Moenie skeur nie, dis ons kerk!

In 2005, meen ek, het dr. Francois Hanekom, NG leraar van Melkbosstrand, die ingewing gekry dat ek oor die kerk moet skryf. Hy het gemeen my dubbele perspektief van ‘n Christen-koerantman in die stormjare van die tagtigs en van lojale lidmaat ‘n boek behoort te skryf oor al die woelinge en strydvrae in die kerk.

Ondanks bedenkinge, het ek ‘n entjie gevorder. Dit was egter niks meer nie as ‘n optekening van my eie kerk-memoires as ‘t ware. Die moeilike hoofstukke – kerkvernuwing, kerhereniging, gays en ander eietydse tameletjies – het ek bly eenkant toe skuif. Uiteindelik het ek besef daaroor sou ek nie my hand op papier kon sit sonder ‘n enorme klomp studie en navorsing nie. Toe maak ek maar stilletjies die boek op my kerkboek toe!

Die voorlopige titel was: Die kerk op die voorblad of Moenie skeur nie, dis ons kerk!

Op die volgende bladsye volg die paar hoofstukke wat klaar is, en ‘n kort raamwerk van die res. Klik hier vir meer

Deel dit: