kollega wat op 27 Julie 80 word, se motto is “kan nie is dood” – ‘n rigtingwyser wat by sy ouers gekry het.  Van daardie 80 jaar ken ek hom amper 60; het hom in 1960 as 21-jarige in Kollegetehuis by Tukkies leer ken. Op die lang pad wat ons...

IN MEMORIAM

IN MEMORIAM

'n Stroomversnelling in die Sabierivier vlakvoor die middelste van Sabiepark se drie uitkykpunte by die piekniekplek sorg vir ‘n konstante gedruis – soete watermusiek wat tot op ons stoep by Tarlehoet in Wildevy die oor streel. Die water wat voor jou oë skielik lewe...

ONVERDIENDE VREUGDE

ONVERDIENDE VREUGDE

Sestig jaar nadat hulle as onsekere eerstejaars in 1958 opgedaag het by Kollegetehuis – toe nog op Tukkies se hoofkampus, ‘n klipgooi van die statige Ou Letteregebou – het ‘n groepie veteraan-Kollegemane op ‘n nostalgiese safari van 17 tot 20 Junie in die knusse...

NOG ‘N TREURSPEL

Die eerste 17 jaar sedert ons 20 jaar gelede by ons Laeveldse hartsplek, Wildevy 154, Sabiepark, ingetrek het, was ons naaste bure Van Heerdenmense van Wes-Transvaal (nou Noordwes). Die naambord was ‘n straatnaambord: Van Heerdenstraat. Seker so ses jaar gelede sit ek...

LUISTERPOS SOOS MIN

LUISTERPOS SOOS MIN

Vir koerantmense was die Afrikaner-Broederbond (AB) vir ’n belangrike luisterpos – ’n beskrywing van prof. Piet Cillié. Cillié was een van die swaargewigte wat tot die einde lid gebly, getrou die vergaderings van die afdeling Kaapstad bygewoon en op sy kenmerkende...

SKUIMENDE LIEFDE

SKUIMENDE LIEFDE

Padda-indabas kan veral na ‘n verfrissende somerbui die nagrus ru versteur.  Die bruinrug-boompaddas “haa....haa” sonder ophou. Hulle glo blykbaar hulle moet die wêreld opkikker. Lag en die wêreld lag saam met jou! Ander (op-)kikkers -- identiteit onbekend -- laat jou...

VOORBLADFOTO

VOORBLADFOTO

Reken net: dat 'n ou koerantestrydros nou 77 jaar oud moet word voordat die eerste keer een van sy foto's oor die volle 7 kolom op die voorblad aangebied word. Dankie, Burger, lekker gewees om die koerant saam met die eerste koppie koffie in die bed te kry. Die foto...

A NEE A, ASHWIN!

Van dwelm- en bendebetrokkenheid rot rugbyglorie. Rugby was goed vir Ashwin Willemse, en voorheen was hy nie skaam om aan die spel en medespelers lof toe te swaai vir sy merkwaardige opgang nie. Ek lees o.m. die volgende in 'n bemarkingstukkie (hy is beskikbaar as...

STRIKDAS EN PeRELS

STRIKDAS EN PeRELS

Oupa het vanoggend sy rooi strikdassie uit die mottegif gehaal en ouma het ‘n dubbelstring perels uit die kluis opgediep. Ons het ons uitgevat vir Welgemoed-laerskool se stylvolle oupa- en oumatee met die tema Strikdasse en Perels. Die skoolsaal was ‘n feestelike...

KAMERA-KATASTROFES

KAMERA-KATASTROFES

Die rampspoedige vlug SA 228 wat op 20 April 1968, gister 50 jaar gelede met opstyging onder meer weens foutiewe flap-verstellings by Windhoek in die grond geboor het, herinner aan een van die groot kamera-katastrofes in die Suid-Afrikaanse koerantgeskiedenis. Die...

OM TE WAG EN TE WAG

Ons sending na Atlantis vir die hernuwing van ons rybewyse begin op die verkeerde voet. Die liewe "Google maps" kry die naam van 'n straat verkeerd en laat ons 'n tamaaie ompad van 20 km ry. Volgens Google moet ons in Mamregweg afdraai.  Eintlik is die regte afdraai...

VOORBLADNUUS

VOORBLADNUUS

Saam met my koerant word 'n hand geskrewe briefie by my huis afgelewer met 'n onheilspellende mededeling oor 'n aanval deur vier gewapende mans om 03:50 die oggend. Die egpaar wat ons koerante aflewer, word amper self voorbladnuus. Hulle  en hul tweelingdogters is op...

BALDADIGHEID

Die eweredigheid tussen straf en oortreding is een vna die kernbeginsels van reg en geregtigheid . Geregtigheid kom nie tot reg in die ligte raps op Steve Smith se kneukels tot dusver nie. Krieket en rugby is ver van vinkel en koljander.  Onthou egter wat met die...

KARIKATUUR-MUUR

KARIKATUUR-MUUR

Tydsberekening is alles!  So sê die wetenskaplikes. So glo die slim mense in die beleggingswêreld.  So is dit in jou liefdeslewe.  Oral is fyn tydsberekening 'n bate; slegte tydberekening 'n potensiële rampspoedigheid. Met Zuma se val was ek amper-amper die slagoffer...

DIE LAASTE AAND

DIE LAASTE AAND

Een formaliteit het in my loopbaan oorgebly nadat ek op 15 Desember 1997 my kantoordeur in die Perssentrum die laaste keer agter my toegetrek en die sleutels aan my bekwame p.a., Lizette Hanekom, oorhandig het. Twee maande later op 19 Februarie 2018, eerskomende...

JACOB EN JAKOB

Soos Woensdag nie Jacob Zuma se dag was nie, was gister nie Jakob van Deventer (njannies my doopnaam!) s'n nie. Albei Jacobs/Jakobs is op pad iewers heen. Jacob is op pad na Nknadla en later ... wie  weet? Die uwe is op pad na die Harteenheid van die Panorama...

HERMAN EN HENNIE

Laatoes is ʼn versameling indrukke en profielstukke deur die oudkoerantman Hennie van Deventer. In die voorwoord skryf die digter en teksredakteur Louis Esterhuizen: “Wat ons voor ons het, is in wese die lewenservaring van iemand wat nie net geskakeerd geleef het nie,...

‘N IENK IN 1958

‘N IENK IN 1958

By die begin van die nuwe akademiese jaar 2018 aan ons universiteite gaan die gedagtes van hierdie Tukkie-kalwer van 1958 ver terug: na die dae van ienk-wees in die “goeie ou dae”, toe ontgroening nog respektabel was. Kollegetehuis was toe nog op die hoofkampus, ‘n...

GEVAAR AGTER GORDYN

GEVAAR AGTER GORDYN

In die voue van jou gordyne of in jou linnekas – op plekke waar jy dit dalk die minste verwag, kruip een van die gevaarlikste spinnekop-kalante moontlik weg. Pas op vir die venynige sakspinnekop. Sy byt veroorsaak 'n liederlike wond (lyk soos 'n lelike puisie) en kan...

SOMER IN DIE BOS

Wil dit nou nie invryf nie, maar vir al my Kaapse vriende wat so besorgd is oor die vreeslike hitte wat ons dan van more af in die Laeveld gaan trotseer, het ek darem 'n boodskap. Ons gaan stort en swem na hartelus, mense. As die watervlak in die swembadjie sak, vul...

POTJIE MET VARKIES

POTJIE MET VARKIES

Botter sal nie in die twee slapende "skoonhede" se mond smelt nie - so onskuldig lyk hulle. Maar vanoggend vroeg by Tarlehoet was die twee Sabieparkertjies hoof-figure in petalje wat in 'n taamlike moles kon ontaard het as skoondogter Mariza nie so vinnig met 'n besem...

TWEE KLEIN KRUKKIES

TWEE KLEIN KRUKKIES

Die bekende spel Bingo is  veral gewild by senior burgers. In die sogenaamde "Bingo Lingo" wat ingewydes in die bekende spel  onder mekaar besig, is die getal 77 bekend as die "two little crutches." Synde self op die vooraand van my 77ste verjaardag more (Woensdag 3...

VREDE VAN BINNE

VREDE VAN BINNE

Ek het 'n "plaas" in Afrika...  Tussen Karen Blixen van "Out of Africa" se PLAAS-plaas in Kenia en die Van Deventers se plasie-plaas in Mpumalanga bestaan 'n hele paar verskille. Een is omvang. Ons s'n in Sabiepark - 'n spikkeldeeltjie van die groter Lisbon-landgoed -...

LUIPERD-LEGENDE

LUIPERD-LEGENDE

Die bos het sy eie ikone. Die massiewe luiperdmannetjie Mbavala (in die omgang beter bekend as Vin Diesel) is dit ruim ‘n dekade lank. In die Krugerhek-kontrei in die Sabi-Sand-wildtuin en in Sabiepark is hy die ongekroonde heer en meester. Mense word deur hom...

KREET UIT DIE HART

KREET UIT DIE HART

Die groot staatsdienshorlosie teen 'n muur in die Groote Schuur-teater waar die eerste mensehart 50 jaar gelede oorgeplant is, staan op twee minute voor ses die Sondagoggend, 3 Desember. Dit was die uur van waarheid. Op daardie grootse oomblik het die klein, gesonde...

OP TOKKIE SE SPORE

OP TOKKIE SE SPORE

  Hertzogstraat 5. Amper so warm soos op 31 Desember 1966, ons troudag. So het Bultfontein Sondag 12 November vir ons gevoel. Ons het op Tokkie se spore gaan loop. Eerste stop op die dorp was dan ook Hertzogstraat 5, jarelange tuiste oorkant die kerk van Tokkie,...

LIEWE GEMEENTE

LIEWE GEMEENTE

   Wandeling op die strand. Tienie Zeeman en HvD . Vreemd om ná 25 jaar jou ou gemeente Berg-en-Dal in Bloemfontein te besoek en, ná ‘n gesukkel om tussen al die motors ‘n parkeerplekkie te kry, sommer by die deur in die glimlaggende gesigte van vriende vas te...

OOK GEMOLESTEER

OOK GEMOLESTEER

Die woordjie TE verswak dikwels 'n goeie saak. Dit weet ons mos almal. Verskoon my, dames, maar die kampanje teen mans se aanstootlikhede raak vir hierdie ou man op Melkbos nou TE dik vir 'n daalder. Alle simpatie met slagoffers van seksuele molestering in sy...

NOMMER TWEE

Die liewe Vader behoed dit, maar kom ons veronderstel die gevreesde dag zero breek aan in Maart 2018 of selfs vroeër dat die damme dolleeg raak en die krane opdroog. Skakel ons dan maar net oor na winkelwater om te drink, byt vas en druk deur? Helaas nie. Drinkwater...

KORREL VIR KORREL

Ek pluk as't ware die stories uit die wingerde waardeur ek  gewandel het. Die mooi uitdrukking kom uit die Soutpanbergse streekblad Zoutnet in 'n netjiese resensie deur Anton van Zyl van "Laatoes - kykweer van 'n kanniedood-koerantman" - die eerste oor "Laatoes" na my...

ODE AAN BUFFELSBAAI

ODE AAN BUFFELSBAAI

Buffelsbaai is ongetwyfeld die skilderagtigste, heerlikste strandoord wat ek ken. Die Van Deventers het op die stukkie hemel op aarde naby Knysna van 1971 af tot in die 90’s seker 25 keer salige vakansies gehou. Met welbehae dink ek terug aan die wonderlike plek: die...

TYD VIR VONKELWYN

TYD VIR VONKELWYN

Met 2017 volstoom afdraande na die einde toe, tref dit my nogal hoeveel mooi dinge in my lewe vanjaar herdenkings belewe. Kan gerus 'n bottel goeie Cap Classic vir 'n vierinkie op die ys sit. Einde 1997, 20 jaar gelede,  het ek nie net die laaste keer in my lewe my...

EK WAS DAAR!

EK WAS DAAR!

In my boek "Laatoes – kykweer van 'n kanniedoodkoerantman" hou ek my lyf onder meer rugbyskrywer – Herman le Roux en Frikkie van Rensburg skuif op! Van die gedenkwaardigste oomblikke in Bok-rugby op SA velde het voor my oë afgespeel, vertel ek in 'n hoofstuk oor...

KANNIEDOOD-KOERANTMAN

KANNIEDOOD-KOERANTMAN

Hierdie Hennie van Deventer-ou moes beslis ‘n koerantman gewees het” – kollega Sarel Venter se kommentaar ná ‘n vinnige koekeloer na die omslag van “Laatoes – kykweer van ‘n kanniedood-koerantman”. Sarel is in die omgewing van die kol, maar nie presies daar nie. ...

ORGAN SE FOTO

ORGAN SE FOTO

Mense wat Sabiepark se piekniekplek ken, sal seker nie verbaas wees nie dat daardie seer geliefde stukkie grond aan die Sabierivier in my oë die heerlikste werkplek in die land is. Die man wat daar die septer swaai, Organ Ongeni, se dagtaak kan insluit ‘n leeuvangs...

ROTS-BALLERINAS

ROTS-BALLERINAS

Die klein klipspringer is nie om dowe neute nie as die ballerina van die rotse bekend. Die bokkie klouter op die punte van sy hoewe se kloutjies rats tussen die klippers rond. Hou dus gerus maar  by ‘n rotsagtige heuweltjie stil. Bekyk die wereld rustig deur ‘n...

DRIE DROOMKAMPE

DRIE DROOMKAMPE

Die drie wildtuinkampe wat van almal dalk die heel diepste in my hart gekruip het, is die natuurskone Olifants, sy buur-boskampie aan die Olifantsrivier, Balule, en die knusse private kampie Boulders, versteek tusen rotskoppies, naby Mopanie. Om die drie spesiale...

DROEWIGE STORIE

DROEWIGE STORIE

Van al die droewige stories van ontreddering en verlies in die onlangse Knysnabrande  is die verhaal van Sabieparker Hans Weigl seker een van die aangrypendste. Sy huis is in vlamme op met al sy besittings  (ook dokumente) terwyl hy in Mosselbaai in die hospitaal was...

LAATOES UIT MELKBOS

LAATOES UIT MELKBOS

Douvoordag more as die Kaap nog net begin ontwaak, sal ek en Tokkie op pad wees van Melkbos af lughawe toe.  As alles reg verloop, sit ons more-aand by 'n vuurtjie in Sabiepark. 'n Vakansie van amper drie maande wag, so plus-minus al ons 50ste vandat Tarlehoet einde...

REIS OM TE ONTHOU

REIS OM TE ONTHOU

Op 26 Mei 1977, 40 jaar gelede, het ek en Tokkie tot siens gese vir Harvard, tot siens vir vir Cambridge, tot siens vir Boston, tot siens vir Massachusetts. Ons jaarlange Nieman-avontuur was verby. Die Nieman-klas van 76/77 was vir oulaas byeen vir 'n gawe kreefete...

“FELISITASIES”

“FELISITASIES”

Jannie Zaaiman, sy vrou, Marina en twee van hul kinders was vroeg in die nuwe millennium in 'n kapingsdrama.  Hulle het wonder bo wonder skotvry daarvan afgekom.  Die egpaar doen toe 'n lofwaardige ding – verhard nie hul harte in veroordeling nie, maar besluit om iets...

OUPA SE AS

 Alle as is níé altyd net verbrande hout nie. Een soort word by krematoriums uit van die goedkoper soorte doodskiste plus hul inhoud herwin, en as laaste wens, by 'n hartsplek van die bron van die verbrande materiaal gestrooi. Langs die kus, op ’n berg, in die bos, in...

KOERANT-KAPELAAN

KOERANT-KAPELAAN

Die kapelaan van die Volksblad – so het ek in die jare 80 die wellewende leraar met die permanente glimlag, die flink humorsin en die mooi gemoduleerde stem gedoop. Die foto van ds. Johan Lombaard is by my 50ste verjaardag by ons huis in Van Schoorstraat,...

Iets WAT-wonders

Iets WAT-wonders

Die Afrikaanse woordeskat bestaan uit een miljoen woorde waarvan die meerderheid uiteindelik in die omvangryke  Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) te boek gestel sal wees. Dis maar net 'n baie klein-klein druppeltjie aan 'n enorme emmer, maar my genoegdoening...

BEROEMDSTE GAS

Het Lady Diana ooit in Sabiepark gekuier? Het die Britse “prinses van harte” in haar fleur hier wakker geword met die klokhelder roep van die visarend wat bo die gedruis van die Sabierivier opklink?  Het sy by een van die die rustige piekniekplek se uitkykpunte die...

“KOOS SE GEBOU”

“KOOS SE GEBOU”

By my afskeid van Naspers amper 20 jaar gelede het Ton Vosloo, uitvoerende voorsitter, “opdrag gegee” dat ek na die inwyding van die Perssentrum/Mediasentrum in Aucklandpark genooi moet word. Niemand het dit genotuleer nie, en ek is nie genooi nie. Die laaste twee...

DS. HENNIE SE LEEU

DS. HENNIE SE LEEU

Nogal 'n openbaring as jy begin sommetjies maak hoeveel keer diere in die Bybel opduik:  van die skeppingsgeskiedenis in Genesis af tot in die eindtye, soos in Openbaring aan ons voorgehou. Diere en voëls kom in verskillende gedaantes in die Bybel voor.  Hulle was,...

SOOS GRAS IS ONS DAE

SOOS GRAS IS ONS DAE

Toy, Naas, Jammie  - drie bure in twee maande oorlede. 'n Sonderlinge verhaal van drie bure: Op 24 Desember 2016 is Toy Vermeulen op Melkbos (92) oorlede. Ons was in die jare 80 bure in Bloemfontein; Op Sondag 12 Februarie is Jammie Olivier (57) op Melkbos oorlede. Sy...

GOODBYE, JOOST!

'n Lewendige gesprek is op my Facebookblad aan die gang oor die bloedmin Afrikaans by Joost van der Westhuizen se begrafnisdiens - of liewer "memorial ceremony" -  op Loftus. Die aanleiding was die opmerking:  "Miskien is dit net nodig om party mense daaraan te...

MELKBOS SE EIE DICK

MELKBOS SE EIE DICK

Jare lank het jy van die straat af vir Dick Turpin in sy motorhuis op die hoek van Pelican Parade en Seagullstraat, Melkbos, dag in en dag uit sien houtwerk doen. Dit was sy fabriek waar hy sy aftreebesigheid, “Knock on wood”, bedryf het. Dit was ook sy heiligdom. ...

SAAM IN ‘N BUS

In langer as sewe uur saamgebondel in 'n bussie kry die passasiers kans om hul medereisigers goed vir koddige gewoontes, geite en giere deur te kyk. Op 'n rit van Kaapstad na George Vrydag het verskeie van die insittendes 'n mens nogal geboei.  Veral drie het 'n...

ON-VERGEETLIKE FANIE

ON-VERGEETLIKE FANIE

My swaer Fanie van Wyk wat vandag 'n jaar dood is, het ek by sy gedenkdiens tipeer as: Vinnige Fanie: In matriek op Bultfontein in die laat 50's was swaer Fanie van Wyk junior SA kampioen in die 440. Vergooi Fanie:  'n Keer het hy die spies so ver geslinger dat dit...

KONING CAMRY

KONING CAMRY

Die Camry kom terug! Baie Camry-eienaars sal vir jou sê: maar die Camry was mos nooit weg nie. Dis net dat nuwe modelle nie die laaste jare bygekom het nie. Sou graag wil weet hoeveel Camrys is nog in Suid-Afrika op ons paaie. 'n Mens sien amper elke dag een – almal...

WIE MORS WATER?

Van die arme belastingbetalers word sondebokke gemaak in Kaapstad se waterkrisis, skryf ek vandag in 'n brief aan Die Burger. Die volledige brief: Tien miljoen passasiers stroom in 2016 deur Kaapstad Internasionaal se hekke, en die betrokke Wes-Kaapse minister jubel...

‘N SIERAAD VAN ‘N MAN

‘N SIERAAD VAN ‘N MAN

Hoe lyk die profiel van iemand wat 'n sieraad van 'n mens is? Paulus - die oorpronklike een – gee vir ons kosbare rigsnoere in sy brief aan die Galasiërs.  Sy lys kerndeugde is formidabel: liefde, vreugde, vrede, geduld vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,...

OTJIE MET ‘N C.V.

OTJIE MET ‘N C.V.

Kleinseun Christopher(7) kom van die strand af in groot haas om 'n emmer te kom soek. Steek in die deur vas. Staar na die gedoentetjie op die tafel in die woonkamer.  "Is dit 'n wolf?" wil hy weet. Geen wolf nie, Christopher. Net maar 'n otjie, lekker bruin gebrand en...

RAAISEL VAN ONS HUWELIK

RAAISEL VAN ONS HUWELIK

Presies 50 jaar gelede, op 'n snikhete Oujaarsdag, 31 Desember 1966, is Jakob Hendrik van Deventer (25) en Gesina Susara van Wyk (20) op haar tuisdorp Bultfontein in die huwelik bevestig. In die NG kerk neffens die ou begraafplaas op Bultfontein, met rye grafstene as...

BUILOFSLIED VIR 50 GOUE JARE

BUILOFSLIED VIR 50 GOUE JARE

Hoe nader Saterdag 31 Desember kom, des te sentimenteler raak hierdie bruidegom van 50 jaar gelede oor sy bruid, Tokkie. Delf genoeg stof uit die "argiewe" om 'n hele paar blogs te vul. Hierbo is die tuisblad van 'n spesiale Tokkie60-webwerf wat vriend Ollie Olwagen...

OP VER PAAIE WOORD GEBRING

OP VER PAAIE WOORD GEBRING

Ds. Ockie Raubenheimer (92) se plek in die kerk is nou finaal leeg. Ook in die NGK Melkbosstrand.  Vyf jaar lank was hy elke Sondagoggend van vroeg hier fier en regop op sy pos in die gangetjie by die hoofdeur. Kennisse is met 'n breë glimlag en ferme handdruk...

BOBAAS-BUURMAN

BOBAAS-BUURMAN

Die spore van J.A.J. Toy Vermeulen (92) wat Saterdag sag heen is, lê veral die Vrystaat vol . Op vele terreine was hierdie seun van De Aar 'n staatmaker. Hy kon dankbaar terugkyk op 'n vol en vrugbare lewe. In die dekades 70 en 80 van die vorige eeu was hy ‘n...

GESEËNDE KERSFEES

GESEËNDE KERSFEES

By die Kerswense in vele tale op hierdie "internasionale" kaartjie uit Spanje van ons Nieman-vriende José Antonio Martínez Soler en Anna, sy vrou uit New Hampshire, voeg ek graag in Afrikaans by: Geseënde Kersfees. Sal graag José se kommentaar wil hoor as hy sou weet...

FANUS DIE KERSBABA

‘n Kersdagstorie van Fanus Rautenbach wat dalk nie so bekend is nie, uit die mond van Danie Botha wat as boekeredakteur saamgewerk het aan Tien uit Tien, ‘n keur uit Fanus se humorstories saam met ‘n paar verse en spitsvondighede: “Tot kort voor sy dood op 29 Januarie...

ONS BAKENJAAR 2016

ONS BAKENJAAR 2016

Die Jaar van die Drie Bakens. Só sal 2016 in die Van Deventer-annale opgeteken wees.  Baken een was HvD se 75. Baken twee Tokkie se 70. Baken drie is amper hier: ons goue bruilof op Oujaarsdag! Aan die vooraand van die groot dag vloei die gedagtes onwillekeurig terug...

ENGELTJIE OP DIE DUIN

ENGELTJIE OP DIE DUIN

VIR KERSFEES 2016 - Piet Cillië se mooi Kersverhaal: Die engeltjie wat agtergebly het (met erkenning aan die outeur en onbekende verwerker).   Daar was eendag twee meisietjies  wat elke jaar saam met hul ouers by Willie-se-Baai vakansie gaan hou het.  Hulle name was...

STOUTE MATRIEKS

STOUTE MATRIEKS

Veronderstel in 1957 toe ons klas in matriek was, het sulke dinge soos matriekvakansies, en "Plett Rages" al bestaan.  Hoe rof sou ons rinkink het? Die vraag boei my nou al dae lank. Vir 'n antwoord het ek die 81 gesiggies op die amptelike klasfoto van die Hoër...

WENNERS EN VERLOORDERS

En die wenner is …..? Deesdae gebeur dit nogal dikwels in allerlei kompetisies dat die ware wenner op verdienste nie wen nie. Dalk is die wenner selfs die een wat heel laaste moes gekom het. En wie moet ons blameer? Nie so maklik om altyd agter die kap van die byl te...

RYK EN LEKKER

RYK EN LEKKER

Gevatte koerantopskrifte en pittige byskrifte by advertensies is naaste bloedfamilie. Dankie aan almal wat op my webblad, op Litnet, op Facebook, op Netwerk24 en in Die Burger land en sand saam gesels – en saam geproes - het oor "Opskrifte wat jou laat proes" (om nou...

KOPKRAP OOR KOPPE

Die kuns van die kopskrywer (skrywer van opskrifte) is selfs groter as wat dit dalk lyk.  Die uitdaging is nie net om 'n treffende opskrif te skryf nie.  Nee, dit moet, kom wat wil,  in 'n bepaalde ruimte inpas. Sonder om te tegnies te raak: Des te groter die...

GESOEK: ‘N BAAS

'n Towerformule sal dit nie wees nie, ook nie wondermedisyne wat Bokrugby oornag sal regruk nie, maar dit sal ten minste 'n goeie begin wees: soek 'n BAAS. Dan praat ek nie van die moderne soort "baas" wat in die handboeke tipeer word as die sagte, beskeie en...

SLIMKOPPE SE SLIM KOPPE

SLIMKOPPE SE SLIM KOPPE

Dit was die week waarin die Doom-doom-inie (Doom-profeet) van Limpopo mense laat proes, die Bokke se vertoning in Florence - Mamma (Bleddie) Mia!*- mense laat stik en die kwessie of Toetie moet tata of nie mense laat gons het. Die slim koppe (koerantopskrifte) van die...

OU “ONE LIGHT”

Bultfontein se eerste straatligte het in 1963 hul buiging gemaak in die straat waar ou "One Light" gewoon het. Hy was die “misipaal” se elektrisiën-cum-honde-inspekteur, en sy bevoorregting met die beligting is seker nie onverklaarbaar nie. By sommige het die indruk...

DIE PêREL IN JOU OOG

'n Oog kan sag, teer en liefdevol wees. 'n Oog kan blits , vuur spoeg en jou deurboor. Sterre skitter in jou oë of onweerswolke pak daarin saam.  'n Oog kan vele ander dinge wees: hartseer, blink, troebel, betraand. Dit kan 'n bars kyk of geneig wees om te dwaal. Jy...

REGTE KAR VIR ‘N PIEKNIEK

REGTE KAR VIR ‘N PIEKNIEK

 My briefie oor my Sabiepark-Honda in vanoggend se Motors-bylae in Die Burger word hier herhaal.  Sou darem uiters dislojaal gewees het aan die Honda as sy trotse baas nie sy stem laat hoor het nie. Geagte Redakteur ‘n “Netjiese truuk” in die nuwe Mini Countryman is...

‘N VROU VIR ELKE SEISOEN

‘N VROU VIR ELKE SEISOEN

"Apples" het haar naam op 'n speelse manier gekry.  Sy het eintlik Hannetjie Smith geheet. Was 'n nooi Strydom van Rietfontein, Pretoria. Letterlik almal het haar man, Ben - ook my neef Ben -  Ben genoem. Vir sy seuns, Brent en Bryan, skoondogter, Michelle,...

EK EN DIE KAPELANE

EK EN DIE KAPELANE

Min tokkelokke het in my geliefde Kollegetehuis onderdak gevind in die laat jare 50, begin 60's. Kan hulle op die een hand se vingers tel.  Tokkelok se kind moes jy in Sonop gaan soek. Altyd 'n volop spesie daar gewees. Ek dink vandag aan twee tydgenootlike...

AFRIKAANSE PAULUS

AFRIKAANSE PAULUS

Soos die apostel Paulus gereis en geskryf het, het ds. Ockie Raubenheimer in die vreemde gereis en gepreek.. Sy eie en sy 47 nasate se voetspore lê in 'n verstommende 272 lande. Die patriarg se bydrae is verreweg die grootste. Die wellewende veteraan-leraar, nou 'n...

PURGASIE VAN ERGE STOFFASIE

Op Melkbos woon 'n skugter poe-eet Wat ewe beskeie net HvD heet.  Vandag sit ek my verslete versiemaker-keps op.  Wat my tot digterlikheid noop, is gister se mediese prosedure van kamera sluk (van bo) en kamera ontvang (van onder.) Veral laasgenoemde gaan sit nie in...

DEUR DIK EN DUN

Niemand wat ek ken, sal so vootvarend wees om 'n mens oor jou keuse van huweliksmaat en jou getrouheid aan hom/haar aan te vat nie.  Ek en Tokkie is fluks op pad na ons goue bruilof. Niemand het dit nog gewaag om iets daarvan te bevraagteken nie. Oor ander "liefdes"...

OU EN NUWE NASPERS

OU EN NUWE NASPERS

  Na die "swart Woensdag" wat 6 September 1989 vir die Vrystaatse NP was -  die KP het in die algemene verkiesing ses van die provinsie se 14 setels ingepalm – het iemand met galgehumor verklaar sy parlementere koukus sou voortaan gerieflik in 'n telefoonhokkie...

WIE GAAN WEN?

WIE GAAN WEN?

  Pierre Spies snr. lê rieme neer doellyn toe.  'n Voorspelling oor wie Saterdag gaan wen?  Sal dit nie waag nie.  Die Cheetahs lyk na die oorweldigende gunstelinge. Maar 'n wedstryd word oor 80 minute op die veld tussen die wit lyne beslis. Een enkele oomblik van...

WYS, WAARDIG, WARM

WYS, WAARDIG, WARM

'n Wyse, weloorwoë, waardige, wellewende en warme mens. Só het ek Johan Russouw gistermiddag in 'n huldeblyk by sy gedenkdiens in die NG kerk Bloubergstrand genoem.  Hier volg die volledige huldeblyk: Die einde van Johan Russouw het ontnugterend snel aangebreek. Sy...

40 JAAR NA SOWETO  ’76

40 JAAR NA SOWETO ’76

  Percy Qoboza en Tehobo (Tsietsi) Mashinini sal vir altyd in hierdie Afrikaanse koerantmens se geheue afgeëts bly. Ek het 40 jaar gelede net na die Soweto-opstande in 1976 op die Harvard-kampus met die twee te doen gekry, en kan na al die jare nie help om te...

Mamma, waar kom Pendoring vandaan?

Mamma, waar kom Pendoring vandaan?

Die 90's was nog jonk en Suid-Afrika aan die vooraand van 'n splinternuwe bestel toe mense met hul mes in vir Afrikaans 'n kans sien om die dolk in te dryf. "Afrikaans is history," het 'n reklamebaas een aand ná 'n paar Skotse watertjies in die Jakkalsbessiekamp in...

OM WEER TE WEN

Die verstommendste woorde ná die rugbyramp in Durban het uit die mond van die hoofafrigter gekom. Mnr. Allister Coetzee het kans gesien om op TV voor die verslae Suid-Afrikaanse rugbypubliek te staan en te verklaar: Teen  22 -15 was ons nog in die wedstryd. Wat...

EIE BLOEDFAMILIE

EIE BLOEDFAMILIE

Nooit gedink as ek kaartjies vir 'n familiebyeenkoms begin pos dat een gerig sal wees aan Rolene Strauss (Roelien, soos ek haar geken het) nie.  Natuurlik sal ouma Elsie van Bloemfontein ook genooi word.  Oupa Johann is ongelukkig al geruime tyd langboompies toe. Die...

BLIK VOL KLIPPE

Wyle Fred Schnetler, meesterlik op die gebied van motors en musiek, het die pikante gewoonte gehad om vir vriende op bakenverjaardae CD’s te sny met musiek uit hul geboortejaar. Toe ek in 2001 60 word, was ‘n Fred-CD in die pos. Toe Tokkie vyf jaar later volg, ditto....

MIKROFOON-MOLESTE

Seremoniemesters as spesie is nie op hul mond geval nie. Party maak soms hul naam krater en sit hul voet in die mond. Name, name, name … met name moet 'n mens tog so allerversigtig wees. Dit het ek as koerantman as't ware aan moedersknie geleer. As jy nie is nie, kan...

SPRINGBOKGLORIE

SPRINGBOKGLORIE

Ek was 10 jaar oud en in standerd vier (graad ses) aan Port Natal in Durban toe 'n vlammetjie in my aangesteek is wat ses en 'n half dekades lustig gebrand het. Daardie vlammetjie begin nou flou raak. Uitbrand is sy voorland, vrees ek. Ek praat van rugby. In Julie...

SPEKE SING VIR BOEKE

SPEKE SING VIR BOEKE

  My fiets het die pad van die huis na die biblioteek so goed geken dat dit amper nie nodig was om te stuur nie.  So dink ek baie jare terug –  na my standerd vyf-jaar (graad 7-jaar) in 1951 op Potchefstroom – in 'n gesprek met die Oos-Vrystaatse digitale nuusportaal...

VERWOERD: 50 JAAR GELEDE

WAARMEE assosieer jy die naam Hendrik Frensch Verwoerd? Nege uit die tien keer sal die antwoord waarskynlik dadelik kom: apartheid. Hy was immers bekend as die Meneer Graniet van apartheid, wat nêrens wou skietgee nie. Ek assosieer die naam ook met iets anders:...

BRULLENDE KLIMAKS

BRULLENDE KLIMAKS

Met soveel oorgawe het ek leeus nog nie hoor brul nie. Dit was asof die maanhare van die kontrei op Balule toesak vir ‘n magtige klimaks. Dit was Woensdagaand 24 Augustus 2013.  Balule V - ‘n okkasie vir groot ure om groot vure; van herinneringe opdiep, stories...

BOSHUIS SE MURE

BOSHUIS SE MURE

Teen die mure van ons boshuis, Tarlehoet, hang 504 foto’s. Die feit word vermeld met die komplimente van kleinseun Thomas Claassens (12), ‘n ontluikende statistikus van formaat. Thomas het van vertrek tot vertrek geloop en elke liewe foto opgeskryf.  Ook die op die...

KEES-KOEKEDORE

As jy kan lag met ‘n traan, is die omgekeerde seker ook moontlik – jy kan grens met ‘n grininik. Laasgenoemde verskynsel is nogal eie aan Sabiepark. Eienaars sal wurgend vertel van hul jongste onplesierigheid met bobbejane. Net as jy voel om saam in trane uit te bars,...

OLIFANTE OM JOU STOEP

OLIFANTE OM JOU STOEP

Nie op ons stoep nie – genadetjie tog – maar by ons stoep, langs om stoep, teenaan ons stoep – daar het die jongste “anderster stoepstorie”  hom verlede nag by Tarlehoet ontvou. In die vorige blog vertel ek van die hiëna wat enkele dae gelede so skielik langs ons...

ANDER SOORT STOEPSTORIE

ANDER SOORT STOEPSTORIE

Ons eet by die ronde tafel op die donker voorstoep. Die muurliggie se gloeilampie het die gees gegee en die enigste lig kom van twee outydse lanterns. Tokkie hoor ‘n geritsel en gryp haar flitsie. Toe sy die lig na regs swaai, sien ons gelyk die ongenooide gas op die...

BOBAAS-BOULDERS

BOBAAS-BOULDERS

Ons het skaars begin om die heerlike geriewe en merkwaardige uitsigte op die  eksklusiewe watergat van die boskamp Boulders  te ontdek, toe twee verwelkomingskomitees opdaag. By die watergat het twee olifante kom drink. Oor die rotse by die braaiplek het die...

OP DIEREPAAIE

OP DIEREPAAIE

Luiperd by die piekniekplek. Die nuus trek soos ‘n veldbrand deur Sabiepark. Skielik wemel dit van eienaars en gaste met kameras en verkykers. Tot op datum het ons hierdie vakansie drie keer luiperds in die omgewing van ons eie “Leopard Rock” by die piekniekplek...

DIS MOS KOS UIT DIE BOS!

DIS MOS KOS UIT DIE BOS!

Al gehoor van ‘n “kers-aand” in Julie? Wel, kyk na die treffende foto hierbo. Kleinseun Jacob (12) het met ‘n versameling kerse uit Ouma se voorraad die gewone ronde tafeltjie op Tarlehoet se stoep in ‘n feestelikheid omgetower; ‘n eer vir die aand se spyse van die...

KEES IN DIE KOOI

Ontnugterings wat die uwe al in Sabiepark te beurt geval het, sluit in ‘n langdurige kuier van ‘n vasgekeerde veldlikkewaan. In sy wanhopige pogings om uit sy “tronk” te ontsnap, het die meneer aansienlike skade aangerig. Verflenterde gordyne en  stukkende breekgoed...

SO IS DIT NOU

SO IS DIT NOU

In kollega en vriend Johan van Wyk se eerste boek, So was dit, het hy ‘n buiging na die uwe gemaak vir my rol om hom te bly druk om ‘n boek van sy kostelike (en kosbare) skryfsels op die rak te kry. Ek het inderdaad al van die 1980’s af met hom daaroor gespook. Ek was...

ONDER EEN DAK

ONDER EEN DAK

Kort nadat ek in 1980 van Beeld af Die Volksblad in Bloemfontein  toe is, het ek my ou tuisstad Kimberley besoek. Ek het Tokkie Diagonaalstraat 10 gaan wys waar ek van 1944 tot 1950 gewoon het, waar my pa in 1946 oorlede is en waaruit ek in 1947 by die Laerskool...

KOUE VOETE

KOUE VOETE

Oorstelpende reaksie gekry op my stuk oor Pa Seun (vorige blog), veral nadat dit ook in By, naweekbylae tot Die Burger, en op Netwerk24 gepubliseer is.  Wonderlik dat my herineringe ook ander mense  se herinneringe geword het.  Hieronder volg ‘n briefie van ‘n...

VADERHART VOL LIEFDE

VADERHART VOL LIEFDE

Aan herdenkingsdae soos Vadersdag en Moedersdag het ek min erg gehad. Te kommersiëel. Vadersdag 2016 tref my anders. Ek het ontdek dat Vadersdag vanjaar plus-minus met die 70ste herdenking van Pa Seun se dood saamval.  Vadersdag is Sondag 19 Junie. Pa het op 21 Junie...

KERK-INNI-BOS

KERK-INNI-BOS

Kerk in dreigende reën op ‘n verlate koppie op die oop vlakte; piekniek knus in die kerk tussen die kerkbanke. Waar gebeur iets so raar? Hier's leidrade: in dieselfde kerk is al ‘n vlakvarksog en ses kleintjies per ongeluk toegesluit, het ‘n dronkgeslaande hiëna by...

OP SOEK NA FOKôl

OP SOEK NA FOKôl

  Vir elke diertjie sy plesiertjie. Vermoed ek het al voorheen hier vertel van Danie Krynauw van Melkbos wie se plesiertjie dit is om vir niksvermoedendes strikke te stel.Vir die doel hang hy meermale by die plaaslike Pick 'n Pay rond. Dis sy gunsteling-jagveld,...

SKEPPIE PAMPOEN

SKEPPIE PAMPOEN

'n Man met 'n obsessiewe haat vir pampoen geniet aandete in 'n trein se  eetwa. In 'n onwaaksame oomblik skep die kelner 'n ruim porsie op sy bord.  Die passasier krap die pampoen eenkant toe. Die gewraakte oranje hopie loer steeds vir hom. Toe hy seker is niemand kyk...

MET GRASSNYER DEUR DIE KAROO

MET GRASSNYER DEUR DIE KAROO

My eerste studenteryding was 'n Peugeot 203 van 1953 – weduwee se motor, goed opgepas.  Een aand in 1960 vat ek 'n aster met 'n kort opwiprokkie na 'n tafeltennisoefening toe. Iets – weet nie wat nie - trek my aandag van die pad af. Ek mis die stopstraat op die hoek...

TEE VERDRA NIE ONREG

TEE VERDRA NIE ONREG

In die laat jare vyftig was “Tant Bella” (die lang ontslape Hotel Belvedere in Kerkstraat, Pretoria) se “tee” ‘n gewilde verversing onder Kollegemanne. In aansluiting daarby was in die koshuis selfs ‘n sogenaamde "boozeklub” - eufemisties bierklub genoem - met die...

VOOR TRONKDEURE

“Iewers  is ‘n skroef los as tronkdeure oopgaan vir moordenaars, terroriste, rowers en verkragters, terwyl ‘n joernalis gevonnis word tot ‘n jaar agter die tralies net oor sy gebondenheid aan die eer van sy beroep”. Hierdie is dalk die “gevleuelde woorde” uit my lang...

Oor of mis?

Oor of mis?

Johan Bekker, HvD, Hans Kruger en Pierre le Roux “kaap”‘n donkiekar op ons 1961-rugbytoer. Rugby was in my tyd in Kollege (1958 -1962) ‘n saak na aan die gemeenskaplike hart. Groot wedstryde is gespeel, en dikwels gewen, want latere provinsiale spelers soos Nic Bojé,...

In Pap is Plesier

In Pap is Plesier

More uit Melkbos As dit pap reën, moet jy skep, lui die spreekwoord. Hoe liewer jy vir pap is, hoe ruimer skep jy natuurlik. ‘n Geleentheid om werklik ruim te skep, is Sabiepark se jaarvergadering, gewoonlik die eerste Saterdag in Julie. Die pap word deur...

Gatpaarties en P-Paarties

Gatpaarties en P-Paarties

More uit Melkbos Met die terugdink aan Kollege en Asterhof se dinge in die vorige blog bokspring my gedagtes wild. Dit gee ‘n sprong amper 50 jaar terug. Na die jaar 1958 toe ek, ‘n manhaftige 17-jarige, my as eerstejaar-student aan die deurlugtige Universiteit van...

Vars Blogs

Van alles en nog wat.

STORIE AGTER DIE LIED

STORIE AGTER DIE LIED

Die interessante voorgeskiedenis van die trefferliedjie “Ek verlang na jou” is gister op Facebook ontrafel n.a.v. ‘n plasing deur my oor ‘n onderhoud wat ek in die 70’s met die bekoorlike sangeres Sonja Herholdt gevoer het. Daarin het ek vertel hoe Sonja die lied by...

SPRANKELENDSTE SONJA

SPRANKELENDSTE SONJA

Nou moet ek versigtig trap, ek weet, maar ek wil tog waag om dit op skrif te stel: dat Sonja Herholdt die borrelendste, opgewekste, sprankelendste en ongekunsteldste mens is met wie ek ooit ‘n onderhoud gevoer het. Sonja word vandag in “Die Burger” se lekker rubriek...

TARZAN EN JANE

TARZAN EN JANE

Soos Facebook se algoritmes nou maar werk, word by jou ‘n belangstelling bespeur en dan word jy toegegooi met verbandhoudende materiaal. ‘n Navraag oor ou flieks het ‘n vloegolf foto’s van aktrises op my losgelaat: Marilyn Monroe, Brigitte Bardot, Gina Lollobrigida,...

FUNICULI, FUNICULAAA!

FUNICULI, FUNICULAAA!

Jamme, jamme ‘ncoppa, jamme jà /Jamme, jamme ‘ncoppa, jamme jà/ funiculì, funiculà! funiculi funiculà!/ ‘ncoppa, jamme jà /funiculì, funiculà! So sing Mario Lanza gisteraand in U Eie Keuse op die radio.  Soos altyd wonder ek oor die herkoms en betekenis van die ou...

TUSSEN DIE BLOEKOMS BY VAN SCHOORSDRIFT

TUSSEN DIE BLOEKOMS BY VAN SCHOORSDRIFT

Lankal het die nuuskierigheid my beet oor wat op jou wag as jy die Van Schoorsdrift-omrit van die N7 neem – daar by die brugbouery in die omgewing van Potsdam en Vissershok en net enkele kilometer van die Melkbosstrand-afrit. Vanmiddag het ek gaan verken. Die omvang...

MYNVELD VAN WETTE VIR ARME REDAKTEURS

MYNVELD VAN WETTE VIR ARME REDAKTEURS

Arme redakteurs en ander bekleders van warm stoele in die media word van vele onheilighede verdink.  Een is dat hulle daar in hul verhewe ivoortorings sit en hulleself telkens aanmatig om beslissings te vel oor watter wetsoortreders se name geplaas moet word en watter...

OM ‘n NAAM TE NOEM OF NIE

In Die Burger, op Netwerk24 en ander media in die formele sektor lees ons 'n naamlose 18-jarige is 25 jaar tronk toe gestuur vir die moord op die skoolmeisie Deveney Nel (16) in die Overberg. Sy naamloosheid is te wyte aan die feit dat hy minderjarig was toe hy haar...

KATKISASIE OOR OKKASIE

In my vorige blog en ander plasings verwys ek na Naledi se 20ste verjaardagviering as 'n okkasie. Dadelik word ek uit die Suid-Kaap gekapittel dat ek kwansuis 'n Anglisisme inspan terwyl die Afrikaanse woord geleentheid homself aanbied. Nou kyk, ek is in die algemeen...

Ouer Blogs

Deel dit: