Hoe lank is die pad nie wat ‘n boek loop vandat jy die eerste woorde neergepen het totdat jy die pakkie van die drukkers af oopskeur, die kraakvars eindproduk in die hand hou, dit oopslaan en stadig deurblaai. Dikwels voel jy of die wag net nooit gaan ophou nie. Maar dan – as dit verby is – is die oomblikke soet.Die vrug van jou inspanning bied ‘n verruklike vreugde. Daarna breek ‘n nuwe wag aan. Die vrug van jou inspanning en vreugde word nou die bron van jou wonder en hoop. Jy wonder oor lesers se reaksie. Jy hoop die leser sal ook in jou boek vreugde vind soos jy die skrywer.
Lang storie. Eintlik wil ek maar net sê Hier is hy: ‘n hopie van ‘ ‘ –‘n Joernaal van scoops en skandes op my tafel in die woonkamer op Melkbos uitgestal. Binnekort sal “mooi nooi” in die boekwinkels wees.
Bestel hom ook direk by Naledi se aanlynboekwinkel en kry hom by jou voordeur afgelewer sonder ‘n sent ekstra, landwyd. Dis so maklik soos een, twee, drie. Klik net op op https://naledi.co.za/ of skakel Tertia Swart – 078 648 8616