Dis seker so plus-minus die ergste ding wat op ‘n bruilof kan gebeur.
Ek praat nie van daardie bruilof in Kanaän waarvan ons in die Bybel lees nie, maar van ‘n bruilof op Queenstown van heelwat meer resente oorsprong. Ek lees daarvan in die rubriek 50 Jaar gelede in vanoggend se Burger.
Die bruidegom (darem al 52 en twee keer voorheen getroud) staan op om sy toespraak te lewer. Skielik val hy vooroor. Morsdood. Hartaanval.
Ek stel my voor sy maters was oorgehaal om te begin sing: Hy lyk vir my so baie soos Tant Koek se hoenderhaan. Dalk het die eerste note al opgeklink. Die woorde moes in hul kele vasgesteek het.
In Wag-‘n-bietjie (Naledi 2025) is ook ‘n storie oor ‘n bruidegom wat swaar getref is. Ek het dit oorspronklik by studentemaat Pierre le Roux gehoor en moet bely dat ek dit al vooirheen vertel het. Maar ‘n goeie storie het mos ‘n lang lewe.
Kom saam met my na die swierige tweede huwelik van oom Wessie, ’n ryk Swartlandse boer, met ’n jong weduwee. Die twee se hartewens was baie gaste, ’n blommefees in die kerk en ’n feestelike onthaal om oor huis toe te skryf.
In die kerk val veral die enorme blommerangskikking voor die kansel die bruilofsgaste op. Dit skep ’n indruk-wekkende fokuspunt. Aan die einde van die seremonie moet die bruidspaar op twee satynkussinkies kniel. Die bruidjie in haar nousluitende wit tabberd sak elegant op haar knieë. Die gryse bruidegom in sy swaelstert en streepbroek is volgende aan die beurt.
Hy verloor sy balans, struikel-struikel en val vooroor asof ’n kwaai bul hom van agter af gestamp het. In sy vooroor-neerstorting tref hy die rangskikking met minstens ’n dosyn brandende kersies wat tussen die vrag blomme en droë takkies flikker.
’n Enorme vaas met lelies, plus-minus in die middel van die struktuur, tuimel eerste. ’n Domino-effek ontstaan. Stuk vir stuk stort die hele blomme-en-kerse-tafereel met opeenvolgende knalle flenters op die vloer. Die momentum is onstuitbaar.
In die vol kerk heers ’n geskokte stilte. Toe klink die bruidegom se luide stem op: “Moes die d***e knie nou gaan staan en ‘lock’ het!?”
* Wag-‘n-bietjie is reeeds wyd in boekwinkels beskikbaar. Dit kan ook bestel word by die uitgewer, Naledi, se doeltreffende aanlynboekwinkel by https:naledi.co.za/product/wag-n-bietjie of by Tertia Swart (078 648 8616). Die prys is R275 plus R65 koerierskoste om dit by jou voordeur te laat aflewer.Die verskeidenheid in die boek strek van koerante tot die bos – alles dinge wat naby aan die skrywer se hart is.Dis seker so plus-minus die ergste ding wat op ‘n bruilof kan gebeur.
Ek praat nie van daardie bruilof in Kanaän waarvan ons in die Bybel lees nie, maar van ‘n bruilof op Queenstown van heelwat meer resente oorsprong. Ek lees daarvan in die rubriek 50 Jaar gelede in vanoggend se Burger.
Die bruidegom (darem al 52 en twee keer voorheen getroud) staan op om sy toespraak te lewer. Skielik val hy vooroor. Morsdood. Hartaanval.
Ek stel my voor sy maters was oorgehaal om te begin sing: Hy lyk vir my so baie soos Tant Koek se hoenderhaan. Dalk het die eerste note al opgeklink. Die woorde moes in hul kele vasgesteek het.
In Wag-‘n-bietjie (Naledi 2025) is ook ‘n storie oor ‘n bruidegom wat swaar getref is. Ek het dit oorspronklik by studentemaat Pierre le Roux gehoor en moet bely dat ek dit al vooirheen vertel het. Maar ‘n goeie storie het mos ‘n lang lewe.
Kom saam met my na die swierige tweede huwelik van oom Wessie, ’n ryk Swartlandse boer, met ’n jong weduwee. Die twee se hartewens was baie gaste, ’n blommefees in die kerk en ’n feestelike onthaal om oor huis toe te skryf.
In die kerk val veral die enorme blommerangskikking voor die kansel die bruilofsgaste op. Dit skep ’n indruk-wekkende fokuspunt. Aan die einde van die seremonie moet die bruidspaar op twee satynkussinkies kniel. Die bruidjie in haar nousluitende wit tabberd sak elegant op haar knieë. Die gryse bruidegom in sy swaelstert en streepbroek is volgende aan die beurt.
Hy verloor sy balans, struikel-struikel en val vooroor asof ’n kwaai bul hom van agter af gestamp het. In sy vooroor-neerstorting tref hy die rangskikking met minstens ’n dosyn brandende kersies wat tussen die vrag blomme en droë takkies flikker.
’n Enorme vaas met lelies, plus-minus in die middel van die struktuur, tuimel eerste. ’n Domino-effek ontstaan. Stuk vir stuk stort die hele blomme-en-kerse-tafereel met opeenvolgende knalle flenters op die vloer. Die momentum is onstuitbaar.
In die vol kerk heers ’n geskokte stilte. Toe klink die bruidegom se luide stem op: “Moes die d***e knie nou gaan staan en ‘lock’ het!?”
* Wag-‘n-bietjie is reeeds wyd in boekwinkels beskikbaar. Dit kan ook bestel word by die uitgewer, Naledi, se doeltreffende aanlynboekwinkel by https:naledi.co.za/product/wag-n-bietjie of by Tertia Swart (078 648 8616). Die prys is R275 plus R65 koerierskoste om dit by jou voordeur te laat aflewer.Die verskeidenheid in die boek strek van koerante tot die bos – alles dinge wat naby aan die skrywer se hart is.
Deel dit: