Welkom by HvD se Webwerf

Gaste word met ope arms verwelkom by Hennie en Tokkie se webwerf
Loer binne
Nuwe Blogs

SEKS OP DAK LAAT ORE TUIT

“Ons het vanmiddag seks gehad op die dak.“ Toe ek 'n vriendin, die stemmige Leonora Mouton (ook al saliger), se oë soos pierings sien rek, besef ek die formulering kon netjieser gewees het. Dat daar seks op die dak was, was wel waar. Die “ons” was egter net toeskouers (en toehoorders). Die aktiewe deelnemers was twee veldlikkewane. Hul storie verskyn vandag in By, naweekbylae tot Die Burger, oor...

KAALVOET IN BERGE

By die onlangse verskuiwing van die standbeeld van Wolraad Woltemade uit Pinelands na Milnerton in Kaapstad was groter toeganklikheid ‘n oorweging.  Die waarde van ‘n groter gehoor vir die lesse van Woltemade se heldhaftige reddingsdade in ‘n stormsee op sy nuwe staanplek is in toesprake beklemtoon. Onwillekeurig doem by die lees daarvan toe in my gedagtes seker Suid-Afrika se ontoeganklikste...

DAG VAN DAGBOEKE

Merkwaardig dat dit nou juis so moet val, maar Suid-Afrika se “Mnr. Nuusdagboek” word  vandag,  Vrydag 12 Junie, vir laas gegroet op dieselfde kalenderdag as wat waarskynlik die beroemdste en aangrypendste dagboek ter wêreld begin hou is. Vir die “dag wat is”, is op die dagboek die gedenkdiens van Frikkie Wallis (74), deurwinterde Afrikaanse uitsaaier en dagboek-houer, om 11:00 in die NG kerk...

TJIPS, OUPA SE AS!

Om behoorlik en waardig, sonder eie skade, van die boksie, sakkie of botteltjie as van ‘n ontslape naaste ontslae te raak, kan uitdagend word, soos Emile Joubert, rubriekskrywer van Die Burger vandag in Van Alle Kante lamenteer, Die stomme man het met die verantwoordelikheid wat sy skouers rus rakende sy vriend wyle Johann al meer as een bloutjie geloop. Daardie verbrande materiaal wat by ‘n...

STOF TOT STOF – STORIE VAN ‘n SKIP

Wanneer oor skepe en skeepvaart gepraat word – en hoe graag praat ek nie oor skepe nie! – is Cunard se Queen Mary II voorop in my gedagtes. Ook MSC se Sinfonia bring tere herinneringe.Maar ‘n mens se eerste liefde bly jou eerste liefde. En aan hierdie “bevare seeman” se eerste liefde onder die skepe in sy lewe, die Union-Castle se Pendennis Castle, is hy vanoggend saam met sy oggendkoffie...

IN EN UIT BY DIE KRUGERHEK VIR 100e KERE

Vir plesier, inkopies, kerk of werk. Met die wonderlike “seisoenskaart” die Wildkaart as paspoort is die Krugerwildtuin se poorte vir ‘n besoeker oop, ongeag die doel, as jy jou in daardie wyke bevind. Dis ‘n uitnemende voorreg. Skukuza, die hoofkamp, word vir die Van Deventers ‘n hoofslagaar wanneer ons so twee keer per jaar in Sabiepark in Mpumalamga spreekwoordelike tentpenne gaan inslaan. ...

WILDTUIN VERKRAG DEUR MOORDE

Die moorde op die Marais-egpaar van Mosselbaai, Ernst en Dina, albei in hul 70's, naby Crooks Corner in die Pafurikontrei in die verre noorde van die Krugerwildtuin ruk my om verskeie redes selfs meer as ander sinnelose moorde gewoonlik. Dit voel of ek 'n betrokkenheid het, al het ek nie. Vir eers word ek geruk deur die ondenkbaarheid van die gruweldaad. Dis soos ‘n nare verkragting wat die...

MOOI LOOP EN MOOILOOP

'n Brandende spelkwelling by die uwe word deur Nataniël in sy netjiese huldeblyk aan Mimi Coertse by die gevierde sopraan se gedenkdiens in Pretoria opnuut ge-aktiveer. 'n Berig daaroor is in Die Burger. Heel tereg tref Natanïël 'n onderskeid tussen "goed praat" (twee woorde) en "goedpraat" (een woord). Eersgenoemde slaan immers op hoe jy praat en laasgenoemde op wat jy sê. Dit tref my dadelik...

SKRIK VIR LEEUS

“Ingebore moorddadig en astrant, met al die toebehore van nagvisie, tande, naels, lis en nuuskierigheid”. Dié kleurryke beskrywing van leeus was die van ‘n kundige studentemaat. (wyle) Piet Henning van Chiredzi en Louis Trichardt. ‘n Waarskuwing dat leeus in Sabiepark is – selfs een leeu, soos op die oomblik – kan nie ander nie as om tegelyk opwinding en lugtigheid te skep. Jy wil die indringers...

NUWE AARDE VIR ‘n HARTSBOOM

In snerpende koue in die snerpendste Amerikaanse winter in jare – die “big freeze” het die media dit gedoop – het ek in Januarie 1977 in ons kelderwoonstelletjie in Crimson Court, Cambridge. Massachusetts, ure deurgebring voor die swart plastiekboksie, wat as die Van Deventers se TV-stel moes dien. Ek was destyds Nieman Fellow aan die Harvard-universiteit, nogal ‘n eervolle status vir ‘n...

ARGIEF VAN HERINNERINGE

Tussen al die bontrokke, bokmakieries, janfrederiks, katakoeroes, kakelaars, klopkloppies, lewerike, lysters, sterretjies, valke en vinke in die bome om jou raak ’n gewone sterfling maklik verdwaald. Die eindelose verskeidenheid van fluite, koere, krasse, kraaie, kwele, kwake, roepe, tjirpe en tjanke kan jou lank laat kopkrap. Maar moenie wanhoop nie, al is jy ’n leek (en hopeloos met kleure en...

LIEFS IN EIE TAAL

‘n Aangename stukkie koerantgeskiedenis raak in aansluiting by Sondag se viering van Afrikaans 100 by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein opnuut betekenisvol. Ek verwys na ‘n spesiale buiging na Afrikaans van die dagblad “Rand Daily Mail” op 29 Mei 1959, ‘n jaar van landwye “Wonder van Afrikaans”-vierings. Op die dag was die plakkaat van hierdie Engelsste van alle destydse Engelse koerante in...

DIE STEM VAN SUID-AFRIKA

Die hoogtepunt van die Suid-Afrikaanse ludiens se viering van “50 goue vlugjare” in 1984 was ‘n reuse-galabanket vir 4 500 gaste in ‘n enorme Boeing-loods op die lughawe Jan Smuts, soos die O.R. Tambo destyds bekend was. ‘n Onvergeetlike Mimi-moment het vir ‘n roerende slot gesorg. Die nuus van Mimi se dood het my dadelik daaraan laat dink: die massatablo van militêre orkeste en SAL-kapteins...

SUUR ERVARING MET DIE NAGWAG

Besoek jy Amsterdam, besoek jy die Rijksmuseum en hoop jy om 'n glimps van Rembrandt se broemde Nagwag-skildery te sien. Jy is bereid om ure in 'n tou te staan vir 'n vlugtige blik as deel van 'n bewegende massa mense wat met kenmerkende Nederlandse bruuskheid aangemoedig word om "op te skud". Daardie skildery word op die oomblik op 'n unieke manier geresteoureer, lees ek vanoggend in Die...

ALTYD IETS NUUTS

Uit Sabiepark altyd iets nuuts. In Maart/April 2026 was dit weer so. Ek en Tokkie maak kennis met die reuse- pootlose akkedis (skink) op die agterstoep. Lyk nes ‘n dikkerige  swarterige slang. Binne 24 uur kry sy jou werklikwaar ‘n tweede op haar gereelde oggendwandeling in Apiesdoring. Morsdood in die pad. ‘n Muskeljaatkatjie is ‘n regte kaatjie van die baan op die stoep. Bring een aand ‘n maat...
&

Kyk onder 'BLAAI SAAM' bo

Gebruik die ‘menu’ heel bo om ons webwerf to navigeer

 

Welkom by ons Tuisblad!
  • Lees resensies en lesersindrukke van boeke uit my pen tot en met nommer 22,  “Koerantkamerade” (Litnet, 2021). Klik op die skakel Boeke.
  • Kom loer in by ons Bosveld-paradys Sabiepark en op Melkbos – ware plekke van melk en  heuning. Skakels: Bosveld, Melkbos.
  • Kyk saam na die album van ons Drie Bakenfees (my 75ste, Tokkie se 70ste en ons  goue bruilof)  op 26 Maart 2016 in ons “tent van samekoms” op Melkbos se grasperk (fotograwe: Jacob en Thomas Claassens). Skakel: Tentfees.
  • Kry ‘n prentjie van ons karre en ons huise deur die jare.Skakels: Motors/Huise.
  • Kom vaar saam met die Van D’s op die manjifieke QM 2. Skakel: Kom vaar saam. 
  • Maak kennis met Witnek, ons (gewese) Sabieparkse duikertjie Skakel: Witnek.
  • Lees oor my nuwe e-boek oor die olifant Mayafudi, Spore in die bos. Luister na die inspirerende ELEPHANT SONG. Skakel: Mayafudi.
  • Maak kennis by met HvD se kerk-memoires –  die beskeie begin en einde van ‘n abortiewe boek oor my verbintenis met die NGK. Skakel: Kerk.
  • Kry  ‘n volledige lysie van HvD-titels. Skakel: Boeke.
  • HvD en die WVK, Skakel: HvD en die WVK.
  • Wie is HvD? Lees die profiel vir die webblad Mediamense.Skakel: Hoogtepunte.
  • Wie is Tokkie?  Sy swaai die septer – met CV en al. Skakel: Tokkie. .
  • Vir ‘n “selfportret”  besoek die skakel die Ware Jakob.

Klik op die verwante fotos om meer te lees..

Einde van era

Op Saterdag 7 Augustus 2020 het Volksblad vir oulaas as papierkoerant verskyn. ‘n Ikoniese gewel verdwyn uit die galery van hoofstroomkoerante. Volksblad skuif in ‘n nuwe gedaante op ‘n digitale syspoor onder die sambreel van Netwerk24. ‘n Hartseerdag!

Wiele
Die Van Deventers se wiele deur die jare kan besigtig te word deur op die foto te klik (Die X1 staan van 15 Januarie af in my motorhuis)

Tentfees

Foto’s van ons tentfees op 26 Maart 2016 ter viering van my 75ste, Tokkie se 70ste en ons goue bruilof op 31 Desember.

Kom vaar saam 

‘n Onvergeetlike vaart op hierdie skip van prag, praal & styl. Tokkie op die dek by die kenmerkende rooi reuseskoorsteen van Cunardskepe
Ek-bril
Ek betrag my 50 jaar by koerante deur ‘n – natuurlik uiters bevooordeelde – ek-bril.
Sabieparkkuiers
KRONIEK van die lief en leed  van nege Sabieparkkuiers  saam met Oupa en Ouma.
HvD en die WVK
“Afrikaanse koerante het hul plig gedoen.”. Getuienis van o.m. doodsdreigemente vanuit die ver-regse AWB.
Ons luiperd
Luiperd maak haar tuis op Tarlehoet se stoep. Dag en nag vir twee dae lank. Caroline Pols van Gecko het die verrassing op die lyf geloop en die foto’s geneem.
Huise
Van Babanago af tot nou op  Melkbos was daar nogal heelwat huise in die Van D’s se lewe. Meer as waarvan ons foto’s het. Klik op die foto

HvD SE BOEKE – VAN SCOOPS (1993) TOT WAG-‘N-BIETJIE (2025)

Deel dit: