By ons bosplek in Sabiepark het ons baie bome. Een wat niemand kan miskyk nie, is die blinkblaar-wag-‘n-bietjie met sy glansende groen kleed. Maar pas op vir sy dorings! Hy heet nie verniet “buffalo thorn” in Engels nie; hy ken van gaffel. Dit is by daardie boom – en uit eie ervarings met sy geniepsig dorings – waar ek die titel gaan haal het vir ‘n nuwe boek waarvan ek Karen Cronjé se treffende omslagontwerp vandag met welbehae verklaar. Naledi, uitgewer van vier van my jongstes, is ook die uitgewer van “Wag-‘n-bietjie – Stories wat gryp”. In die boek is stories oor ‘n magdom onderwerpe soos dié wat ek graag ook hier op Nagkantoor aanroer – stories wat my “gegryp het”: oor koerante, politici, skrywers, die kerk, moorde en dies meer. Maar wag ‘n bietjie. Laat ek nie te veel uitlap nie. Ons praat van verskyning darem eers in Augustus / September.
(By Naledi se boekwinkel – https://naledi.co.za/boekwinkel/ – is nog drie van my vorige boeke by die uitgewer beskikbaar. Net “Koerantkamerade” is uitverkoop. Het jy al agtergekom hoe maklik dit is om hier ‘n boek aanlyn te koop?_