Los gerus u voetspore in ons Gasteboek.

Los gerus u voetspore in ons Gasteboek

 
 
 
 
 
 
 
U E-pos adres sal nie op die webwerf verskyn nie.
Arrie de Beer Arrie de Beer from Stellenbosch wrote on October 26, 2020 at 6:44 pm
Beste Hennie Baie geluk met die 80-boek. Jy stel darem sowaar 'n voorbeeld aan Afrikaanssprekende (oud-)joernaliste om hul ding ook op hierdie terrein te doen. As ek nou die ou Engelstalige uitdrukking kan misvorm van die "soldiers (that) never die, they just fade away", dan "fade" ons kollegas weg nog lank voor die Groot Houtkapper in hul ry afstap. En op byna 80 toon jy weer, na 'n ryke oes aan boeke, wat gedoen kan word. Baie jare gelede het ek prof. Piet Cillié met die aanbreek van sy 8ste dekade gelukgewens. Hy het die kaartjie teruggestuur met die 8 doodgetrek en met 'n 9 vervang. So, laat ek dan ietwat voortydig hartlik geluk sê met die aanbreek van jou negende dekade en daarmee saam nog boeke wat moet verskyn. Vriendelike groete Arrie
Please wait...
Deel dit: