Blog-argief
Tien jaar se blogs, van September 2006 tot Mei 2016
LA GUARDIA – IRONIE IN DIE NAAM
Die lughawe La Guardia by New York waar die noodlottige botsing tussen ‘n Kanadese straler en ‘n brandweervoertuig plaasgevind het, is so plus-minus New York se Lanseria, halfpad tussen Kennedy en Newark in New Jersey. Die naam kom van Fiorello La Guardia, New York se...
TOKKIE SE LUIPERD
34 Tokkie-treë ooswaarts van die ingang na Tarlehoet Apiesdoringlaan se kant toe het my dapper vrou vanoggend op haar oggendwandeling 'n luiperd in Wilgevylaan, Sabiepark, raakgeloop. In die middel van die pad Soos ‘n yslike hond het die rustende roofdier daar gelê,...
UIT KUNSMARK VAN KUNSMARK – MET LIEFDE
Die gedugte ry ander kunstenaars wat ‘n lang pad saam met “Die Volksblad” se beroemde Kunsmark in Bloemfontein gestap het, moet my vandag maar vergewe as ek Esté Mostert vir ‘n buiging uitsonder. Este het inderdaad kort na haar eerste solo-uitstalling on 1981- sy...
‘n DOKUMENT OM TE KOESTER
‘n Swerwer het oplaas tuisgekom, en harte en hande staan vir hom oop. Die swerwer is nie ‘n mens nie, wel ‘n waardvolle dokument.Ek praat van ‘n sierlike stadsamptlike oorkonde van die stad Bloemfontein aan “Die Volksblad” weens die waarde van die Kunsmark vir die...
JAAR VAN DIE BIKINI, BIRO, DOLLY, TOKKIE EN ANDERE
Die jaar 1946 se uitsonderlike bydraes tot die wêreld waarin ons woon, was onder meer die bikini, die Biro-pen, die Vespa, sykouse, die Ystergordyn, die VVO, Heathrow-lughawe en Gesina Susara van Wyk, die nimlike Tokkie van Deventer van Melkbos wat vandag oor...
EMMERS VOL LIEFDE VIR ‘n NUWE KOERANT
Die opwinding laai op oor die verskyning van Die Papier oor' 'n week op 6 Maart. Op die koerant se skouers rus 'n groot verantwoordelikheid om te kom help bewys dat die gedrukte koerant nie 'n uitgestorwe ou reliek is soos die ossewa nie (die beeld van julle weet...
DAVID, DAVID EN DAWID – DRIE DORINGS
Lang David, Dik David en Heilige Dawid – so was die drie gemoedelik bekend: die een so gedug soos die ander. In die tweede helfte van die vorige eeu het hulle op verskillende terreine uitgestyg en sleutelrolle in Suid-Afrika gespeel. Lang David is so genoem omdat hy...
NEE, MAN, EK LIEG ELKE WOORD
My brief in vandag se Burger (en op Netwerk24) is ene wat ek nooit gedink het ek sal skryf nie. Iemand wat nie Saterdag By van hoek tot kant gelees het nie, kan dalk sukkel om dit te verstaan. Vir hulle: Ek lieg elke woord. Ek gaan 'n old fashioned knol bly. En ek...
MET BYBEL EN VALSKERM
Wanneer 1 Valskermbataljon by Tempe, Bloemfontein, se "parabats" in die 80's een van hul skouspelagtige massa-spronge uitvoer, het tien teen een die klein postuur van hul kloeke kapelaan tussen hulle geswewe. Ds. Jan Venter was wel nie groot van gestalte nie, maar 'n...
SOOS ‘n ROOI ROOS EN ‘n LIED
Onverklaarbaar begin die lank vergete woorde van ‘n ou-ou Skotse gediggie / liedjie deur die newels dring terwyl ek met ‘n koue sauvignon blanc in die hand die skemer inwag. My love is like a red, red rose, onthou ek die begin. Met ‘n bietjie konsentrasie kom by:...
MATIE-AREND SWEEF GEDAS EN AL
Sweef soos ‘n arend, sing minnesanger Bles Bridges in een van die liedjies wat hom beroemd gemaak het. Die toenmalige treffer (uit die stal van Mynie Grove) maal in my kop terwyl ek nadink hoe om my avontuurlike arend-storie te vertel. Kom ek begin by die...
WAT IS OOR VAN BALULE?
Oor my geliefde boskampie Balule teenaan die laagwaterbrug oor die Olifantsrivier naby Olifantskamp in die Krugerwildtuin bekommer ek my morsdood. Wat het van hom oorgebly nadat die siedende rivier oor hom gespoel het? Tonele wat ek in my verbeelding sien, sluit in...
SONDE MET DIE SLEUTELS
Dalk is dit onwys om die saak aan te roer terwyl ek in ‘n toutrekkery met Incredible Connection gewikkel is oor die snelle ineenstorting van die letters op my drarekenaar se sleutelbord. My Acertjie is skaars ses maande oud. Sy e, r, i en n is egter al klaar koebaai...
HY WOU MOS KOOK – TOE KOOK HY!
Kyk, van Bitcoin verstaan hierdie ou man geen snars. Ek raak nie daaraan met ‘n lang tang nie. Maar snaaks tog hoe ‘n mens onbewustelik in jou kop sekere assosiasies kan vorm. So koppel ek elke aand se brokkie op die TV-nuus oor die Bitcoin se op en af om die een of...
MIN OF MEER ‘n KATASTROFE
'n Kollega, Chris (Molie) Moolman, se beskrywing van 'n regtige groot fiasko was dat dit die grootste bokkerop sedert Perdeberg in die Boere-oorlog is. Die Min Shaw-moles wat in die nuwe Huisgenoot (deels) oopgekrap word, sou honderd persent aan Molie se Wet van...
OUPA JAKOB SE GRAF
Terwyl ek nou aan't gesels is oor grafte wat stories vertel, besef ek die graf van my oupa Jakob Hendrik Van Deventer het ook sy eie storie. Kyk mooi na sy geboortedatum. Hy is in 1871 gebore. Sy seun, my pa, Johannes Cornelius, volg 'n ronde 40 jaar later in 1911....
GRAFTE MET STORIES
Dis ‘n graf in die gras, dis ‘n vallende traan – dis al In die skrynende slotstrofe van die gedig van Jan F. E. Celliers. Dis Al, bevat ’n storie. Die graf in die veld getuig van die verwoesting wat oorlog aanrig. Die banneling keer terug na niks. Alles is tot niet....
NOG 10 GOEIE JARE
Op ‘n tyd het ek en Tokkie groot vreugde daaraan gehad om vir mense na aan ons eie geskepte CD’s vir Kersfees te skenk met temas soos die liefde, tuine, voëls, reise op ver paaie, vroue, Kersfees, ens. Ons twee het die snitte saam uitgesoek. Die knap Hildegard Martin...
PIEKNIEK OP NUWEJAAR
Piekniek by Pretoria se Fonteine was nogal 'n Nuwejaarsaktiwiteit wat jare her groot aftrek gekry het. Families (bedoelende families, nie gesinne nie) het vroeg op Nuwejaarsoggende voltallig daarheen opgeruk met hul komberse, waatlemoene, polonie en gemmerbier vir 'n...
STUK BROOD EN SLUK GIN
In 'n land waar ontbering nie skaars is nie, moet 'n mens sensitief wees en mooi nadink voordat jy jouself weens ontbering bejammer. Gister, met vele Kerstafels rojaal oorlaai met die geurigste geregte, moet ek egter weer met 'n skewerige bittersoet-glimlag van 'n...
BY DIE DOOD VAN ‘n SWAARGEWIG-AFRIKANER
'n Amperse buurman in Bloemfontein, prof.Pièrre Theron (85), mede-inwoner van Genl. Van Schoorstraat vir baie jare, was 'n man wat betekenisvolle spore op onderwys- en kultuurgebied getrap het.: 'n groot man met 'n groot hart en met 'n groot nalatenskap. Pièrre is...
STAD VAN MY VADERE
Die sjarmante stadjie Deventer in die provinsie Overijssel in Nederland is, soos ‘n mens van die naam kan aflei, die plek waarvandaan die stamvader van die Van Deventers, Gerrit Jansz van Deventer, in 1687, net 35 jaar ná Jan van Riebeeck, Kaap die Goeie Hoop toe...
GOEIEDAG, NUWE QR-WêRELD
Twee weke voor my 85ste maak ek kennis met ‘n inter-aktiewe handboek. Dis net QR-kodes van voor tot agter. En raai, twee van die tot dusver raaiselagtige tweedimensionele kodes lei tot skrywes oor en deur my – ja, die nimlike. Ook maar mens, ook maar danig oor...
HARTKLOP WAT UIT PAS IS
Hoekom nie ten minste PDF’s nie? Die pleidooi van lesers wat na ‘n koerant-gevoel bly smag – die deurblaai, blad vir blad, op die skerm van ‘n produk met berigte en foto’s tipografies aangebied soos in die gedrukte formaat - maak geensins hond haar-af by Media24 nie....
KUIER LEKKER OP MOOIE MELKBOS
Die lang somervakansie is met ons. Ons liewe dorp bars uit sy nate. Langs die lang strand, by restaurants in Kusweg, in winkels en in die kerk is dit weer vreemde registrasienommers en onbekende gesigte van oraloor. Op die sand wapper die nuwe strandsambrele in die...
KERSBRIEF UIT MELKBOS (2025)
Liewe familie en vriende Ons kyk terug op 2025 met dankbaarheid vir gesondheid, lewensvreugde, ‘n salige bosbesoek en genotvolle ure op “Hennie en Tokkie se bankie” (sy nuwe plaatjie) langs die see, wyntjie in die hand, Tafelberg aan ons linkerkant, Robbeneiland...
PURE LEEU VAN TOONTJIE TOT KROONTJIE
Oudregter Leonora van den Heever, pas oorlede op ouderdom 99, het verkies om as Leo van den Heever bekend te staan. Watse “leeu” was die formidabele vrou nie – ‘n Panthera leo van toontjie tot kroontjie. Sy was nie persoonlik aan my bekend nie, maar as koerantman in...
HY WAAI MY HIER, HY WAAI MY DAAR
Die Suidoos loei weer van vroeg met ‘n wroegende gehuil, soos elke dag die laaste vier of vyf. Ek wil amper met Emile Joubert saamstem wat in die rubriek Van Alle Kante in Die Burger bevind dat die Kaapse Dokter vanjaar ‘n “nuwe vlak van aggressie” betree het. Maar is...
‘n REISVERHAALTJIE
Geen Sherlock Holmes of Bennie Griessel word geverg om uit die leidrade op die foto's af te lei dat die Van Deventers van Melkbos op 'n uitstappie buite hul gewone milieu was nie. Vir die kortste pad na die antwoord op die vraag "waar" kyk stip na Tokkie se stoel. Dis...
OP DIE SKERM SAAM MET (WYLE) CLARENCE KEYTER
’ Die ouer garde sal Clarence Keyter onthou as die TV-man wat eenvoudig moes bly praat en praat terwyl die volk angstig op 11 Februarie 1990 op die vrylating van Nelson Mandela uit die tronk wag en Winnie Mandela om bisarrie redes verrigtinge vertraag. Het die man die...
‘n JONG TWEELING SNEUWEL SAAM
Dalk die hartseerste van vele verwante hartseerstories. Dit was die dood vroeg in Januarie 1982 van die identiese Kruger--tweeling van Universitas, Bloemfontein, Ockert en Pieter (19), wat saam in ‘n operasie in die Grensoorlog in Angola gesneuwel het. Ockert is op...
STORIE AGTER DIE LIED
Die interessante voorgeskiedenis van die trefferliedjie “Ek verlang na jou” is gister op Facebook ontrafel n.a.v. ‘n plasing deur my oor ‘n onderhoud wat ek in die 70’s met die bekoorlike sangeres Sonja Herholdt gevoer het. Daarin het ek vertel hoe Sonja die lied by...
SPRANKELENDSTE SONJA
Nou moet ek versigtig trap, ek weet, maar ek wil tog waag om dit op skrif te stel: dat Sonja Herholdt die borrelendste, opgewekste, sprankelendste en ongekunsteldste mens is met wie ek ooit ‘n onderhoud gevoer het. Sonja word vandag in “Die Burger” se lekker rubriek...
TARZAN EN JANE
Soos Facebook se algoritmes nou maar werk, word by jou ‘n belangstelling bespeur en dan word jy toegegooi met verbandhoudende materiaal. ‘n Navraag oor ou flieks het ‘n vloegolf foto’s van aktrises op my losgelaat: Marilyn Monroe, Brigitte Bardot, Gina Lollobrigida,...
FUNICULI, FUNICULAAA!
Jamme, jamme ‘ncoppa, jamme jà /Jamme, jamme ‘ncoppa, jamme jà/ funiculì, funiculà! funiculi funiculà!/ ‘ncoppa, jamme jà /funiculì, funiculà! So sing Mario Lanza gisteraand in U Eie Keuse op die radio. Soos altyd wonder ek oor die herkoms en betekenis van die ou...
TUSSEN DIE BLOEKOMS BY VAN SCHOORSDRIFT
Lankal het die nuuskierigheid my beet oor wat op jou wag as jy die Van Schoorsdrift-omrit van die N7 neem – daar by die brugbouery in die omgewing van Potsdam en Vissershok en net enkele kilometer van die Melkbosstrand-afrit. Vanmiddag het ek gaan verken. Die omvang...
MYNVELD VAN WETTE VIR ARME REDAKTEURS
Arme redakteurs en ander bekleders van warm stoele in die media word van vele onheilighede verdink. Een is dat hulle daar in hul verhewe ivoortorings sit en hulleself telkens aanmatig om beslissings te vel oor watter wetsoortreders se name geplaas moet word en watter...
OM ‘n NAAM TE NOEM OF NIE
In Die Burger, op Netwerk24 en ander media in die formele sektor lees ons 'n naamlose 18-jarige is 25 jaar tronk toe gestuur vir die moord op die skoolmeisie Deveney Nel (16) in die Overberg. Sy naamloosheid is te wyte aan die feit dat hy minderjarig was toe hy haar...
KATKISASIE OOR OKKASIE
In my vorige blog en ander plasings verwys ek na Naledi se 20ste verjaardagviering as 'n okkasie. Dadelik word ek uit die Suid-Kaap gekapittel dat ek kwansuis 'n Anglisisme inspan terwyl die Afrikaanse woord geleentheid homself aanbied. Nou kyk, ek is in die algemeen...
FEESGLASIE BY ‘n SPESIALE OKKASIE
'n Viering vandeesweek by die Woordfees wat ek ongraag misloop, is die uitgewery Naledi se 20ste verjaardag. Met Naledi is my bande van so ‘n aard dat ek werklik wens my omstandighede was anders. Naledi is naamlik die uitgewer van vyf van my laaste sewe boeke in die...
BRUIDEGOM SE D……E KNIE
Dis seker so plus-minus die ergste ding wat op ‘n bruilof kan gebeur. Ek praat nie van daardie bruilof in Kanaän waarvan ons in die Bybel lees nie, maar van ‘n bruilof op Queenstown van heelwat meer resente oorsprong. Ek lees daarvan in die rubriek 50 Jaar gelede in...
KOLLEGE 110: SO WAS DIT IN MY TYD
Toe ek in Januarie 1958 uit Potchefstroom by Kollegetehuis op die Tukkiekampus opdaag, het ‘n paar ontnugterings gewag. Net ‘n paar: Die klapperhaarmatrassies was maar dun, aan warm water was ‘n gedurige tekort, die kos was middelmatig en die seniors was ongetwyfeld...
2000 DAE LANGS DIE SABIE
Met die amper 90 van die wintervakansie van 2025 bygetel, is die dae wat ons in 27 jaar langs die Sabierivier deurgebring het, seker al gerieflik oor die 2 000, dubbel soveel as in die titel van my 2011-boek oor Sabiepark. ‘n Kuier daar bly ‘n vreugde, met elke dag se...
HIER IS MY HART VANDAG
Vra iemand my waar my hart vandag is, is die antwoord nie Twickenham in Londen nie. Ja, daar ook, maar eintlik in Pretoria waar my koshuis in my Tukkiedae, Kollege / College, sy 110de bestaansjaar feestelik vier. In daardie plek het ek vyf van die gelukkigste jare van...
STRYD VAN DIE LANGNEKKE
In die middel van Sabiepark se "hoofstraat", Maroelalaan, takel twee kameelperdbulle vanoggend mekaar. Hulle begin mekaar so liggies stamp-stamp. Daarna stoot hulle mekaar met die boude. Die lang bene trap-trap asof hulle ingewikkelde danspassies uitvoer. Die volgende...
SAREL VENTER: LESERSINDRUK
Titel: Wag-’n-bietjie Skrywer: Hennie van Deventer Uitgewer: Naledi ISBN: 9781067234737 Hennie van Deventer het al ’n welbekende naam onder lesers van Afrikaanse koerante, tydskrifte en boeke geword. In die joernalistiek (as redakteur van Volksblad en as koeranthoof...
DIE DROLPEER EN DIE WAG-’n-BIETJIE
Toe pa en ma begin aanstap in jare besluit die kinders ‘n spesiale koeltetjie moet geskep word vir die assies eendag. Hulle plant ‘n drolpeer – tog so feestelik getooi in die lente. Drolpeer vrek. Hulle vervang dit met ‘n blinkblaar-wag-‘n-bietjie. Dié gedy. Sweerlik...
BOS VAN STORMS
Met leedwese moes ek gisteraand aankondig dat my flukse vuurtjie nie die storm oorleef het wat net na 18:00 deur Sabiepark geswiep het nie. Dit was agterna gesien 'n ietwat ligsinnige opmerking. Soos dit in 'n tipiese Laeveldse donderstorm in 'n uur van wanorde...
OU SABIEPARK
Hier's ons weer, hier's ons weer, met ons blaar-lus voor jul deur ... Noem Tarlehoet nou die Sabiepark Spur of iets dergeliks, maar gister ag is die sewe kameelperde toe jou werklik die soveelste keer terug vir 'n langdurige kuier. Vyfde of sesde keer in vier dae. Dit...
DANKIE x 5, WEDUWEE SE KRUIK
Die man wat in die 60’s by my respek gekweek het – eintlik by my ingedril het! - vir korrekte koerant-Afrikaans was die eerste taalredakteur van die destydse Naspers (nou Media24), dr. Ludwig Wybren (Louis) Hiemstra – vantevore ‘n assistent-redakteur van Die...
BOEKE OOR KOERANTE
In sy insiggewende voorwoord tot Wag-'n-bietjie verskaf prof. Johannes Froneman 'n waardevolle bestekopname van boeke oor koerante en koerantmense in Afrikaans. Ek plaas dit graag hier: Toe Hennie van Deventer in 1998 uittree as hoof van Naspers se koerante, was die...
INSPEKSIE IN LOCO
En nou, dames en here, glo dit of nie: kameelperde wat kan lees. Pas het ek gister my Lentedagstukkie, Hol-a-drio-a, op Nagkantoor geplaas of twee langnekke daag op vir ‘n inspeksie in loco. Wat hulle waarneem, verheug die hart en laat die mond water. ‘n Opgeskote...
MY AUSSIE-VRIEND, TONY
Speurder Sannie van Rensburg pak gereeld die skurke in sy boeke. Die slegte ouens is dikwels renosterstropers, ivoorjagters en avonturiers. Hul teenstanders is geharde veldwagters wat met “Toyotabakkies” ry. ʼn Kelnerin word gegroet: “Tatenda, sisi”. ʼn Mislike vent...
DIE BOOM EN DIE BOEK
Aangename kennis, boom. Aangename kennis, boek. So ontmoet wag-'n-bietjie (die boom) toe Wag-'n-bietjie (die boek) op hierdie dag, 30 Augustus 2025, in Sabiepark na 'n vlugtige besoekie van die verheugde outeur vanoggend aan Hazyview om by Postnet 'n pakkie van Naledi...
VRY HULLE OF BAKLEI HULLE?
Kameelperde het vele fassinerende rituele. Op die lieflike S50-rivierpad by Shingwedzi het 'n kwartierlange kameelperd-kamee ons agterna laat wonder: Wat presies het daar voor ons gebeur? Wat ons gesien het, prakties gesproke, was minstens 'n dosyn kameelperde waarvan...
AAN JORRIE: MY (LAAT) LAASTE LOF
By die dood van my geniale kollega Wilhelm Jordaan (82) Sondagoggend sou ek vir kom 'n klinkende lofsang op elke moontlike forum wou aanhef. My mond was egter gesnoer. Ek was op pad na die stoere Shingwedzi, een van die min kampe van die Krugerwildtuin waar wi-fi en...
BY DIE DOOD VAN ‘n SPESIALE VRIEND
Vir André Groenewald, oud-skoolhoof van Roodepoort, het ek goed leer ken weens sy rol ná die seedrama by Leentjiesklip, Wildernis, in September 2023. Mev. Jo Hartman, ’n 93-jarige oud-onderwyseres van Bloemfontein, is daardie dag deur ‘n reuse-fratsgolf neergevel en...
WAG IS VERBY VIR WAG-‘n-BIETJIE
Blinkblaarboom, jou fraaie nooi, jou lentekleed in groen getooi ... Saam met die voorposblare aan rosyntjie- en aartappelbosse , blinkblaar-wag-'n-bietjies (foto), knoppiesdorings en wat nog hier op Tarlehoet se werf in Sabiepark kom die blye nuus uit die Kaap:...
TELKENS WEER OPNUUT VERLIEF
Van ons afskeidskuiertjie vandeesweek by Balule hoef ek kwalik iets meer te rep as om my bure in die rondaweltjies aan weerskante bekend te stel. Soos ons, is hulle weerkommers of keerweders, of wat ’n mens “regulars” ookal in Afrikaans noem. Ek en Tokkie was soontoe...
BEWOË PAD VAN ‘n BOBAAS-BRAAIER
"Dis lekker. Ek is warm, ek geniet die vuur” [Jes. 44:16(b)]. Die veelbewoë lewensloop van ‘n dienswillige skottelbraaier – sy naam: “Manie se braaier” - verdien om met die hoogste eer (summa cum laude) in die annale opgeteken te word. Die verhaal van “Manie se...
NUNC (NOU) en TUNC (TOE)
Met die verkiesing van kleinseun Thomas Claassens tot primarius van die Matiekoshuis Eendrag gisteraand word my gedagtes ver-ver teruggevoer tot 'n aand in 1961 toe 'n eenderse eer sy oupa Hennie te beurt geval het. Ek het daardie aand primarius (huisvoorsitter) van...
‘n KUIER-VAKANSIE
Die by the sword - so heet Sabiepark se Boere-Aussie, Tony Park, se nuwe boek - iets soos sy 23ste. Dit moet oor die ANC handel, het André Groenewald terstond besluit toe ons die vermaarde skrywer in die piekniekplek raakloop en die twee 'n geselsie aanknoop. Tony kon...
TWEE KOERANTEBOEKE BY NALEDI
Dit is nie ‘n kleed wat ek afgooi nie … dit is lewende vlees wat ek van my afskeur. Dit was die onvergeetlike woorde van Schalk Pienaar waarmee hy sy ontnugtering, pyn, verslaenheid en wrewel verwoord het met die “samesmyting”(ook sy woord) van die Sondagkoerant Die...
OOR NEKTAR VIR ‘n AAP, ‘n VUL-STASIE, ENS.
‘n Bosnagaap wat kom nektar soek in ‘n aalwyn se blom. Dit het ek nog nooit tevore gesien nie en min ander mense het seker, raai ek. Ongelukkig is my foto nie waffers nie. Natuurlik voel ek soos 'n aap dat ek nie 'n beter foto geneem kon kry nie. Dalk eenvoudig net...
WELKOM, WELKOM, NOOI DIE IMPALALELIES
O, om weer in Sabiepark te wees na ‘n jaar se afwesigheid, elke aand vuurtjie te maak, van die stoep die visarend klokhelder van die rivier se kant te hoor roep en nektar-ekspedisies van ‘n verskeidenheid gevleueldes by die aalwyne (nog redelik in die blom) op die...
DEUR ‘n KOLLEGA SE BRIL
ANDRE J BRINK skryf: HIER dan my derde aflewering oor redakteurs wat ’n groot rol in my lewe gespeel het. Ek het dié een taamlik versigtig geskryf, want dis oor iemand wat nog lewe en vir wie ek groot respek het. Ek hoop nie ek trap op enige tone nie! Deur Andre J...
NUWE LIG GEWERP OP GESINSGRUWEL
Uit twee oorde wat bande het met die Clack-gesinsmoord op 8 Januarie 1966 in Johannebsurg het ek in die laaste ruk gehoor: van 'n nasaat van die moordenares, die ma, Freda Clack (42), en 'n nasaat van die buurvrou en vertroueling wat by was toe die vyf lyke van die...
‘n KRITIEKE RELLETJIE OOR ‘n BUITELANDSE REIS
Suid-Afrika het voorheen ‘n kritieke relletjie beleef oor ‘n staatspresident se goedkeuring of nie vir ‘n ministeriële reis. Die dramatis persona was PW Botha, Pik Botha en FW de Klerk. Draai die horlosie terug na 11 Augustus 1989. Pres. Botha reik die dag ‘n...
BY DIE DOOD VAN ‘N BON VIVANT
Vir Dick Foxton het ek seker in 30 jaar nie gesien nie – dalk langer. Die nuus van sy dood (op Netwerk24) het tog ‘n uitroep uitgelok, asof die periode wat ons paaie uiteengeloop het, veel korter was. Enersyds was die verbasing groot oor die mededeling dat hy al jare...
HOEKOM DANIE MOES TROU EN SO
Terwyl Danie Krynauw se stories oor sy vlugtog met die polisie-vangwa, die motballe, NP van Wyk Louw en so aan klaarblyklik die naweek wyd plesier verskaf het, bied ek hiermee ‘n Danie Merk II aan. Dit bevat o.m. ‘n storie of wat wat ek vir Saterdag se storie in BY...
VIR OULAAS BY KLARADYN
Twintig jaar gelede moes swaer Fanie van Wyk en Maretha, twee groot geeste in die onderwys, weens gesondheidsredes van Harrismith Kaap toe verhuis. In die tyd sien ek in die Eiendomsgids van Die Burger - toe 'n knewel - 'n advertensie vir die nog splinternuwe...
SKAKEL NA BEWOë TYD
Met die dood van oud-brigadier Frik Nel van die Veiligheidspolisie gaan nog 'n skakel na 'n onstuimige verlede verlore. Sy herinneringe as lid van die veiligheidspolisie en myne as joernalis het in Sabiepark - ons gemeenskaplike boskuierplek vir 'n kwarteeu - gesorg...
TOEGEWYDE PA
As daar ooit ‘n man uit een stuk was, was dit my goeie vriend Frik Nel (87) wat vanoggend in die hospitaal in Montana, Pretoria, oorlede is nadat n griepvirús sy hart aangetas het. Sy toegewyde vaderskap vir sy seun Louis (60) wat weens ‘n besering by sy geboorte...
HITTE TITTE PAMPOENPITTE
‘n Mens word nooit te oud om te leer nie. Ek verwys nie net na nuwe tegnologie en so nie; ook oudag se dinge waarvan jy behoort te geweet het. Wie ken die liedjie”Hitte titte pampoenpitte, het ‘n vrou met stywe litte; gee vir haar die pampoenpitte, stop haar in die...
EK ONTHOU VIR FANNY
In Die Burger lees ek vanoggend van die Fanny Blankers-Koen-Spele in Nederland. Ek wonder hoeveel mense leef nog wat, soos ek, die beroemde Fanny, Olimpiese kampioen in die 100 tree, in Maart 1952 op die Van Riebeeckfees in Kaapstad in aksie gesien het. By die fees...
WAG ‘n BIETJIE SE DIE WAG-‘n-BIETJIE
By ons bosplek in Sabiepark het ons baie bome. Een wat niemand kan miskyk nie, is die blinkblaar-wag-‘n-bietjie met sy glansende groen kleed. Maar pas op vir sy dorings! Hy heet nie verniet “buffalo thorn” in Engels nie; hy ken van gaffel. Dit is by daardie boom –...
ONTHULLINGS OOR BIERKLUB
Met die Bierklub van my Tukkiekoshuis, Kollege (deedae College), nou so in die kalklig weens ‘n prominente brief in Huisgenoot voel ek my genoop om ter wille van suiwer geskiedskrywing ‘n nadere kykie agter die skerms te verskaf. In die brief - nogal die wenbrief met...
AS JY MIERE HET, HET JY MIERE
Noem hierdie ‘n allerlaaste toegif. Aan die einde van ”Koerantkamerade” (Naledi, 2021) was ‘n stuk onder die hofie ”Die gordyn sak”. Dit was bedoel as my tot siens as skrywer. Maar as jy miere het, het jy miere. Daarna het by dieselfde uitgewer gekom “Elke dag ‘n mooi...
IS DIT NOU NODIG?
Die nuus uit Gqeberha oor die begin van die derde geregtelike doodsondersoek na die moorde op die Cradock-Vier wek by my taamlike ongemak. Vir die familie se versugting na afsluiting (seker ook wraaksug) moet ’n mens begrip hê, maar om ‘n groep 80-plussers - die...
WALS OP STADSAAL SE VERHOOG
Die TV-beeld van die praalkis van die vermoorde Olarato Mongale in die Bloemfonteinse stadsaal wek herinneringe – nie van kiste, begrafnisse of moorde nie, maar van daardie sierlike stadsaal waar ek soveel gedenkwaardige dinge beleef het. In die saal, pragtig herbou...
STUURWIEL IN DIE LUG
0 Op geen kampus in Suid-Afrika sou jy nie in die 50’s ’n paar Morris Minors aantref nie, Die Britse buksie was ’n uitgeknipte studentemotor, veral oor hoe lig hy op petrol was. Die Morris het op díe reuk van ‘n paar druppels petrol op ’n lappie geloop, het...
TOT SIENS, GOUE JOAN
Dat ‘n sportster soos Joan Harrison, wenner van ‘n Olimpiese goue medalje in Helsinki in 1952, ons net stilletjies kan ontval, is amper ondenkbaar. Hoe gebeur dit? Is al ons nuusantennas reg ingestel? Feit is: Joan Harrison (89) –‘n legende sal sommige nie skroom om...
VUURTJIE SE NAAM IS KOOS
By ‘n lewensviering wat in elke betekenis van die woord werklik ‘n viering was, het ons vandag vir Koos Myburgh van Melkbos, voorheen wynboer van die Agter-Paarl, gegroet.Kyk, dit vat ‘n man op ‘n perd om twee maande duskant 80 ‘n kerk op ‘n Sondagmiddag om 12:00 vol...
‘n BOEKWINKEL SE LAASTE DAG
Dertien jaar lank kon ek Melkbossers na die boekwinkel books.books.books in die Birkenhead-winkelsentrum verwys as hulle by my navraag doen oor ‘n boek. Vanoggend het ek Ben en Liza Meyer by hul winkel gaan groet. Kort nadat ek uit is, het die deur van die klein...
TWEE ETES, TWEE MANDELAS
Aan die een kant die gulle glimlag, die gemoedelikheid en charisma. Aan die ander kant die kilheid en die skerp tong van kritiek en veroordeling. Hierdie ambivalensie in die komplekse geaardheid van Nelson Mandela verkies van sy bewonderaars om onder die mat te vee en...
MY SPAN LIVERPOOL!
Die stewige aanbod (ooraanbod?) van Engelse sokker op Supersport en e-nuus op Kyknet herinner my telkens aan my naaste belewenis van ’n FA Cup Final. Dit was in Mei 1974. Ek was nie die Saterdag by Wembley nie, wel in Londen in verband met die stigting van Beeld in...
DOT, ANTJIE EN DIE KOERANT
Antjie Krog se biografiese roman oor haar en haar kranige ma, Dot Serfontein, geniet wye aandag. Ek lees gretig die resensies, onderhoude en wat nog. As koerantman het ek ’n kwelling. Hopelik is my indruk verkeerd en sal ek ekskuus moet vra, maar ek kom nie weg van...
TOT SIENS, VRIEND KOOS
Een van die opgeruimdste mense wat ek in my lewe leer ken het, was wynboer Koos Myburgh (80) van die Agter-Paarl. Sy voorraad grappies was eenvoudig onuitputlik. Die goeie ou vriend is vanmiddag rustig in sy huis in Tweede Laan, Melkbos, oorlede. Koos het op Melkbos...
VAL-VAL OP DIE VOORBLAD
Moet dit nie invryf nie; ek weet ek is nou met die RSG-onderhoud met die gedugte Ilze Salzwedel oor die kop geslaan. Opmerkings van dese en gene het my egter laat wonder wat ek sou wou vertel as dinge so verloop het dat ons meer oor boeke en minder oor koerante praat....
SPRANKELENDE 21
Hier dan: Hamlet met die prins(e). Die uwe en ouma Tokkie saam met Thomas (links) en Jacob . Agter ons is Simonsberg. Kyk hoe trots is ons twee oues! Op die onderste foto is ons saam met die hele Claassens-span: ook Brent, Marisa en Christopher. Vir die boonste foto...
ONS GEBEDJIE BY ‘N HEUGLIKE 21
Die storie van 21 wonderlike jare word hier in een (saamgestelde) foto vertel. Ons oudste kleinkinders, die tweeling, Jacob en Thomas Claassens vier vandag, Saterdag 26 April, hul mondigwording. Op die foto bo regs is hulle op hul eerste besoek by die naambord van...
MIERTJIES OP ONS KUSPAD
Die M14 is nie ‘n belangrike pad op die landkaart nie. Hy loop maar suutjies langs die Atlantiese kus tussen Melkbosstrand en Bloubergstrand aan die Kaapse Weskus. Net 10 kilometer of wat, maar heelpad met die gedreun van die oseaan in jou ore. Dis vir my ‘n idilliese...
SLAG VAN MELKBOS
My brief in Rapport se meningskolom Sondag 13 April: Jammer om daardie ballon te prik, maar die Slag van Blouberg in 1806 was nie in Blouberg nie. Om ‘n stryd teen ‘n nuwe hotel in Blouberg aan die veldslag van amper 220 jaar gelede te koppel, kan oulik klink, maar is...
UIT DIE SPREEKKAMER VAN ‘N DOKTER MET HUMOR
Uithaler-seremoniemeester Flip Nel van die aftree-oord Oasis in Century City – gewis een van die beste seremoniemeesters van sy era in die wyke waar hy gewoon en gewerk het - vier vandag sy 90ste verjaardag. Die ongenaakbare werklikheid is dat net sy naastes die...
SIYA, PIETER-STEPH, HENNIE VAN D. EN DR. WILLEM
Vra my wat ek en rugbyhelde soos Siya Kolisi en Peter-Steph du Toit gemeen het, en die antwoord is ongelukkig nie my kranige spel op die rugbyveld nie. My nederige beste poging was vir my koshuisspan in die derdeliga in Pretoria. Die gemeenskaplikheid, dames en here,...
OORTJIES, STOEPIES, ROSYNTJIES EN BOKDROLLETJIES
Nee, allemagtig, wat te erg is, is te erg. So kan ‘n mens Sakkie van Zyl, oud-advertensieman van Die Burger, se verontwaardigde brief in vanoggend se koerant parafraseer oor die uitsonderlike hamburger-advertensie Vrydag wat deel van die mashoof vorm. Kyk foto 1. As...
“KISS THE BOXER, KISS THE CHAMP”
Ekstra energie vir sy boksgeveg om die ligswaargewigtitel van die wereld teen die SA uitdager Pierre Fourie in 1975 het die kampioen, Victor Galindez (die "Dier") gekry uit twee vitamiene-inspuitings elke dag. Dit lees ek vandag in my gunsteling Burger-rubriek, "50...
KOEK EN TEE BY ‘N MOORD
Die Niggiemoord in Januarie 1966 op Odendaalsrus lok enorme belangstelling uit, op TV, in koerante en tydskrifte, op, sosiale media, in private gesprekke, oral. Vanaand gaan derduisende - nee, der-tienduisende of der-honderdduisende - om 20:00 op Kyknet ingeskakel...
PLESIER VAN PADKOS
‘n Kostelike stukkie humor in die Bybel is hoe die Israeliete op hul Groot Trek na die “land van melk en heuning” holderstebolder met hul onklaar “padkos” uit die land van die farao vort is. In Eksodus 12 lees ons hulle het in die pad geval met hul brooddeeeg, sonder...
SCOOP VAN NIGGIEMOORDE: PAD NA DIE VOORBLAD
Aan een ontslape kollega het ek toenemend gedink terwyl die promosie van die nuwe Kyktnet-TV-reeks oor die raaiselagtige niggiemoorde van 1966 op Odendaalsrus stoom opgetel het.Chris (Molie) Moolman (foto), destyds Goudveldse verteenwoordiger van Die Volksblad, sou...
OP STERFBED OP VOETE GESIT
Die raaiselagtige buit van drie lyke uit 'n begrafnisondernemer se besigheid op Kuruman herinner aan 'n kaping lank gelede in Bloemfontein waarvan omstandighede ook taamlik bisar was. Vir die slagoffer bewaar ek ’n dubbele dosis deernis in my hart. Dié drommel se...
AFRIKANER SE “HELE LEWE” HIER OPGESLUIT
In beroerder tye toe die dompas nog die lewens van swartmense gereguleer het, het ons tuinwerker in Bloemfontein in die 80’s syne verloor. Soos dinge soms ‘n vreemde verloop neem, tel juis gade Tokkie die verweerde boekie in die straat op. ...
‘n SPROKIE VIR TOKKIE
Ken jy die sprokie van die kleure van die reënboog wat mekaar in 'n epiese wedloop die stryd aansê?Oor berge en deur dale jaag hulle mekaar: rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en pers, Dan is die een voor, dan die ander. Met die wenpaal in sig breek rooi...
BEKLEMMINGS AS DIE NOOD DRUK
Die nagemmer was dekades lank die konvensionele tegnologie vir daardie kleinste vertrekkie van ‘n huis, bekend as toilet, latrine, privaat, kleinhuisie en dies meer. Dit was ook die heersende stelsel as die nood druk in my grootwordjare in die 40’s - buiten vir...
AS JY BY DIE ELLISSE IN TEL IS ….
In 1995 het ‘n wildvreemde Frans en Lourette Ellis hulle uit Oos-Kaapland op Melkbosstrand kom vestig. In dertig jaar het hulle gewaardeerde Melkbos-juwele geword wat die gemeenskap in vele opsigte gedien en verryk het. Nou skuif hulle aan Mosselbaai toe. By die...
KOLLEGA MET ‘N KOP VIR KOPPE
'n Keer is prima ballerina Margot Fonteyn ná ‘n opvoering in die Bloemfonteinse stadsaal onder blomme toegegooi. ‘n Kort eenreëlkop (opskrif) is vir 'n voorblad-stoepberig vereis. Ollie se skepping: "'n Blom-Fonteyn”.(‘n Stoep was die storie onderaan die blad.)...
O SOETSTE TAAL
Op Moedertaaldag onthou ek ver-ver terug die eerste aand, iewers in 1959, toe ek 'n nog jong Mimi Coertse in die Aula op die Tukkiekampus O boereplaas hoor sing het: O boereplaas, geboortegrond! Jou het ek lief bo alles. Al dwaal ek heel die wêreld rond, waar so...
TOE NASPERS VRYE WEEKBLAD WOU RED
Max du Preez se Vrye Weekblad groet vandag 'n derde keer. Hierdie keer is dalk finaal. Sy geldsake is eenvoudig te beroerd. Of 'n mens nou met die blad se sienswyses saamgegaan het nie, moet jy benadruk: die verlies van elke publikasie laat 'n leemte en moet betreur...
SPESIALE COMRADES VIR ‘N SPESIALE SKOOL
Die legendariese langasem Louis Massyn durf vanjaar sy 50ste Comrades-marathon aan - die eerste atleet in die geskiedenis wat die prestasie vermag. ‘n Vreugde in die Van Deventerkring is dat die 74-jarige Massyn sy drafskoene op Sondag 8 Junie vanjaar aantrek ten bate...
WIE IS NOU DIE OUDSTE?
Wie is nou die oudste lewende Nasperser? Met die heengaan van André Cloete was dit onder veterane van die maatskappy dadelik die vraag. Die (waarskynlike) antwoord kan vir party 'n verrassing wees: dis na my wete Alta Geldenhuys (94), weduwee van die minsame Kootjie...
VRYSTATERS TRAP DIEP SPORE
‘n Moontlike laaste woord van my kant oor Beeld en Die Volksblad – die twee primêre koerante in my lewe - is hoe vrugbaar die een deur die ander bestuif is. Die rol van Die Volksblad, oudste koerant in die ou Nasionale Persgroep, in die bestaan van 50 jaar van die...
LEES LIEWER BEELD – DIT WAS ORAL
Vra Beeldmense wat hul koerant in sy te kort lewensloop van 50 jaar onderskei het. Die meeste sal sonder aarseling antwoord: sy magiese raakvat-manier om ‘n groot storie hard te slaan. Legendaries is hierdie reputasie vir skouers oopmaak, wel; al uitskieter-eienskap...
UNIEKE BETONING VAN LIEFDE VIR BEELD
‘n Vorige woord uit my hart oor die koerant Beeld wil ek graag vandag herhaal: dat ek nie weet van enige ander koerant waarin soveel mense soveel liefde gestort het nie. Daardie liefde vir hul koerant is gister by ‘n unieke totsiens-geleentheid in Kaapstad deur...
MET SPIOENBAAS IN DIE BRANDERS
Dat spioenbaas Niël Barnard op Gansbaai – Gansbaai! – te ruste gaan, wek herinneringe aan my eerste besoek aan daardie wyke. In Januarie 1983 bring die nuwe besturende direkteur van Naspers, Ton Vosloo, sy vier koeranteredakteurs en die politieke redakteur van die...
TOTSIENS, KOLLEGA
Almal bo 'n sekere ouderdom is in die vertreksaal, wagtende op hul eie vlug/vaart om te vertrek. Van die gesegde kan kwalik 'n treffender illustrasie bestaan as 'n foto in die pamflet vir kollega Jean le Roux se gedenkdiens die week. Die foto beeld hom uit op...
TWEE AANSTEKERS VAN THABO MBEKI
‘n Storie in Vrye Weekblad (10/8)) oor ’n pypaansteker uit Noord-Korea laat my terstond in ‘n laai in my kroegie krap. Daaruit grawe ek ‘n groen aansteker met sy eie storie en twee verrassende raakpunte, weliswaar ietwat verroes, maar in goeie werkende orde. Max du...
HERINNERINGE AAN WYLE NIËL BARNARD
Niël Barnard, hoof van nasionale inteligensie in die kritieke dekade 80, was nie lief vir die pers nie. Lees maar sy boek! Tog het hy Die Volksblad 'n wonderlike wereldscoop besorg, en in die algemeen met persmense 'n hartlike persoonlike verhouding gehandhaaf. Die...
+GENERAAL JEAN LE ROUX – ROTS VAN DIE BURGER
Jean le Roux se kinderlike opgewondenheid in die goue jaar 1996 toe Die Burger die Cape Argus se sirkulasie verbysteek om die markleierskap van die Wes-Kaap te verower, is een van vele herinneringe aan die uiters bekwame, toegewyde en innemende kollega wat met sy...
KOERANTE: MOES (KON) ONS HARDER BAKLEI HET?
Knorrige oud-Rapport-lesers takel my gister oor ‘n “vreedsame” koppie Sondagkoffie oor hul verlies op Sondae. Oud-redakteurs, soos ekself, was te gedweë oor die ingrypende koerante-slagting wat tot die einde van Rapport en Beeld as papierkoerante, asook die einde van...
TRANE ROL OOR ‘N JIMMY
By die dood van Jimmy Carter, 100 jaar oud en krom van ouderdom, kan dit nie juis anders nie as dat ek 50 jaar terugedink: na die Amerikaanse presidentsverkiesing van 1976 toe Carter, grondboontjieboer van Plains, Georgia, tot my onbehae vir Gerald Ford ‘n goeie drag...
BEELD: KYK NET WIE IS ALMAL HIER!
Hello Dolly … Die grinterige stem van Louis Armstrong maal in my gedagtes as ek deur Beeld se laaste uitgawe blaai en die honderde foto’s bekyk van ‘n lesersgemeenskap wat aan die einde van die pad vir hul koerant simbolies uitroep: Ons is Beeld. Op die maat van die...
SCOOP: DOOD OF NIE DOOD NIE?
Vir die tradisionele koerantscoop kan ons saam met die gedrukte koerant vaarwel wuif. Dis een van die sware totsiense wat op papierverknogte koerantlesers wag. Met scoop bedoel ek daardie klas trefferberig met die sterk skok- of verrassingselement wat jou soos ‘n...
SCHALK IS DIT DAREM GESPAAR
Ten minste het die uiteindelike lot van die koerant waarvoor hy en ander sulke groot drome gekoester en opofferings gebring het, die vegterprins Schalk Pienaar gespaar gebly skryf ek vandag in my laaste brief in Beeld. So lui die volledige brief: By die afskeid van...
DANKIE, VOLKSBLAD
By die afskeid van ‘n geliefde kan jy huil omdat hy weg is of bly wees dat hy gelewe het en jou lewe verryk het. Vir ons geliefde koerant geld laasgenoemde. So skryf ek vandag in Volksblad, die koerant waarin ek 24 van my beste jare ingeploeg het, 12 as redakteur. So...
‘N LAASTE WUIF … EN WEG IS HULLE
Anderkant die Oranje heers nou 'n leegheid in die koerantelandskap. Beeld is vanoggend weg, as gedrukte koerant en ook as 'n selfstandige visuele produk (PDF) op Netwerk24. Hy volg Volksblad wat vier jaar gelede al tot 'n digitale teenwoordigheid gereduseer is. Na...
SEWE HEILDRONKE …. EN ‘N HUILDRONK
Roemryke prestasies is die afgelope 50 jaar deur koerante ingeryg – ook op die gebiede wat nou taai geraak het: sirkulasie en winste. Laat ons die lewe van papierkoerante vier met ‘n terugblik op daardie gloriedae. Laat ons ons beste wyne in ons fynste kristal skink...
SLEG ERVARING VIR ‘N ROOIBONTE BY NUWELAND
'n Sleg ding het Johan Viljoen op sy eerste besoek aan Nuweland oorgekom.Johan, my niggie Elise se man, wat hierdie week kort na haar in Pretoria oorlede is, kon van daardie ontnugtering altyd met groot smaak vertel as jy hom uitvra.Die onugtering was nie op die veld...
VREEMDE LEEGHEID WAG IN STRATE
Dr. D.F. Malan het pas in 1948 premier geword toe op ‘n kermis van die verslane Verenigde Party in Windhoek op ‘n verkiesingsplakkaat met sy gesig daarop skyfgeskiet is. Die storie was natuurlik voorbladnuus en is op die plakkate van koerante oral uitbasuin: “Sappe...
VAN DEVENTER PENS
Op ’n dag het ek ’n brief van Bybelkor ontvang, koelbloedig gerig aan “Geagte mnr. Van Deventer ‘Pens’”. Waarop ek toe aan ds. Hans Linde, destydse uitvoerende direkteur, terugskryf: “U skryf aan my as … ‘Pens’. Ek kan kategories stel dat ‘Pens’ (met of sonder...
WAAROM HART SO BLOEI
Wanneer die laaste koerante uitgespoeg is, als netjies in plek en presies gevou, en die reuse-rolperse kreunend tot stilstand knars - Beeld se rolpers in die nag van 19 / 20 Desember en Rapport s’n in die nag van 21 / 22 Desember - is twee indrukwekkende eras vir...
DIE JAAR 2024 – VROLIK EN VERDRIETIG
Heil die leser. Vrolikheid en verdriet het mekaar afgewissel in ‘n gebeurtenisvolle 2024 vir die Van Deventers. In die jaar het ons feesgevier, nog vaarte onderneem, ‘n verkiesing beleef wat onverwags tot ‘n regering van nasionale eenheid gelei het en is ‘n fliek as’...
KOELBLOEDIGE KRIEKET
Elke reünie van wie of wat ookal omsluit verskeie klein reünietjies van kleiner, intiemer groepies in die groter groep. By die Volksblad se Melkbos- reünie was verskeie sulke klein reünietjies: studentemaats, woonstelmaats, lede van die of daardie spesialisredaksie,...
KOSBARE OOMBLIKKE MET KOLLEGAS
So 'n saamtrek van oud-kollegas soos hier Woensdag op Melkbos was, laat elke begenadigde wat dit kon bywoon met hope gewaarwordinge en sommer 'n wavrag nuwe herinneringe. 'n Veertigstuks gewaardeerde kollegas oor 'n era van langer as 60 jaar het by 'n skaapbraai hul...
KWêLA OP DIE DUINE
OOr Kyknet se 25 jaar gesels Murray la Vita en Marida Swanepoel vandag land en sand in Die Burger. Geluk, Kyknet, vir ‘n kanaal wat met nul kykers begin het, het julle geroer om vandag so ’n betekenisvolle faset van die Afrikaanse leefwêreld te wees. Mense kyk nie na...
SPITBRAAI, 20/11
Parkering is Woensdag op twee plekke beskikbaar: in Penguin Place (sic) voor die huis (boonste foto) en soort van langs die huis in Strandweg (onderste foto’s). Die huis (die laaste een aan die linkerkant van die straat) se nommer is 11. Penguin Place is die vyfde...
ANDER OU SE PAJAMAS
Die spreekwoord praat van anderman se skoene waarin jy nie graag sou wou staan nie. Ek het my eie gepatenteerde weergawe. Skoene word met pajamas vervang. Elke dag / hoor / sien ek iets in die media wat my dankbaar stem dat ek nie in die of daardie se nagkabaai wakker...
LENTE, HERFS – EEN MOOIER AS ANDER
Die skoonheid van die Amerikaanse herfs – die “Fall” – word hierdie tyd van die jaar elke dag op Facebook besing en met skildergatige landskapfoto’s’ bevestig. My eie ervaring van die skone seisoen kom uit die herfs van 1976 in New England aan die ooskus. Gister vang...
NAAM IS FILEX, FILEX WHITE
Soos die ouderdom ‘n mens maar maal, besef ek en Tokkie ’n ruk gelede ‘n naam wat vir ons belangrik is, het ons albei ontgaan. Dit is die naam van ‘n Bloemfonteinse pottebakker wie se sementbeeldjie van ’n knielende manlike figuur op ons stoep op Melkbos staan. Die...
TOE EEN NAG OP CHAPPAQUIDDICK …
Van die reise in die natuurskone Amerikaanse ooskus in 1976 saam met my oorlede skrywervriend Hans du Plessis het ek gister vertel. Een van daardie reise was na die eilandjie met die tongknopernaam Chappaquiddick by Martha’s Vineyard aan die Cape Cod-kus van...
SLAAPGAS IN ‘N STASIEWA
Die digbundel “Kleinwild” (HAUM, 1978) was Hans du Plessis se heel eerste gepubliseerde skryfwerk (meen ek). Voorin die eksemplaar in my studeerkamer het hy geskryf: (die vers) “Halloween” is vir julle. Julle was by toe hy gebore is! Inderdaad was ek en Tokkie en ons...
UILE VAN VOLKIES
Die Uile van Kranskop is eintlik die Uile van Volkies. Dit het ek – self ‘n oud-Volkie van Potchefstroom – darem so half en half geweet. Vandag het ek die bevestiging gekry in Erika Terblanche se ATKV|LitNet-Skrywersalbum oor die vrugbare jeugverhaalskrywer. Uit Erika...
MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIG ?
Watter meisie is die mooiste? Watter lied? Watter wyn is die lekkerste? Watter motor is die betroubaarste? Eindelose debatte kan hieroor gevoer word. ‘n Soortgelyke debat in die kleine steek kop uit in Die Burger rondom ‘n nogal gewigtige vraag: Wat is die mooiste...
DUWWELTJIES EN DUIWELTJIES
Vir party kom dit eerste – ander bêre die lekkerste vir laaste. Of ‘n mens my jou humor voor of ná die erns verkies – geen leser van Finansies & Tegniek slaan die rubriek Duwweltjie oor nie. So het die uitgewer JL van Schaik in 1996 sy boek ‘’Duwweltjie – 10 jaar...
GRYP VAN BATES
Die opvatting - as so een bestaan - dat sakeblaaie net sedig, saaklik, selfs stroef sou wees, kry vandag 'n opstopper in Media24 se koerante. By 'n berig oor haar regstryd met die Reserwebank se grypery van haar bates (onroerende bates, bedoel ek hier) verskyn Berdine...
VOËLMENERE VAN ALLERLEI KLEURE EN VERE
'n Voël-fotograaf sou ek myself nie juis noem nie. Dis nie net uit beskeidenheid nie. Met geduld is ek nie oormagtig geseën nie. Die vinger op die sluiter is ook nie juis doodsekuur en blitsvinnig nie. Boonop besit ek nie een van daardie tamaaie lense waarmee die...
‘N LIEDJIE VIR LAURA
Op die treffersparades aan die begin van die 60’s was die tranetrekker “”Tell Laura I Love her” ‘n vuurwarm mededinger. Dit was nommer een in Brittanje, ‘n treffer in 14 lande en het oor sewe miljoen plate verkoop. Ook ons studentegemeenskap van daardie era was nie...
BALULE, HIER KOM EK
'n Skielike bevlieging stuur my vandag na Sanparke se besprekingsblad. Ek gaan soek Balule, 'n kamp na my hart met net ses rondawels. Is een van die ses dalk nog beskikbaar vir 'n nag of twee vroeg in Augustus 2025? Inderdaad. Daar bespreek ek onmiddellik, en is so...
STORMS, ORKANE … EN SONSKYNVAKANSIES
Florida, Amerika se “Sonskynstaat”, is ‘n vakansiemekka, veral in die Amerikaanse winter as die sneeu elders sentimeters dik lê. Vir ‘n besoeker wat die wêreld in die Kersvakansie van 1976 platgery het, is die huidige spoor van verwoesting van die storms en orkane in...
FRITS GAUM SOU SAAM KON JUIG
‘n Brandpunt van welsprekendheid, ‘n fees van keurige Afrikaans en ‘n jubelkoor van gevleuelde woorde. Dit was die historiese NG kerk Durbanville vanoggend met die dankdiens vir kerkleier en Kerkboderedakteur Frits Gaum. In waardige huldeblyke is onder meer gewag...
VERTRAAGDE BUIGING NA VROUE-YSTERS
Met hul spykerhakke en ander vroulike skoeisel het die evasgeslag diep spore in die SA joernalistiek getrap. Die dood van Martie Retief bring die onderwerp op verskeie maniere na vore, van bewonderend tot verwytend. Ja, die adamsgeslag moet plek-plek maar koes soos...
HOND SOEK ‘N VROU
Hy / sy moet nog net kan praat. So sê mense van ‘n skrander hond Rondom die jaar 2000 in ‘n soektog na die skranderste hond het die BBC (British Broadcasting Corporation) se basterbrak Pippin sterk na vore gekom. Die halfpoedel-halfspanjoel met ‘n bietjie Ihasa apso...
NATNEUS-NUUSMAKERS
In Die Burger kry hondeliefhebbers (ook enkele katliefhebbers) die laaste ruk ‘n goeie kwota stories oor geleerde troeteldiere wat ook as “nuusdraers”uitblink. Gelukkige mense lees hul koerant soggens horisontaal met komplimente van ‘n getroue “Wagter” wat as vaste...
MARTIE MEIRING: BEELD- EN BOSBROEDERSKAP
Miljoene woorde het in 50 – meer as 50 – vrugbare skryfjare uit Martie Retief-Meiring se tikmasjien / rekenaar gevloei. Met een paragrafie vereenselwig ek my 110 persent. Dit was oor die bos-broederskap wat in my bos-toevlug Sabiepark heers. Op 7 Februarie 1980 in...
VAN HENNIE AAN JIMMY
Uit Piet Cillié se knapsak vol stories leen ek vandag die een van die omstrede leraar wat met die aanbreek van kalmte in sy gemeente gevra is hoe hy sy teenstanders oorgehaal het. Sy antwoord: I outlived the bastards. My tema is dat Jimmy Carter 100 jaar oud is. Hy...
BAD SE GAT
Ek weet nie mooi wat 'n digi-gedig is nie. Bemerk egter die ATKV bied 'n kompetisie vir Afrikaanse digi-verse aan. Een afdeling is vir komiese gedigte. As ek sou ingeskryf het, sou ek gewaag het met "Bad se gat" - enetjie waarmee ek lekker gespeel het. Dalk kan iemand...
PERDEKRAG TOT WARE KRAG
Sestien maande gelede, op 18 Mei 2023, het ek op hierdie blad ‘n kans betreur wat ek laat glip het. Waarskynlik is die geleentheid vir altyd verlore, het ek my lot bekla. Maar vir woorde soos “vir altyd” of “nooit” moet ‘n mens maar lugtig wees. Op Vrydag, 27...
MNR. BEELD KRY SY BOEK
Persbaas Ton Vosloo – noem hom gerus ook Meneer Beeld – se Beeld 50-gedenkboek met boodskappies van Barnard Beukman, redakteur, en Erika de Beer, samesteller, is Vrydag op Melkbos aan hom besorg. Die boek kom saam met my die 2 000 km van Kaapschehoop in Mpumalanga af...
IRONIE VAN ‘N “NAAMLOSE”
Die sterfhuis van die gevierde NP van Wyk Louw in Linden, Johannnesburg, is gesloop, lees ek vandag op die voorblad van Beeld. Nog 'n historiese baken verdwyn eenvoudig van die aardbol en skaars 'n haan kraai. Die treurige nuus oor die huis herinner aan ander...
VOLKSBLAD-OOMS OP ‘N BANKIE
Amper 170 jaar se lewenservaring - indien dan nie 170 jaar se lewenswysheid nie! - was op 'n bankie by die Vergenoegd- tehuis in die Paarl byeen vir 'n nostalgiese ekspedisie die verlede in toe ek vir Johan van Wyk, die "Oom" van Stop van Myne gaan kuier het. Agterna...
MY PAD MET MY BOEKE
Met my rondkrappery vir resensies en allerlei kommentare op boeke uit my pen, ontdek ek, nogal verrassend, dat oor een boek meer mooi dinge deur meer mense kwytgeraak is as oor elke ander een van die 25 of so. Dit is Laatoes – Kykweer van ‘n kanniedood-koerantman. ...
TWEE VOLKSBLAD-OOMS OP ‘N BANKIE
Amper 170 jaar se lewenservaring - indien dan nie 170 jaar se lewenswysheid nie! - was op 'n bankie by die Vergenoegd- tehuis in die Paarl byeen vir 'n nostalgiese ekspedisie die verlede in toe ek vir Johan van Wyk, die "Oom" van Stop van Myne gaan kuier het. Agterna...
DIEREDRAMA BY KRUGERHEK
Die Krugerhek van die Wildtuin is die poort tot ‘n natuurparadys – ook ‘n simboliese poort tot sielerus en ‘n volkome breuk met die daaglikse sleur van die “beskawing”. Bedink die opwinding om by die bedrywige hoofhek van die park deur olifante of renosters verwelkom...
BEELD: DAG DER DAE
“Heut' ist der Schönste Tag in meinen Leben”, sing Joseph Schmidt in sy 1935-treffer. Op skool in die 50’s aan Volkies, Potchefstroom, was die lied ‘n staatmaker op plate-aande in die skoolsaal. Van ons Volkies van daardie era het gewonder en nogal daaroor kopgekrap...
NATSTEEN-KAMERADE
Ons weet wat julle nie weet nie. Ons – ek praat nou van die spesie joernalis – weet watter vreugde ons uit ons beroep geput het. Die naweek is daardie vreugde op genoeglike wyse ten toon gestel op die tweede Natsteen by De Wet Potgieter se Nagkantoor-kroeg op die...
WAT ELKE BOMEMENS MOET WEET
Heldergroen nuwe blare en spatsels wit en geel blomme verklap dat lente in die Laeveld vasberade op pad is. Die knoppiesdoring, sambokpeul en drolpeer is voor in die koor met hul blomme. Rosyntjie- en aartappelbosse wen die blarewedloop – altans so lyk dit van ons...
‘N RENOSTER BY OOM PAUL
Met renosters so skaars en in die suide van die wildtuin saamgebondel soos hulle is weens al die stropery, kan ’n mens nie verwag om sommer in ‘n japtrap die Vyf Grotes raak te loop nie. Op Donderdag 22 Augustus – ná sewe weke – kon ons eers ons telkaart voltooi. Toe...
SKILDERYE VAN KOERANTE
Terwyl die winde van verandering so sterk by koerante waai, is dit dalk nie 'n slegte plan vir koerant-verslaafdes om 'n skilder se dienste te bekom ten einde 'n permanente herinnering te skep nie. 'n Vriend stuur Sondag vir my die mooi skildery van 'n koerantleser...
AG NEE, KOOS (BEKKER)
Teenoor Rapport is ek dankbaar vir die geleentheid om vandag in sy vlagskip-bylae Weekliks met Koos Bekker in gesprek te tree oor die huidige koerantemoles en sy eiesinnige bydrae daaroor verlede week in dieselfde koerant. Die stuk, soos gepubliseer, noem ek die...
MY KOERANT-HART OP MY SABIEPARK-BORS
n Windjie stoot soms uit die noordooste as ek vuurtjie wil aansteek in Sabiepark. Dan gaan haal ek my verweerde blou windjekker agter die kamerdeur. Op sy bors is geborduur: Nasionale Koerante. ‘n Besoeker maak daaroor ‘n opmerking: “Jy loop met jou hart nie op jou...
WAG ‘N BIETJIE, TOKKIE!
Die blinkblaar-wag-‘n–bietjie het nie verniet in Engels buffalo thorn nie. Daardie dorinkies kan iou gaffel. Tokkie vertel graag haar storie oor hoe sy die tweeling, Jacob en Thomas, kleintyd van die boom se geniepsigheid geleer het. By ‘n kleinerige...
TWEE OUPAS EN ‘N SABIEPARK-KONNEKSIE
Soos Israel se eerste vors, koning Saul, kop en skouers bo sy volk uitgetroon het, verdwerg Stormers-rugbyster Neethling Fouché die uwe op die foto wat Saterdag by Skukuza se golfklub geneem is. By ons is sy vrou, Janca, en hul oulike meisiekind, Lente. Agter die...
HEILDRONKE LANGS SABIE
Ons klink 'n glasie Nuy by die piekniekplek. 'n Rede vir 'n heildronk langs die Sabie ontbreek nooit. Basiese rede: net die vreugde van daar wees. Twee uitmuntende redes het hulleself pas aangebied. Vir eers is dogter Marisa Claassens se 50ste op Vrydag 5 Julie...
FRONT VAN OUD-REDAKTEURS
Ses van laaste sewe redakteurs van Die Volksblad/Volksblad het die brief onderteken. Hulle is Hennie van Deventer, Johan de Wet, Paul Marais, Jonathan Crowther, Jo van Eeden en Gert Coetzee. Ainsley Moos (derde van regs) is reeds oorlede. Veertien voormalige...
VERBODE BOEK OOR NASPERS: TON VS KOOS
In die lig van die ingrypende verandering in die landskap van Media24 se koerante wat aangekondig is, raak die vreemde lotgevalle van die jubileumboek Naspers 100: Kroniek van ’n maatskappy, sy mense, sy land en sy wêreld opnuut relevant, selfs insiggewend. Die...
WAARDIGE TUISTE VIR ‘N GOUDMYN VAN DIE GEES
Een brokkie Volksblad wat geen onsimpatieke direksiebesluit in die verre Kaapstad tot niet kan maak nie, is die waardige Volksblad-kamer by NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) se sierlike sandsteengebou in Pres. Brandstraat,...
VOLKSBLAD SE ROL IS ONUITWISBAAR IN ELKE SFEER
In vanoggend (20 Junie) se Volksblad kyk ek in 'n lesersbrief terug en vorentoe: Afskeid is nooit maklik nie. Om afskeid te neem van die handelsmerk (Die) Volksblad -‘n eeu lank ingegrawe in die volksiel van die Vrystaat en die sentrale hartland – is buitengewoon...
BOETE OOR JOPIE
Op die voorblad van Albert Blake se afgewagte biografie oor Jopie Fourie pryk 'n mooi foto van die jong Boererebel, let ek op. Ek wonder of Blake weet van die tyd toe dit onwettig sou wees en vir hom 'n boete op die hals kon haal. Ton Vosloo het in daardie slagyster...
REISMOLESTE
Sommige reise is nie vir sissies nie. Konfrontasies met allerlei hardekwas gesagsfigure; vreesaanjaende vlugte op flentervliegtuie; senutergende busritte saam met hoenders en bokke; slapelose nagte in agtertangse hotels; ure se toustaan vir slegte kos van suspisieuse...
AAND VAN BOK-KAPTEINS
En die klomp handtekeninge? Almal Springbok-rugbyspelers s’n. Dis op ‘n geraamde spyskaart wat teen my kroegtoonbank in die woonkamer hang. Die oorsprong is die sogenaamde “Aand van die kapteins” in Kaapstad se Mount Nelsonhotel op Woensdag 24 Mei 1995, die vooraand...
BRUGBOUER SONDER WEERGA
As brugbouer tussen gemeenskappe en vertroetelaar van gesonde verhoudinge het Colin Hickling nie sy gelyke gehad nie. Die eienskap het die opperste jintelman ’n uiters gewilde burgemeester van Bloemfontein in die 80’s gemaak en hom die eer besorg om as een van die...
STEMDAG 2024
My simpatie is met elkeen wat 'n bloutjie by die stembus geloop het, veral diegene wat wou stem, maar nie kon nie omdat hulle na ses uur of meer in lang, stadig bewegende toue moed opgegee het; diegene wat weggewys is oor administratiewe foute met hul registrasie;...
STEMDAG MET ROSETTE EN PANNEKOEK
Toe ek vanoggend my kruisie trek, kom die gedagte onwillekeurig op: Is dit dalk my laaste? Miskien is die gedagte gestimuleer deur die wete van my vriend Pièrre Theron wat in die waakeenheid op Mosselbaai is en so graag “vir oulaas” wou stem. Ek en hy is ewe oud: 83....
FLIEK BY MY VOORSTOEP
Soos 'n hond met twee sterte was ekke oor die helikopter-aksie vandeesweek hier by my voorstoep terwyl die internasionale rolprent Huntington op Melkbos geskiet is. Nogal 'n kawalt van 'n ander wêreld as die internasionale fliekmakers op jou stukkie aarde toesak om...
HAAL AF, HAAL AF!
Verkiesingsplakkate met slim en minder slim slagspreuke is tiekie die bos voor a.s. Woensdag se verkiesing. Elke party wil elke ander party se boodskap oortroef of verdwerg. Rusies vlam op oor kwessies soos pariodiëring van plakkate, verwydering van plakkate weens...
IDEAAL VIR WEGKOM
Slinger-slinger deur die ruuste van ruwe rotse kies die klipperige grondpad koers van die sendingstasie Zoar se kant op die bekende R62-roete tot by Laingsburg op die N1. Die oggendson bak uit ‘n blouselblou lug op die asemrowende rotsformasies . Dit is die...
VOLKIES VEG VOORT
Potch se oud-Volkies veg voort oor die verknoeiing van hul skoolwapen. Die volgende verklaring kry sy loop op sosiale media: Dit het onder ons aandag gekom dat rondom die eufeesviering van die skool in 2022 die wapen sonder rede, motivering of inagneming van...
‘N EKSIE-PERFEKSIE SOUT-VAN-DIE-AARDE-MENS
Oor Cas Jacobs, studentemaat wat vanoggend op 85 oorlede is, kan jy lank en uitvoerig uitwei - oor sy liefde vir fyn kos en fyn musiek; sy verbintenis tot voortreflikheid en hoë standaarde; sy onwankelbare lojaliteit aan sy gesin, vriende en plekke van herkoms; sy...
WARE LEWENSKUNS HET HY BEMEESTER
Met sy 100ste verjaardag in Februarie het ek oor Gustav Hoexter, oud-appélregter, geskryf dat hy by uitstek die voorbeeld is van 'n man wat die ware lewenskuns bemeester het. Met sy dood twee maande en drie dae later in sy huis in Bloemfontein is dit die woorde wat...
VRYTJIE OP TV: OUPA SE RAAD
Vandag begewe ek my op 'n terrein waarvan my kennis 'n ronde nul is. Van sg. werklikheidsreekse op TV is ek geen kyker nie. Soms sien ek egter onvermydelik 'n reklamegreep raak, soms 'n toevallige flertsie en soms 'n storie in 'n tydskrif of koerant met 'n prikkelende...
HOE-E-HOE-E-HOE-E IN DIE NAG
Aan die ou vuurtoring by Mouillepunt, Kaapstad - Suid-Afrika se oudste in sy soort, veteraan-vriend van seelui en stille toeskouer by sovele seerampe - kleef vir die uwe 'n vreemderige herinnering. Ek herroep dit met 'n sardoniese glimlag by die viering van sy dubbele...
TWEE QUEENS EN ‘N KONINKLIKE BERG
Twee vorstinne voor 'n vorstelike berg - 'n manjifieke toneel. Die manjifieke foto van twee manjifieke skepe - die Queen Mary 2 en die Queen Victoria - voor die manjifieke Tafelberg is geneem deur 'n manjifieke fotograaf, Gerard van Niekerk. Van hom het ek tevore...
DIE QUEEN IS HIER … TOT SIENS, DIE QUEEN
Stil, broers, daar vaar ‘n skip verby / sy groet / en dis dalk vir lank … Dié skip is die Queen Mary 2, vlagskip van die redery Cunard, wat weens die Midde-Oosterse krisis onverwags na Suid-Afrikaanse waters terugkeer. Die QM2 kom op 12 April in Kaapstad aan en...
‘n MYMERING OOR WYN
‘n Vreugde van die salige aftreejare, nou al 25, is ‘n skemerwyntjie op ‘n bankie langs die see met ‘n Privaat-plaatjie teen die rug en met ‘n uitsig op Tafelberg en Robbeneiland. So skryf ek in die tydskrif "WynLand" se Apriluitgawe in die rubriek "Cheers vir eers"....
‘n VOORRY MET DRUKKERSINK IN DIE ARE
Wat het Neethling Fouché, aspirant-Springbokstut, Dawie Theron, Springbokstut van die 80’s, en Piet Wessels, Springbokhaker van 1951/52, gemeen? Wed jou jy weet nie. Ek kan drie dinge noem: Al drie het regstreeks of onregstreeks drukkersink in hul are; Al drie het...
MY GROOTSTE OLIFANTSKRIK
‘n Vriend stuur die skrikwekkende video van die olifant-tirade in Zambië – die noodlottige aanval op ‘n safarivoertuig waarin ‘n bejaarde Amerikaanse vrou dood is - met die vraag daarby: Wat was jou grootste diereskrik nog in die Wildtuin? Die vriend is bewus daarvan...
NOOIT, MY TOKKIE IS GEEN NARE tokkie NIE
Tokkie is ‘n afkorting vir Tokkelossie: my vrou se vroeggestorwe pa, Kotie, se naam vir haar omdat sy so ‘n klein kortetjie was dat sy onder ‘n bed sou kon deurstap – of nou dit op bakstene staangemaak is of nie. Vir my is dit nogal ‘n oulike naam, amper 60 jaar al....
DUINE, DEININGS, FLAMINKE EN SOUT SAAM MET MATTEUS
Elke mense het sy eie voorkeure. Daarom ‘n rits ekskuries by elke bestemming op ‘n toer. Vir my beteken Walvisbaai die Namib. Vir die dag wanneer jou boot in die hawe is, soek ek duine, duine, duine. Van die kuspad tussen Walvisbaai en Swakopmund kan ek kwalik genoeg...
DIE MONSTER IN (EN UIT) DIE MIS
Om by die einde van die storie te begin, moet ek meedeel dat passasiers op die eerste Kaapse vaart hierdie seisoen van die MSC Splendida (18 - 22 Maart na Walvisbaai) tot vier uur en langer later voet aan wal gesit het as geskeduleer. . Een komplikasie was 'n digte...
SKIELIK GONS KUBERRUIM TUSSEN VRIENDE VAN WELEER
As ek myself mag aanhaal; op my webblad (www.hennievandeventer.co.za of .com) het ek ses jaar gelede geskryf: "Die durendheid van studentevriendskappe is een van die vele onverdiende vreugdes wat in my 77 jaar oor my pad gekom…" Die 77 het nou 83 geword maar dit is...
SPITS JOU ORE VIR DIE LANGNEKKE
OUPA IN DIE LANGPAD
Party mense kan dink dis vervelig. Van my 83 jaar op aarde is 'n kenmerk egter my lang verbintenisse. Ek en my kerk (amper 70 jaar), ek en my bank ( oor die 60 jaar), ek en vrou (amper 60 jaar ), ek en my rugbyspan (amper 60 jaar), ek en my werkgewer (amper 50 jaar) -...
EENSAME UITWEG UIT ONDRAAGLIKE PYN
Telkens as ek iets oor genadedood lees, dink ek aan Johann Beukes van Bloemfontein - ‘n Suid-Afrikaanse pionier onder lydendes wat in 2015 al met die hulp van die Switserse Dignitas-organisasie sy eie lewe beëindig.het. Dignitas, soos nou reeds taamlik wyd bekend...
‘n “GRAND OLD MAN” SE 100ste VERJAARDAG
SO KUIER 'N MENS: Tokkie, Gustav en Frances enkele jare gelede gemoedelik saam by Sabiepark se piekniekplek. Dertien jaar gelede is my 70ste verjaardag op ‘n agterna-ete in die Sabieparkse huis van Gustav Hoexter, oud-appèregter, en sy sprankelende eggenote,...
GEDOKTERDE FOTO VAN ‘N WIT DUIF
Is die eerste foto van Catherine, prinses van Wallis, na haar operasie gedokter of nie? Terwyl nuusagentskappe daaroor kopkrap, bied die storie van Die Burger en die wit duif 'n interessante konteks om die kwessie in te beoordeel. Met die foto van die duif in sierlike...
DIPLOMATE IN DIEP WATERS – LETTERLIK EN FIGUURLIK
‘n Besoekende diplomaat wat nie kan swem nie op ‘n sinkende bootjie op die Zambesirivier terwyl SA sy gasheer is. Klink na die resep vir ‘n diplomatieke ramp. Gelukkig is in die geselskap’n senior man van buitelandse sake (later gesant in België) wat nie net goed kan...
KWV-DIPLOMASIE
Diplomaat verdrink in bad ná te veel KWV. Nee, dit was nie werklik ‘n koerantopskrif in die 60’s nie, maar dit was ampertjies. Die diplomaat was die Fillipyn Vittorio Carpio wat aan die spits was van ‘n VV-vredesending oor die Suidweskwessie wat Suid-Afrika in 1962...
MAMMA, WAAR KOM OOM PIET SE NAAM VANDAAN?
Kom ons gesels verder oor die komediant, sanger, akteur, omroeper, komponis, draaiboekskrywer, goëlkunstenaar en buikspreker Piet Pompies. Vandag se tema: die oorsprong van die onderskatte vermaaklikheidskunstenaar se naam … ene wat nogal vir moedswillige misverstand...
PIET POMPIES – DIE MAN AGTER DIE ALIAS
Piet Pompies: Baie mense, veral van die nuwer generasies, reken waarskynlik dis sommer ‘n duimsuig-naam soos Jan Salie, Jan Rap, Piet Snot of die Daantjie van die kalwerhok wat in uitdrukkings en idiome in die volksmond voorkom. My generasie se mense weet darem "mnr....
WOERTS-WARTS IN SABIEPARK
Ruig, ruiger, ruigste. Ons verstom ons aan die omringende blaremure as ons op Tarlehoet se stoep 'n ietsie geniet. Hemelhoog reik hulle soos wolkekrabbers. 'n Kameelperd se kop gewaar jy 'n vlugge oomblik tussen die takke. Dan is hy spoorloos. Die wildebeeste...
DANIES TRAP TONE
My twee vriende Danie Krynauw en Danie Krynauw het albei later (maar heelwat later) lekker gelag oor ‘n tonetrappery by hul eerste ontmoeting. So ‘n ontmoeting die een of ander tyd was onvermydelik omdat albei in die Kaapse sosiale lewe aktief was. Een Danie Krynauw...
‘n GOUE OUE EN ‘n KRANIGE KAPTEIN
Fyner mense met sagter oë vir hul medemens en ‘n eleganter lewenswyse as die jintelman Danie Krynauw (95), ontslape oud-uitvoerende hoof van Nasionale Tydskrifte en oudste lewende Nasperser, tref jy nie sommer op aarde aan nie. Sy stem het ek die goue oue van Naspers...
KIES BLOU VIR VERMAAK, PERS VIR IETS SPESIAAL (SLOT)
As ‘n koerante- en papiermens in hart en niere is dit vir my ‘n genoegdoening om oor wat steeds die waardevolste sleutel tot heeldag-genot op die Queen Mary 2 is, te rapporteer. Reg geraai, dis ‘n papier-“koerantjie”. Hoe anders gaan jy, arme drommel, uit die...
ASEMROWENDE PORTAAL – EN TWEE RAAISELS
Wanneer ‘n passasier ‘n kwelling, ‘n vraag, ‘n paspoort-kwessie of wat het, geldjies wil omruil of met sy / haar rekening wil tred hou, is die weet-alles-span by die betaalmeester van die die Queen Mary 2 se lang toonbank die aangewese besoekpunt. Hulle is selde...
ROMANTIEK VAN DIE 20’S AS JY HIER AANSIT
Tot sesuur is slenterdrag in die haak. Ná ses is “smart attire” die vereiste in formele sit- en eetkamers. Op gala-aande, plus-minus elke derde aand, is dit wanneer die deftige tabberds en die strikdasse te voorskyn kom. Aanddrag is selfs te huur. Nêrens elders op die...
NA VERRE HAWENS IN ‘N BOEKEPARADYS
In ‘n keurposisie op dek agt, in die boeg met groot, diep vensters op die waters wat voor die statige skip oopkloof, is die Queen Mary 2 se beroemde biblioteek – ‘n karaktervolle boekeparadys met iets soos 10 000 titels in ses tale. Moderne vakansieskepe spog graag...
KILOMETERS OP DIE DEK
As jy met die skuifelstappie van ‘n onfikse 80-plusser loop, is verkenning van die Queen Mary 2 se dekke nie kinderspeletjies nie. Wat tien jaar gelede tjoef-tjaf kafgedraf is, vereis nou gereelde verposings. Gelukkig is veral op die Promenadedek, dek 7, vir die doel...
QM 2 EN SA KONNEKSIE
Alle paaie lei na die Royal Court-teater op dekke drie en vier van die Queen Mary 2 wanneer Zelda la Grange die intieme sluier lig oor haar werksverhouding met die Suid-Afrikaanse staatsman-ikoon Nelson Mandela. Haar boek word opgeraap. Sy moet net teken, teken,...
EENVOUDIG NET BETER
Dis nie dat die lewe aan land vir hom onsmaaklik is nie. Die lewe ter see is net beter. Ek wil dié woorde van sir Francis Drake so verbuig: Dis nie dat lewe op ander skepe vir my onsmaaklik is nie. Die lewe op die Queen Mary 2 is net beter. ‘n Hardnekkige maaggogga...
TUKKIE SKAAR HOM BY WILGENHOF
Oor studentekoshuise en hul tradisies, gewoontes en geite voel ek as oud-_Kollegeman van Tukkies sterk. Toe die Wilgenhof-bom bars, was in die Kollegehart dadelik 'n spontane opwelling van simpatie - al lyk aspekte van die Wilgenhof-kultuur ietwat rof, veral in die...
ALS BEGIN MET BLONDE MATROOS
”Die blonde matroos”; “Bolandse nooientjie”; “Bootjie na kammaland”; “Daar doer in die Bosveld”; “Tahiti verre land”. Met die Jurie Ferreira-liedjies het ek in die 40’s grootgeword. ‘n Musiekbaken daardie dekade was ‘n konsert in Kimberley se stadsaal: Hendrik Susan...
DAAI BAADJIE WIL SY (WEER) DRA
Langs die koffers op die bed in die spaarkamer word twee hopies klere stadigaan groter. In die een vang buitengewone items vir die uwe die oog: strikdassies, mansjetknopies, swart skoene….. In die ander hopie is vroueklere. Een stuk oorheers: ‘n waterdigte bloedrooi...
AMBASSADEUR SE STOUT DOGTER BEVARK ALS
Dit moet hier in 1968 rond gewees het toe die aankondiging kom dat die Vrystaatse Universiteit ‘n mediese fakulteit gaan kry. Vir die universiteit en die provinsie is ‘n droom bewaarheid: iets waarvoor lank en met mening agter die skerms gespook is. Vir Die...
SEEROWERS VAL MSC-SKIP AAN
Verskeie skeepvaarte moes in die afgelope,paar dae gekanselleer word weens toenemende gevare vir skeepvaart op die Rooisee. Een wat in die slag gebly het, is die die terugtog van die MSC Splendida na sy tuiswaters by Genoa. Die veiliheidsituasie in die Midde-Ooste ...
ALS OOR SLAG VAN BLAAUWBERG
Die Slag van Blaauwberg in 1806 was ‘n week of wat gelede ter sprake met die herdenking daarvan – en ‘n omvangryke algemene onkunde oor die belangrike skakel in die SA geskiedenis het daarmee aan die lig gekom. Wie, wat, waar? So wou mense op Facebook weet. Elke...
SKATKIS VOL KWINKSLAE
As spreker – dikwels impromptu by konferensies en etes – en as storieverteller met ’n unieke styl, ’n monumentale humorsin en ’n skatkis vol kwinkslae, anekdotes en slimstories het Piet Cillié, redakteur van Die Burger en later voorsitter van die Nasionale Pers, nie...
EIE CHARLIE CHAPLIN
Elke keer as spotprenttekenaar Charl Marais stiptelik om 11:00 by my kantoor by Die Volksblad inwals vir die spotprentkonferensie, het ek half verwag dat hy ’n bamboeskierie en paar-nommers-te-klein hardebolhoedjie sou uitpluk en ’n paar danspassies uitvoer. Nes sy...
50 JAAR GELEDE – ‘n SPOGKAR VERNIET
Om in ‘n betroubare mandjie herinneringe van 50 jaar gelede te gaan krap, is die daaglikse plesiertjie wat “Die Burger” se rubriek “50 jaar gelede” ouer lesers bied. Vandag is daar o.m. brokkies oor die te wagte geboorte van die Rosenkowitz-sesling en die tekort aan...
HOE’S DAAI! EDWILL VERLOOR PAALTJIE OP 85
Vir my is iets simbolies daarin te lese dat die nuus van radioman Edwill van Aarde se dood my bereik terwyl ek op TV die krieket-treurmare op Nuweland moet sit en aanskou. As Afrikaanse krieketkommentator was hy by uitstek in ‘n klas van sy eie, ‘n pionier en ‘n...
VAT DIT KORT!
Iemand, veel jonger, vra my gister op my 83ste na ‘n lewensles. Sonder nadenke kom my antwoord: waak teen te lank. Waarskynlik kan die antwoord, en die snelheid waarmee dit afgevuur is, verbind word met ‘n geleentheid wat onlangs bygewoon is. Daardie een is werklik...
VROEDVROUE EN JOERNALISTE
In Joan Kruger se boek ”Wieg” laat sy o.m. die lig val op ‘n kranige dr. Hendrik van Deventer, een van Nederland se voorste geneeshere in die 17de eeu. Verloskunde is een van sy vele kundighede, en hy skryf in 1701 ‘n lywige werk waarin hy “een nieuwe ligt” vir...
ONTHOU TOG, LIEWE MENSE, DIS ‘N NUWE JAAR!
In my jare as nuusredakteur in die 60's en 70's was een van die eerste inskrywings in die dik dagboek op my lessenaar elke jaar: Herinner oor tjeks. 'n Roetineberig was om mense daaraan te herinner dat die jaartal aangeskuif het. Vergeet jy dit op jou tjek, het jy vir...
‘’DS MURPHY” ONTWRIG OUJAARSDIENS
Alles wat verkeerd kan loop, SAL verkeerd loop. Dié gesegde is so van 1952 se kant as Murphy se Wet bekend. In ’n Kaapse NG-gemeente het ‘n “ds. Murphy" by ’n Nagmaaldiens op ’n Oujaarsdagaand nogal beduidende dilemmas veroorsaak, By daardie gewyde geleentheid het die...
BY DIE “SAKTYD” VAN 2023
Terwyl 2023 in sy pylvak met versnelde pas na sy "saktyd" marsjeer (strompel?), diep ek weer 'n deerniswekkende vooraand-foto op van my oud-hoofredakteur by die dagblad Beeld, Schalk Pienaar. Oor enkele ure sou die eerste uitgawe van die rolpers kom. Toe al in 'n...
GLASIE WAT GOU LEEG RAAK
In 1980 keer ek uit die Rand terug Bloemfontein toe, waar - tot my meerderwaardige onbehae - laatoes steeds koning kraai. Jy moet omtrent ‘n perd opsaal om die “uitheemse” Bellingham Premier Grand Cru in die hande te kry. Kollegas skinder oor al die Beeld-invloede op...
OOM PAUL SE WYN TOT TASSIES
‘n Advertensie vir Chateau Libertas het my op ‘n skip met “Oom Paul se wyn” laat kennis maak. Daar is beweer dat skepe altyd moes sorg vir voldoende voorraad as die kleurryke politikus uit die wynland aan boord gaan wees. Met “Tassies” het ek in Johannesburg loop...
ALS BEGIN BY LIEBERSTEIN
Lieberstein het uit Stellenbosch sy glorieryke buiging gemaak in 1959, juis die jaar dat wyn as alternatief vir bier en hardehout met mening by ons geslag Kollegemanne en by Tukkies in die algemeen posgevat het. Of die studentevriendelike prys of die talmende...
VERDWAAL, VERWARD EN VERLORE
Op Sondag 26 Desember 1976 sou ons vroeg in die pad val na Florida, “Sonskynstaat” aan die suidpunt van Amerika. Toe ek die kamergordyne in Cambridge, Massachusetts, oopskuif, wag ‘n asemrowende toneel. Die “wit Kersfees” waarop ons vergeefs gewag het, het toe in die...
VAKANSIE MET HOPE ONTHOU
As jy nie so gelukkig is om self vakansie te hou nie, kan jy darem aan vakansies terugdink.My helderste onthou is ‘n Kersvakansie van amper ‘n ‘n halfeeu gelede, in Desember 1976. Die Van Deventers is met hul werkesel, ‘n 1972-model Toyota Merk II-stasiewa, op ‘n tog...
RIZZ EN ZIRR
Die woordjie 'rizz' se bekroning as die Oxford University Press (OUP) se woord van die jaar vir 2023 voer my gedages terug tot die woordjie 'zirr' wat in die jare 60 in die Lugmaggimnasium in Pretoria se woordeskat ‘n ereplek beklee het. Die twee woorde – die een...
JAARBRIEF UIT MELKBOS
Liewe leser Van 5 Maart tot 15 April was ek en Tokkie by ons Sabieparkse bosplek, Tarlehoet, om ons heuglike verbintenis van 25 jaar saam met bosvriende met vonkelwyn en braaivleis te vier. Dit was een hoogtepunt van ‘n goeie jaar. ‘n Kwarteeu gelede op 15 Maart...
GROFGESKUT OP SEEBRIES
Vakansiegangers wat begin instroom - en Melkbossers self – kan nogal heelwat kontrei-geskiedenis opdiep as hulle daaroor begin rondvra en rondsoek. Die waarheid dring opnuut deur as jy die kans kry om saam met ‘n gids van die Vriende van Blaauwberg-bewaringsbied op...
PIEPIE-PENARIE
Die penarie van ‘n dringende draai loop sou ‘n mens dit kon noem: die hele moles wat in fases – soos beurtkrag – ontvou het nadat ‘n bejaarde vriend onwyslik sy gade se aanbod om op ‘n lang reis vir die doel by ‘n vulstasie stil te hou van die hand gewys het. Die...
RUIKER VIR ‘n LANDDROS
En hierdie ruiker rose? Dis bedoel vir landdros Desiree Stigling van Pretoria wat die blonde "Real Housewife" Mel Viljoen so netjies op haar plek gesit het oor haar lawwe poging om die TV-program Carte Blanche te muilband. Viljoen is hof toe met die bewering dat Carte...
SPRINGBOKPLAAG IN KAROO
Tower die beeld in jou verbeelding op: jy ontwaak en waar die vorige aand Karoovlaktes rondom was, is nou hektaar op hektaar vir kilometers ver tot by die gesigseinder ‘n see van springbokke wat rondmaal en ‘n reuse-stofwolk opskop wat oor die dorp hang. Dit is die...
‘JAGTOG VAN DIE EEU’
Tussen 20 000 en 30 000 stuks wild is op die Vrystaatse vlakte by Bloemfontein op ‘n bondel gejaag sodat prins Alfred, tweede seun van koningin Victoria van Engeland, en sy jaggeselskap na hartelus kon afmaai. Tussen 800 en 1 000 het in die uurlange koeëlreen geval:...
UIT DIE HART VAN ‘n EGGENOOT
Jy kon ‘n speld hoor val toe ds. Heerden van Niekerk sy treffende boodskap oor die vrugte van die Gees by die gedenkdiens vir Lize van Rensburg gistermiddag in die NG kerk Welgemoed inlei met ‘n huldeblyk uit die hart van haar man, Rudie, die skrywer. In my amper 83...
BRIEF IN BEELD OOR MISMAAKTE VOLKIEWAPEN
A luta continua. Die stryd duur voort teen die verkragting van my geliefde skool, Volkies Potch, se wapen van 'n arend op 'n skild - klassiek weens sy eenvoud en krag. Die volgende brief uit my pen verskyn vandag in die dagblad Beeld: Vandag wil ek die wapen...
HIER KOM ONS WEER: WEDERSIENS VAN WONDERSKIP
Kaptein Kevin Osprey op die boeg van sy skip. "Die Queen is hier! Die Queen is hier!” klink dit uit duisende kele op. Baniere wapper in die wind met die woorde: “Welcome QM2”. In lugballonne en helikopters, op seiljagte en bootjies, te voet op die kaai tot doer in...
‘n AREND KOER NIE
Vandag wil ek die wapen opneem vir ‘n wapen: my geliefde skool, Volkies van Potchefstroom, se klassieke en tradisieryke arendwapen. Op die verre Melkbos kry ek sterk snuf in die neus dat iemand met jeukvingers aan my alma mater se wapen torring. ‘n Weergawe duik hier,...
VINNIGE FANIE WYS HAKSKENE VIR PETER CARLSTEIN
Met die dood van die kranige sportman Peter Carlstein – een van Suid-Afrika se veelsydigste – nooi ek lesers saam na die SA junior atletiekbyeenkoms in Bloemfontein in 1957, my matriekjaar. In die eindrondte van die 440 vir seuns o/19 sak twee Vrystaters in die...
ONDEUNDE ENGELE EN ‘N FEES WAT ROEP
In die verre Cambridge, Massachusetts, VSA, ‘n klipgooi van die karaktervolle Harvard-kampus, word die naweek ‘n fees gevier wat by ‘n hand vol SA joernaliste heerlike herinneringe na vore sal bring. Hulle is die klompie wat bevoorreg was om ‘n sabbatsjaar as Nieman...
OM TE SLAAP BY DAISY SE BYTPLEK
Ligging is een van die redes waarom ‘n reis op ‘n bepaalde plek onderbreek word. So slaap ek en gade, Tokkie, nou die nag op Richmond om geen ander rede nie as dat die plek is waar dit is: as jy die pad tussen Kaapstad en Johannesburg in terme van ‘n mens se lyf...
‘n SUPER-TAMAAIE BADKAMER
As ‘n kompetisie sou bestaan om die grootste badkamer in ‘n gastehuis of iets dergeliks te vind – en ook nie net in Suid-Afrika nie – het ek my kandidaat. Dalk in Steyn City by Johannesburg? Of in die Val de Vie-landgoed by die Paarl? Iewers in die laadieda-buurte van...
TERUG NA DIE PLEK WAAR ONS TROU GESWEER HET
Nou ook al amper 57 jaar gelede, op ‘n snikhete Oujaarsdag, 31 Desember 1966, is Jakob Hendrik van Deventer (25) en Gesina Susara van Wyk (20) op haar tuisdorp, Bultfontein, in die huwelik bevestig. Dis ‘n tipiese plattelandse NG kerk, ‘n netjiese, soliede...
KLEURRYKE KAROO ‘n BLOMMEFEES
Was ek ‘n C. Louis Leipoldt het ek ‘n sonnet geskryf oor die asemrowende blommetonele langs die N1 in die suidelike Karoo. Rondom Laingsburg strek die lappe donkerpienk, geel en donsige wit blomme tot teen die horison. Die heuwels leef nie van musiek soos in “The...
MATRIEKS VAN ’63 PLUK WEER DIE DAG
Rapport uit Bultfontein, Vrystaat - 1 130km van Melkbos - oor die matriek-plus-60-fees van Tokkie (‘n nooi Van Wyk) se matriekklas van 1963 deur 'n ou wat maar grootlik in die hoekie gesit en sy bek gehou het. En het die 15-stuks nie gekuier nie, van Vrydagaand af,...
DRUKKERSINK IN ARE DRUIS EN BRUIS
Die moontlike wanindruk dat die Van Deventers slegs vir die mevrou se matriek-plus-60-reünie Vrystaat toe is – ‘n vinnige heen-en- weertjie van 2 342 kilometer – moet uit die weg geruim word. ‘n Tweede reünie was een van die uwe: ‘n...
KARIKATUURMUUR MET ‘n MOTTO
Een takie die Erfenisnaweek – hoe braai jy as die reën so neergiet? – was om my karikatuurmuur in die studeerkamer op datum te bring. Daardie muur is immers ook op sy manier die viering van ’n erfenis: ‘n leeftyd in die koerantwese. Van bo tot onder is dit die ene...
HIER IS DIT: VOLLEDIGE NOODLOTSFOTO
‘n Muur van water stort oor die reling by Leentjiesklip, Wildernis, en agt mense skarrel na veiligheid. Vir een van die agt, ‘n 93-jarige oud-onderwyseres, eindig die Saterdagse seedrama noodlottig. Sy word neergevel en tot in die middel van die pad gespoel. Sy...
HIER IS HY: DIE DODELIKE NOODLOTSGOLF
Onheilspellend, vreesaanjaend, dodelik. Mense skarrel vervaard om weg te kom voor die toringhoë noodlotsgolf wat Saterdag by Leentjiesklip, Wildernis, die lewe van ‘n brose 93-jarige, mev. Jo Hartman, geëis het. Mev. Hartman was aan die terugstap van die reling...
‘n KOERANT WAARIN BAIE LIEFDE GESTORT IS
Dat die eerste uitgawe van Beeld more, 16v September, presies 49 jaar gelede verskyn het, laat hierdie 82-jarige lid van die span stigters meteens stokoud voel. Hoop maar met die halfeeufees aanstaande jaar sal ek nog hier rond wees om saam in die vreugde te deel....
ANTWOORD MET MOKERHOU
Met 'n dodelike mokerhou maak Jaco Marais op Facebook korte mette van die alewige verwyt dat koerante plaasmoorde afskeep. Hy reageer op 'n inskrywing van ene Karin Barnard. Tot haar eer erken sy dadelik en boetvaardig dat sy die kat aan die stert beetgehad...
PAS OP – ‘n BOM OP NEW YORK!
Vir naastenby almal wat oud genoeg om te onthou, beteken die datum 11 September ‘n dag van verskrikking soos hulle op geen ander dag in hul leëeftyd beleef het nie. Presies 22 jaar gelede het alle hel in New York losgebars. Die indrukwekkende tweelingtorings van die...
BEGAAFDE KOLLEGA MET ARENDSVLERKE
Ongetwyfeld die Volksbladman van my era wat sy arendsvlerke die wydste gesprei het, was Pieter Cronjé wat ‘n gerekende internasionale kommunikasiekenner en –bestuurder geword het. By verskeie internasionale konferensies en werkswinkels oor die aanbied van...
MATRIEK MET LIG EN ‘N SPOELTOILET
Sestig jaar gelede, in 1963, was die opspraakwekkendste wêreldnuus die sluipmoord op pres. John F. Kennedy van Amerika in Dallas, Texas. Beatlemania het oor die wêreld heen geswiep met die verskyning van die debuutalbum van daardie Liverpoolse mopkoppe, Please...
MISOES VAN DIE JAAR
Sport-misoes van die jaar 2023 moet die inploffing van SA atletiek in Boedapest wees. Altesaam 66 lande neem deel. Suid-Afrika eindig op nommer 65 -'n kortkop voor die houtlepelwenner, Eritrea. Beste vertoning is Wayde van Niekerk se teleurstellende sewende plek in...
ALTYD MAAR NET WEER OPGESAAL
Vir Zandra van Wyk (77), sjarmante, elegante lewensmaat aan die sy van daardie prins van rubriekskrywers, Johan van Wyk, groet ons Dinsdagmiddag in die Paarl. Op die kennisgewing van die tot-siens-diens by die Vergenoegd-kapel verskyn sy, toe nog’n jong vrou in...
KREEF OP DIE KOLE
Kreef op die kole by Sabiepark se piekniekplek. Vir ons was dit iets nuut. Waarskynlik ook ‘n eerste vir Sabiepark. Johan en Mariza het die begeerlike seekos saamgebring toe hulle die laaste week van ons lang wintervakansie uit Oudtshoorn kom saamkuier het. Die...
VERLANGE NA KOERANTE
Vriendelike woorde van Anschen Conradie oor "Elke dag 'n mooi nooi en 'n moord" ... en oor koerante van oudsher in die algemeen: Die klassieke koerantwese, kompleet met drukpers, ink, rolle papier, tikmasjiene, donkerkamers en teleksmasjiene word toenemend verower...
VRUGBARE 24 UUR IN WILDTUIN
‘n Skielike bevlieging neem ons op ‘n herinneringsrit via Olifants en Balule na Letaba (rondawel D58) en besorg ons ‘n onvergeetlike 24 uur. Het ons al ooit in 24 uur in die wildtuin meer gesien en beleef? Die aksie begin met ‘n solovertoning deur ‘n leeu by die...
TY-KONNEKSIES
Skakels binne skakels binne skakels, Drie van die mense op die boonste foto – een van hulle ‘n kollega - was in die afgelope dae saam met my en Tokkie op Tarlehoet se stoep in Sabiepark, ‘n vierde is ‘n matriekmaat, asook mede-Klerksdorper, en die vyfde ‘n...
VOLKSBLAD-BOSBERAAD
Vier Volksbladveterane wat hul koerantloopbane in Bloemfontein in drie agtereenvolgende dekades begin het - die jare 50, 60 en 70- het in Sabiepark saamgetrek. Hulle is Herman le Roux, die uwe, Tobie Wiese en Philip van Rensburg. Herman (op 88 die vierde oudste...
SOLDOEDIES SE OPERASIE OLIFANT
In my verbeelding sien ek ‘n peloton Joodse soldoedies doelgerig van ‘n gepantserde David-voertuig spring om ‘n Arabierse vesting in die Gasastrook stormenderhand in te neem. In werklikheid was dit nie dienspligtiges nie, maar ‘n spannetjie jong Israelse toeriste –...
SOMMER NET ‘N SONDAG
Wees gewaarsku dat hierdie storie sommige kan verveel. Alledaagshede kom voor soos 'n oorstroomde wasbak, gestorte wyn en 'n kierie wat op 'n ongemaklike plek beland. Daar is darem ook seekoeie, koedoes, waterbokke en 'n luiperd betrokke wat aan die gegewe kleur gee....
STORIE OM OOR TE KRAAI
‘n Storie om oor te kraai – meen ouma Tokkie - is hoe ‘n groot wit houthoender uit die Laeveld Kaap toe is om sy plek in die Matiekoshuis Helshoogte en sy feesvierings vanjaar te gaan vind. Helshoogte se gelukbringer is ‘n hoender. Die houtweergawe is deur...
GALERY VAN GROOTWORD
Van 2005 af word ‘n spanfoto van die kleinkinders by die naambord van Tarlehoet geneem: eers van net die tweeling Jacob en Thomas en daarna met kleinboet Christopher by. In die 25 jaar van ons verbintenis met Sabiepark het die naambord drie keer verander. Eerste eie...
CONFETTI WAAI EN LINT WORD VODDE
Vriendelike taksering van "Elke dag 'n mooi nooi en 'n moord" in 'n gewaardeerde lesersindruk van kollega Sarel Venter op litnet: Die Rubicon na moderne inligtingstegnologie is deeglik oorgesteek die dag toe Hennie van Deventer (uiteindelik!) sy tikmasjien vir ’n...
AGENDA MET SOET EN SUUR
Op 10 Julie 1998 het die Van Deventer hul eerste algemene jaarvergadering van Sabiepark in ‘n tent by die piekniekplek langs die Sabierivier bygewoon. Was dit nie vir Covid nie, was dit Saterdag nommer 25. Vir my was dit besonders – amper emosioneel – dat ek ‘n mosie...
REUK VAN PIESANGS
Hoe ver kan ‘n bosnagaap ‘n piesang ruik? Dat sy kos – veral boomgom, bloeisels, sade en vrugte - gewoonlik deur reuk opgespoor word, is bekend. Daarvan het ons heelwat ervaring. Elke aand word op ons “piesangtafel” in Sabiepark sterk meegeding om die lekkerny. ‘n...
VERRASSINGS WAT WAG BY DIE KRUGERBRUG
Die kleurekontras tussen die houtskool van ’n olifant se enorme lyf, die wit van sy tande, die blou van water, asook die verskillende skakerings groen van gras en allerlei riviergewasse sorg altyd vir ‘n treffende natuurprentjie. Jy kan net die kamera mik en die...
VERE WAAI OOR VENSTERS
Ek ken withelmlaksmanne as woeilige Bosveld-voëtjies wat gewoonlik in groepies van 10 tot 15 laag bo die grond van bos tot bos woerts agter goggatjies aan. Gewoonlik is hulle bedeesd en stil. Jy raak net bewus van ‘n skielike vlinderagtige beweging – die volgende...
‘n REKORD OF NIE ‘n REKORD NIE?
Nes Comradeskampioene Tete Dijana en “Goue Gerda “Steyn het ‘n jong Hennie van Deventer ‘n rekord “verpletter” - oor ‘n effense korter afstand. Anders as hulle is hy nie met blomme bestrooi, deur Jan Rap en sy maat om die hals geval en boonop met ‘n hoop geld beloon...
BOEKE OOR KOERANTE
‘n Volledige lysie van my boeke met ‘n koerantetema in chronologiese volgorde: Scoops en skandes (Tafelberg, 1993) Flaters en kraters (Tafelberg, 1996) Kroniek van ‘n koerantman (Tarlehoet, 1998) In kamera (Protea Boekhuis, 2003) Byl in my bos (Griffel Media, 2009)...
DIE BURGER, MANDELA EN DIE WIT DUIF
‘n Wit duif styg sierlik op. Op die oog af ‘n treffende nommerpas-voorbladfoto vir ‘n historiese dag: die inhuldiging van Nelson Rohlihahla Mandela as Suid-Afrika se eerste swart president. Iets skort egter met die foto op ie Burger se voorblad. Drie raaiskote. As...
KOM VIER SAAM ‘n BOSFEES
Van 5 Maart tot 15 April was ek en Tokkie vyf weke lank by ons Sabieparkse bosplek, Tarlehoet, om ons heuglike verbintenis van 25 jaar saam met van ons bosvriende met vonkelwyn en braaivleis te deel. Hiermee nou ‘n uitnoding aan een en almal: Kom vier saam fees! Ons...
SALUUT, GULLE GRENS-GASHEER, GENL DOEP (91)
In die Bosoorlog in die 80’s is mediamense gereeld grens toe gebring met die verhewe doel om hulle “eerstehands van die terrein, die gevegstoestande en heersende weermagdenke te vergewis”. Die herinneringe aan ligte oomblikke op sulke uitstappies is dalk talryker as...
OOR GLORIERYKER DAE
Agteros kom ook in die kraal. Verkoon as my storie ietwat koue kos is, maar die nuus dat Mediapark in Aucklandpark, Johannesburg, blykbaar al geruime tyd gelede aan UJ (Universiteit van Johannesburg) verkoop is, het by my verbygeglip. Ek hoor dit pas: Media24 se mense...
HEEL LINKS: TANNIE MET DIE ROOI ROK
“Haai jy, tannie met die rooi rok, staan ‘n bietjie diekant toe.” Die “tannie” het gedwee gehoorsaam. ‘n Sosiale foto moes by die een of ander tedoe in die Bloemfonteinse stadsaal geneem word en die jong koerantfotograaf, ene Mordegai, het ongeduldig begin raak met...
REDAKTEURS GEGRYP OOR FOTO’S
Twee uiters onwaarskynlike bedmaats wie se gesigte geen mens langs mekaar in enige galery sou verwag nie, is die Boererebel Jopie Fourie wat in 1915 tereggestel is deur Louis Botha se regering (links) en Dimitri Tsafendas wat dr. HF Verwoerd in 1966 met ‘n dolk in die...
SKILDER EN SY SKILDERY KRY METEENS LEWE
Verbeel jou dat die Mona Lisa vir jou knipoog. So ‘n halleluja-oomblik het ek beleef toe die skilder Danie Marais van Langebaan Sondag oor my drumpel op Melkbos stap. Ter sprake is nou nie Leonardo da Vinci se meesterwerk wat in die grootsaal van die Louvre's in...
AMPER VERGETE SKRYFKAMPIOEN
Sy het ‘n generasie jong Afrikaanse vroue leer lees; meer as 40 boeke geskryf; tot vier boeke per jaar neergepen (lank voor rekenaars); onder ‘n rits skuilname (ook mansname) geskryf; vir die tydskrif Sarie Marais se eerste vervolgverhaal gesorg en in ’n stadium...
VAN PLAASPONIE TOT SPOGKAR
Vir Johannes Moses het ek goed leer ken in my laaste vyf jaar by die Nasionale Pers in Kaapstad. Hy was om die beurt kelner en motorbestuurder en was in albei rolle die toonbeeld van ‘n netjiese, vriendelike, pligsgetroue en bekwame amptenaar. Enkele dae gelede het ek...
MET BANIERE UITBASUIN
Moet koerante die wapenstorie nie onder banieropskrifte aanbied nie, vra ‘n joernalisvriend my gisteraand oor ‘n ottermaklottertjie. Dis ‘n prikkelende vraag. Die antwoord is nie so voor die hand liggend nie. Gewis is die Amerikaanse ambassadeur se beskuldigende...
DIE AANLAND VAN ‘N NUWE BOEK
Hoe lank is die pad nie wat ‘n boek loop vandat jy die eerste woorde neergepen het totdat jy die pakkie van die drukkers af oopskeur, die kraakvars eindproduk in die hand hou, dit oopslaan en stadig deurblaai. Dikwels voel jy of die wag net nooit gaan ophou nie. Maar...
‘n STERRETJIE WORD ‘n STER
Ouma Marietjie van Wyk, Tokkie se wonderlike ma, was op 7 April 2004 90 jaar oud: ‘n feestelike dag. Die oggend was dit koek en tee hier op Melkbos en die aand ‘n intieme familie-ete met al haar kleinkinders rondom haar. Ek onthou hoe Bianca Lucas, oulike vyfjarige...
+ BOEKEMAN EN STALMAAT, GEORGE LOUW
Die bome tuimel nou vinnig in die bos van kollegas in die 80-plus-kategorie. Die jongste is George Louw (84) , uitgewer, digter, dramaturg, joernalis van formaat, wat gisteraand in die Milnerton MediClinic aan ‘n hartaanval oorlede is. George sal by uitstek vir...
AMPER BAAS VAN ‘n GROOT PLAAS
In 1988 met die Riaan Eksteen-debakel by die SAUK is ek uit meer as een oord vertroulik ingelig dat ek ‘n kandidaat vir die direkteur-generaalskap is. PW Botha wou my glo in daardie pos hê. Koerante (o.a. eers Max du Preez se Vrye Weekblad en toe ook die Sunday...
KERK TOE IN ‘n KORTBROEKPAK
By Melkbos se NG kerk word gewoel om die toring te herbou en die ou asbesdak te vervang nadat ‘n stuk van die toring afgebreek en deur die kerk se dak na benede gestort het. Enkele Sondae moes die erediens in die saal plaasvind. ‘n Bedrag van R2 miljoen is ter...
DIE KUNS VAN ‘N DOEDELMEESTER
As om te krabbel of skribbel (Engels “doodle”) een van jou gewoontetjies is en skilder jou na aan die hart lê, kan ‘n kombinasie van die twee verrassende resultate lewer. Kyk maar die foto hierby. Die hand aan die pen was die van niemand minder nie as prof. Piet...
ROOI MUSTANG EN VERWOERD SE BEGRAFNIS
'n Voorsmaak van my nuwe koeranteboek, "Elke dag 'n mooi nooi en 'n moord - 'n joernaal van scoops en skandes", nou by die drukkers, kry lesers van "Rapport" vandag in 'n dubbelblad-artikel in die bylae "Weekliks". Dit handel oor 'n voortsnellende rooi Mustang se...
MAMMA, WAAR KOM SUPERMAN VANDAAN?
Superman het sy buiging in 1938 gemaak – in die jaar van die simboliese Ossewatrek, eers net as strokiesprentheld. In 1941 vlieg hy egter al die wêreld vol in kort animasiefklieks. In 1948 en 1950 volg twee vervolgreekse op die silwerskerm – “serials”, het ons hulle...
STELLENBOSCH – ‘N ONTDEKKINGTOG
Stellenbosch die roep my en ek moet gaan. Vreemde woorde uit die mond van ‘’n geswore Tukkie? Nou-ja, dis darem nie heeltemal waar nie. Nie Stellenbosch wat geroep het nie, maar die Matie-kleinseuns, Jacob en Thomas, se 19de verjaardag. Ek en Tokkie is op geleide...
ELKE DAG ‘N MOOI NOOI EN ‘N MOORD
Gee elke dag 'n mooi nooi en 'n moord. Dit is die digter DJ Opperman se resep vir 'n koerant om sy sirkulasie 'n stoot te gee. Die aanhaling kom uit sy bundel Joernaal van Jorik. Elke dag 'n mooi nooi en 'n moord. is ook die titel van my nuwe koeranteboek wat binne...
SALIGE SAAMKUIERS MET SKUKUZANERS
Van die aangename elemente van ons eienaarskap van Tarlehoet vir 25 jaar is die verbintenis wat dit meegebring het met die kerk in Skukuza, met ds. Carl en Sarah Louwrens en met die Skukuzaners (gemeenskap van Skukuza). Dis ‘n vreugde om Sondae spesiaal vroeg op te...
‘N VRIEND OOR VER PAAIE EN VELE VURE
‘n Hand op die skouer dui gewoonlik op hegte vriendskap. Wat ‘n voorreg was dit nie om in ‘n verbintenis van 60 jaar plus sovele kere hand om die skouer saam met Manie Steyn afgeneem te word: op Tukkies, in die Wildtuin, in Sabiepark, by hul mooi klinkerhuis in...
EDEL DIERE, EDEL BURE, PRYK IN NUWE BOEK
Pas op die rakke in boekwinkels is ‘n nuwe Proteatitel, “Hierdie land”, waarin meer as 50 skrywers vertel wat vir hulle uniek en kosbaar is aan hierdie land; wat hulle trots maak, laat verlang en laat lag. Dat ek vir my bydrae ‘n bosstorie vertel, sal niemand...
VAN ‘N SIEK BOKKIE TOT OORLE MTN
Iets skort. Dit kon jy dadelik aan sy houding en optrede sien, maar veral in die oë van die bosbokrammetjie wat al om die huis, al om die huis lusteloos aan die groen blaartjies peusel. In daardie oë was ‘n smeking: help my asseblief! Hulle het stip op die twee...
KAMERADE, NOSTALGIE, PREDIKER 3
Ich hatt’ einen Kameraden, einen besser’n find’st du nicht. As ek aan my Tukkiestudentemaats van ses dekades gelede dink, hoor ek in my verbeelding die tromme roffel soos in hierdie treffende Duitse oorlogslied van Ludwig Uhland. Van my mede-Kollegemanne was tien in...
TOONTJIES SO DUN SOOS GARING
Vir ‘n vlermuis gril ek tot in my tone. Daar is vir my iets sinisters aan hierdie swiepende skimme van die nag. Vir ‘n klein vlermuisie so groot soos die eerste lit van ‘n vroulike duim en met “toontjies so dun soos garingdraad” gril ek selfs ‘n graad of twee meer....
25 JAAR SE BOSTRADISIE
Die tradisie leef voort, met 'n nuwe dinamiek en 'n nuwe dimensie. Ek en Tokkie plus kollega Herman le Roux en Rina was op 15 Maart 1998 saam in Tarlehoet se swembad om die Van Deventers se aanknoop van 'n verbintenis met Sabiepark te vier. Op 15 Maart 2008 het ons in...
25 JAAR VAN SABIEPARK-PLESIER
25 jaar afgetree, 25 jaar op Melkbos, 25 jaar in Sabiepark. Die eerste twee bakens is reeds bereik en paslik gevier. Op 15 Maart kom baken drie. Ons vertrek reeds op 6 Maart Mpumalanga toe om dinge te gaan regkry vir ‘n feestelikheid waarvan ek later meer gaan...
EK GROET EN DIS VIR LAAS
Soos ‘n mens ouer word, word onder al hoe meer aktiwiteite ‘n streep getrek. Óf jy trek dit self óf dit word vir jou getrek. So is dit nou een maal. Omdat ek van mense hou en lief is om goeie eienskappe in ander raak te sien en uit te lig, was ‘n aktiwiteit wat tot...
ROEKELOSE DROME
My wrewel oor die onbekookte borgskap-projek van SA Toerisme stort ek vanoggend in 'n brief in Die Burger en Volksblad uit. Ek skryf: Veronderstel vir een vlietende oomblik Temba Khumalo van SA Toerisme se beoogde borgskap van Tottenham Hotspur is nie ‘n lugkasteel...
DIT MOET DOKTOR WD BEUKES GEWEES HET
Dat sy alma mater, die Vrystaatse Universiteit, hom nie raakgesien het vir ‘n eredoktorsgraad nie, was ‘n oorsig. So het ek vandag by my kollega en vriend sedert 1958, Wiets Beukes, se huldigingsdiens op Franskraal betoog. Wiets, oud-redakteur van Die Burger, is op 16...
KAMPUSLEWE 4: JOOL EN ANDER JOLIGHEDE
My terugdink aan die Tukkiejool kan ek seker nệrens anders begin nie as by die dag in Mart 1962 toe Van Deventer vyf glorieryke minute lank Fanus Rautenbach sou wees. Met promosieplanne vir die jool is destyds groot gegaan. ‘n Klomp manne is bv. waaghalsig in die...
KAMPUSLEWE 3: SPELERS EN TOESKOUERS
Rugby is steeds op kampusse ‘n saak na aan die gemeenskaplike hart, verstaan ek. Verblydende nuus dat rugbytradisies nog vol skop is. In die 60’s was rugby – veral koshuisrugby – GROOT. Hoe het ons nie, wen of verloor, in digte geledere op en af langs die veld...
KAMPUSLEWE 2: MODDERBADDENS EN SO
Ontgroening was in my Tukkiedae nog springlewendig. Eerstejaars (ienks) is oral behoorlik gedril. Daar was modderbaddens, die pil (deurdrenk met bitter duiwelsdrek), nagligte (as jy waag om oor die tou te trap), gatpaarties, p-paarties en wat nog. Ons ienks van...
GAUDEAMUS IGITUR, STUDENTELEWE BEGIN!
In 2022 Jannie of Sannie in die klaskamer; vanjaar meneer of mejuffrou in die lesingsaal. Vir derduisende jong mense – iemand praat van 250 000 - begin ‘n splinternuwe in hierdie dae. Gaudeamus igitur – hul studentelewe breek aan. Studentelewe kan van kampus tot...
VOLTOOIDE SIMFONIE-A
Oor die Van Deventers se sentimentele band met die MSC Sinfonia wil ek ‘n uitgebreider en korrekter weergawe as die vorige plaas. Vir eers het my rekenkunde my in die steek gelaat. Daar was vier vaarte met die Sinfonia, nie drie nie. (Met die Opera was daar twee en...
EINDE VAN ‘N GROOT BEDERF
Om ons swanesang ter see en eerste ervarings op ‘n vaart in een asem te noem, klink na ‘n contradiction in termino. Dit is egter nie. Op ons vaart na Walvisbaai op die Sinfonia was die digte mis vir ons inderdaad nuut. Nooit voorheen op enige vaart is twee nagte lank...
TREIN VAN ONHEIL SAAI VERWOESTING
Die gasverwoesting op Boksburg herinner aan die geweldige ontploffing van ‘n dinamiettrein van altesaam 42 trokke – die langste dinamiettrein ter wêreld in daardie stadium - 90 jaar gelede, op 17 Julie 1932, op die plaas Louwpan net buite Leeudoringstad...
HVD 6: MET HARP EN SITERTONE
‘n Kwarteeu lank is my adres nou Penguin Place 11, Melkbosstrand – die Van Deventers se plek van melk(-bos) en heuning met Tafelberg, ‘n grou kolos, aan die suidekant; die Atlantiese Oseaan in sy wisselende stemminge wydgestrek voor ons; Robbeneiland net ‘n...
HVD 5: BRING DIE VONKELWYN
Of ek graag Hoof van Koerante sou wou word, is 'n vraag wat nooit by my opgekom het nie. Dit was Ton Vosloo se idee. Hy wat self 'n redakteur was, het daarvan gehou om redakteurs in bestuursposisies om hom te versamel, en Engelse perskollegas het die tradisie as een...
HVD 4: IN DIE VOORSTE RY VAN ‘N TAMAAIE ERA
In die geselskap van rolspelers van die era. Om in die voorste ry te sit terwyl eietydse geskiedenis op 'n werklikheidskerm voor jou verbyrol. Dit is die bonus wat ‘n koerantredakteurskap bied. In die 80’s (en 90’s) het die tempo en intensiteit van politieke...
HVD 3: REGTE TYD, REGTE PLEK, REGTE MENSE
In my loopbaan was ek altyd gelukkig om op die regte tyd op die regte plek omring deur die regte mense te wees, ook by Die Volksblad. Hiermee ‘n buiging na ‘n spesiale span (foto). Die Volksblad het in die tyd ‘n volkleurkoerant geword, van middag-gleuf tot...
HVD 2: STEM SAAM / KRY SKAAM
Die papier is geelbruin en die oneweredige letters verklap dat dit uit ‘n primitiewe tikmasjien kom. As jy begin lees, stem jy saam of kry jy skaam - so om die beurt. Met die dokumentjie ter sprake het kollega Tobie Wiese my enkele weke gelede uit die bloute kom...
HVD 1: SWEM, GROENTJIE, SWEM!
Plus-minus 60 gelede het ‘n groentjie-verslaggewer by Die Volksblad in Bloemfontein ingestap. Dit het ‘n koeranteloopbaan van 35 jaar ingelui. ‘n opwindende skof by Beeld in Johannesburg is ingesluit: die kindertuinjare van daardie koerant. In ‘n kort reeksie kyk...
25 JAAR GELEDE: TYD VIR TOTSIENS
Op 15 Desember 1997 – vandag presies 25 jaar gelede – het ek die deur van my kantoor met die mooi uitsig op Tafelberg op die 18de verdieping van die Perssentrum aan die Heerengracht in Kaapstad vir oulaas agter my toegetrek. Ek het die sleutels op die pynlike netjiese...
RUILDUIWEL, VARKE, BABERS EN BURGEMEESTER SE BODEM
Almal het seker al ‘n koerant onder oë gehad waarin onderskrifte per abuis omgeruil is. Op bladsy 3, sê maar, is ‘n foto van ‘n mooi meisie. In die onderskrif staan: “Hierdie knewel van ‘n patat……” Dieper die koerant in is ‘n foto van ‘n yslike patat. In die...
KERSBRIEF UIT MELKBOS
Liewe vriende Stilletjies het nog ‘n Desember – Hennie se 81ste, Tokkie se 76ste en ons twee se 55ste saam - op ons afgekom. Hier is die einde van die jaar op ons. Tyd het aangebreek vir die jaarlikse bulletin uit Melkbosstrand. Ons kyk terug met dankbaarheid vir...
HULLE REK HUL SPERTYD (“DEADLINE)
‘n Praktyk wat in die perswese so oud is soos die berge is om jou spertyd – Engels “deadline” – te bly rek tot so ver jy kan. Hoekom vandag al lewer wat jy tot more kan uitstel; so word wyd in die geledere geredeneer. Die gemeenskaplike eienskap kom by my op toe ek...
TOL PIENAAR SE MAGTIGE BAKENBOEK OOR WILDTUIN
Hier onder is my resensie. op versoek van Beeld, van Tol Pienaar en span se magtige bakenboek oor die geskiedenis van die Laeveld en die ontstaan van die Krugerwildtuin, Neem uit die verlede (Protea, 2007).Die resensie het helaas ook verlore geraak. Die ensiklopediese...
SALOMON JOUBERT SE WILDTUINBOEKE – VERLORE RESENSIE
Grootse boeke oor die grote Krugerwildtuin – dit is Salomon Joubert se ensiklopediese trilogie oor die Kruger-wildtuin, “The Kruger National Park – A History” beslis. In my boekery is hierdie liefdestaak van die waardevolste skatte; Africana van die eerste water....
RIDDERS VAN DIE MIELIEBLAAR
Elke Saterdagaand om agtuur het dit uit die Bloemfonteinse ateljee van die SAUK bra valserig opgeklink: “Ons is die ridders van die Mielieblaar, die wêreld woes, leeg en naar sal ons hervorm; met 'n towerslag die leed verban en die traan versag.” Daarna was Oom...
KWARTEEU VAN MELK(BOS) EN HEUNING
“Van die stoep, oor my grasperk, oor die sand, in die see. En dit ‘n skrale 30 km van die hartjie van Kaapstad. Ek het nooit geweet ‘n doodgewone mens kan soveel plesier hê nie.” So het ek die tydskrif Sarie geantwoord toe dié vir my vir ‘n artikel in sy uitgawe van...
MY LIEWE SKOOLBUS – ENIGSTE FOTO!
Met die rondstuurdery van studentefoto’s tussen Kollegemanne van doer rondom die 60’s beland op my skerm na my wete die enigste bestaande foto van my Fiat 500-stasiewa, bekend as die “Grassnyer” of die “Skoolbus” – albei my Tukkiemaat Pierre le Roux se kreatiewe...
REDDING ROOI MERC
Ja, dis vroulief Tokkie se granaatrooi Merc daardie. Hoe haar 14-jaar-oue staatmaker op die nippertjie ’n rol in die matriekafskeid van die Hoërskool Stellenberg, Bellville/Durbanville, verwerf het, is ‘n lang, pynlike storie. Laat ons die detail maar verswyg. Genoeg...
HEILDRONK MET ‘N LIED EN ‘N TRAAN
Vir die enigmatiese Ben Smit (86) het ons gegroet op 'n onortodokse wyse wat hy met 'n spitsvondige opmerking as presies net reg sou bestempel het. Ongetwyfeld die informeelste totsiens-diens wat ek in my 82 jaar bygewoon het. Aan die einde was ons almal op die voete,...
WEL, GOOTHBAAI, SALIE
As ek ‘n kollega sou moes kies met wie ek die graagste op ‘n verlate eiland uitgespoel sou wou raak, sou die innemende Salie de Swardt ‘n sterk kandidaat gewees het. Talryke gedeelde ervaringe sou oorgenoeg raakpunte oplewer vir gesprekke om die lang ure sonder ander...
UIT MEDIA NA POLITIEK
Drie Suid-Afrikaanse staatspresidente het in jul jong dae die joernalistieke waters beproef: CR Swart en PW Botha by Die Volksblad en Marais Viljoen, by Die Transvaler. Amper was dit vier. TE Dönges (Die Burger) is tot die amp gekies, maar kon dit weens siekte nie...
ANTWOORD UIT ‘N KROEG
Wanneer iemand van die statuur en charisma van koningin Elizabeth II sterf, hoef koerante wêreldwyd nie kop te krap oor ‘n hoofberig nie. Ander kere is die keuse soms ‘n tameletjie – veral in sogenaamde komkommertyd as nuus skaars is. Met koningin Elizabeth was die...
EK SWAAI ‘N UNION JACK
Reken, sover hierdie 81-jarige kan onthou, het hy die 96-jarige ontslape koningin net een keer in sy lewe in lewende lywe gesien. Sy was toe nog prinses Elizabeth - net 20 jaar oud. 'n Stralende jong vrou.Die uwe is in 1947, 75 jaar gelede, in Kimberley skool toe: die...
PROF. PERFORMER
” Fransjohan Pretorius se memoires oor sy dosenteloopbaan op Netwerk24 laat die prentjie van prof. Nico van der Merwe voor my opdoem. Hy was ‘n jeugdige regsprof by Tukkies in die jare 60. ‘n ware “showman”. Ek sou sy delikteklas in Romeins Hollandse Reg III vir geen...
TOERISTE? NJET! NJET! NJET!
Nou-ja, die onderhoud met Gorbatsjof waarvoor ek in 1990 na die Sowjet-Unie is, was toe ‘n nat klapper. Toe toer ek, vermom soos ‘n Britse toeris, maar rustig verder saam met die groepie van 20 uit die VK waarby ek my in Londen aangesluit het. Ek hou darem my oë oop...
ONDERHOUD AGTER YSTERGORDYN
Met die dood van Michail Gorbatsjof kan ek gerus maar die storie vertel van my ''onderhoud" met hom. My kollega Willem Wepener van Beeld se onderhoud met Margaret Thatcher in Londen - Ysterman en Ystervrou! – het die prikkel verskaf. Ek klop toe n vroeg in die 90’s...
TROU TOT DIE DOOD
Een vakansie bring my Sabieparkvriend Frik Nel, voorheen brig. Frik Nel van die Veiligheidspolisie, vir my die boek Trou tot die dood deur die laaste polisienkommissaris in die ou bedeling, genl. Johan van der Merwe, wat gisteraand na ‘n beroerte oorlede is. In die...
OUDSTE NASPERSER WORD 95
My paaie het met Wiets Beukes s’n gekruis toe ek einde 1958 in Bloemfontein aankom vir my eerste skof vakansiewerk by Die Volksblad. Hy was ‘n assistent-redakteur, en ook ‘n kranige tennisspeler. Wiets was toe 31 en ek ‘n skamele 17; darem amper al 18. Al was hy...
RSG SKIET BOK MET KLOK
Een van Edith Piaf, “Mossie van Parys ” se mooi Franse liedjies heet “Les trois cloches”. Dit vertel van ‘n man vir wie die kerkklokke drie keer gelui het: by sy geboorte, troue en begrafnis. Wie onthou nog die liedjie waarvoor Fanus Rautenbach so lief was, "Die bok...
SJAMPANJE IN OVERBERG
n Sjampanje-oggend in die Overberg na 'n naweek van heerlike stortbuie en slierte digte mis wat laag in die golwende groen heuwels hang. Die donker berg op die agtergrond, helderblou dam, die volmaakte weerkaatsings en 'n plaasopstal in die verte net buite Swellendam...
GROOT SPORE – GESKENK VIR JOU
Tot Wêreldolifantdag vandag wil ek graag bydra. Die begeerte spruit ure se plesiere wat die grootvoete met die waaierore my die afgelope 25 jaar al langs die Sabierivier in Sabiepark se wonderlike piekniekplek besorg. My olifantboekie, Mayafudi (later hernoem tot...
GOUE SILWER JUBILEUM
As 'n ou ouer as 80 is, 60 jaar klaar is met universiteit, 65 jaar gelede in matriek was en al ses jaar verby jou goue bruilof is, is 'n baken van 25 jaar nie juis iets om oor huis toe te skryf nie. Maar wag nou: 1997 was in die lewe van Jakob Hendrik van Deventer nie...
‘N ONTROERENDE “U EIE KEUSE”
Goeie musiek het in my lewe gekom met die periodieke Plate-aande Saterdagaande in die skoolsaal van Potch-Volkies in die jare 50. Dit was nie die gewildste aktiwiteit nie, want die skoolsaal se ligte het dwarsdeur bly brand, en selfs ‘n handjies-vashouery was uit....
OUMA, BRING DIE SUNLIGHT!
My Ouma Visser was 'n streng dame met sterk insigte oor wat behoorlik en wat onbehoorlik is in die vorm van woorde wat oor jou lippe kom. Selfs ‘n gefluisterde “dêmmit” in ‘n onbewaakte oomblik het die waarskuwing ontlok dat jou mond met seep uitgespoel sou word....
ONVOLTOOIDE SIMFONIE
Vir die MSC Sinfonia het die Van Deventers nou al drie keer gegroet. Dat ‘n vierde groetslag dalk kan voorlê, was ‘n vergesogte gedagte. Onverwags het so ‘n moontlikheid egter nou opgeduik. Ons het nie te lank gewik en geweeg nie. Pas het die bevestiging van ons...
VRESE OOR SKATKAMERS
Die wêreld is ons woning nie. Daaroor is ek dit met die digter Totius roerend eens. Hy merk dit o.m. aan die son wat wyk, aan die reier wat mistroostig na die son sit kyk en "in alle ding wat in die skemer my omring." My lysie van tekens is heelwat langer as syne. Van...
HENNIE VAN COLLER: WAT NOU?
Soos dit meermale met prikkelende uitsprake gesteld is, het prof. Hennie van Coller se waarskuwing oor die temas van kinderboeke tot groot omstredenheid gelei. Ek is een van diegene wat nie die rede vir die diepe aanstoot in sy uitsprake raaklees nie. Kom ons aanvaar...
TJORRE MET TITELS
Ter ere van die Chinese Sehol wat nou tot die mortormark toetree, deel ek graag ‘n hoofstukkie oor motorname uit my humorboekie “Praat-praat in Tamatiestraat” (Griffel, 2010). Dit is ook as e-boek by De Novo beskikbaar. Kyk onder. TJORRE MET TITELS “Bankrot Maar...
NOMMER EEN EN NOMMER TWEE
Jy verkeer in die salige waan jy is nog nommer een. Skielik ontdek jy jy is nie meer nie. 'n Mens voel of jy in jou tande geskop is. Arme Faf de Klerk. Hy moes sy nommer 1-posisie as die Springbokke se skrumskakel aan Jaden Hendrikse afstaan. Ek weet presies hoe hy...
OM HANDDOEK IN TE GOOI
Voor die besoek aan die kardioloog kry ek 'n boodskap: Bring jou eie handdoek saam. Ek en Tokkie beraadslaag oor die regte grootte - nie te klein nie, nie te groot nie. Sy bied 'n keuse van drasakke. Ek besluit op een en gooi sommer 'n kam ook in. As jy 'n handdoek...
KOFFERS MOET ROLSTOEL RY
Koffers op ’n rolstoel – wat beduie dit? Die storie agter die foto regs is so absurd dat min mense my seker sal glo. Dit is die reine, reine waarheid. Ek en gade Tokkie het Sondag omstreeks 14:00 op die Kaapstadse Internasionale Lughawe geland op Airlink-vlug 4Z652...
EN JY, MET DIE LANG STERT?
Die paradysvlieëvanger is nie ‘n voël wat jy sommer mis kyk nie. Sy ellelange stert van tot 20 cm is uniek. Sy roesbruin lyf, donker kop en hemelsblou snawel voltooi ‘n swierige prentjie. Hom verwag jy in die somer, veral van Oktober tot Maart. Dan dos die mannetjie...
BOOMSTAMME EN STAMBOME
‘n Aangename ontdekking by ons agterste lapa in Sabiepark is ‘n sierlike jong vaderlandswilg wat in die covid-tyd stilletjies opgeskiet het. Jimmy Pressly van Skukuza het met die identifisering gehelp. Die mooi combretum word in verskeie dorpe as sypaadjieboom...
TOT SIENS VIR ‘N ERA
Vir ons ouer garde van Sabiepark was dit ‘n hartseernaweek. ‘n Treklorrie het Saterdagand vol gelaai van die Strydomhuis, Rustig, erf 333 uit Apiesdoring, na Outeniekwastrand vertrek. Vanoggend skuins ná agt het Annatjie en Lientjie in hul Toyota gevolg. Onder die...
EIE GENESARET
‘n Entjie buite Chrissiesmeer op die pad van Carolina na Ermelo is ‘n padbord: Genesaret. Dis nie ‘n pad wat ek dikwels ry nie. Elke keer as ek verby ry, wonder ek egter oor hierdie Genesaret. Bestaan ‘n Bybelse konnotasie? Die netjiese grondpad na Genesaret loop...
BREKFIS EN GESKIEDENIS
Saam met n lekker plaasontbyt in die Billiard Room by die John Jack Inn op Chrissiesmeer kry jy ‘n stewige skep geskiedenis uit die begin van die vorige eeu. Jy sit naamlik aan in ‘n vertrek wat tussen 1899 en 1901 opgerig is as ontspanningsentrum vir Britse troepe...
DUIWEL SE PRAGKANTOOR
Sommer ‘n hele ent voor die afdraai na Kaapsehoop, bekoorlike wegvlugplekkie so 30 km van Nelspruit, kry jy die eerste groot bord wat waarsku: Pas op, hier loop wilde perde rond! Gou ontdek jy: Kaapsehoop en sy perde is sinoniem. Die stringe gastehuise,...
OPPENHEIMERS EN RAMAPHOSA: REG EN VERKEERD
In ‘n beroemde Suid-Afrikaanse misdaad is juwele ter waarde van sowat 250 000 pond sterling (nou sowat R5 miljoen) op 5 Desember 1955 uit mev. Bridget Oppenheimer se juwelekissie in hul herewoning, Little Brenthust, in Parktown. Johannesburg, gesteel. Die buit is in...
RILLER BY BRANDVLEI
Elke visterman kan vir jou ’n storie of twee vertel van die grote wat weggekom het. Sulke onheil tref nie net vistermanne nie. Pas is die nuus bekend gemaak van ons geskenkboek oor ons seun, Johan, se lewensreis met diabetes mellitus (Vyftig jaar op insulien – ‘n...
GRATIS GESKENK – ‘N STORIE VAN HOOP
‘n Geskenk wat hopelik vir mense hoop kan bring. So noem ek graag die beskeie e-boekie wat ek vandag namens die Van Deventers GRATIS vir een en almal aanbied. Vir eers is die “storie van hoop” bedoel vir ’n nuwe generasie ouers wat hulle in dieselfde bootjie bevind as...
WILDEHONDE, WILDEVY EN WEERLIG
Weerlig slaan nie twee keer op dieselfde plek nie. Sê wie? Wat van drie keer? Wel, ons het die vakansie al drie keer in drie weke wildehonde in Wildevylaan, Sabiepark gekry. Die derde keer, op Donderdag 19 Mei, kon ons maklik 300 meter rustig agter hulle aanry, verby...
BOMBARDEMENT YS-ALBASTERS
Was ek ‘n boer met ‘n oes op die lande was ek vanoggend waarskynlik ‘n verslae man. Watter skade kan ‘n bombardement van ysalbasters nie in tien minute aanrig nie. Gisteraand se haelstorm oor Sabiepark – ongekend vir ‘n Kapenaar – het met albastertjies begin; toe...
SPEURTOG OP SLANG SE SPORE
Hier volg die tweede episode van die slang-sage by Wildevy 154, Sabiepark. In die episode gesels ons oor die ontdekking van die waarskynlike toegangsroete van die yslike Mosambiekse spoegkobra wat Donderdag die vrede hierlangs so wreed kom versteur het. Die leidraad...
SLANG IN SLAAPKAMER !
‘n Kobra in die slaapkamer, wildehonde in ons straat, romantiese rooibokkies al om die huis en twee gulsige bosnagape wat meeding om die happies op die piesangtafel. Dit is van die ervarings tot dusver wat weer eens op ons Sabieparkskof, soos op al die voriges, ‘n...
RAMMETJIE-UITNEK TOT DIE DOOD
‘n Treurige toneeltjie begroet my op pad huis toe in Wildevylaan, Sabiepark. Twee rooibokrammetjies lê plat op die grond, horings ineengestrengel. ’n Derde , duidelik erg onthuts, draf op en af en maak ontstelde blaasgeluide. Een van die twee op die grond lyk vir my...
‘N EIE D-DAG VIR DIE VAN D’S
Soos D-dag, 6 Junie 1944, ‘n dag van betekenis was, is Van D-dag, 7 April 2022, dit ook. Eersgenoemde was ‘n sleuteldag in die Tweede Wêreldoorlog, en word ná amper 80 jaar nog herdenk. Laasgenoemde kry vandag eers in hierdie skrywe sy naam, maar is vir die Van...
BOME VAN STATUUR
Een, twee, drie jakkalsbessies tel ek op die werf van Tarlehoet by Wildevy 154, Sabiepark. Oornag het hierdie bome van statuur 'n nuwe status verwerf. Jakkalsbessies is een van vier nuwe spesies op SA se lys van beskermde bome. Bewaar jou as jy hulle sommer net gaan...
DUIKBOOT-EKSPEDISIE NA RIETBOKRAMP
Toe ek aan die begin van die 60’s as groentjie by Die Volksblad kom, was wyle Peet Simonis (84) 'n gedugte misdaadverslaggewer. Die "senior" lessenaar in die hoek van ons oop verslaggewerskantoor en die beste tikmasjien in die kantoor was syne. Hy was 'n...
WANT HULLE WAS FLUKSE Kê ..ê..ê ..RELS
n Jong Barend du Plessis het die stroopstasie beman by ‘n fyn georganiseerde koeksisterbakkery; ‘n jong FW de Klerk het van huis tot huis perskes gesmous; PW Botha het as knaap ‘n vrou help klippe kap vir ‘n kerkbouery en ‘n klein Pik Botha het tarentale en fisante...
SPROKIESLEWE VAN BOET TROSKIE
Flambojanter het ek nie geken nie: Boet Troskie, rolprentbaas met ‘n string internasionale trefferflieks agter sy naam, skatryk sakeman, bevriend met staatsmanne en glansmense, eienaar van ‘n Lear Jet waarmee hy eiehandig kruis en dwars oor Amerika gevlieg het,...
VREESLOSE VERKENNER
Alwyn wie? So kan ek baie mense hoor vra as die naam van Alwyn Schlebusch genoem word. Tog was die man van inbors een van die gedugste en invloedrykste politici van sy era; ‘n toegewyde voorloper en verkenner in die soeke na ‘n politieke oplossing vir die krisis...
REFERENDUM ‘N FW-TRIOMF
Die lotsbepalende referendum van 17 Maart 1992, vandag presies 30 jaar gelede, het begin met ‘n onverwagse aankondiging op die “verkeerdste tyd”. Daar was konsternasie in die NP-koukus en skok in die federale raad. FW de Klerk se skuif is beskou as ‘n enorme waagstuk...
PETER MALAN SE KLIP
Geld groei nie aan bome nie … ook nie klippe nie. In Sabiepark is ‘n klip in ‘n boom wat lyk of dit saam met die boom kon gegroei het. Hoe anders verklaar ‘n mens daardie bielie se teenwoordigheid hoog en droog in ‘n mik van ‘n huilboerboon (ai, watter gedugte boom!)...
KONTINENTALE MATRIEK
‘n Akademikus weet al hoe meer van al hoe minder en minder en ‘n joernalis al hoe minder van al hoe meer en meer. Die wysheid van prof. Piet Cillié by sy eie oorskakeling van die ioernalistiek tot die akademie kom by my op wanneer ek by die herlees van JA Kannemeyer...
GEAGTE MENEER EK …
Redakteurs vang soms koddige goed aan. Van die koddigste in Suid-Afrika waarvan ek tot vandag geweet het (of onthou het), was die hoog aangeskrewe Harvey Tyson van “The Star” se onwilligheid om tussen ‘n Ja-stem en ‘n Nee-stem te kies in die referendum oor die...
KYK WIE IS KAAL IN DIE STORT
Die KKNK se wiele rol weer ná twee jaar se doogte. Op die propvol program is onder meer Ek, Anna van Wyk met Tinarie van Wyk Loots in die hoofrol en Marthinus Basson as regisseur, lees ek vanoggend in Die Burger. Mense met lang geheues sal kan terugdink aan die...
KOEKSISTER: SOET EN SUUR
Die tradisionele koeksister – daai gevlegde soetigheidjie wat só welaangenaam die smaakkliere van soettande kan kielie - is g’n hierjy-ding in die Afrikaanse leefwêreld nie. As jy vir koeksister ‘n lofsang wil aanhef, sal jy dit met die gelui van kerkklokke en...
VABOND-HOND BYT VROU AAN “RICHMOND”
Op ‘n storie van ‘n vabond-hond – ‘n Engelse bulhond, maaindjoe, nie ‘n boerboel nie – wat ‘n mooi jong vrou in Kaaptad op ‘n denkbeeldige pad tussen Johannesburg (haar kop) en Kaapstad (haar voete) “in die omgewing van Richmond” gebyt het, kan ek na ‘n...
LEEU, MOT OF SPREEU – SO JAG JY HOM
As jy ooit ‘n leeu wil jag, in die dag of in die nag, gooi sout op sy sy stertjie en wag. Die wysheid (?) is by my ingeprent in een van die eerste liedjies wat ek in my prille jeug geleer het doer in die 1940’s. En as jy ‘n mot wil jag? Dit, deel C. Louis Leipoldt...
“FYN BESKAAF” MAAR TOG
Hoe lank al ly Afrikaans onder die aanslag van die taalverminkers wat jy oral – maar nêrens so geil nie as in die geledere van die “glansmense” en in voorportale ("foyers") van sekere moderne “kuns”-verskynsels - aantref? Dat die wortels veel dieper lê as wat ekself...
NAT KOL, MODDERKOL
Moenie van ‘n nat kol ‘n modderkol maak nie, waarsku my Tokkievrou gereeld. Ongelukkig het ek in hierdie opsig ‘n swakheidjie: meermale as ek ‘n penarie probeer beredder, slaag ek net daarin om die penarie te verdiep. Miskien is dit omdat ek uit die koerante-omgewing...
PERSPOëSIE EN JOERNALISTEGEDIGTE
’n Mooi meisie en ’n moord. Dis die resep vir ’n geslaagde koerant volgens ’n digterlike siening van buite. Boesem vrees in by die lesers, dan koop hulle koerante. Dis ’n poëtiese insig van binne. My onderwerp is perspoësie. Die twee digters hier bo ter sprake is Dirk...
HERTOG UIT DIE WOLKBERG
Op sy aftreedorpie Haenertsburg in die Wolkberg by Tzaneen was die skraal gryskop in almal se oë maar net John Murray, 'n nederige oud-landmeter met 'n verslete Merc en 'n Nissanbakkie; die stillerige ou wat soggens straat-af stap om 'n koerant te koop. Tuis was hy 'n...
GETEER-EN-VEER OOR “BACKVELD”-BOERE
Die jare 30 het twee groot polemieke beleef waarin enersyds die kwessie van fatsoenlikheid maar andersyds die beeld van die Afrikaner die tema was. Een was dié oor Stuart Cloete se Turning Wheels. Nog ‘n vuriger een was oor ene Wilfred Saint Mandé se War, wine and...
BOEK OOR VOORTREKKERS VERBIED
‘n “Vreemde en weersinwekkende beeld van die Voortrekkers … ‘n verhaal van uitgeslape, bygelowige heidens met verrotte sedes, van verbastering, buite-egtelike gemeenskap en sadistiese wreedhede.” Met hierdie woorde is op die voorblad van Die Burger van Woensdag 27...
VUURVONKE OOR “MODERNE AFRIKAANS”
In sy afskeidsrubriek in Rapport roer Waldimar Pelser ‘n sekere geesgenootskap tussen Rapport en NP van Wyk Louw aan. Op Sondag 29 November 1970 is Rapport se eerste hoofartikel byvoorbeeld ingelui met Louw se woorde: “Die vrye meningswisseling is die lug...
GERRIE EN KALLIE: VLOEI KWADE BLOED NET VOORT?
Kallie Knoetze figureer nie in die beoogde rolprent oor Gerrie Coetzee nie – dit is die nuus uit die Knoetzekamp. Geen foto nie, niks. Nie eens sy naam word vermeld nie. Die kwade bloed tussen die twee swaargewigte vloei ná dekades steeds volstoom voort, lyk dit. Oor...
JINTELMAN-POLITIKUS
Een van die politieke leiers wat in my persgalerydae in die 60’s die diepste in my hart gekruip het, was – snaaks genoeg vir die verteenwoordiger van ‘n Nasionale koerant – sir De Villiers Graaff, jintelman-leier van die Verenigde Party. Ek het hom op die krieketveld...
SKOONHEID SONDER SKROOMHEID
Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesigheid van broeke ‘n kenmerk is. Die berigte is totaal onverwant. By...
OM OP DIE VOORBLAD TE STERF … OF NIE
Wie se dood is voorbladnuus? Wie haal die koerant se plakkaat? Wie kry banieropskrifte of selfs ‘n gedenkvoorblad soos deesdae mode word (kyk Die Burger se voorblad ná die dood van kerkman Desmond Tutu). Sulke oordele oor die nuuswaarde van sterfgevalle word gereeld ...
OZ-KARIKATURE OP TV-SKERM
Die groteske, verwronge, karikatuur-agtige gesigte van allerlei politci en ander leidsliede waarmee die Zoom-kamera TV-nuuskykers elke dag peper (hoekom dan so?), herinner my aan ‘n TV-nuusprogram wat op Sondagaand 19 Augustus 1990 op SABC uitgesaai is. Nelson...
NUWE JAAR, NUWE EEU
OM MIDDERNAG, 31 Desember 1999, het die 20ste eeu tot ’n einde gekom.. Wereldwyd is asem opgehou oor potensiële chaos in die rekenaarbedryf wat alles van lugvaart tot die bankwese ernstig kon belemmer, indien nie in duie laat stort nie. Die Y2K-probleem is dit genoem,...
PAPPA DRA SWAAR OP OUJAAR
Op Oujaarsdag 1976 was die Van Deventers se kennismaking met Disneyworld in Orlando, Florida: die “Magic Kingdom” van Micky Mouse, Goofy, Winny the Pooh en diesulkes. Die dag was nie sonder sy uitdagings nie. Kenners van Disneyworld het gewaarsku: “Gaan vroeg, gaan ry...
VERWOERD GESKIET: SPESIALE UITGAWE
Terwyl koerante vandag moet kopkrap hoe om na hul sluimerslaap van die Kersnaweek hul agterstand met die dekking van Desmond Tutu se dood te probeer inhaal, dink ek onwillekeurig aan die dae van spesiale uitgawes om groot nuus so gou moontlik by die lesers te besorg....
WELKOM O STILLE NAG VAN VREDE
Vir almal wat vandag of more "Somerkersfees" van Koos Doep gaan sing of net daarna gaan luister, plaas ek graag 'n stukkie uit my boek Koerantkamerade (Naledi, 2021). Daarmee sommer my Kerswense aan almal. Vrede vir julle. Skenk ons ’n helder Somerkersfees In hierdie...
DRUKKERSDUIWEL SE DEBAKEL
Dit klink soos ‘n bose nagmerrie: dat iemand ‘n boek – ‘n yslike koffietafelboek - van 608 bladsye oor jare toegewyd kan navors en skryf, maar sy naam verskyn nie op die buiteblad nie weens ‘n gruwelike drukfout. So ‘n ramp der rampe het my kollega Frikkie van...
UIT MELKBOS, DESEMBER 2021
Liewe vriende Die jaar 2021 galop die pylvak binne. Voordat ons hom finaal aftik enkele kantlynaantekenings uit hierdie oord: Dit was ‘n jaar vol allerlei bakens: HvD se 80ste, TvD se 75ste, Johan en Brent se 50ste, Pfizers-prikke en Jacob en Thomas se verwerwing van...
LANKMOEDIGE KAPOUS
Alle lede van die spesie homo sapiens is natuurlik nie ewe lankmoedig en genaakbaar nie. ‘n Spesiale pakket van deugde word geverg om ‘n lughartigheidjie te kan uiter nadat bobbejaan se kind jou domein binnegedring, al jou breekgoed (plus ‘n paar onbreekbaarhede op...
ENGEL GABRIEL EN DIE ANC
Die vraag of Gerrit Viljoen – as hy nie siek geword het nie - Pik Botha, of wie ook al, in 1994 ‘n beter “deal” vir witmense met die ANC sou kon beding het as Roelf Meyer is een van daardie debatspunte wat gedurig opduik. My Melkbosse vriend Jacko Maree, oud-politikus...
BUIGINGS OOR TAALGRENS
‘n Uitsonderlike stukkie koerantgeskiedenis wat ek onlangs weer in Jaap Steyn se biografie “Sonkyker” raaklees, kom uit 1959, die jaar van die “Wonder van Afrikaans”-vierings met landwye taalfeeste wat deur die FAK gereël is op versoek van die Akademie wat daardie...
MY SJARMANTE KOLLEGA DANIE
Oud-kollega Danie Krynauw, nou 93, was hoof van Naspers se tydskrifte toe ek in 1992 by die Naspersentrum ingestap het as hoof van koerante. Ons was bure in ‘n kantoor-suite. Ons het een buitedeur na die gang gedeel en het ons onderskeie domeine betree deur die...
‘N KOSBARE KUIERTJIE VAN KARPERD-KOLLEGAS
Die sakke sout wat kollegas in uitdagende omstandighede saam opeet, dryf hulle in later jare weg van mekaar of maak die verhouding hegter. MIn twyfel dat dit in die geval van my en Johan van Wyk laasgenoemde is. Daarom was gister se kuier by Johan en Zandra in die...
‘N MAN MET SY HAND AAN DIE PLOEG
Vreemde assosiasies wat soms spontaan by ‘n mens opkom. Met die 80ste verjaardag van my Bloemfonteine buurman Chris van Rensburg dink ek skieik aan Volkskas, die bank wat nie meer is nie. Waaraan ek eintlik dink, is die ou Volkskas-logo: twee hande aan ‘n ploeg wat...
DRIEKUNS IN DIE BOS
‘n Driekuns op die krieketveld veroorsaak groot opgewondenheid. Die bouler is uit sy vel . Sy spanmaats storm op hom af om geluk te wens. Laat ek julle vertel van ‘n sonderling driekuns in die bos. Die “bouler” se naam is Caroline Pols-Dijkstra, ‘n mede-Sabieparker,...
BROEDERLIKE BEROERING
Net ‘n week ná FW de Klerk se groot oomblik op 2 Februarie 1990 maak die dinamiese nuwe leier toe weer groot nuus – hierdie keer met ‘n aankondiging oor die vrylating van Nelson Mandela. Weer kom Die Volksblad met ‘n scoop – maar ene wat roeringe veroorsaak en die...
VUURWARM SCOOP OOR FW
Met die dood van FW de Klerk is een van die helder herinneringe wat by my opkom, daardie dramatiese dag 2 Februarie 1989 toe hy uit die bloute leier van die NP geword het. Die hoofberig in Die Volksblad met die kraakvars nuus oor sy verkiesing tot hoofleier in die...
‘N KAMERAAD OOR KAMERADE
Sarel Venter, ‘n besonderse koerantkameraad uit eie reg maar gelukkig nog in lewe, het my die eer aangedoen om oor Koerantkamerade uit eie beweging ‘n positiewe lesersindruk te skryf. Vanselfsprekend is ek ingenome en dankbaar. Sarel is ‘n gewese adjunk-redakteur...
VOLKSBLAD: ‘N NUWE LEWE
‘n Volksbladkamer by NALN was lank ‘n droom. Nou word dit ‘n werklikheid. Met die trek uit die ou Volksbladgebou in Nelson Mandelarylaan (voorheen Voortrekkerstraat) in Bloemfontein na ‘n kleiner perseel in Westdene is vir ou en waardevolle stukke van historiese...
SEDE-HERRIE OOR BEELDE (Hoofstuk 2)
Tienie Pritchard ("’KAAL BEELDE SOEK WEER 'N TUISTE, 31/10) was nie die eerste beeldhouer wat in die Jakarandastad die wind van voor gekry het nie. Daardie eer behoort aan ‘n voorganger op die toneel, Moses Kottler, in 1957. Ook in die geval was ‘n staatsgebou...
DIE VERKIESING: ‘N BESTEKOPNAME
Wanneer bestek opgeneem word oor die verloop van die munisipale verkiesing van 1 November 2021 sal dankbaarheid en verligting heers oor die relatief gladde verloop by die meeste stemlokale ondanks allerlei uitdagings, van storms tot ktagonderbrekings tot...
“KAAL” BEELDE SOEK WEER TUISTE
Vandag kan ‘n mens in verbasing jou hande daaroor saamslaan, meewarig glimlag, afkeurend frons of onbegrypend veroordeel, maar die waarheid is dat kuisheid by vorige generasies so swaar geweeg het dat selfs oor “onbetaamlike” beelde landwye storms ontketen is. Een...
REIS DEUR VORIGE EEU
Verbeel jou jy klim in ‘n “hi-tech”-hysbak wat terselfdertyd ‘n tydkapsule is. Dit woerts jou nie net van een verdieping na ‘n ander nie maar ook van een era na ‘n ander. Druk knoppie een en jy klim uit in die 20’s. Knoppie twee vat jou na die 30’s. Wil jy 40’s toe...
UIT ‘N SOET FONTEINTJIE
Fonteintjie, uit jou drink die Van Deventers (en hul nasate) graag oor en oor; jou water is soet. My verwysing is na buurman Dale Schreuder se restaurant(-e). In 2011 is my 70ste by sy Black Angus-restaurant in die Paddocks-sentrum in MIlnerton gevier. In 2016 het...
SKIPPIE OPPI WATER
Wat is die betekenis van die skippie uit gevoude koerantpapier op die buiteblad van "Koerantkamerade"? Elkeen moet maar self besluit oor die simboliek. Oor die herkoms die volgende: Die jaar 1978 was die Jaar van die Koerant: so uitgeroep deur die Nuusblad-Persunie...
VOLKSBLAD-KARAKTERS
Dat staatspresident PW Botha, die “Groot Krokodil”, as jongeling politiek toe is, is op die rekening van ‘n Volksbladman. Die geheimpie word vandag verklap in Volksblad in 'n artikel oor Volksblad-karakters Koerantkamerade, my boek. Die artikel beslaan die hele...
VURIG EN PLESIERIG
Met die sanger Gé Korsten, ‘n boorling van Rotterdam, se vurigheid as Afrikaner het niks geskort nie. Hy was aan ‘n Engelse skool, maar sy hart was so anti-Brits dat hy uit die bioskoop gestap het as God Save The King speel. Smiddae is hy Die Voortrekkers toe by ‘n...
KOERANTKAMERADE: NOG 15 VRAE
Die lang wag is verby. “Koerantkamerade” – my boek met grafskrifte vir nagenoeg 50 tydgenootlike pers-persoonlikhede - is vandag op Melkbos afgelewer. ‘n Welaangename oomblik vir ‘n derde en laaste raai-raai-riepa rondom die boek. Ons maak dit ‘n spesiale bonus-ene...
DIT WAS WEER LEKKER
Ironies genoeg moes ons ons laaste vuurtjie op Dinsdagaand 7 September in die agterste lapa aansteek en styf teen die muur skuil teen ‘n snerpende windjie. Later was daar rammelende donderweer. Die vorige twee aande was dit “swembadweer”. Nou wel net een keer vinnig...
WIE OP DEESKE AARDE?
Kom ons sit die raai-raai-riepastorie voort met “Koerantkamerade” (Naledi, 2021) as verwysingsbron. Hiermee tien vrae uit die boek. Eerste leser van die pos wat die spyker op die kop slaan met al tien 10 versluierde identiteite wen ‘n prys: weet nog nog nie wat nie....
AGTER PAPIERGORDYN
Watter koerantman het vir PW Botha gese: “U se moer ook “? Watter een het hom, in sy eie woorde, aan PW “afgesmeer”? Wie is met koekies en tee in Libertas onthaal … en toe bars ‘n bom? Geheimpies soos hierdie word verklap in “Koerantkamerade”, my nuwe boek, wat so...
‘N KOPPIE VIR KUIER
Op die granokoppie Mathekenyani, 10 kilometer suid van Skukuza op die H1-1, gebeure vele dinge. Leeus en luiperds loop hier. Soms ‘n energieke olifant. Mense raak in stringe hier verloof, hulle trou selfs. Ander kom strooi die assies van ‘n geliefde. Intieme kerk- en...
VOLMAAN LAAT WOLKE SWIG
Die hele wêreld word stil, sing Laurika Rauch. Sondagaand was dit so in Sabiepark. Die strelende rondomklank van die naguiltjie se lied het stil geword. Die hiëna het opgehou roep. Van die Sabierivier se kant het die olifante tot rus gekom en die seekoeie hul nurkery...
‘N HAND VOL MOOI VERE
‘n Hand vol vere. Nie sommer enige vere nie, maar die glansende blou en rooi kleed van ‘n vorstelike bloukuifloerie. Tokkie tel ‘n kleurryke hopie daarvan Woensdagoggend op onder ‘n rooiboswilg by ons watergat by 154 in Sabiepark. Raaisel: wat was die stomme voël se...
HIER IS ONS APIES, ONS APIES …..
Week drie van die wintervakansie breek aan met die blye nuus van die nagapies se lank afgewagte herverskyning op Tarlehoet se stoep. Presies om 18:10 Maandagaand land die eerste Drie minute later land nommer twee. Eerste keer dat ons 14 dae moes wag. Die...
GOUE HALFUUR
In ‘n goue halfuur het ons die volgende beleef: Vyf sebras het soos skimme uit die bos gekom om te kom drink. Onenigheid het tussen twee ontstaan. Wilde skoppe is uitgevoer. ‘n Bosnagaap het grasieus teen die maroela afgeseil en oral piesang gesoek – ook, tot Tokkie...
O WAAR IS MY APIES?
Waar is ons nagapies heen? Soos Marlene Dietrich in haar liedjie “Where have all the flowers gone?” treurig wonder oor die verdwyning van blomme treur die Van Deventers oor hul nagapies . Oor jare het ons bederf geraak: Sodra dit sterk skemer is, het die oulike...
HIER’S ONS WEER!
Let op die lang droogtetyd tussen die vorige inskrywing uit die bos en hierdie een. Tussen 2 Februarie 2020 en 29 Julie 2021 lệ 18 maande van inperkings weens Covid 19, verlange na Sabiepark, frustrasie en selfs twyfel of ek en Tokkie – nou 80 en 75...
AS JY NA DIE LAEVELD VERLANG
Ken jy die Laeveld, sal jy Bure van nature baie geniet. Was jy nog nooit daar nie, sal jy stomgeslaan wees oor die leefstyl in die bos, skryf Dawid de Wet in sy vriendelike Litnet-resensie van "Bure van nature". Hy skryf: Ek was baie geseënd om as kind baie tyd in die...
PLUIMPIE VIR ‘N POLISIEVRIEND
Kritiek reën op die polisie oor die swak vertoning rondom die die massahisterie in KwaZulu-Natal en Gauteng. Ek wil graag ‘n positiewe polisiestorie uit die 80’s in herinnering roep. Dit gaan oor ons seun Johan wat op ses maande met diabetes mellitus gediagnoseer is...
WVK – VERLORE DOKUMENT
Oor Afrikaanse koerante se rol in die oorgangspolitiek van die jare 80 en 90 word vurige debatte steeds veral op sosiale media gevoer. Die onwilligheid van die Nasionale Pers om by die WVK (Waarheids-en-Versoeningskommissie) van Desmond Tutu kollektief te gaan boete...
KRANIGE KOOR VAN KOLLEGE-KAMPVUURSANGERS
Wyle Piet Henning van Makhado/Louis Trichardt het ‘n indrukwekkende repertorium oneerbiedige rugby songs van St. John’s College in Johannesburg saamgebring na Tukkies se Kollegethuis toe waar ons in 1958 saam eerstejaars was. ‘n Lewenslange vriendskap is daar...
BEEN VOOR PAALTJIE, VINNIGE FANIE
In die 90’s is die beeld van Petrus Stephanus (Fanie) de Villiers deur die media so blink gepoets soos die Kookaburras of Dukes waarmee hy sy blitsballe afgestuur en kolwers geterroriseer het. Veral vir Afrikaanse media was hy ‘n goue seun: die krulkop Afrikaner wat...
HIËNAS OM ‘N GEKWESTE BOK
In ‘n onthutsende hoofstuk in sy e-boek, Kannie is (lankal) dood, lig kollega Piet Theron, veteraan-joernalis van die Vrystaat, die sluier oor hoe sy seun, Pieta, ná breinskade weens ‘n onverskillige operasie deur gewetenloses uitgebuit is. Watter skok vir sy ouers...
TRETCHIKOFF – KONING VAN ADJEKTIEF (EN KITSCH?)
Vladimir Ttretchikoff, sogenaamde “Koning van kitsch”, was as kunstenaar geliefd by die publiek en ongereken by kunsresensente. Ek onthou hom ook as die koning van die byvoeglike naamwoord. Hy kon die adjektiewe inryg soos aan ‘n sosatiestokkie. As iets nie...
NIE SOMMER ‘N SKIL OF ‘N BLIKKIE
'n Ou koerant moet 'n mens nie op sy baadjie takseer nie. As jy klaar gelees is, gooi jy hom nie sommer weg soos 'n nikswerd-piesangskil, ‘n sardiensblikkie of ‘n plastieksakkie nie. Onder koerantpapier kan jy slaap. Jy kan dit vir honger donkies voer. Jy kan jou vis...
SUMMA CUM LAUDE VIR SAREL
As ek vir Sarel Venter, oud-adjunk-redakteur van Die Volksblad, by sy 80ste Woensdag (9 Junie) ‘n rapport moet gee vir vakke soos Ordentlikheid, Onkreukbaarheid, Beginselvastheid, Voorbeeldigheid, Christelike waardes, Koers hou en Gesonde insigte slaag my rotsvaste...
TOE JAMIE GESKUD HET VAN DIE LAG
Elkeen uit die Jamie Uys-era het ‘n gunstelingtoneeltjie uit ‘n Jamie-rolprent wat hom die lekkerste laat lag het. Vir party is dit iets uit sy eerste, Daar doer in die Bosveld; vir party uit sy laaste en grootste sukses, ook internasionaal, The gods must be crazy....
‘N SAADJIE IS ‘N DING WAT SPRING
Op pad na Sabiepark se piekniekplek toe stap ons van Tarlehoet af in Wildevylaan by plate tambotiebome verby. Plek-plek staan dit amper te dig. Op ‘n dag skrik ek vir ‘n saad – ‘n tambotiesaad – wat voor my allerlei energieke hop-hoppe uitvoer. Die raaisel van die...
DIE HART TINTEL
Resensie deur Louise Viljoen wat die hart laat tintel: https://kragdag-gemeenskap.co.za/boekresensie-bure-van-nature/
OM DIE KAMPVUUR
https://www.youtube.com/watch?v=4Ut7kUlUGFI
‘N MILJOENệR IN BLINKERTJIES
Boswell, Pagel, Wilkie - wie die sirkus in die laaste helfte van die vorige eeu geken het, het Francesco, die witgesig-nar geken. Amper vyf dekades lank het hy geslag na geslag in die Groot Tent met sy manewales laat skater. Francesco het in my hart gekruip in...
SONORE STEM EN HONENDE HUMOR
Soos vele ander egpare was John en Tini Vorster in geaardheid glad nie karperde nie. Tini (oor wie ek 'n paar dae gelede 'n blog geplaas het) had die sagte hart van ‘n maatskaplike werkster. John was die mededingende regsgeleerde, altyd oorgehaal om ‘n opponent...
SY WAS ‘N ROTS
Sy/haar onderhoude met spesiale mense is deel van elke joernalis se memoires. Gedenkwaardige eie onderhoude wat vinnig by my opkom, was met uiteenlopende karakters soos Thabo Mbeki, Harry Oppenheimer, Tretchikoff, Gerhard (Spiekeries) Viviers, Francesco, die...
‘N MUSEUM VIR KOERANTE
Vir almal wat drukkersink in die are het, ook almal wat nuuskierig is oor wat agter die papiergordyn gebeur het of steeds gebeur, en in die mense wat dit laat gebeur het of steeds laat gebeur, is die digitale mediamuseum mediamense.com die ideale inloerplek. Gaan kyk...
KUIER OM ‘N HARDEKOOLVUUR
Op die boekeblad van die Afrikaanse dagblaaie word "Bure van nature", my nuwe bosboek, soos volg aangekondig: “Hierdie stories is inheems soos kremetartbome, onderhoudend soos 'n kuier om 'n hardekoolvuur. "Die skrywer en sy vrou het 'n huis in Sabiepark, 'n private...
22 KAALBAS REDAKTEURS
In loshande die rofste pers-uitstappie waarvan ek kennis dra, het ‘n 20-tal redakteurs en assistent-redakteurs letterlik kaal uitgekom. Dit was ‘n besoek per Dakota aan die Unitaleier Jonas Savimbi by sy hoofkwartier, Jamba, diep in die Afrikabos in die 80’s. Die...
LAASTE IN DIE RY
Sou die uwe die enigste oorlewende van die parlementere persgalery van 1964 wees? Tussen my en Johan Pretorius, ‘n SAUK-veteraan van ‘n latere generasie, het ons tot die slotsom gekom dat ek waarskynlik laaste in die ry is – nogal ‘n taamlik eensame plekkie om ‘n...
EEN DONKER NAG IN ‘N BIBLIOTEEK
Die verwoesting van die Jaggerbiblioteek by Ikeys in die onverklaarbare bergbrand die naweek gryp elke boekeliefhebber aan die hart. In daardie biblioteek het baie mense oor die jare boekejuwele ontdek wat hulle lewenslank geestelik verryk het. Drie biblioteke beklee...
‘N ONVERGEETLIKE VRIEND
In die koerantwêreld het ons gepraat van die “angle” of die “hoek” van ‘n storie. Dis die kapstok waaraan jy jou storie ophang: die enkele stuk inligting met die sterkste trefkrag. Om vandag hier by sy gedenkdiens die Sakkie Bruwer-storie te “skryf “, is nogal ‘n...
AIKONA VIR OOP VOORDEUR
Lande sluit hul grense om hulle te beskerm teen vreemdelinge wat wetend of onwetend die Covid-19-virus kan binnebring. Die Kaapstad-Metro verwag – nee, eis – dat belastingbetalers hul voordeure oopgooi vir wildvreemde kontrakteurs wat nuwe koopkragmeters moet kom...
GOUE SEUN NIC BOJE
Elke keer as ‘n bohaai iewers oor studentemoleste ontstaan, gee my gedagtes ‘n groot sprong die verlede in. Kollege-tehuis toe – 60 jaar gelede. Die Kovsies en die Maties sal dit nou nie weet nie, maar in Tukkieland was Kollege ‘n gedugte plek. Die jare 60 was 'n...
WOONWA: NET EEN KEER GEBRUIK
In die klein advertensie in die koerant lees jy die TE KOOP-advertensie: “Woonwa. Amper splinternuut. Net een keer gebruik. Spotgoedkoop.” Die meeste kere is dit by die een oog in by die ander oog uit. Jy soek nie ‘n woonwa. So watwou. Dat agter die klein...
VLOERMOER OOR ‘N VOORBLADFOTO
‘n Voorbladfoto wat toe nie ‘n voorbladfoto was nie, was die voorloper vir ‘n vloermoer waarop die uwe nie trots is nie, maar wat ongelukkig nie weggewens kan word nie. Die suurderige herinnering dateer uit 1966. HvD neem die eerste keer waar as nuusredakteur van Die...
‘N SWARE GROETSLAG IN SKUKUZA
. In Skukuza, 2 000 km van Melkbos, breek more 'n waterskeidingsoomblik aan waar vele trane gestort gaan word. Na 29 jaar as leraar van die gemeente Krugerwildtuin lê ds. Carl Louwrens die tuig neer. Hy en Sarah verlaat hul geliefde wildtuin en gaan tree af in...
DEUR EN DEUR ‘N GROOT VERLIES
Op ‘n wynrak teen ‘n muur in ons woonkamer op Melkbos staan ‘n bottel Claret wat in die jare 80 vir Die Volksblad gebottel is (foto 1). Op die etiket is ‘n afbeelding van die ou-gebou se karaktervolle dubbel-voordeur met sy delikate bolig. Sentraal in die ontwerp is...
VETGESMEERDE BLITSKOERANT
‘n Sportskrywer se kopie is in ‘n blik aan ‘n tou uit die hoofpaviljoen van die stadion na ‘n wagtende verslaggewer laat sak. Hy is ore in die nek per motorfiets daarmee kantoor toe. Films is per bode met ‘n bromponie van die veld af kantoor toe gestuur. Die laaste...
LIEWE OU PIET
Liewe ou Piet ….. Dit was die opskrif van die hoofartikeltjie in ‘n spesiale Piet Gouws-uitgawe van Beeld se personeelkoerant, Beeld-Intro, met die ou vriend se vroeë aftrede in September 1998 weens swak gesondheid. Liewe ou Piet - só sal sy kollegs hierdie...
EINDELIK: ARNOLD SIEN SY LEEU!
As padingenieur het my vriend Arnold de Goede vele paaie in die Krugerwildtuin gebou. In al die jare nooit ‘n leeu gesien nie. Die laaste dag van sy wildtuin-skof laai die ouens hom in ‘n helikopter vir ‘n laaste, desperate soektog. Vuilbaard kruip steeds weg....
O GITS, MENEER MOTORREDAKTEUR
Die Volksblad het gedugte motorredakteurs soos Ben van Rensburg en Fred Schnetler gehad. Voor Ben het so ‘n pos nie bestaan nie. Tussen Ben en Fred was die pos vakant. Vir bekendstelling van nuwe modelle – gewoonlik ‘n luisterryke en luukse bederf-okkasie – het die...
ROMEINSE BACCHUSFEES
Stel jou voor: ‘n Uitbundige klomp koerantmense net in lakens geklee, gevlegde blarekrone op die kop, lywe uitgestrek op rolle rooi fluweel, en met yslike goudgeverfde erdebekers vol wyn in die hand. ‘n Romeinse Bacchusfees so uit die boek. Dit was die toneel met die...
RYK GEUR VAN MARLBORO
“Come to where the flavour is”, het die cowboy met sy diep stem verleidelik genooi terwyl hy behaaglik aan sy Marlboro teug. Het die mense dan nie gekom nie! Of dit nog so is, weet ek nie, maar in ‘n stadium toe rook nog die inding was, was Marlboro met sy “ryk...
DOMINEE, KYK NET DIE EINA!
Dominees wat die kansel vir ‘n redakteurskap verruil het, tref reuseverskille in hul nuwe nerings aan – ook ‘n klompie ooreenkomste. Hulle skryf o.a. steeds preke – heelwat korter maar elke dag pleks van een of twee per week. Dit was die wysheid van Gerrit Velthuysen...
MYLPAAL IN DIE JOERNALISTIEK
Vrymoedigheid by koerante om vorige taboe-woorde stelselmatig in hul kolomme bestaansreg te gee, het as’t ware ‘n hupstoot gekry met die dure verlies van ene John Wayne Bobbitt in 1993. ‘n Mens sou dit ook ‘n mylpaal in joernalistieke openhartigheid kon noem. Wat...
TE VINNIG MET DIE NUUS
Hoe varser des te beter. Dit geld nie net vir vrugte, groente, melk, brood en eiers nie; gewis ook vir nuus. ‘n Koerant wat skitter met sprankelvars nuus – dit is die ideaal. Pas egter op vir “te vars”. Die enigste goeie “te” is die “te” in “tevrede”, soos my ouma...
LIEFLINGSEUN KOM TOT ‘N VAL
Met Amerika nou weer so sterk in die nuus weens Donald Trump se manewales, dwing my gedagtes terug na 18 Julie 1969. ’n Insident op die eiland Chappaquiddick in Cape Cod, Massachussets, het die VSA se geskiedenis waarskynlik oornag op ’n ander koers gestuur. ’n...
‘N BRUID SOOS ‘N BOKS
’n Bedeesde. konserwatiewe redaksielid van Die Volksblad het leseresse verbaas en geskok met haar advies vir ’n ontwerpwedstryd vir trourokke: “hou by die A-lyn; vermy regaf lyne – dit laat die arme bruid soos ’n boks lyk!” Sy het nie die woord “boks” nie, maar die...
LIEWE HEUNIS EN ANDER MISTYKIES
‘n Vergissing waaroor ‘n ruk gelede op die blad Nagkantoor geglimlag is, was dié van ‘n jong verslaggewer wat in Pretoria se Mootgebied ‘n foto van ‘n slagoffer van die bosoorlog by sy ouers moes gaan haal. ‘n Familielid keer hom toe voor en beduie hy moenie nou pla...
HIER’S HY: MY NUWE BOEK
Loutere vreugde om vanoggend, 3 Januarie 2021, op my 80ste die omslag van “Bure van nature” te wys – my 21ste en seker laaste boek. “Bure” verskyn in Mei by Protea Boekhuis. Die omslag – voorbladfoto deur die wakker Organ Ongeni van Sabiepark se piekniekplek - en ‘n...
A-RA-RA-RA-RATIO! YEA TUKS!
Laat elke ou Tukkie sy glasie vol maak ….Die vyfde en laaste era van my jongmensdae was die vyf goue jare in Kollegetehuis op Tukkies van 1958 tot 1962. Die heerlike era kom vandag aan die beurt in my reeksie mymeringe oor vergange tye aan die vooraand van my 80ste...
ODE AAN DIE ROLPERS
My geliefde koerant, Die Volksblad, se verdwyning uit die hoofstroom van gedrukte koerante was vir my vanjaar 'n diepe hartseersaak. In my verjaardagboekie "Koerant" / 80 wei ek daaroor uit. In Volksblad vandag verskyn my "Ode aan die rolpers", wat 'n hoofstuk in...
OU VOLKIES BY DIE MOOIRIVIER
‘n Vierde era in my jong dae is my vervullende Volkiedae van 1953 tot 1957 op Potchefstroom. Volkies is 'n skool wat uiteenlopende politieke figure opgelewer het: Pik Botha, Ferdi Hartzenberg en Eugéne Terre'Blanche, asook Botha se voorganger as Minister van...
FLITSE UIT MY KLEINTYD
Volgende Sondag, 3 Januarie 2021, word ek 80. Tagtig, verbeel jou. Vandag, presies 'n week voor bereiking van daardie ver-ver baken as jy jonk is, dwing my gedagtes terug kleintyd toe. Van my Babanango-era op die plaas Middel-in teen die berg Spês onthou ek...
DE LESTE EEN 80
Van hierdie 1957-matriekklas van Volkies, Potchefstroom, sal ná 3 Januarie 2021 nie een oor wees wat nog onder 80 is nie. Die baba van die klas, wat die uwe is, bereik dan daardie baken. Hoeveel van die klas nog lewe, is 'n vraag. Dalk minder as die helfte. So...
VIR MY 80STE: GESPREK OP LITNET
Koerant deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk en gesprek Sarel Venter, Hennie van DeventerSkrywersonderhoude2020-12-22 0 0000000 Titel: Koerant Outeur: Hennie van Deventer Uitgewer: De Novo Boeke, Langebaan Nadat hy 20 boeke sedert sy aftrede as koerantman...
‘N TUKKIE EN ‘N TOKKIE
Een middag, vroeërig in 1962, stap die huisvoorsitter van Kollege-tehuis op die Tukkie-proefplaas ewe vernaam in die lang gange van die eerstejaars-vleuel af. Almal moet hul meisies se foto's uithaal en wys. Die kommentaar was nie bedoel om ienk-ego's te streel nie....
‘N SOET GESKENK VIR MY 80STE
So 'n deeglike, indringende resensie sien 'n mens nie aldag nie. Louise Viljoen, gerekende resensent, het my en my verjaardagboek, "Koerant", die eer aangedoen om haar werklik diep in die boek se bladsye in te grawe. Die resultaat was die resensie hieronder op die...
KERSBRIEF UIT MELKBOS
Liewe vriende Dit is die maand Desember in die jaar 2020. Koronajaar. Of Covid 19 die jaar. Dis weer tyd vir die jaarlikse bulletin uit Melkbosstrand. Hoe ook al, soos almal ter wêreld het die Van Deventers nie ongeskonde uit die verderflike virus se kake ontsnap...
VRAAGTEKENS OOR BOEK
Die polemiek oor die Melletboek The Lie of 1652 maak dit relevant om weer die spoor te vat van die boek oor Bird Island wat in die jongste verlede ná hewige kritiek en verskeie ondersoeke as ‘n bose duimsuiery ontmasker is. Albei omstrede boeke is deur...
VERRASSING IN VOLKSBLAD
In Volksblad en op Netwerk24 kry ek toe vanoggend n lekker verrassing - 'n vriendelike artikel deur my vriend en staatmaker-kollega Sarel Venter, 'n vorige adjunk-redakteur. So skryf Sarel oor my aanstaande 80ste en die boekie waarmee ek dit vier: Aan die vooraand van...
KAMERA-KONSTERNASIES
Oor fotograwe wat vergeet het om vir kritieke oomblikke film in hul kameras te laai, is hartverskeurende stories in omloop. Manjifieke nuusfoto’s het op hierdie manier verlore gegaan; selfs loopbane is kortgeknip. Twee van Suid-Afrika se grootste vliegrampe het elk...
BOEKIE VIR (AMPER) 80
Op 3 Januarie 2021 – ‘n bietjie meer as twee maande – word ek 80. Ietwat prematuur of nie, maak ek dit die onderwerp van vandag se blog. Hoekom, sal mettertyd duidelik word, hoop ek. In die (amper) 80 jaar staan verskeie hoofelemente uit. Almal wat my ken, sal...
EEN AAND IN LONDEN
My storie gaan oor 'n herinnering aan my goeie kollega, vertroueling en gewaardeerde gespreksgenoot Chris Moolman (79) wat vanoggend oorlede is. Om by die storie te kom, moet ek eers 'n draai maak by ’n motorwedstryd van die Vrystaatse Nasionale Party, ter viering...
OM TE KOES VIR ‘N SOEN
Hoe reageer jy as ’n dierbare vriendin, soos haar pikante Swartlandse manier is, jou gesig in haar hande toeskulp en jou met ’n klapsoen groet? Of as ’n goeie buurman onaangekondig jou voordeurklokkie lui sonder ’n masker op die gesig? Volhard jy om "nee dankie" te sê...
WINNIE EN VERWOERD-KONNEKSIE
Oor die ironiese kinkels van die geskiedenis kan ‘n mens soms in stomme ongeloof jou hande saamslaan. Wie sou nou kon dink dat die stowwerige Vrystaatse dorpie waar die skrander Hendrik Verwoerd in 1919 gematrikuleer het – as top-matrikulant die Vrystaat bygesê– ‘n...
TOT SIENS, OU VOLKSBLAD
Natuurlik bêre ek ‘n laaste uitgawe van Volksblad. Die koerant van 8 Augustus 2020 - opskrifte: “Einde van ‘n era – Die laaste gedrukte uitgawe van Volksblad” - hou ek saam met ander versamelstukke in ‘n verslete aktetas van buffelvel in my studeerkamer. Die...
AMPER ‘N MOERSLEUTEL
In die wêreld van die koerant leer ’n mens allerlei fyn kunsies. Een is vernuftige voetwerk. Só vernuftig dat die uwe ná 35 jaar met genoeg spanning, konfrontasie en stryd kan sê: Hennie van Deventer het verdien om gedonner te word, maar is nooit gedonner nie – hoekom...
KOERANT-KAMERADE
Kosbare koerantkamerade. So noem ek die Die Burger en Beeld in briewe wat Saterdag in die twee susterskoerante se briewekolomme gepubliseer is. Ek is dankbaar vir die geleentheid wat my gegun is om ook op hierdie wyse afskeid te neem van my geliefde Volksblad waar ek...
LAAT HEER U SEeN STEEDS OP HOM DAAL
Die ou Pers-leuse van “Het daghet overal” (die dag breek) sal moet verander tot “Digitaal is overal”. Só is onder ons ouer garde in die “Pers” geskerts toe die nuwe gonswoord “digitaal” so drie dekades gelede die joernalistieke jargon binnedring. Skeptisisme kan ons...
RAAISEL VAN ‘N ‘RAMP’
Op Dinsdag 23 Februarie 1988 het ‘n gerug deur Bloemfontein geswiep. Stortreën van tot 100 mm per uur kan uitsak. Kantore, banke en skole het vroeg gesluit. Angsbevange mense het op vlug geslaan om skuiling te soek. ‘n Yslike “vals alarm” was dit toe. Geen swaar...
ODE AAN SKUKUZA
Met Skukuza wat gisteraand aangewys is as "Kwela" se Dorp-van-die-Jaar-finalis vir Mpumalanga plaas ek graag weer 'n bloggie wat al voorheen verskyn het - ook in die tydskrif "Weg". My stuk is natuurlik meer op toeriste gemik. Vir Kwela se kompetisie is 'n sterk...
TWEE VOLKSBLAD-VETERANE
Twee Volksblad-veterane van 90-plus verwerk die slegte nuus van hul koerant se verskuiwing uit die hoofstroom tot op net ‘n digitale platform in die eensaamheid van hul onderskeie tuistes in versorgingsenhede in Bloemfontein en Kaapstad. Hulle is “Oom Gert”...







































































































































































































































































































































































































































