Los gerus u voetspore in ons Gasteboek.

Los gerus u voetspore in ons Gasteboek

 
 
 
 
 
 
 
U E-pos adres sal nie op die webwerf verskyn nie.
29 entries.
Lisel Krige Lisel Krige from Betty's Bay wrote on August 7, 2020 at 10:35 pm:
Hoe besonders dat jou skakel na jou Volksbladgroet "Laat Heer U seën steeds op hom daal" my vandag na hierdie aanskoulike webblad / blog lei. Eenmaal 'n joernalis, altyd 'n joernalis: soos in al jou ander vorme van skryfwerk is hier ook 'n skatkis van geskiedenis, staaltjies, persoonlike belewenisse, ens., wat 'n ryke nalatenskap sal wees.
Admin Reply by: Hennie van Deventer
Dankie vir pragtige inskrywing.
Laurett Laurett wrote on June 21, 2018 at 12:54 pm:
Kom ek nou toevallig hier op hierdie werf met al die mooi stories. Hoop dit sal in boekvorm verskyn. Dankie.Pure plesier om te lees.
Johann Lemmer Johann Lemmer wrote on May 3, 2018 at 1:22 pm:
Dagsê Hennie. Hoop dit gaan goed daar. Vanoggend se beeld gaan oor een mens naamlik Jannie Mouton. Dis vir my vreemd dat selfs sy lang brief woordeliks gepubliseer is. Wat is jou mening hieroor?
Admin Reply by: Hennie van Deventer
Johann. het ongelukkig nie Beeld gesien nie. Moeilik om dan kommentaar te lewer.
Steve Botha Steve Botha wrote on April 22, 2018 at 10:14 am:
Wat n wonderlike ervaring om op hierdie Sondagoggend so jou voetspore deur die lewe te kan volg.Dankie Hennie.
Louisa de Villiers Louisa de Villiers wrote on March 25, 2018 at 9:06 pm:
Hello Oom Hennie, Oom sal my pa, Carel Leonhardt goed onthou. Ek het vanaand na ou fotos van Buffelsbaai op die internet gesoek en kom met die soektog op die blog af wat Oom geskryf met na "Kop bo Water" se eienaar se dood. Dit het sovee heimwee gebring om die stuk te lees, baie dankie daarvoor. Dalk weet Oom, maar ek en my man het 15 jaar gelede 'n huis op Buffels gekoop, ons woon nou in George en is so bevooreg om gereeld op Buffels te kom. Baie groete, Louisa
Louw Trichardt Louw Trichardt wrote on November 15, 2017 at 5:05 pm:
Hennie, ek het paar jaar gelede per ongeluk (geluk) op jou blad afgekom. Dankie vir goeie, positiewe leesstof.
Melt Melt wrote on October 12, 2016 at 3:25 pm:
Nou gaan ek lekker kan lees aan die stories van 'n groot gees - ek hoop om November persoonlik by hom te kan wees
Arno Lucas Arno Lucas wrote on July 6, 2016 at 10:43 pm:
Altyd lekker om Oom se stories te lees.
Heidi Stassen Croxford Heidi Stassen Croxford wrote on May 30, 2016 at 7:16 pm:
Dit was n groot plesier en groter eer om vir Oom Hennie van Deventer van Melkbos te help om sy webtuiste oor te skuif na n WordPress formaat en sodoende n klein aandeel kon he om 'n stukkie van ons Afrikaanse Erfenis te bewaar. Elke skrywe het ons diep geraak, soms laat skater van die lag en die lang nagte se werk ligter gemaak. Ons sien uit om elke dag te kom loer hoe oom vorder met nuwe inskrywings.
Eben Eben wrote on May 23, 2016 at 11:21 am:
Baie dankie dat Oom dit met ons deel. Ons is baie beindruk!
Paul Paul wrote on May 23, 2016 at 11:21 am:
Hennie dit is n plesier om deur jou stories te blaai en veral die van Sabie Park, Ek verlang terug en dit slegs 5 dae nadat ek terug is in Gauteng,gelukkig nog net 3 weke, hoop om jou daar te sien, groete Paul en Charmaine de Beer Erf 212
Saartjie Saartjie wrote on May 23, 2016 at 11:20 am:
Ek het heel toevallig op julle webwerf afgekom. Dit was heerlik om daarop rond te blaai en alles te lees. Ek het dit waarlik geniet! Hou so aan ... Saartjie
Anneke Anneke wrote on May 23, 2016 at 11:19 am:
Halo Oom Hennie My nou vrek gelag vir die Ontboeseming. Ek was self n nooi Hoogenboezem en daars altoos maar n gespot oor die van. Groete Anneke
Robbie Robbie wrote on May 23, 2016 at 11:00 am:
Ons het 13 jaar in Skukuza gewoon en u baie daar gesien in die kerk.[Groot vriende van Oom Dawie hulle]Ek kan nie glo dat ek nie een van u boeke het nie.Waar kan ek getekende boeke kry. Baie Liefde en Vrede Robbie Green.
Fanie Fanie wrote on May 23, 2016 at 11:00 am:
Hennie, baie dankie vir al die kos- bare kleinode wat jy opgeteken het en dat jy ons almal toelaat om jou en jou familie se binneruim te betree.
Hetta Hetta wrote on May 23, 2016 at 10:59 am:
Wat n aangename kuierplek is hierdie nie! Welgedaan. Ek het lekker gelees en geblaai!!
Kobus Kobus wrote on May 23, 2016 at 10:59 am:
Baie dankie vir die lekker kuier op jou webwerf. En die kerkboek het o herinnerings teruggebring van die tyd toe ek nog nader aan die kerk gestaan het - ek bedoel, die binnekringe en -gevegte. Dit is goed dat dit gedokumenteer word.
Dirk Dirk wrote on May 23, 2016 at 10:58 am:
Baie dankie vir die my boodskap oor my oupa Fickie. Waardeer dit baie!
Pierre Pierre wrote on May 23, 2016 at 10:16 am:
Ek het die fotos geniet en aan baie dinge gedink. Ons het darem goeie tye beleef.
Esme Esme wrote on May 23, 2016 at 10:01 am:
Baiedankie vir jou lieflike stories - die een oor Buffelsbaai het my byna laat huil.
Deel dit: