Welkom by HvD se Webwerf

Gaste word met ope arms verwelkom by Hennie en Tokkie se webwerf
Loer binne
Nuwe Blogs

“MALVALEKKER” VAN STAAL

Die laaste blyplek van Wynand en Dalene Mouton voor haar skielike dood in April 2008 en syne twee maande later, op 21 Junie, was twee gekoppelde pragwoonstelle in Kusweg, Strand, met ’n manjifieke see-uitsig. In ’n spesiale hoekie van die Moutons se tuiste in die Metropole-gebou (as ek die naam reg onthou) had elkeen sy/haar eie vaste stoel. By kuiers is groot stories in daardie hoekie gepraat....

WENNERS WORD VERLOORDERS

Tukkies se rugbytrui lyk soos die ene wat ek in die winter van 1958 die eerste keer oor my kop getrek het as linkervleuel vir die o. 19D's teen Oostelikes. Dis nou stabiliteit en tradisievastheid wat ek ek respekteer en salueer. Die kleure-rondomtalie van die grotes is daarenteen erg verwarrend. Om die Stormers in swart teen die Sharks te sien speel - die Sharks van alle spanne - is amper...

RAKKER AAN STUUR RAAK 90

Hy was nog nooit op ‘n 90ste verjaardag nie.  Dus weet hy nie hoe om hom op sy eie te gedra nie. Aan die woord is een van Melkbos se “grand old men” (verskoon tog maar die Engels, Jacko!) wat vandag die 90-baken bereik. ‘n Luimiger, geestiger, spitsvondiger en soms stouter president van die Melkbosse Probusklub (‘n sosiale klub vir afgetredenes), sal jy ver moet gaan soek. Hy – waarskynlik die...

STUDENTE-INVAL OP MELKBOS

Vir spys en drank sê ons U dank, Ons loof U naam o Heer ….. Van die naweek-saamtrek van ‘n stranddiensspan van die Kruiskerk van  Stellenbosch by ons hier op Melkbos is hul pragtige weergawe van die tradisionele Voortrekker- / kerkkamp-liedjie voor elke ete van die aangenaamste herinneringe. Die enigste aangename herinnering is dit verreweg nie. Ek en Tokkie voel verryk deur alle aspekte van die...

ERESKULD AAN NAT NAKASE

Oor ‘n bord stomende New England clam chowder – koningskos – in Januarie 1976 in ‘n knus restaurantjie langs Harvard Square in Cambridge, Massachusetts, het ek die naam Nat Nakase die eerste keer gehoor. My onkunde het ek probeer verbloem deur my soplepel neer te sit en stadig, baie stadig, aan my glas sterk Bloody Mary te teug. Ek kon Jim Thomson, kurator van Harvard se Nieman Foundation for...

BESOEK VAN ABRAHAM EN “KLEIN TOKKIE”

Abraham Gonidwe (35) , Malawiese tuinman, wat 10 jaar gelede by ons weg is met drome om sy eie ding te doen, het gister uit die bloute in sy silwer BMW 325i hier opgedaag. Sy drome is aan’t verwesenlik. Hy besit nou ‘n bou-onderneming. In sy arms was ‘n dogtertjie van 18 maande “Klein Tokkie” noem hy haar. Hy loop opgewonde van vertrek tot vertrek van "sy huis" en neem videos, verheug om al die...

‘n MIS-ERABELE INSIDENT IN MIS

Met die mis wat vinnig al hoe digter toesak, het die liewe Tokkie van Deventer gister die tweede keer in agt maande op haar gewone strandwandeling gruwelik verdwaal. Sy het uiteindelik 10 km heen en weer gestap soos sy vergeefs 'n baken probeer vind wat haar terug huis toe sal lei. Ek het seker tien keer gebel: "Waar is jy". Dan pleit ek: "Stap riviertjie toe" (Kleine Zout), ek kom haal jou...

VERWOERD: ‘n NAGMERRIE

Op Saterdag 10 September 1966 – laas Donderdag 60 jaar gelede – is die vermoorde premier, dr.HF Verwoerd, in die Helde-akker in Pretoria ter ruste gelê  … en het ‘n logistieke nagmerrie hom in die koerantwêreld afgespeel wat in hedendaagse tye met onmiddellike vinger-op-die-sleutel-kommunikasie vir baie seker onbegryplik sal klink. ‘n Omvangryke operasie soos vantevore nooit was nie en, weens...

GEHEIM IS UIT – DIS TOE MARLIES

Die geheim is uit: die naamlose resensent agter die mooi woorde oor Wag-’n-bietjie (Naledi, 2025) is Marlies Taljard. En hoor net: sy is ‘n letterkunde-proffie. Die resensie het oorspronklik op Die Boekboetiek verskyn, 'n boekeblad wat deur Marlies en Nini Bennet-Moll bestuur word. Om die een of ander raaiselagtige rede het ek dit misgekyk; ontdek dit nou eers na ‘n jaar. Marlies is...

GENOTVOLLE OORDEEL

Amper 'n jaar na plasing op die webblad Vriende Versindaba lees ek vandag die resensie hier onder raak. Die oordeel is vriendelik en hartverblydend. My gemoed voel sommer opgekikker. Die resensent beskou Wag-'n bietjie as een van die genotvolste boeke wat hy /sy in jare gelees het. Ek voeg graag by dat die resensie vir my ewe genotvol is. Wens ek kan weet wie dit geskryf het. Vriende Versindaba...

TOT SIENS, NIEMAN REPORTS

In die jaar van opstand en stryd 1976 word die seldsame geleentheid my gebied om ‘n simpatieke skrywe oor Suid-Afrika se gewraakte politieke bestel in ‘n voorste joernalistieke vaktydskrif in Amerika geplaas te kry. “Some misconceptions about South Africa”. Dit was die opskrif van my storie in die Harvard-universiteit se Nieman Reports. Daarin lewer ek ‘n pleidooi om begrip vir die dilemma van...

AL WEER ‘n LUIPERD

Luiperds boer werklik die winter in Sabiepark. In twee insidente figureer Tokkie se beroemde alleen-oggendwandelings – die laaste ene vanoggend terwyl sy “vir oulaas” haar lang roete aangedurf het: piekniekplek toe, dan op in Gwarriebos, dan weswaarts in Maroela en dan weer ooswaarts in Wildevy. Sy is so ‘n halfuur weg toe die telefoon lui. Dis Ernst Bezuidenhout, die parkhoof. “Stap die...

TOE STORM OLIFANT HOM

Uit Rapport, Sondag 9 Augustus ‘n Sagmoedige reus verskyn geruisloos uit die bosse  by ‘n piekniekterrein in  die Krugerwildtuin. ’n Agtjarige seun se oë rek in verwondering. Terstond word ‘n lewenslange olifantbewonderaar gebore. Dertig jaar later kom ’n gedugte ivoordraer by ‘n ander piekniekplek vlak langs die   olifantliefhebber staan. Die idee om sy liefde vir die spesie Loxodonta Africana...

PATRIOTIESE JALOESIE

Genoeg geknoei en gekonkel van skrik-vir-niks-spioene,  slim skurke en sluwe stropers vir ‘n volbloed-Deon Meyer-blitsverkoper. Genoeg skietgevegte, komplotte en onderduimse onderkruipery vir ‘n Rudie van Rensburg-treffer. Genoeg intriges, toksiese verhoudings en slaapkamer-avonture (konvensioneel en nie konvensioneel nie) vir ‘n stomende sepie in spitstyd. Genoeg warrelwind-tegnologie om ‘n...

BY DIE DOOD VAN DIE DESPINA SE BAAS

Oor die jaar 1966 moet ‘n mens eerbiediglik skryf. Dit was ’n geweldige jaar. Van die grootste nuusstories was die eerste sagte landing op die maan, die val van Kwame Nkrumah van Ghana, die sluipmoord op dr. Hendrik Verwoerd, die stranding van die Seafarer by Seepunt en die noodlottige modderstorting op die dorpie Aberfan, Wallis, wat ’n skool verswelg het.Die Beatles het ophou toer. Hul laaste...
&

Kyk onder 'BLAAI SAAM' bo

Gebruik die ‘menu’ heel bo om ons webwerf to navigeer

 

Welkom by ons Tuisblad!
  • Lees resensies en lesersindrukke van boeke uit my pen tot en met nommer 22,  “Koerantkamerade” (Litnet, 2021). Klik op die skakel Boeke.
  • Kom loer in by ons Bosveld-paradys Sabiepark en op Melkbos – ware plekke van melk en  heuning. Skakels: Bosveld, Melkbos.
  • Kyk saam na die album van ons Drie Bakenfees (my 75ste, Tokkie se 70ste en ons  goue bruilof)  op 26 Maart 2016 in ons “tent van samekoms” op Melkbos se grasperk (fotograwe: Jacob en Thomas Claassens). Skakel: Tentfees.
  • Kry ‘n prentjie van ons karre en ons huise deur die jare.Skakels: Motors/Huise.
  • Kom vaar saam met die Van D’s op die manjifieke QM 2. Skakel: Kom vaar saam. 
  • Maak kennis met Witnek, ons (gewese) Sabieparkse duikertjie Skakel: Witnek.
  • Lees oor my nuwe e-boek oor die olifant Mayafudi, Spore in die bos. Luister na die inspirerende ELEPHANT SONG. Skakel: Mayafudi.
  • Maak kennis by met HvD se kerk-memoires –  die beskeie begin en einde van ‘n abortiewe boek oor my verbintenis met die NGK. Skakel: Kerk.
  • Kry  ‘n volledige lysie van HvD-titels. Skakel: Boeke.
  • HvD en die WVK, Skakel: HvD en die WVK.
  • Wie is HvD? Lees die profiel vir die webblad Mediamense.Skakel: Hoogtepunte.
  • Wie is Tokkie?  Sy swaai die septer – met CV en al. Skakel: Tokkie. .
  • Vir ‘n “selfportret”  besoek die skakel die Ware Jakob.

Klik op die verwante fotos om meer te lees..

Einde van era

Op Saterdag 7 Augustus 2020 het Volksblad vir oulaas as papierkoerant verskyn. ‘n Ikoniese gewel verdwyn uit die galery van hoofstroomkoerante. Volksblad skuif in ‘n nuwe gedaante op ‘n digitale syspoor onder die sambreel van Netwerk24. ‘n Hartseerdag!

Wiele
Die Van Deventers se wiele deur die jare kan besigtig te word deur op die foto te klik (Die X1 staan van 15 Januarie af in my motorhuis)

Tentfees

Foto’s van ons tentfees op 26 Maart 2016 ter viering van my 75ste, Tokkie se 70ste en ons goue bruilof op 31 Desember.

Kom vaar saam 

‘n Onvergeetlike vaart op hierdie skip van prag, praal & styl. Tokkie op die dek by die kenmerkende rooi reuseskoorsteen van Cunardskepe
Ek-bril
Ek betrag my 50 jaar by koerante deur ‘n – natuurlik uiters bevooordeelde – ek-bril.
Sabieparkkuiers
KRONIEK van die lief en leed  van nege Sabieparkkuiers  saam met Oupa en Ouma.
HvD en die WVK
“Afrikaanse koerante het hul plig gedoen.”. Getuienis van o.m. doodsdreigemente vanuit die ver-regse AWB.
Ons luiperd
Luiperd maak haar tuis op Tarlehoet se stoep. Dag en nag vir twee dae lank. Caroline Pols van Gecko het die verrassing op die lyf geloop en die foto’s geneem.
Huise
Van Babanago af tot nou op  Melkbos was daar nogal heelwat huise in die Van D’s se lewe. Meer as waarvan ons foto’s het. Klik op die foto

HvD SE BOEKE – VAN SCOOPS (1993) TOT WAG-‘N-BIETJIE (2025)

Deel dit: