Blog-argief

Tien jaar se blogs, van September 2006 tot Mei 2016

GELUK, GOUE NOOI!

GELUK, GOUE NOOI!

Die uwe en Margaret Wessels - Matrieknooi 1991 More uit Melkbos In snerpende koue in die snerpendste Amerikaanse winter in jare – die “big freeze” het die media dit gedoop – het ek in Januarie 1977 in ons kelderwoonstelletjie in Crimson Court, Cambridge....

SKILDERY VAN STORMSVLEI

SKILDERY VAN STORMSVLEI

More uit Melkbos Langs die N2 tussen Swellendam en Riviersonderend lê die verlate Overbergse “dorpie” Stormsvlei – ‘n paar ouderwetse geboutjies en murasies onder ‘n plaat bloekombome aan die Sonderend-rivier, wat jy skaars raaksien as jy verbyry. Draai jy in, is dit...

LOERIEFEES

LOERIEFEES

Middag uit George Op soek na 'n Knysnaloerie? Ek sal jou na 'n boom verduidelik waar jy eintlik nie kan mis nie. Toe ons in Februarie in die Suid-Kaap was, was dit voor ons boshut in die Nasionale Wildernispark 'n ware loeriefees en/of vyefees. Die besem-trosvy voor...

PROFESSOR GROOTLIEG

Middag uit Melkbos Vir die Saterdagbylae By skryf ek nie meer briewe nie. Soos ‘n donkie nie sy kop twee keer teen dieselfde klip stamp nie, nooi hierdie gryse koerantman van weleer nie dieselde By om hom twee keer te steek nie. Dis mos gewoon dom om jou soos 'n lam...

WAS JY AL DAAR?

WAS JY AL DAAR?

More uit Melkbos Kaap Infanta – die naam het vir my ‘n romantiese klank. Telkens as ek dit op weervoorspellings hoor, het ek gewonder: waar le die plek, hoe lyk dit daar? Enkele jare gelede het die walvisse ons Witsand toe gelok. Oorkant die Breederivier (mooi breed...

NUT VAN ‘N PETISIE

More uit Melkbos ‘n Magdom woorde word in onkunde neergepen. Myne wat volg, val besmoontlik ook in daardie kategorie. Na aanleiding van die 509 skrywers se petisie teen die beoogde mediawetgewing het die uwe egter ‘n kwelling, wat hy tog maar gaan uitspreek. Oor die...

REGTE “KONTAKTE”

More uit Melkbos Met die regte "kontakte" kan jy alles regkry en oral inkom. So glo sommige mos – veral sommige politici (darem gelukkig nie almal nie) van elke herkoms en generasie. As jy sukkel om by die hemel in te kom: “Man, hoekom bel jy nie net gou vir Petrus...

KOS MET ‘N “T” IN

KOS MET ‘N “T” IN

More uit Melkbos ‘n Vriendin van my vrou, Tokkie, het haar man altyd bederf met die sappigste skaapvleis van haar pa se plaas in die Vrystaat af. Daardie vent, wat nie ‘n reuse-salaris verdien het nie, was ‘n regte lekkerbek en het wyd en syd verkondig hy eet net...

LIGGEWIG-MUNTE

LIGGEWIG-MUNTE

More uit Melkbos Oor die baie kraanvoëls in die Overberg raak ek nie uitgepraat nie. Hier is nog twee foto’s wat verlede Woensdag tussen Bredasdorp en Malgas geneem is - hierdie keer van kleiner groepies as die swerms van twintig, dertig wat algemeen was in die...

OVERDAAD IN OVERBERG

OVERDAAD IN OVERBERG

Middag uit Melkbos Soveel kraanvoels, soveel walvisse, soveel elande, soveel bontebokke … in my dag des lewens het ek nie in 24 uur so ‘n ryke en ongewone verskeidenheid in die natuur gesien nie. Ja-nee, ‘n kort kuiertjie by die De Hoop-natuurreservaat in die Overberg...

TREIN: HOOP VERDWYN

More uit Melkbos "Geen trein op 3 September van Kaapstad na George nie. Busvervoer sal verskaf word, of gaan eis jou geld terug by 'n stasie." Met hierdie nuus het 'n hoflike, apologetiese heer by 0860008888 gister my pynlike vermoed (blog van 13/8) bevestig. Die...

HOERA VIR STRAND-BOBBEJAAN

HOERA VIR STRAND-BOBBEJAAN

Middag uit Melkbos Die bobbejaan is 'n burger van die berge. Elke bobbejaan het immers sy krans, soos die spreekwoord lui. Ons sing ook "bobbejaan klim die berg ..." In die bekende Afrikaanse liedjie klim ou sekelstert mos ewe jollie die berg om die boere te vererg -...

GOGGA MAAK VIR PAPPAS LAM

Middag uit Melkbos Vergewe my, maar ek voel nogal ietwat “tjaf”, soos my kinders op skool gepraat het, ná my besie-in-die-oor-avontuurtjie. Uit die vertelling van Sarel Venter van Bloemfontein oor sy pa se ervaring en Henry se kommentaar op Linet wil ek graag aflei...

GEARENDHEID VAN ‘N  OORPISTER

GEARENDHEID VAN ‘N OORPISTER

More uit Melkbos ‘n Knaap wat geen uitblinker in die katkisasieklas was nie, kry een les die taak om ‘n stukke voor te lees waarin die woord ”sinagoge” voorkom. Die lesery verloop maar sukkelend. Toe hy by die vangwoord kom, steek die leser soos ‘n steeks perd vas....

PYN OOR ‘N TREIN

PYN OOR ‘N TREIN

More uit Melkbos Wie onthou die lugdiens Nationwide? Ek onthou hom met ‘n seer hart, want ek het kaartjies vir my en Tokkie en ons tweeling-kleinkinders, Jacob en Thomas Claassens, vir ‘n vlug van Kaapstad na Mpumalanga Internasionaal in my besit gehad toe Nationwide...

ZOLA-SCOOP!

ZOLA-SCOOP!

More uit Melkbos My boekie "Byl in my bos", oor die uitdunning van my generasie deur die dood, is net ‘n jaar oud. Nou kap die Byl éérs! Die splinters spat en die vars hopies kom in ‘n ontstellende tempo by. Gelukkig is ‘n boek nie soos ‘n koerant nie. Wat jy geskryf...

TIKMASJIEN-TIERE

TIKMASJIEN-TIERE

Middag uit Melkbos Met sy kenmerkende deeglikheid het Herman le Roux, oud-kollega (op die foto saam met my en sy vrou, Rina, in Sabiepark se swembad), 'n lys saamgestel van die ryke oes skrywers wat ons ou koerant, Die Volksblad, deur die jare opgelewer het. Terwyl ek...

LEEULOOP MET ‘N VERSKIL

LEEULOOP MET ‘N VERSKIL

Middag uit Melkbos Mense gaan Skukuza toe om na die diere te kyk. Net een keer per jaar word die rolle omgekeer. Dan verwonder die leeus, luiperds, olifante en wat nog hulle seker aan die toneel van 2 000 pompende mensebene – van baie bleek tot pikswart – as 1 000...

HOE BONS OUPA SE HART

HOE BONS OUPA SE HART

Naand uit Melkbos Oupa raak skoon oorstelp as die seuns so hol met die bal. Geleentheid: Jacob en Thomas (6) se eerste "ruggadag" Saterdag in Brackenfell. Bo is die vlugvoetige Thomas op pad doellyn toe vir een van sy drie driee in twee wedstryde. Onder vind Jacob...

NOKIA IN DIE NOOD

More uit Melkbos 'n Selfoon het een eienskap wat dit verkiesliker maak om dit te verloor as bv. jou motorsleutels. Die ding kan kommunikeer. Sodra jy besef jy het jou foon verloor, druk jy jou nommer. Die geluid verklap ten minste die omgewing waarin jou soektog moet...

ASSEBLIEF EN DANKIE

“Cote Atlantique”, “Cabane dans l'orage”, “Epis d'eau” en “Chanson du vent” sing die Franse sangeres Myra Maud deesdae in vele Afrikaanse voorhuise. Dan swel Afrikaanse harte van trots oor hoe mooi “Blouberg se strand”, “Huisie by die see”, “Waterblommetjies” en Sonja...

DIE LEEU EN DIE LAM

DIE LEEU EN DIE LAM

More uit Melkbos Toe ons die Honda Sondagoggend by Sabiepark se hek uitswaai ná sewe salige weke was op die swartbord ‘n verwelkoming en ‘n waarskuwing: Pas op hier loop op die oomblik ‘n luiperd en leeus in die park rond! Dit is dalk ietwat anachronisties, maar nogal...

WILD EN WONDERLIK

WILD EN WONDERLIK

Middag uit Sabiepark Dit raak ‘n “wilde” en wonderlike rit op die laaste stukkie pad na die einde van 2010 se Sabiepark-wintervakansie toe. Op die spore van die luiperd wat ek in Apiesdoringlaan afgeneem het, was twee leeus, glo indrukwekkende kraagmannetjies wat ‘n...

MY MOOISTE LUIPERD

MY MOOISTE LUIPERD

Middag uit Sabiepark ‘n Mooier foto van ‘n sierliker luiperd het ek nog nie geneem nie. Dankbaar kan ek rapporteer dit was in my geliefde Sabiepark. Skuins voor 12:00 op Maandag 12 Julie 2010 het my Canon in Apiesdoringlaan gekliek. Ons het ‘n wenk gekry oor ‘n...

HARTKLOPPENS OOR WILDEHONDE

HARTKLOPPENS OOR WILDEHONDE

Middag uit Sabiepark Sewe wildehonde het my angstig my horlosie laat dophou terwyl die Honda Saterdagmiddag op die Doispanepad in die Kruger-wildtuin minstens ‘n kwartier lank agter hulle aankruie. Die Wildtuin se hekke sluit om 17:30, en dis ernstige sake as jy laat...

DIE WATERKOEI MOET BLOEI

More uit Sabiepark Toe die onaardse lawaai nou die aand losbars, vloog die SMS’e deur Sabiepark: “Hoor die leeus”. Die “ou hande” het besef dit is nie leeus nie – wel seekoeie wat veg. Seekoeie is vernietigende vegters onder mekaar. Word die dominante bul in ’n trop...

VYF GROTES-LEGKAART

VYF GROTES-LEGKAART

More uit Sabiepark Die Vyf Grotes (of die Groot Vyf, as u wil) op een slag – dit is die ietwat ambisieuse Wildtuin-wens van die tweeling-keinkinders Jacob en Thomas Claassens (6). Hulle sal moet opskud. Die beste wat hulle nog gevaar het, is twee op een slag (renoster...

HEILDRONK OP DAWIE

HEILDRONK OP DAWIE

More uit Sabiepark Dawie Strydom, my ou Sabieparkmaat van erf 333, Rustig, in Apiesdoringlaan het enkele jare gelede die ewige heldeverering van ‘n duiker-ooitjie verdien toe hy ‘n luislang met ‘n stok pak om haar lammertjie te red. Die reptiel was besig om by...

ARME APIE SE YS-LIKE VERLEENTHEID

ARME APIE SE YS-LIKE VERLEENTHEID

Middag uit Sabiepark Die eerste ses, sewe jaar van ons Sabieparklewe het nagapies alleen geheers op Tarlehoet se stoep. Saans was alle aandag op hulle; alle gekerfde piesangstukkies ‘n kado’tjie vir hulle. Toe gewaar Brent en Marisa, ons skoonseun en dogter, enkele...

UURTJIES BY ONS VUURTJIES

UURTJIES BY ONS VUURTJIES

Middag uit Sabiepark Met die rekord-kwiktuimelings van die Vrystaat se Villiers en Deneysville, en selfs met dié van kouerige plekke soos Klerksdorp en Potchefstroom, kan ons in Sabiepark nie saampraat nie. Die Lebomboberge lê nie wit nie. Ons bibber egter ook, hoor!...

LANGS DIE SABIERIVIER

LANGS DIE SABIERIVIER

More uit Sabiepark Raak ons wild min weens onbeheersde stropery? Vind ‘n ander onheiligheid dalk in die Wildtuin plaas, soos georganiseerde jag? Sulke kampvuurdebatte is in die Kruger-wildtuin nie nuut nie, het die laaste jare in intensiteit toegeneem, en is vanjaar...

VOEL DIT – DIS HIER OOK!

More uit Sabiepark Verbeel ek my of skop die kameelperde vanjaar doel-gerigter? Hoe klink die geween van die hiënas dan of dit van die Mbombela-stadion (met sy indrukwekkende kameelperd-dakpilare) se kant aangesweef kom? Natuurlik, dis Sokkerjaar 2010, en ons voel dit...

VAKANSIE VAN LUIPERD IN BOOM

VAKANSIE VAN LUIPERD IN BOOM

More uit Melkbos Die jaar is nog jonk. In hierdie stadium is 2010 egter onteenseglik die Jaar van Groot Sokker, hoewel sekere rugbymense seker sal verkies om daaraan te dink as die Jaar van die Orlando-stadion, of wat praat ek alles? Interessant nie waar nie, hoe elke...

MET SPOT BED TOE

More uit Melkbos Om die spot met iemand te dryf, is geregverdigde sosiale kommentaar. Dis dikwels ook deksels doeltreffend as politieke wapen. Veral spotprentekenaars kan stekies uitdeel wat, tot groot vermaak van koerantlesers, wie of wat ookal die teiken is, dodelik...

VAT HULLE – HULLE’S JOUNE!

VAT HULLE – HULLE’S JOUNE!

More uit Melkbos Dis nog 211 dae voor Kersfees, maar hier is my Kersgeskenk aan iemand wat lus is vir ‘n uitdaging. Ek gee ses kaartjies weg vir die Groot Sokker, gratis en verniet. Al vereiste: wurg my 12 kaartjies uit Fifa – ses vir jou en ses vir my. Die kaartjie...

VREES VIR DIE VAAD’RE

More uit Melkbos Ex Africa semper aliquid novi … Inderdaad nuut en onheilspellend kreatief is om vrees vir die voorvadergeeste deel te maak van die partypolitiek in ‘n moderne “demokratiese” bestel. Geluk, Jacob Zuma, met jou oorspronklikheid en vernuftige...

FLITSBERIG: DIEWE BUITE WeRELDBEKER!

FLITSBERIG: DIEWE BUITE WeRELDBEKER!

More uit Melkbos Flitsberig: Die Wêreldbeker is gesteel! Stel jou voor die histerie, die chaos, die angs, die woede, die verwarring, die verwyte, die verslaenheid, die frustrasie … Bedink die groot swart letters op die koerantvoorblaaie, die uitasem-nuusbulletins op...

MOOISTE FLIEK-MUSIEK

MOOISTE FLIEK-MUSIEK

More uit Melkbos Que Sera Sera en Tammy is nie die enigste onthou-liedjies uit flieks van my jong dae nie (vorige blogs). Hope rolprent-temas van toeka het treffers geword het. Hier’s 15-stuks wat die uwe in sy kop gestoor het, en wat hom telkens laat tintel as hy een...

RILLERKONING

RILLERKONING

More uit Melkbos En oubaas Alfred Hitchcock, die sogenaamde “Master of Suspense”, self? Wat het van hom geword? Hy is al op 29 April 1980 (ouderdom 80) in Kalifornië oorlede. Onder sy 50-stuks vollengte prente is, naas Psycho (hierbo genoem) verskeie meesterstukke wat...

VYFTIG JAAR LATER

VYFTIG JAAR LATER

Jong Janet Leigh More uit Melkbos My onvleiende verwysing na die gewese Franse sekskat Brigitte Bardot (75) as “uitermate beplooi”, het my laat wonder oor Janet Leigh, die fyn blondekoppie wat onder die stort in die legendariese Hitchcock-riller Psycho (1960) met ‘n...

MOORD IN DIE STORT

MOORD IN DIE STORT

Middag uit Melkbos Die rolprenttoneel wat mense laat ophou stort het. Só is verwys na die bloedstollende stortmoord in die Alfred Hitchcock-riller Psycho wat in 1960 die silwerdoek met ‘n skok getref het. Vir die wye stort-fobie wat daardie toneel sou veroorsaak het,...

MORSJORSE BY MAMRE

MORSJORSE BY MAMRE

Middag uit Melkbos Van die Morawiese nedersetting Mamre, naby Darling, het ek onlangs die mooi beskrywing gelees dat dit 'n mens aan 'n outydse plaaswerf laat dink. Outydse plaaswerf inderdaad. Die wit gekalkte sendingkerk en omringende geboue, die watermeule, die...

“TOL”-PAAIE

More uit Melkbos Ek wil terugkom op filmtonele wat by my vassteek. Daar is 'n paar loeloes. Voor dit gebeur, net gou ietsie oor 'n video wat iemand aangestuur het. Dit handel oor hoe die Dene deesdae spoedgrense afdwing. Hulle doen dit met kaalborsmeisies wat...

BAL-HORIGE BALLONNE

More uit Melkbos, Watter tonele in Jamie Uys-flieks het my laat lag? Die antwoord op hierdie vraag verskyn gedeeltelik in my vorige blog. Watter toneel uit hope wat baie snaaks was, het Jamie Uys self die lekkerste laat lag? Die antwoord verskyn in my boek Byl in my...

KLEIN “JAKHALSIES”

More uit Melkbos Die Afrikaanse prent Jakhalsdans – wat om die een of ander duistere rede van die fliekgangers in Bayside, Kaapstad, weerhou word – is op die oomblik een van die trefrolprente in Suid-Afrika – nommer vyf op die lys van geldverdieners ná voorspelbare...

OM SAAM TE POMP

OM SAAM TE POMP

More uit Melkbos “My hart pomp modder.” Só het ons in die jare her ons ongelukkigheid op geen onsekere wyse nie te kenne gegee. Ek is seker die harte van die Stormers se ondersteuners gaan modder pomp as die Kalfiespan uit Pretoria hulle Saterdag pak gee, maar dit...

TWEE GEDIGTE IN GESPREK

More uit Melkbos 'n Soektog na verseboeke vir ‘n vriend wat ná ‘n beroerte Afrikaanse poësie van weleer met behae herontdek, bring my by ‘n verslete ene wat deur die uwe in sy standerd-ses-jaar so met kantaantekeninge in dowwe potlood bekrap is dat jy skaars die...

MAMMAS MIA

MAMMAS MIA

More uit Melkbos Al die Filistyne wat soos ek geglo het Moedersdag is sommer 'n kommersiele foefie van 'n slim bemarker, gaan lees Kobus Victor se blog op Litnet. Volgens sy navorsing het dit uit 'n werklike ma-dogter-verhouding ontstaan en sommer vroeg 'n...

STEM VIR ONS BERG!

STEM VIR ONS BERG!

More uit Melkbos Haai, roer julle en stem vir ons berg! Die indrukwekkende Tafelberg is een van die kandidate vir die sewe nuwe natuurwonders van die wereld. Trouens, hy's een van die 28 top-finaliste. Maar in Die Burger lees ek die Suid-Afrikaners stem maar traag....

EPIDEMIE VAN 70’S

EPIDEMIE VAN 70’S

More uit Melkbos Sewentigste verjaardae is nou ‘n epidemie onder die Klas van ’57 – dit woed in die laaste 24 uur van Makhado tot Tshwane kan ‘n mens sê as jy moedswillig wil wees. Gister was Piet Henning van Louis Trichard 70; vandag kom Leon Engela van Pretoria aan...

PYPROKER PIET ROOK DIE PYP

PYPROKER PIET ROOK DIE PYP

Kollegedae: Piet (heel regs) in die modderbad, met pak en pyp as lid van Kollege se berugte bierklub, en as harvogtige senior wat genot put uit 'n Ienk se swaarkou aan die "pil". More uit Melkbos ‘n (Ryk) vriend het geglo jy hoef nie werklik ryk te wees nie; jy moet...

UIT OU ALBUM

UIT OU ALBUM

Klein wereldjie - te klein foto's. Jammer, diegene wat kla die foto'tjies van Disneyworld se "It's a small world"-tonnel (vorige blog) is te klein om iets wys te word. Sit dit op die rekening van mnre. Disney se webwerf. Hier's ene uit 'n eie ou foto-album van 1976....

KLEIN-KLEIN WERELD

KLEIN-KLEIN WERELD

More uit Melkbos Een van my helderste herinneringe aan die Van Deventers se besoek aan Disneyworld in Orlando, Florida, op Oujaarsdag 1976 was ‘n bootrit op die sogenaamde Seven Seaways-waterkanale verby 300 singende, dansende poppies in kleurryke nasionale kostuums....

EEN, TWEE, RIEU, EEN, TWEE, RIEU …

EEN, TWEE, RIEU, EEN, TWEE, RIEU …

Andre Rieu en die Xhosa-sangeres Kimmy Skota More uit Melkbos Die wals is koning, André Rieu is die walskoning, ‘n Rieu-konsert is koningskos vir die hart. Ek tik hierdie woorde terwyl my eie hart steeds opgewonde in driemaat-klop ná gister se feeskonsert by die Grand...

VIR GIFTIGE VRYERS!

VIR GIFTIGE VRYERS!

More uit Melkbos As ‘n hoender-dinges-sosatie koddig klink (vorige blog), wat van kobravleis? Baie Chinese glo as ‘n lekkerny het ‘n kobra-happie nie sy gelyke nie. Vir geurige slanggeregte kan Hua Hsistraat in Taipei aanbeveel word. In die woelige smal stegie sit die...

“GAT-VOL” VIR HOENDER!

“GAT-VOL” VIR HOENDER!

More uit Melkbos 'n Buitengewone hoender-ervaring by 'n straatmark in Taipei word opgeroep deur 'n berig in verlede Sondag se Rapport oor Madge Bester (46) van Bloemfontein, op 63 cm eens bekend as die kortste mens op die aarde. Madge is in haar eie woorde net "'n...

HOOR DAAI KAMEELPERD!

HOOR DAAI KAMEELPERD!

More uit Melkbos ‘n Lawaaimaker is die aristokratiese kameelperd allermins – selfs hul gevegte verloop in spookagtige stilte. Al wat jy hoor, is die nekke wat klap soos jong boompies wat voor ‘n olifant swig. Op twee staptogte net twee weke uitmekaar het ons in...

PLUS 50, WAAR’S JY?

Middag uit Melkbos Tien dae lank soek ek die Kaap plat na die tydskrif vir seniors, Plus 50, wat blykbaar opgeraap word (is daar regtig soveel “ou” mense?) of onvoldoende op die rakke kom (opskud, bemarkers!) Ek was by Pick n Pays, Spar-re, Seven Elevens en Shoprites...

OP SNEEUSPORE

OP SNEEUSPORE

(Askies vir die agterstevoor - was 'n skyfie) Middag uit Melkbos Vervelig, het die resensent Cecile Cilliers die hoofstuk “Padlangs” in my 2003-boek “In Kamera” brutaal genoem. Daardie hoofstuk handel oor die motors in my lewe, en motors is klaarblyklik ‘n onderwerp...

LEKKER VAN KARRE WEN

LEKKER VAN KARRE WEN

Middag uit Melkbos Survivor-programme op TV trek my nie, en ek kan my dus nie uitlaat oor die wenners en verloorders nie. Het hierdie een of daardie een vuil gespeel of nie? Op sijn goeie Latyns: non flocci facio – ek gee nie ‘n duit om nie. Is dit eties dat deelnemer...

EISJ – DIS DAN PIETER-DIRK UYS!

EISJ – DIS DAN PIETER-DIRK UYS!

Middag uit Melkbos Nee, Tokkie was nie op Die Burger se voorblad nie, al was haar sesjarige kleinkind kinderlik opgewonde en onwankelbaar in sy oortuiginging. “Ouma is op die koerant,” het hy sy ma meegedeel. Nadere ondersoek bring aan die lig dit is nie ouma nie, wel...

UIT DIE OUDE DOOS

More uit Melkbos Na aanleiding van Andre Rieu en sy Stradivarius, onthou ek skielik vir Stephan Lacocksi met sy viola. Oor hom is 'n versie in my hekelboekie van 2003, "Polisie, polisie, ons reenboog is geroof": OUDE DOOS Die konsertmeester Stephan Lacocksi dra sy...

JAN TUISBLY SE VLIEGTUIGIE

JAN TUISBLY SE VLIEGTUIGIE

More uit Melkbos Blomkwekers in die verre Kaap, BBP’s, bruidegomme, begrafnisgangers – die lys is eindeloos van mense wat van lugvervoer afhanklik is/was en al dae lank met hul vingers sit en speel terwyl die aswolk-ellende voortduur. Ai, ‘n mens sien die...

LIEWER ‘N RAKET AS ‘N KIERIE

LIEWER ‘N RAKET AS ‘N KIERIE

More uit Melkbos By die gedenkdiens vir die 96-jarige Jan Dreyer gister op Melkbos was o.a. teenwoordig die man wat ná sy 90ste verjaardag ‘n rekenaar aan hom verkoop het. Die teenwoordiges het gehoor dat Jan op 87 nog tennis gespeel het. Hy was al verby 90 toe hy vir...

COKEBOTTEL BY DIE VOORDEUR …

Middag uit Melkbos Aan die verspreiding van alarmistiese disinformasie per e-pos, SMS of hoe ookal het ek ‘n hekel, soos my vriende weet. Ek is vasbeslote om my nie te laat vang om ook op daardie wa te spring nie. Vanoggend het ek amper in ‘n strik getrap ná ontvangs...

GOOGLE GOLGOTA

Naand uit Melkbos In eerbied, en met instemming van die digter, sit ek vandag ‘n voortreflike, uitsonderlike en, vir my, hoogs aangrypende vers op my blog. Die titel is “Google Golgota” en die digter, Johann de Lange, verplaas daarin die Paas-gebeure tot die moderne...

GAPSA, BLAPSA … AITSA, ABSA!

Middag uit Melkbos Absa het vandag aan die werk gespring vir 'n vale aan die geheimsinnige adres waarheen hy van my goeters pos (kyk vorige blog). E-posse het heen en weer gevlieg. Daar is onderlangs vir mekaar gegrom. Flussies kry ek 'n oproep. Die skuilplek waar...

VAN GAPSA TOT BLAPSA

More uit Melkbos Ek is een van daardie een-bank-, een-party-, een- kerk-, een-rugbyspan-, een-vrou-mense. As ek my lojaliteit gegee het, het ek dit gegee. Vandag wil ek nie oor rugby of my vrou of oor my oorlede politieke party (veral nie oor laasgenoemde!) praat nie....

STOKSIELALLEEN

STOKSIELALLEEN

More uit Melkbos En die stoksielalleen spatseltjie rooi tussen Melkbos se duine? Dis die kleine Christopher Claassens wat met die Groot Wereld daarbuite kennis maak - en daarvan hou. Die kleinkinders is Sondag huis toe - na twee weke. Die huis is stil. (HvD)

DANKIE, DROOGMAKER!

More uit Melkbos Die bruidjie staan voor die kansel met rooi gehuilde oë oor haar onklaar “droomrok” wat met spelde en gebede bo gehou word. By die onthaal word die rokmaker plegtig bedank vir sy of haar "biesondere" bydrae tot die bruid se “mooiste dag”. Dis seker...

OBELISK VAN WAARHEID

Middag uit Melkbos Een grondwaarheid troon soos 'n obelisk uit bo al hierdie week se miljuisende woorde oor die moord op Eugene Terre'blanche, Afrikanerwoede, Julius Malema se onbesonnhede, Jacob Zuma se katvoet-lopery en wat nog. Dit is dat donker dae op Suid-Afrika...

GAAN NIE VERKOOP NIE!

More uit Melkbos Om Barnie Human van Bloemfontein kon altyd met smaak vertel van die ou wat so ‘n ekspert was op die smaak van drank. Gee vir hom enige eksotiese ding om te proe, en die ding se naam rol dadelik van sy tong. Moeg om elke keer getroef te word, gee hulle...

PIK, FERDI, EUGENE … EN JIM!

More op Melkbos In die onstuimge 80’s – tot in die 90’s – was drie oud-leerlinge van my skool, Potchefstroom-Volkies, sterk op die voorgrond in die intense Afrikanerpolitiek. Van links na regs kan ‘n mens maar sê, was hulle Pik Botha (hoewel hy die bynaam Pikkewyn...

SIT TWEE K’S BY DIE KKNK

More uit Melkbos Sit maar twee K’s by die KKNK, en wel vir die kuns-koeterwaals wat die kunstenaars-garde van tyd tot tyd daar praat. Op TV-Nuus verduidelik ‘n nooientjie gisteraand doodenstig van ‘n foto-uitstalling waaar die foto's met die tegniek van “story...

ORANJE, BLANJE, BLOU

ORANJE, BLANJE, BLOU

More uit Melkbos Die ou vlag - diepe hartsaak wat hy was - is, wat hierdie ou gryskop betref, finaal gestryk, opgevou en in kas agter slot en grendel geplaas. Ek het nie die drang om hom daar te gaan uitgrawe, iewers te hys of rond te swaai nie. Ek hys hom wel,...

“ROM, ROM, ROM …”

More uit Melkbos Hoe meer dae hoe meer dinge. Dat bogenoemde woorde ooit bo 'n HvD-blog sou verskyn, was, om dit sag te stel, tot dusver uiters onwaarskynlik. Vanoggend het ek egter aan my vriend, Jacko Maree, 'n deurlugtige oud- Matie op die Atlantic...

NAT TOT OOR SY ORE

NAT TOT OOR SY ORE

More uit Melkbos Nie net nat agter sy ore nie, maar van kop tot tone. Dit beskryf die eenjarige Christopher toe hy agter sy boeties, Jacob en Thomas (amper 6) aan op 'n ontdekkingstog die Atlantiese oseaan in is. Doel van die ondersoek: om proefondervindelik vas te...

‘N OUTYDSE ‘AU PAIR’-TJIE

‘N OUTYDSE ‘AU PAIR’-TJIE

More uit Melkbos Drie kuiergassies vereer my en Tokkie hierdie Aprilvakansie met hul teenwoordigheid hier op Melkbos. Pa. Brent, en Ma, Marisa, kuier sorgeloos in Sabiepark. Hier sit die drie, Jacob en Thomas, wat vat-vat aan ses, en Christopher, wat so skuins verby...

DIT BLY NET IMMER TIMMER

DIT BLY NET IMMER TIMMER

More uit Melkbos Diegene met lang genoeg geheues om Haasdas se nuuskas te onthou (asook Heidi en die Brady Bunch), behoort dadelik die sensasie van herkenning te gewaar as ek praat van Petrocelli en Petrocelli se huis. Tony Petrocelli was in die begindae van TV in...

BIBBERASIE OOR ‘N BAADJIE

BIBBERASIE OOR ‘N BAADJIE

More uit Melkbos Die Britte raak minder stywebolip, lees ek in die koerant. Wonder of ‘n ou nou al met n leerbaadjie aan mag gaan brekfis eet in die East India and Devonshire Club naby Piccadilly Circus in Londen. Sou daardie ou nasie nog 'n bibberasie kry as jy...

EMMA, MALEMA …..

Opskrifte soos dié sal sekerlik op 1 April opduik, meen my oud-kollega Herman le Roux n.a.v. my Gekkedag-blog: Julius Malema in Zuma se kabinet opgeneem Mugabe stel Malema in hoë pos aan Julius Malema kuier by Eugene Terreblanche Onthulling: Julius Malema is Zuma se...

O MAGTIG! – DIE NUUS

Middag uir Melkbos Net een kyk na die voorblad moet die leser laat uitroep: “O magtig!” Dan weet jy jy het ‘n goeie koerant. In hierdie advies van ‘n Britse koerantbaas skuil nogal ‘n stuk waarheid. Dink net hoe die krete van “o magtig” sal vlieg vir ‘n voorblad met...

UIT MANIE SE LAAI – IN MEMORIAM

UIT MANIE SE LAAI – IN MEMORIAM

Uit Melkbos Uit Manie se laai (vorige blog) kom ook foto's van studentemaats wat - ai, hoe treurig stem dit 'n mens - reeds langboompies toe is. Een van hulle is die lang, rateltaai Hennie Smit op wie se skouers die uwe hier so uitgelate sit, en 'n ander, Piet Lategan...

UIT ‘N LAAI VOL SKYFIES

UIT ‘N LAAI VOL SKYFIES

More uit Melkbos Uit 'n laai vol ou skyfies - party mense het hulle baie vernaam "skuifies" genoem omdat hulle heen en weer in projektors geskuif het - het my Tukkievriend Manie Steyn van Krugersdorp 'n klomp van jare gelede se Kollegetehuis-reunies herwin, wat die...

OUMA IN SNELRAT

OUMA IN SNELRAT

More uit Melkbos Van 0 tot 7 in ses jaar. Dit is hoe Ouma agterkleinkinders versamel het toe sy in snelrat begin oorskakel. Al sewe agterkleinseuns, moet ek byvoeg. Ouma, Tokkie en swaer Fanie, se ma, Marietjie, was op 7 April 2007 90 (foto). Sy het vir koek en tee...

15 MAART IN DIE VAN D’S SE HUIS

15 MAART IN DIE VAN D’S SE HUIS

More uit Melkbos Sommer net omdat vandag 15 Maart is en die telefone van vroeg in die Van Deventerhuis lui, sit ek hierdie mees resente foto van mev. TvD op. Dit is tien dae gelede op ons stoepie in die Nasionale Wildernispark geneem terwyl die son oor die Touwrivier...

IS EK ‘N FOOITJIEVREK?

More uit Melkbos Melkbos word al hoe meer ‘n mekka vir uiteters. Ons dorp bied ‘n wye keuse van restaurante, style, spyskaarte … en pryse. Ene waarvan die Van Deventers nogal hou, is ‘n informele seekos- restaurant, wat mense van heinde en ver lok met sy tradisionele...

STROME, STROME VAN STOF

More uit Melkbos Die wonderlikheid van ons soete taal kom in vele segswyses en uitdrukkings na vore. Twee in godsdiensverband is al op hierdie blog aangehaal : i. Die kuddetjie tronkvoëls wat by die Sondagdiens agter die tralies lustig aanhef: “Liewe Vader, sien ons...

NOODKREET PER SMS

More uit Melkbos Dat die ouderdom nie vir sissies is nie is ‘n taanmlik oorwerkte cliché. Gewoonlik verwys ons kieriekommando-ouens daarmee na die liggaamlike skete wat, helaas, saam met die stygende jare, soos hulle sê, ‘n opwaartse kurwe toon. Die swarigheid van...

DUIWE MET ROOI VLERKE

DUIWE MET ROOI VLERKE

More uit Melkbos In die Nasionale Wildernispark aan die Tuinroete is Knysnaloeries so algemeen dat die mense daar praat van die "duiwe met die rooi vlerke". Hierdie ene het ek in 'n soort trosvyboom voor ons houthut, nommer 28, afgeneem te midde van 'n vrugtefees. In...

TAMATIESTRAAT

Middag uit Melkbos Praat-praat in Tamatiestraat – dis die titel van ‘n nuwe HvD-humorboekie wat oor ‘n maand of wat by Griffel Media verskyn. Die uwe brand van opgewondenheid. Die “honderde stories” in die boekie kom hoofsaaklik uit my eie twee bloggies, “hvd se blog”...

NET SULKE VARKE!

More uit Wildernis Hiënas wat hulle soos varke gedra, ken die Van Deventers uit eie skande en skade. Hulle is een van die handelsmerke van Sabiepark in die bos. Met varke wat hulle soos hiënas gedra, was ons onvertroud. Tot gisteroggend hier in die nasionale...

KONINGIN VAN DIE LAG

KONINGIN VAN DIE LAG

MADELEINE VAN BILJON More uit Melkbos Jy kan jou ‘n papie lag of selfs ‘n boggel; jy kan stik soos jy lag, jou slap lag of jou selfs siek lag. Jy kan ook lag of jy betaal word. Hoe jy ook al lag, is lekker lag hoogs aan te beveel. Lag is die beste medisyne, lui een...

MARTIE SE BLIK OP MY ‘BYL

MARTIE SE BLIK OP MY ‘BYL

Martie Retief Meiring Middag uit Melkbos Hiermee Martie Meiring se resensie van "Byl in my bos", wat vanoggend op Die Burger se Boekeblad verskyn het: Teen die sakkende son sien ¬Hennie van Deventer daar is deeglik in sy bos gekap. Op pad na sy 70ste verjaardag en as...

RESENSIE VAN ‘BYL’

Middag uit Melkbos Op Die Burger se Boekeblad verskyn vanoggend 'n resensie oor "Byl in my bos" uit die pen van Martie Meiring. Wel ... Martie is Martie, en sy eet nie sommer als vir soetkoek op nie. Ter wille van ewewigtigheid wil ek graag haar resensie hier plaas....

LOTTO-BOKKEROP

LOTTO-BOKKEROP

More uit Melkbos In die sogenaamde lotto-debakel rondom die stomme Philanders van Kaapstad staan twee feite uit: (i) Die Philanders het ‘n lang kans gewaag, wat nie afgekom het nie; (ii) Die media was slonsig en aan die slaap. Al die verwarring by mense wat nie kan...

LIGLOOP IN DIE BOS

LIGLOOP IN DIE BOS

Middag uit Melkbos In Kerkbode van 19 Februarie het 'n gewaardeerde resensie van my jongste boek ""Byl in my bos" uit die pen van Frits Gaum verskyn onder die opskrif: "Ligloop in Van Deventer se bos". Ek deel dit graag met nie-lesers van Kerkbode: LIGLOOP IN VAN...

‘MOSES SE HOND’

‘MOSES SE HOND’

More uit Melkbos Gisteraand, eergisteraand, ná twee glasies wyn, raak ek aangedaan oor my ontslape studentevriend Jaap de V. Neethling, wat in 1958 saam met my eerstejaar (ienk) in Kollegtehuis was. Hy het as Japie op Tukkies aangekom. Gou het ons hom Jaap genoem, of...

ZUMA SE GIGGELS

More uit Melkbos 'n "Studentikose: gegiggel noem Dawie van Die Burger die stout laggie van Jacob Zuma wat gepaard gegaan het met die noem van die naam in sy staatsrede van sy hoge sokkervriend, Irvin Khoza, wie se dogter hy in die ander tyd gesit het. "Studentikoos" -...

VIR OULAAS BY JOOLSKONES

VIR OULAAS BY JOOLSKONES

More uit Melkbos Kan nie waar wees nie, hier’s ou HvD waaragtig terug by sy joolkoninginne! Raak die man nie moeg om só op dieselle snaar te tokkel nie? Ja, ek hoor in my verbeelding dié versugting. Tokkie raak ook al ietwat nurks oor dié ge-tokkelry. Maar hier’s my...

LENNIT MAX: EPISODE DRIE

LENNIT MAX: EPISODE DRIE

More uit Melkbos Lennit Max, gewese polisiekommissaris wat Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid geword het, is skielik met verlof na bewerings van indiskresie. ‘n Gewese polisieklerk, Belinda Petersen, loop en stories vertel oor wat o.m. in die geheim in sy...

OEPS, VERKEERDE NOMMER!

OEPS, VERKEERDE NOMMER!

More uit Melkbos In die middel van die nag weergalm die telefoon. Jy skrik jou oorhoeks, struikel oor ‘n stoel, vlek jou tone oop om die tafelpoot en gryp met beklemming die gehoorbuis : “Van Deventer”. Oomblik se stilte. Dan: “Oeps, verkeerde nommer, jammer.” “Oeps...

VERKEERDE PERD OPGESAAL!

VERKEERDE PERD OPGESAAL!

Middag uit Melkbos "Jippie-jippie jip, ou pêhert!" Ek dag altyd Chris Blignaut se immergroen liedjie “Ou Ryperd” (deur Dozi nuwe lewe ingeblaas) is só Afrikaans soos koeksisters. Een van die musikale ontnugterings van my amper 70 jaar op aarde was toe ek verneem dit...

AGTER TRALIES

AGTER TRALIES

Middag uit Melkbos Nogal boeiend, en nie sonder 'n tikkie humor nie, is pastoor Philip Kruger se vertelling aan Hanlie Retief van sy kuddetjie agter die tralies van die Sentrale Gevangenis in vanoggend se Rapport. Laat my dink aan die Kweekskool-proffie wat vir sy...

MAAND VAN VIERLINGE

MAAND VAN VIERLINGE

More uit Melkbos Vandag, Saterdag 6 Februarie 2010, is die eerste Saterdag van vier in dié maand. More, Sondag 7 Februarie, is ook die eerste Sondag van vier. Volg hierdie leidraad, en ontdek Februarie 2010 is nie sommerso se maand nie Sy gelyke kom net een keer in 11...

KROONJUWELE VAN DIE KAMPUS

KROONJUWELE VAN DIE KAMPUS

Middag uit Melkbos Van die joolkoninginne van my tyd op Tukkies (1958 – 62) onthou ek net drie, Johanna Cilliers (1959), Marguerite Deale (1961) en Tokkie van Staden (1962). Die Tukkie-argiefmense sit ook met die hande in die hare oor die ander. Hoop iemand kan help....

‘BIETJIE STOUT’ OOR MANDELA

More uit Melkbos Net 'n week ná 2 Februarie 1990 maak die dinamiese nuwe leier F.W. de Klerk toe weer groot nuus - hierdie keer met die vrylating van Nelson Mandela. Daaromheen pleeg die uwe toe ‘n stoutigheidjie wat in bepaalde kringe nie met akklamasie ontvang is...

TUKS SE MOOISTE?

TUKS SE MOOISTE?

Middag uit Melkbos So van intervarsities, dirigente en joolkoninginne gepraat: Hier klink die skone Anneline Kriel, joolkoningin van Tukkies, 'n glasie met Nanti van Wyk, rasieleier, iewers in die 70's. Ek kry dit in 'n bylae oor Tukkies se halfeeufees in 1980, wat op...

AA-RA-RA-RA-RAA-RATIO! ROERA!

AA-RA-RA-RA-RAA-RATIO! ROERA!

INTERVARSITY 1961. TUKKIES SE DIRIGENT, JAN LOMBARD, IS REGS EN PRAGTIGE JOOLKONINGIN, MARGUERITE DEALE, NAASLINKS. Middag uit Melkbos Nog Vrystaat, nog Pukke, nog Wits sal die boenga-boesjiewa ooit laat swyg nie …. Iets in hierdie trant het ons Tukkie-generasie van...

TWEE GLASIES OP F. W. DE KLERK

More uit Melkbos Vandag, 2 Februarie 2010, is die fokus op daardie onvergeetlike dag, 2 Februarie 1990, toe die Volksraad gemesmeriseerd geluister het hoe F.W. de Klerk stap vir stap die land onomkeerbaar sou verander. Dit was natuurlik dag en datum presies ‘n jaar...

WWW.VOLKIES57.COM

WWW.VOLKIES57.COM

More uit Melkbos Die opskrif klink soos 'n webwerf se adres. Eintlkik gaan hierdie stukkie oor nog 'n Volkie-matriekmaat van 1957 wat op Melkbos kom kuier het. Nou staan in my gasteboek drie van hulle in 'n ry - almal met 'n W in die naam. Carl Weeber van Klerksdorp...

TOI-TOI VIR AFRIKAANS!

More uit Melkbos Die Afrikaansdebat het opnuut opgevlam. Idees oor wat die toekoms van ons taal is, kan wees en behoort te wees, kom uit alle oorde, en is soms nogal sterk uiteenlopend. My bydrae vandag is in die vorm van enkele kantaantekeninge. Ek het dit o.m. oor...

“RUITERS VAN DIE WINDJIE”

“RUITERS VAN DIE WINDJIE”

More uit Melkbos Die Suidooster laat hom geld en die seilplank-seisoen is in volle swang (ek weet dit moet "volle gang" wees, maar die s'e allitereer sooo lekker!) Dit was die toneel gistermiddag om 18:00 (toe die son nog redelik hoog was) voor my woonkamervenster op...

SWEET … EN SNEEU

SWEET … EN SNEEU

More uit Melkbos 'n Wandeling langs die see (deel van my "rehabilitasie" vir my rug en regterbeen se kwale) het my en Tokkie vanoggend nogal laat sweet. Die sonnetjie het vroeg-vroeg begin steek. Tuis gekom, kry ek hierdie foto per e-pos van Caroline Pols, ons...

WIKS DAAI MOOI BOUDJIES!

More uit Melkbos As daar nou een paar mooi sepieboudjie is wat verdien om behoorlik gewiks te word, is dit dié van San-Mari van Sewende Laan. Om uit haat, nyd en jaloesie Paula se spogrok vir haar groot aand te saboteer, is darem lelik verby. Om die arme Clara vir dié...

BROEKVERLOOR SE VLAKTE

BROEKVERLOOR SE VLAKTE

MIddag uit Melkbos Kom ons speel ‘n identiteitspeletjie. Die man aan wie ek dink, was ‘n skrumskakel. Hy het vir die Blou Bulle gespeel. ‘n Naakfoto bestaan van hom. As ek verklap dat hy op Woensdag 27 Januarie 70 oud word, sal u besef hoe ver verkeerd u geraai het....

OM TE JOL BY RONNEBOL

More uit Melkbos Kom jol in Soweto, kom na 'n township-opskop, kom kuier eet en drink in "tradisionele" restaurants, kroee en kafees ... Met lusmakertjies in hierdie trant word Nederlandse toeriste vir die Wêreldbekersokker na Suid-Afrika gelok. In 'n publikasie van...

GESPOOK OOR ‘N SPOOK

More uit Melkbos Spoke kan deksels moedswillig wees. Van daardie spesie openbaar glo die nare gewoonte om soos die spreekwoordelike dinges aan ‘n wolkombers aan sekere arme drommels te bly kleef, ondanks elke poging om uit hul kloue te ontsnap. Almal ken tog seker die...

WAT VIR ‘N DING IS DIT?

More uit Melkbos Ons, sprekers van Afrikaans, is die ouens wat maklik praat-praat in Tamatiestraat beland as ons met Nederlanders kommunikeer, het ek altyd gemeen. Die slaggate in kommunikasie met die inwoners van daardie stamland is bepaald velerlei. Woorde wat in...

‘OPERASIE VAKSINASIE’

‘OPERASIE VAKSINASIE’

More uit Melkbos Opperste misleiding, sal party mense dit waarskynlik noem, maar as jy diere wil dokter, deug eerlikheid en deursigtigheid nie altyd nie. Toe besluit word om Sabiepark se hiënabevolking teen hondsdolheid in te ent , is derhalwe ‘n spesiale lokaas...

SOMERGLORIE

SOMERGLORIE

KYK VERBY DIE LELIKE OU BRAAIER, ASSEBLIEF. DIE BOS IN SY SOMERGLORIE IS DIE EINTLIKE ONDERWERP. Middag uit Melkbos Sulke gras-weelde het ek nog nie in Sabiepark gesien nie. Tot teenaan die paaie strek ‘n groen tapyt van soetgras. In die skaduwee van die welige...

SPOOR VAN SLINKSHEID

SPOOR VAN SLINKSHEID

PRIMITIEF MAAR SILWERSKOON. DIE UWE GENIET 'N LAFENIS IN DIE BOS VOOR DIE KOMS VAN DIE STINKLYWE MET DIE STERK KAKE. More uit Melkbos Soos diewe in die nag het hulle gekom, die twee slinkse skuinsrug-gediertes met hul stink lywe, eers met hul kragtige hiëna-kake die...

BOS-PLESIER

BOS-PLESIER

Naand uit Melkbos Terwyl die Van Deventers somervakansie in die bos gehou het, het die eerste resensie oor “Byl in my bos” verskyn – deur Stoffel Cilliers in Volksblad. Cilliers vlei my en my boek, maar ek wil dit darem graag vir wyer kennisname op my blog sit....

WEERVOORSPELLING!

More uit Sabiepark “Gevaarlike vlakke van ongemak” word in hierdie tye taamlik gereeld deur die Weerburo in Bloemfontein vir die Laeveld voorspel. En dit raak geniepsig warm, hoor, hoewel buie en briesies uitkoms bring. Ewenwel, “gevaarlike vlakke van ongemak” word...

HANDE WAT DIT VOORBEREI HET…

More uit Sabiepark Vir die Nuwejaars-uittog na Sabiepark het Tokkie met sorg en toewyding kosse geselekteer en voorberei. Buiten die tjops, wors en hoender vir die rooster was daar skaapboud vir die Weber, spek en speksnippers, gaar beesstert, ‘n blok kaas,...

KERSWENSE

KERSWENSE

More uit Melkbos Die son gaan onder op die jaar 2009. Met hierdie foto van 'n tipiese Melkbosse sonsondergang wens die Van Deventers almal wat hier inloer, net die beste toe oor die feestyd: mag die vrede van Christus u hierdie Kersfees spesiaal koester, en die nuwe...

STEM UIT DIE OU VERLEDE

STEM UIT DIE OU VERLEDE

More uit Melkbos In die kerk sing ons gister van die "stemme uit die ou verlede" wat oor die "sterrevelde ruis" (Welkom, o stille nag van vrede). Kort daarna kom hier werklik 'n stem uit die ou verlede op Melkbos aange-"ruis". Dat die e-pos-briefie aan “Oom Hennie en...

WANDELENDE LYK!

WANDELENDE LYK!

More uit Melkbos Al die water in die Atlantiese oseaan hier voor ons op Melkbos sou my nie kon skoon was nie nadat ‘n Pretoriase vrou in Maart die sluise teen my oopgetrek het oor ‘n poging tot satire in hierdie ruimte oor die vrylating van die heer Schabir Shaik op...

MOOI ROOI UIT DIE POT

MOOI ROOI UIT DIE POT

More uit Melkbos Na al die debat en indaba oor kreef op die kole of kreef uit die pot, het ons toe Donderdagaand 17 Desember hier op Melkbos saam met Chris en Annette van Rensburgs (op die foto) aangesit - met die kreef, mooi rooi van aanskyn, uit Tokkie se pot. Die...

MAAN-JIFIEK!

MAAN-JIFIEK!

‘‘Teen die oosterkim is ‘n volmaan aan’t deurkruip tussen die eerste takke wat reeds hul blare begin afskud het vir die winter. Mayafudi neem hom voor om langer wakker te bly. Die bos in helder maanlig gebaai, is ‘n verruklike gesig. Hy wil dit eers ten volle indrink....

HEMEL EN DIE HEL

More uit Melkbos Valkoog Danie Krynauw van Melkbos lees in die begrafniskennisgewings van "Die Burger" gister nog'n inskrywing raak wat hy bloggenswaardig ag. Ek stem van harte met die ou sondaar saam, en haas my om dit in hierdie ruimte verder uit te dra: " Tydens...

PLASTIEK-PROTEAS!

PLASTIEK-PROTEAS!

Middag uit Melkbos Spesiaal vir Magriet Malan van Bellville – ken haar van geen Adamskant af nie – hiermee ‘n versie uit die uwe se hekelboekie, “Polisie, Polisie, Ons Reënboog Is Geroof”, wat in 2003 verskyn het. Die versie heet “Rommelrosie” en is in simpatie en...

ELKE KRIESELTJIE NUUS

ELKE KRIESELTJIE NUUS

More uit Melkbos Hoe lees jy jou koerant? Party pik-pik; ander bestudeer hom van hoek tot kant. Ek skat soveel maniere bestaan om jou koerant te lees soos om jou vrou te soen. Elkeen doen dit op sy eie manier. Ek was een van die hoek-tot-kant-lesers. Nadat ek afgetree...

TOT SIENS, PIET UYS

TOT SIENS, PIET UYS

Naand uit Melkbos Piet Uys, spanmaat van Frik du Preez en Mof Myburgh in die spanne van die Blou Bulle en die Springbokke in die beginjare van die 60's, is oorlede, lees ek vanoggend in Rapport. Piet Uys se dood, op 72, tref by my 'n snaar. Hy kom uit die era toe ek...

TANT TOKKIE LIG DIE DEKSEL

Middag uit Melkbos Ek het gevra en die antwoorde het flink gekom, meesal met sterk oortuiging uitgespreek. Die uiteinde is dat die Van D's se kreef op 17 Desember kombuis toe gaan. Dis Tokkie se pot wat wen - HvD se kole is uitgestof. Tussen ons gese, na al die...

VURIGE FEES

VURIGE FEES

Middag uit Melkbos Voel jy vuur en vlam oor jou Harley? Dan is hierdie "vurige" fees uitgeknip vir jou. In 'n advertensie in vanoggend se "Burger" lees ek Harley-Davidson, Kaapstad, "vuur" sy tiende verjaardag. Vir 'n oomblik wou-wou ek wonder of hier dalk 'n slimkop...

KNEWEL-KREWELS

KNEWEL-KREWELS

More uit Melkbos Nee, hierdie knewels is nie die manskappe wat op 17 Desember kole of kookwater toe gaan hier op Melkbos nie. Dinge het egter mos 'n manier om soms onverklaarbaar saam te loop. En juis gister, pas nadat die Van D's se Groot Kreefdebat in hierdie ruimte...

KREEF: KOLE OF KOOKWATER?

KREEF: KOLE OF KOOKWATER?

Middag uit Melkbos Dispuut is darem ‘n sterk woord, maar ‘n element van diskordansie kan nie ontken word nie oor die vraag hoe die kreef moet gaar kom: kole of kookwater. Kreef is nie gereeld op die Van Deventers se spyskaart nie, maar is wel op 17 Desember wanneer...

AS DIT LOL IN DIE LUG

AS DIT LOL IN DIE LUG

More uit Melkbos Wie luister na veligheidsaankondigings op vliegtuie? Ek wil nie lelik wees met die spesie lugpendelaars nie. My indruk is egter dat hulle in die algemeen nie ore het vir die mededelings oor nooddeure, suurstofmaskers, reddingsgordels onder die sitplek...

GELD SOOS SEESAND

GELD SOOS SEESAND

So lyk eiendomme in Nettletonweg, Seepunt. Hierdie meneer was in die mark vir 'n koele R80 miljoen. More uit Melkbos As jy geld soos seesand het, kan jy vir die spitsvakansietyd en die duur van die Wereldbekersokker vir jou 'n kaia'tjie huur wat jou tot R350 000 per...

LAASTE PAKKE SLAE

LAASTE PAKKE SLAE

Jack Slabbert (met die wit baadjie) op 'n Volkie-atletiekfoto. Links van hom sit Piet (Vis) Jooste. Slabbert leef nog en woon in Pretoria. Jooste is, soos verreweg die meeste van ons onderwysers, reeds oorlede. More uit Melkbos In matriek daag in 1957 daag ek een aand...

‘N LANG STYWE DOP!

‘N LANG STYWE DOP!

As jy dors raak, ou Slakkie, hou tog goed kop: moenie net mik-en-sluk-kie, vat ‘n la.a.a.ng stywe dop! Die foto van hierdie reuse-landslak wat so strek om sy pensie trommeldik te drink, is by ons bos-swembadjie in Sabiepark geneem. Landslakke van hierdie formaat, en...

CHRIS LOUW: EK ONTHOU

CHRIS LOUW: EK ONTHOU

More uit Melkbos Die laaste keer dat ek oor Chris Louw geskryf het, was goedkeurend – toe hy in April vanjaar onder sy ou makker André P. Brink ingeseil het oor dié se afkrakende resensie van die historikus R.W. Johnson se jongste boek, South Africa’s Brave New World....

LIEDERLIKE LIEGSTORIES

LIEDERLIKE LIEGSTORIES

More uit Melkbos Oornag het 38 plakkerskrotte op die Seepuntse Promenade, vlakvoor bakens soos die bekende Bordeaux-woonstelle, verrys toe ‘n Griekwastam sy voorvaderlike regte op die Seepuntse strandfront kom opeis. Dié nuus het mense oor die lengte en breedte van...

KERSIE OP DIE KOEK

More uit Melkbos Die uitbuiting van Kersfees kom in hope gedaantes. Een is in allerlei verbuigings van die Engelse woord "Xmas". 'n Kreatiewe nuutskepping sien die uwe vandag op die tydskrifrak by 'n afdelingswinkel op die voorblad van 'n tydskrif met die naam "Cleo"....

GOUD OP DIE WATER

GOUD OP DIE WATER

More uit Melkbos Blogbesoekers het, te oordeel na hul reaksie, nogal gehou van die sonsondergang-foto's van Saterdagaand 28 November, toe Johan, Mariza en Michael vir oulaas hier op Melkbos kom eet het voor hul vertrek na George. Begeester deur die reaksie, het ek 'n...

FAMILIEFLITS

FAMILIEFLITS

Middag uit Melkbos ‘n Paar vinnige dinge het in die lewe van die Van Deventers gebeur. Vergun my asseblief ‘n kort familie-flitsie om bekendes in te lig. Vir eers is Michael se aanneming bekragtig. Hy word nou Michael van Deventer, ons vierde kleinseun (geen...

KLEUR VAN KERSFEES

KLEUR VAN KERSFEES

More uit Melkbos Bing Crosby se weergawe van Irving Berlin se immergroen trefferliedjie "White Christmas" word allerweë as die topverkoper-kortspeler van alle tye beskou. Die oggend nadat ‘n opgewonde Berlin "White Christmas" in 1940 langs sy swembad gekomponeer het,...

TEDDIE, TEDDIE 007!

TEDDIE, TEDDIE 007!

Die versteekte loerkameratjie met sy legio spioenasie-gebruike (en misbruike) het nou ‘n spesiale naam gekry, sien ek. Dit heet die “nanny cam”. Koop ‘n “nanny cam” vir Kersfees en beloer jou bediende! Só word die “ogie” wat jy in enigiets kan sit, van ‘n teddebieer...

OUMA-PORTEFEULJE

OUMA-PORTEFEULJE

Vir ‘n ”spesiale ouma” het ek, met haar bereiking van oumastatus, op 26/4/2004 ‘n versie geskryf wat my insigte in daardie stadium weerspieël het. Ek het gemeen: Oumas moet kan kook en brei, Party kan ook nog lekker vry; ’n Vet lot is al oor die muur, my eie is vol...

HAND OP DIE SKOUER

HAND OP DIE SKOUER

HvD en Wiekie Moolman HvD en Manie Steyn Middag uit Melkbos Aan ‘n hand op die skouer kan allerlei betekenisse geheg word. Een betekenis, in my oë, is hegte vriendskap. Wat ‘n voorreg was dit nie om in 48 uur met twee jarelange – amper lewenslange – vriende hand op...

weLKoM iN kAaPsTAd

weLKoM iN kAaPsTAd

More uit Melkbos Een muur van die indrukwekkende nuwe R1,6 miljard se eindpuntgebou van die Kaapse Internasionale Lughawe – waarlik eerstewêrelds in styl en omvang (‘n ronde 50 000 vk. m) – word oorheers deur ‘n banier wat lyk of ‘n bewerige letterskilder dit op ‘n...

NAAR, LELIK NAAR, DE AAR

NAAR, LELIK NAAR, DE AAR

Middag uit Melkbos Dit was nie my voorneme om hierdie relaas oor my terugreis uit Durban op die Shosoloza Meyl op ‘n negatiewe noot te begin nie. Njannies. Met vratte en al bly ‘n treinreis, enige treinreis, ‘n belewenis. My illustrasie het my egter gestonk. Hoe begin...

BELYDENIS VAN ‘N BLOG-SADIS

More uit Melkbos In elke besielde blogger skuil natuurlik 'n streep sadisme. Dis heerlik om meedoenloos op lesers af te laai wat, volgens jou, vir hulle onontbeerlike blog-stof behoort te wees, "newwermaaind" hoe hulle oor die ou sakie voel. Vanoggend bely ek dat...

KLEIN BIKINI’S OP ‘N GROOT BOOT

KLEIN BIKINI’S OP ‘N GROOT BOOT

'n Inpromptu-stoeiwedtryd op die marmervloer voor die San Remo Casino se ingang. Die tweeling ontspan op hul dekstoele langs die swembad van die Sinfonia. More uit Melkbos Genoeg glansende marmer, gloeiende okkerneuthout en spieëls vir die troonkamer van ‘n praalvors...

UIT EN TUIS

UIT EN TUIS

Middag uit Melkbos Ekke, Tokkie en die tweeling, Jacob en Thomas, is uit en tuis na 'n genotvolle vaart op die manjifieke Sinfonia en 'n "avontuurlike" terugreis van 36 uur van Durban af met die Shosoloza Meijl. Die tweeling se entoesiasme vir al die nuwe ervarings...

ONS SKIP KOM IN!

ONS SKIP KOM IN!

Vorstelik vaar die MSC Sinfonia Kaapstad se hawe vroeg vanoggend binne. Ons klim om 18: 00 op. Wanneer die drywende hotel - nege verdiepings, 2 000 passasiers - teen 23:00 verder vaar Durban toe, sal ons en die tweeling, Jacob en Thomas, onder die pasasiers wees. Ons...

‘TJEERS’ VIR EERS

‘TJEERS’ VIR EERS

More uit Melkbos Koebaai, koeibaai, die witkopkraai, Gaan per skip in Durban draai; Kom dan huis toe met die trein, Sal weer na 10 dae hier verskyn. (HvD)

VEERTIG JAAR LATER, DIE SINFONIA

VEERTIG JAAR LATER, DIE SINFONIA

Middag uit Melkbos Die Van Deventers gaan aan boord wees wanneer die pragskip die MSC Sinfonia Dinsdagaand uit Tafelbaai vaar Durban toe. Herinneringe sal amper vier dekades terugrol na ons eerste romantiese vaart tussen dié twee stede met die Pendennis Castle in...

WOELWATER-WEDSTRYD

WOELWATER-WEDSTRYD

Middag uit Melkbos Elke oupa en ouma het seker pakke foto's van hul kleinkinders, en is ook nie skaam om dit rond te wys aan almal wat wil kyk (of nie will kyk nie). Hierdie ene van ons klein Jacob Claassens is in Sabiepark geneem. Die twee langnekke kon kwalik hul...

DIE KAP VAN DIE BYL

DIE KAP VAN DIE BYL

More uit Melkbos Op ‘n gevorderde ouderdom het Margot Asquith speels gelamenteer: “All I have to live on now is macaroni and memorial services.” Brood en begrafnisse, met ander woorde, in “plein” Afrikaans. Dié dame het ‘n groot waarheid raakgevat. Trouens, omtrent al...

GASVRYHEID TEEN ‘N PRYS

More uit Melkbos Ek wil nie graag dierbare, goeie mense in die gesig vat of seermaak nie, maar ek het nog nooit trek gehad in onthale met kontant-kroeë nie. Miskien is ek net ouderwets, maar ek glo as jy iemand nooi, is jy verantwoordelik vir die te ete en te drinke....

KATTE-VERSKRIKKERS

More uit Melkbos Daar is inderdaad meer as een manier om, spreekwoordelik, ‘n kat dood te maak – nie net met ‘n behendige kap of swaai van ‘n graaf soos die tuinman Daniël destyds in Bloemfontein om die bedreiging van die bure se “Snuffels” vir Tokkie se wit duiwe af...

NIE KRIEKET NIE

More uit Melkbos Krieket is 'n sport wat oningewydes nogal kan laat kleitrap met sy terminologie. Ek het gedink die limiet is al bereik met misplaasde vertalings toe ek gister lees die Warrior-bouler Tsossobe het "figure" van soveel vir soveel gehad. Se net weer! Weet...

OOIEVAAR IN DIE LANGPAD

OOIEVAAR IN DIE LANGPAD

More uit Melkbos Die gevleueldes is tot dusver afgeskeep in die reeksie oorm ongewone foto's uit die natuur se dierelewe. Die Vyf Grotes, ja, hulle figureer sterk. Die Ses Grotes (voëls) – waar’s hulle? Maar eers: omtrent almal ken die Vyf Grotes (of Groot Vyf): leeu....

KIETSIE, KIETSIE, KA-A-A-ATS!

KIETSIE, KIETSIE, KA-A-A-ATS!

Middag uit Melkbos Mense baklei soos katte en honde oor katte en honde. Ek soek nie om in ‘n kattegeveg (of hondegeveg) oor die ou-ou strydpunt ingesleep te word oor watter een van die twee die beste/lojaalste/dierbaarste troeteldier is nie. Diegene wat hul katte lief...

LEEUS OP DIE ROTSE (2)

LEEUS OP DIE ROTSE (2)

Middag uit Melkbos Soos belowe in vanoggend se blog: Hier's nog foto's van die leeus op die rotse op die pad na Nhlanguleni op 15 Maart 1999. HvD

LEEUS OP DIE ROTSE

LEEUS OP DIE ROTSE

More uit Melkbos Leeutyd op HvD se blog vanoggend. Hoogtyd ook dat die groot katte aan die beurt kom in my reeksie oor ongewone dierefoto's, meen ek. Vir party mense is leeus mos alles - en is 'n Wildtuinbesoek wat nie leeus oplewer nie, soos sop sonder sout. Ek is...

WP SE HUURSOLDATE

Middag uit Melbos In vanoggend se Burger vat my oud-kollega Tom Ferreira WP-ondersteuners liggies aan oor wat hy noem hul “voortydige, hovaardige en neerbuigende opmerkings” oor rugby-aangeleenthede in die lig daarvan die die WP “nie juis die wêreld aan die brand...

SLURPGESELSIE (?)

SLURPGESELSIE (?)

More uit Melkbos Die Krugerwildtuin se S3-rivierpad al langs die Sabie af, van die Krugerhek tot by Pretoriuskop, is olifantwêreld. Veral die eerste paar kilometers van die pad moet ‘n mens maar dophou vir ‘n glimpsie van ‘n slurp – of meer! - in die digte oewerbos....

Piep-piep-piep, buurman!

Piep-piep-piep, buurman!

More uit Melkbos “Môre, buurman!” “Môre, buurman!” “Môre, buurman!” Dit is oggend hier in ons klein hoekie van Melkbosstrand. Een ná die ander word die alarms in Penguin Place afgeskakel: piep-piep, piep-piep, piep-piep. Ons “keep” nou “up with the Jones’s” deur te...

IN MY “STOUTSTE” DROME

IN MY “STOUTSTE” DROME

More uit Melkbos Laat my maar uit die staanspoor in alle eerlikheid erken dat ek ‘n aansienlike ongeskooldheid geniet t.o.v. Jungiaanse teorieë oor die ingewikkelde werkinge van die menslike psige. Selfs t.o.v. “die toegankliker” Sigmund Freud kwalifiseer my...

GOUE OUES VAN 50’S

GOUE OUES VAN 50’S

Naand uit Melkbos So naïef is ek nie dat ek nie die risiko’s besef van lysies maak nie. Jy stel jou eenvoudig op as teiken vir ander wat met goeie of minder goeie bedoelinge hul skietysters op jou wil korrel. Ná nou anderdag se stuk oor die goue oues van die 50’s was...

GLANS-DIERASIES

GLANS-DIERASIES

More uit Melkbos Sabiepark se hienas raak nou glanspersoonlikhede, of 'celebrities', in die moderne idioom. Die foto's hierbo kom uit November se Weg. Die luiperdmannetjie het 'n vlakvarkie in Maroelalaan vasgetrek en in 'n jakkalsbessieboom opgehys. Die hiena regs...

STOEPSTANERS

STOEPSTANERS

Middag uit Melkbos Sabiepark se embleem is ‘n sebrakop. Die kop pryk lewensgroot by die grasdak-hoofingang van die private natuurreservaat langs die Krugerhek van die Wildtuin. Dit verskyn ook in swart op wit op elke stuk korrespondensie (en rekening!) uit daardie...

TOT SIENS, KLEIN SEBRA’TJIE

TOT SIENS, KLEIN SEBRA’TJIE

More uit Melkbos ‘n Klein sebra'tjie is bra lomp. Hy loop aarselend nes ‘n baba wat sy eerste tree gee met ‘n te groot doek aan, sê my vrou Tokkie. Die kleintjie op die foto – nog wankelrig op sy knopknieë en met net bruin dons op sy kruis – het op die werf van ons...

TREFFERS WAT BLY TINTEL

TREFFERS WAT BLY TINTEL

More uit Melkbos Geen maar geen ander populêre musiek laat my vingers só trommel, my nek só saamwieg en my voete só jeuk soos die musiek van die jare 50 nie. In ‘n vlaag van nostalgie het ek pas weer my CD-rakke getakel en die een ná die ander treffer van die 50’s...

KAMEELPERD-BABA

KAMEELPERD-BABA

Onder “Geboortes en Sterfgevalle in die diereryk” kan die volgende inskrywing kom: Gebore in Sabiepark, Mpumalanga: fris kameelperdbulletjie. Moeder en baba albei wel.” Elke geboorte in Sabiepark is ‘n okkasie, omdat ons Sabieparkers baie lief is vir ons diere, en...

HELPENDE HANDE (MET BIELIE-TANDE)

HELPENDE HANDE (MET BIELIE-TANDE)

More uit Melkbos Om te wil help. Dis nogal ‘n vlakvark-eienskap. Jy begin net afpak daar in Sabiepark, waar ons bosplek is, dan weet hulle al van jou. Dadelik word nader gestaan en tussen die motor en die voordeur heen en weer gedraf. Jy moet maar versigtig trap met...

KOEDOE-KARNALLIES

KOEDOE-KARNALLIES

Middag uit Melkbos Koedoes lyk maar so statig. Hulle kan vrek onwaardig optree - soos wanneer hulle voëlsaad by ons boshuis Tarlehoet in Sabiepark uit die huisie kom gaps of die voëls se badwater kom suip. Deur die jare het ek verskeie foto's van albei aktiwiteite...

‘N GLASIE OP ONS OUES

MIddag uit Melkbos In Kerkbode lees ek vandag (1.10.09) vier die wereld die Internasionale Dag vir Ouer Persone. Die doel van die dag is om almal daaraan te herinner dat "ouer persone vir ons kosbaar is." Viva, "ouer persone"! Laat ons ten minste 'n glasie op...

HAAI, OOM OLIFANT!

HAAI, OOM OLIFANT!

Vanmiddag kom die Grootvoete aan die beurt in my kort, informele reeksie oor ongewone dierefoto's uit my Sabieparkversameling. Op die foto heelbo se een van die ou grotes vir Oom Paul Kruger: "aangename kennis" by die Krugerhek van die Wildtuin. Op die middelste foto...

SOOS ‘N STANDBEELDJIE

SOOS ‘N STANDBEELDJIE

VIr klipspringers bespied Wildtuin-besoekers gewoonlik die rotse op verre koppe intensief met hul verkykers. As jy enetjie raaksien, is dit groot opgewondenheid. Die ou op die foto het ons verras toe ons hom op ‘n Sondagoggend soos ‘n standbeeldjie op ‘n padpredikant...

WAT BRAAI ONS VANAAND?

WAT BRAAI ONS VANAAND?

More uit Melkbos Die vuurtjie het net begin vlamvat, sommer nog vroegmiddag, toe die hiëna op die foto hierbo uit die bos stap en kom inspeksie doen, só al of hy wou vra: “Wat braai ons vanaand?” Dié foto is al ‘n hele paar jaar gelede in Sabiepark geneem, soos mense...

HOMPIE-KEDOMPIE

Middag uit Melkbos As n ewemens van aansien en statuur ‘n nare ding oorkom, is daar maar altyd n lot Filistyne wat meewarig sal opmerk: “Ja, hoe sê hulle nou weer, hoogmoed kom voor die val!” Die idioom wat diesulkes oprakel, het, soos ons almal weet, natuurlik ‘n...

SKONE SOPHIA

SKONE SOPHIA

More uit Melkbos Op my Litnetblog (www.blogs.litnet.co.za/hvandeventer) het ons na aanleiding van my fliekblog nogal lekker gesels oor Sophia Loren - die vrou met "iets wat iets aan 'n man doen," soos een blogger - 'n oud-leraar! - dit uitgedruk het. Iemand anders het...

50 JAAR OP DIE SILWERDOEK

50 JAAR OP DIE SILWERDOEK

Naand uit Melkbos Aan die begin van die “Swinging Sixties” – overgesetsynde die losbreek-dekade ná die stywe-boordjie 50’s– is my persoonlike “losbreek” gekenmerk deur ‘n jaar of drie van intense bioskoop-bedrywigheid. Populêre flieks, soos Psycho, Breakfast at...

HOND SE GEDAGTE

‘n Tradisievaste Vrystater het geglo as jy nie jou kinders familiename gee nie, kan jy hulle gerus maar ook “Petunia of Gat” noem. ‘n Petunia of Gat het ek nooit raakgeloop nie. Met die opwelling van Afrikaner-Nasionalisme rondom herdenkings van die Groot Trek is ‘n...

BYL IN MY BOS – GESELSIE MET SARIE

BYL IN MY BOS – GESELSIE MET SARIE

More uit Melkbos "Byl In My Bos", die jongste boekie uit hierdie oord, is nou vinnig op pad en behoort binnekort van die pers te kom. Phyllis Green van die tydskrif Sarie het my 'n paar vrae gevra wat op Sarie se webwerf, www.Sarie.com, gepubliseer is. Saam met die...

PADKOS-PLESIER

More uit Melkbos ‘n Kostelike stukkie humor in die Bybel is hoe die Israeliete op hul Groot Trek na die “land van melk en heuning” holderstebolder met hul onklaar “padkos” uit die land van die farao vort is. In Eksodus 12 lees ons hulle het in die pad geval met hul...

PAMPOENE … EN PAMPOENE

PAMPOENE … EN PAMPOENE

BREYTEN KOOP 'N PAMPOEN BY 'N BOEREMARK IN NEW YORK Middag uit Melkbos In ‘n bekende kinderliedjie sing Doris Brasch van die “ou pampoen” wat op die ashoop lê saam met ‘n “stukkende skoen” en ‘n paar ander nikswerd-weggooigoed. Toe ek jonk was, is dit plus-minus waar...

“TE HEL MET SPEL!”

“TE HEL MET SPEL!”

More uit Melkbos P.W. Botha en Koedoe Eksteen in gelukkiger dae. Op die foto hierbo is hulle gemoedelik saam op ‘n jagtog in 1987 op die plaas van Pieter Jacobs (links) in die Suid-Vrystaat. Ja, Koedoe, jy kry mense met lang geheues … Nadat my oud-kollega Johan van...

GRENSLOSE OUERLIEFDE

GRENSLOSE OUERLIEFDE

PIET, PETRO EN PIETA THERON BY TOKKIE VAN DEVENTER Die hartsbegeerte om werklik met gevoel oor ander mense se wonderlike moed, geloof, opoffering, en toewyding te skryf, stuit soms teen die onvermoë om die regte woorde te vind. Die resultaat is stamelende hulde, soos...

RUGBY-BALDADIGHEID

RUGBY-BALDADIGHEID

Die Kaapse nooi sing tiengeliengelieng, hoera! Die Kaapse nooi spring tiengeliengelieng, hoera! Die Kaapse nooi skud tiengeliengelieng, hoera! Gister op Nuweland het hulle heeltyd staan en skud, die oulike WP-“vodameisies” in hul knap matroospakkies. Baie energiek en...

(MO-) TATA BOERE SE REGTE!

(MO-) TATA BOERE SE REGTE!

REGTER MOTATA IN DIE BESKULDIGDEBANK “ n Boer gaan my nie verneder nie. Dit was die wit man se land, maar nie meer nie.” Hierdie woorde van die besope regter Nkola Motata spook by my. “Many a true word is spoken in jest,” sê die Engelse. “ Uit die mond van die...

DIE BYLE HUIL IN ONS BOSSE

DIE BYLE HUIL IN ONS BOSSE

BOOMRYKE SABIEPARK Middag uit Melkbos Die doringboompies langs ons paaie word lank nie meer deur sware ossewaens platgetrap soos in Totius se bekende gedig uit die jare 30 nie. Hulle word deur stropers met byle en pangas afgehak. Hulle word in stukke opgesaag vir ‘n...

MOOI EN LELIK

MOOI EN LELIK

More uit Melkbos Die krokodil is maar 'n lelike dierasie, maar sonder hom sou die mooi prentjie van die wit reier met die perfekte weerkaatsing in die gladde waters van Lake Panic, by Skukuza in die Kruger-wildtuin, ook nie so treffend gewees het nie, of hoe? (HvD)

IDIOTE IN HUL BOTE

Middag uit Melkbos Elke jaar as die walvisse Melkbosstrand toe kom, kom ook die idiote in hul bote. In ‘n verskeidenheid raasbek-vaartuigies sak hulle op die arme kolosse van die diepsee toe en sirkel dreunend al hoe nader en nader. Of hulle kom ewe windgat aangerits...

AKKEDIS-PLUS

AKKEDIS-PLUS

More uit Melkbos Nie elke dag se hierjy-akkedis hierdie nie! Ontmoet die waterlikkewaan. Hy is by Lake Panic in die Kruger-wildtuin afgeneem. (HvD)

KUIFKOP, JOU MOOI DING!

KUIFKOP, JOU MOOI DING!

More uit Melkbos My vriend Kobus Bosman, oud-politikus, is 'n kranige fotograaf met 'n rits salonpryse en eerbewyse vir spogfoto's wat hy geneem het. Hy bel vroegoggend van die Krugerhek van die Wildtuin. Hy deel mee hy wil by die voelskuiling Lake Panic gaan tyd...

GEE HULLE CASTER-OLIE!

More uit Melkbos Twee eetlepels caster-olie vir Julius Malema, twee vir Leonard Chuene, twee vir Winnie Mandela – dat hulle op die natuurlike manier van die rassegif in hul lywe ontslae kan raak. Hoe treurig tog dat die soeklig in die jammerlike Semenya-sage nou...

“POING-POING, POING-POING”

More uit Melkbos In die vorige blog is die horlosie teruggedraai tot die lekkersing-skoolliedjie van die 50’s en 60’s oor die Jood se “neus” op die maat van Valencia. ‘ n Tydgenoot, Johan van Wyk, herinner aan die liedjie "Tekkies laat jou voete stink, Brasso laat jou...

DIE JOOD SE NEUS

More uit Melkbos Binne hoorafstand van vier vroue rondom hul sestigs, trek die trant van hul gesprek hierdie ou gryse se aandag. Hulle praat, klink dit, oor hoe onskuldig en onkundig hulle vier dekades gelede was teenoor hul moderne jong sussies van hierdie...

VYFTIENDE TJEK

VYFTIENDE TJEK

Oupa Hennie, Ouma Tokkie, Jacob, Thomas en Christopher by Tarlehoet se naambord. Middag uit Melkbos Vakansieplesier kom mos in drie fases. Dis die uitsien daarna, die direkte belewenis daarvan en dan agterna die herbelewenis wat kom met die uitsortering van jou...

LUIPERDVANGS IN SABIEPARK

LUIPERDVANGS IN SABIEPARK

More uit Melkbos Uit my hope foto’s van die luiperdvangs einde Julie in Sabiepark het ek sommer vinnig tien gekies vir ‘n albumpie op Picasa. Die eerste foto’s is van die fris luiperdmannetjie in ‘n driffie nadat hy die jong vlakvark in n jakkalsebessie in Maroelalaan...

‘N KLIP IN DIE BOS

‘N KLIP IN DIE BOS

PETER MALAN BY DIE HUILBOERBOON MET DIE RAAISELAGTIGE KLIP Middag uit Melkbos Geld groei nie aan bome nie … ook nie klippe nie. In Sabiepark is ‘n klip in ‘n boom wat lyk of dit saam met die boom kon gegroei het. Hoe anders verklaar ‘n mens daardie bielie se...

RILLINGS OOR ‘N GAS

More uit Sabiepark ‘n Geskokte kollega van weleer rapporteer met rillings dat Die Burger Saterdag verskyn het onder die hand van ‘n gasredakteur, die nimlike Antjie Krog. Dié het haar genadiglik kortstondige redakteursoordeel uitgeoefen deur onder meer die spotprent...

KARNAVAL VAN DIE KARNIVORE

KARNAVAL VAN DIE KARNIVORE

More uit Sabiepark ‘n Dawerende gebrul laat my en Tokkie uit die bed in die Honda spring en in Wildevylaan gaan leeus soek. Wel, leeus het ons nie gekry nie, maar ‘n hiëna-spektakel wat sommige Sabieparkers sal laat dink ons skiet spek. “Ses hienas in Sabiepark? Ag....

GEE BOBBEJAAN ‘N VUIL KYK

Middag uit Sabiepark Miskien moet ek uitreik vir die tafelblad voordat ek hierdie woorde neerpen (“Touch wood, sê die Engelse), maar ons beleef aan die bobbejaanfront die rustigste jaar sedert ons kennismaking met Sabiepark in 1998. Geen strooptog op die voorstoep of...

ONS “DRINKEBROERS”

ONS “DRINKEBROERS”

More uit Sabiepark Vier meter van die swembadjie se rand, tien meter van waar ek hier sit en skryf, is ons bosplek Tarlehoet se watergat en langs hom die voëlbad wat deur die vreemde weë van die dieredemokrasie ook amper meer drinkplek as badplek geword het. ‘n Mens...

FEES IN DIE JAKKALSBESSIE

FEES IN DIE JAKKALSBESSIE

Vir wie dit die grootste fees was weet ek nie: vir die luiperd met sy jong vlakvark in die takke van die jakkalsbessie skaars vyf meter van die pad of vir ons groepie Sabieparkers wat in Maroelaan kom en gaan met ons verskeidenheid kameras – van selfoonbuksies tot die...

MY BEURT OM TE SING

MY BEURT OM TE SING

Tokkie teister my weer met haar weergawe van my opgewekte liedjie “die lewe in die bos, dié is so wonderlik…..” In haar variasie op die tema verskil die woorde nie. Sy sing dit egter spottend; wanneer die bos – soos soms onvermydelik is – ‘n mens klippers laat kou....

As jy ‘n vlermuis wil vang….

As jy ‘n vlermuis wil vang….

More uit Sabiepark As jy ooit ‘n leeu wil jag, in die dag of in die nag, gooi sout op sy stertjie en wag …. Oor die geldigheid van die stukkie advies in ‘n ou-ou kinderliedjie laat ek my liewer nie uit nie. My tema is in elk geval nie leeujag nie, maar vlermuisjag....

Luiperd-Koors

More uit Sabiepark Ek berig uit ‘n Sabiepark wat in die greep van ongekende luiperd-koors verkeer. Verlede Vrydag voor die jaarvergadering het ‘n luiperd ‘n bosbokram in ons straat, Wildevylaan, platgetrek, naby die piekniekplek. Daarmee het die geheimsinnige sluiper...

‘N VARK VAN ‘N FIASKO

‘N VARK VAN ‘N FIASKO

More uit Sabiepark VARK VAN ‘N FIASKO Drie vlakvarkies stap doodluiters gister, eergister, wanneer by die deur van Sabiepark se piekniekplek in en kry in gelid koers rivier toe op ‘n dolle vlug na daardie soort vryheid wat die groter ruimtes van die Kruger-wildtuin...

‘N  GEBRUL IN DIE TV-KAMER

‘N GEBRUL IN DIE TV-KAMER

My swaer Fanie van Wyk het ‘n keer na ‘n onvrugbare Wildtuinreis opgemerk al leeu wat hy gesien het, was ‘n uitgesuipte ene langs die pad – bedoelende ‘n Lion Lager-blikkie (ja, daar was in ‘n stadium so ‘n bier). Ons eerste drie weke in Sabiepark is wel nie deur...

OP SARIE – HEILDRONK IN DIE MAANLIG

OP SARIE – HEILDRONK IN DIE MAANLIG

‘‘Maanlig op die Sabie’’ deur Tryna du Toit – dit was een van die liefdesverhale in die eerste Sarie Marais, moeder van die vrouetydskrif Sarie, wat op 6 Julie 1949, sestig jaar gelede, verskyn het. Die liefde bloei in Tryna se storie in die Skukuza-ruskamp van die...

‘N GOUE PIESANG?

‘N GOUE PIESANG?

More uit Sabiepark! As iemand gedink het ek oordryf die rol van die syfer 3 in my lewe, kan ek meedeel dat die eerste besoek van bloukuifloeries hierdie vakansie my storie verder voer. Drie van die manjifieke voëls met hul donkerblou en rooi veredosse het in die...

GOED EN SLEG MAAL DRIE

GOED EN SLEG MAAL DRIE

Vandat ek op 3 Januarie 1941 op Babanango in Zoeloeland die eerste lewenslig aanskou en my eerste driewiel op drie gekry het, speel die syfer 3 nogal ‘n rol in my lewe. Dinge gebeur dikwels in 3’s. Die begin van vanjaar se Sabiepark-vakansie het daardie patroon...

DRAAI VAN 2 000 KILOMETER!

DRAAI VAN 2 000 KILOMETER!

More uit Sabiepark! Klink dit bra onwaarskynlik dat iemand aspris ‘n draai van 2 000 kilometer sal ry? Wel, ek en Tokkie het dit pas gedoen. Ons is van Nelspruit se lughawe Krugerwildtuin toe via Durban. Ons is na agt dae by die Wildtuin se Krokodilbrug in en by...

PAD IS VOL DUWWELTJIES

PAD IS VOL DUWWELTJIES

Die foto van die kroeg wat nie oop is nie omdat hy toe is, is ongelukkig nie sonder relevansie - ten minste op die kort termyn - vir hierdie geselsie uit Melkbos (of Sabiepark) nie. Twee verwikkelinge moet meegedeel word: Die eerste is dat ons jaarlikse hibernasie in...

MAFIA VAN DIE DIERERYK

MAFIA VAN DIE DIERERYK

'n Geween en gekners van tande is opnuut in sekere geledere aan die orde nadat Fluffy, leier van Fernkloofreservaat op Hermanus se hoof-bobbejaantrop, op die tweede verdieping van ‘n spoghuis in die woonbuurt met dieselfde naam doodgeskiet is. Op die foto word die ou...

DANKIE, KUPIDO DIRK

Een middag, vroeërig in 1962, stap die huisvoorsitter van Kollege-tehuis op die Tukkie-proefplaas ewe vernaam in die lang gange van die eerstejaars-vleuel af. Almal moet hul meisies se foto's uithaal en wys. Die kommentaar was nie bedoel om ienk-ego's te streel nie....

JOPPIE-OP-HAAR-KOPPIE

Die seisoen leen hom tot nog ‘n rugbystorie, meen ek. Om nie in dieselfde diep donker gat as Helen Zille te val nie, word geslagsgelykheid in vandag se storie nagestreef. Vergeet ‘n slag die Bulle. Hierdie is die storie van ‘n rugbywedstryd tussen die Fisio’s en die...

VYFTIG JAAR MET BLOU BLOED

VYFTIG JAAR MET BLOU BLOED

Gelukwensings is welkom! So het ek Saterdagaand na die slagting op Loftus aan ‘n klompie vriende ge-SMS. Wie verjaar? het een grapjas laat terugweet. Gisteroggend was die kerk vol, want dit was nagmaal. Ek het daardie vriend nie gesien nie. As ek het, sou ek sweerlik...

‘N OU LYF MET BAIE MYLE OP!

‘N OU LYF MET BAIE MYLE OP!

Kyk, ek voel skoon siek omdat ek so blatant vir ‘n vriend gelieg het oor hoe gesond ek is. Hy bel vanoggend uit die verre noorde na ‘n lang onderbreking in kommunikasie en – hoewel hy ‘n jaar nader aan 70 as die uwe moet wees – klink hy onheilspellend opgeruimd,...

“N LEM TEEN DIE KEEL VAN ‘N KIND”

“Kinderbagasie” het eers na my 60ste jaar in my woordeskat verskyn. Deesdae hoor ek die woord al hoe meer. Veral van die kansel af. In Pinksterweek is in ons gemeente opnuut gewag gemaak van dié “bagasie” wat sommige jong slagoffers tot in hul grootmensjare treiter....

“ONS EIE KEUSE”

“ONS EIE KEUSE”

Ligte klassieke musiek het in my lewe gekom met die periodieke Plate-aande Saterdagaande in die skoolsaal van Potch-Volkies. Dit was nie die gewildste aktiwiteit nie, want die skoolsaal se ligte het dwarsdeur bly brand, en selfs ‘n handjies-vashouery was uit. Van die...

HARTSMUSIEK

Baie dringend benodig – Perry Como se liedjie”I love you and don’t you forget it.” Hierdie klein advertensie in Die Burger het mense dae lank laat wonder. Die storie agter die storie is dat ‘n weduwee daarna op soek was vir haar oorlede man se gedenkdiens. Dit was sy...

“TROOSKOMBERSIES”

Jy is buitengewoon as jy nie, soos amper almal om jou, ‘n “trooskombersie” of meer het nie. Of dit nou ‘n verslete ou baadjie, ‘n knipmes met ‘n stamboom of ‘n geliefde pyp is (manlik); serpies (Hilda van Sewende Laan), ‘n handsak of ‘n stukkie spesiale juweliersware...

TE GOED OM WAAR TE WEES!

TE GOED OM WAAR TE WEES!

Skepties is die mens gebore. Goeie nuus klink soms eenvoudig te goed om waar te wees. As jy weer jou oë uitvee, is dit neusie verby met ‘n kans uit ‘n duisend. Toe die nuus ons afgetredenes van die Probusklub op Melkbos bereik dat ‘n hotel op Hermanus vir ‘n...

IDOLS OF IDLES?

IDOLS OF IDLES?

Van die hele Idols-gedoente weet ek soveel soos die spreekwoordelike kat van saffraan. Van die rampsalige debakel rondom Jason en Natasha kon ek egter nie anders as om kennis te neem nie. Meen, die media was op hol asof die 2010-sokker van ons weggeraap is of iets....

BYL IN MY BOS

BYL IN MY BOS

‘n Bekende het my een keer nogal kortgevat toe ek hom uit verbeelde hoflikheid meedeel dat iets oor hom in ‘n aanstaande boekie uit my pen sou verskyn. “Wat wil jy hê moet ek doen?” wou hy iesegrimmig weet. “Moet ek uithardloop en jou boek gaan koop?” Ek wys graag...

BELYDENIS VAN ‘ N MESDIEF

BELYDENIS VAN ‘ N MESDIEF

Almal wat al ‘n geliefde knipmes in ‘n boks by die laaste kontrolepunt op ‘n lughawe of elders aan “sekuriteit” moes prysgee, ken die skerp pyn van verlies. Ek ken iemand wat op die lughawe net daar omgespring het om ‘n koevert te gaan koop en haar Leatherman – ‘n...

NESSUN DORMA X 3

As ek my verbeelding oortyd laat werk. kan ek sekere scenario’s optower waarin middernagtelike besoeke welkom, en selfs opwindend, kan wees. Meesal beteken dit slegte nuus – veral namate ‘n mens ouer word en die potensiaal vir speelse verrassings verklein. Hier by...

SPAAR R30 – AS ONS HET!

SPAAR R30 – AS ONS HET!

As jy in die donker knipoog, weet net jy wat jy doen. Hierdie advies word gewoonlik aan die adres gerig van mense wat traag (te suinig) is om te adverteer. My probleem is vandag ietwat anders: dit lê by die blikskottels wat wel adverteer, maar dan nie kan lewer nie....

ABEL VANG TOE SKRIK!

ABEL VANG TOE SKRIK!

Voor Christo, die man in die saal, was daar Abel, Gert, Daniël, Pieter, Dumisa, Klaas en nog ‘n boel ander. Moenie skrik nie, dis maar net ‘n lysie van Tokkie se verwers in aansluiting by die vorige blog “Engel met die verfkwas”. Een het uit lojaliteit die bure se...

ENGEL MET DIE VERFKWAS

ENGEL MET DIE VERFKWAS

As dit gereent het in die Vrystaat en die boere trek hul John Deeres uit die store, het my kollega Johan van Wyk in Stop van Myne (sy rubriek in Die Volksblad) altyd wrang kommentaar gelewer: “Die blerrie fools ploeg al weer.” My Tokkievrou verf al weer. ‘n “Blerrie...

‘N KOEK WAT DIE KOEK VAT!

‘N KOEK WAT DIE KOEK VAT!

Gesondheid! So kon jy iemand toeroep wat Saterdag 22 jaar gelede by die vyfde verjaardag van Die Volksblad se Kunsmark in Bloemfontein ‘n stukkie vrugtekoek in die mond sit. In daardie koek was 15 bottels brandewyn (geen tikfout nie)! As die brandewyn-volume ietwat...

RAAKVAT, HELEN!

RAAKVAT, HELEN!

Ons is vol moed hier in die suide dat onse kontrei (in die konteks van Suid-Afrikaanse werklikhede natuurlik) oorgehaal is om vornetoe verreweg dié modelprovinsie in die land te word. Daardie status gaan egter nie uit die lug val net omdat die D.A. regeer nie. Raakvat...

‘N BYLTJIESLYPER ONTMASKER

‘N BYLTJIESLYPER ONTMASKER

Ek wil vir Chris Louw (die nimlike hy van die Boetman-brief) ‘n pluimpie gee. Ter wille van die “historiese perspektief” moet ek eers meld dat ons nie juis lief is vir mekaar nie. Ek meen hy sal dit verwelkom as ek dit hier konstateer. Rede vir die disharmonie is...

ZO ZIJN DE HELDEN GEVALLEN!

ZO ZIJN DE HELDEN GEVALLEN!

Noem dit wetsgehoorsaamheid. Noem dit ‘n kniebuiging voor intimidasie en viktimisering. Noem dit wat jy wil. Feit is my Honda CR-V het, na 18 maande se senutergende konfrontasies met die gereg, nou nuwe, kleiner nommerplate. Die sage het begin toe ek in November 2007...

+ MORNAY DU PLESSIS – JUWEELMENS

+ MORNAY DU PLESSIS – JUWEELMENS

Die eerste sterfgeval van ‘n klasmaat wat teenwoordig was by ons klas van ’57 se “goue bruilof” in September 2007 was dié van Mornay du Plessis – na ‘n motorongeluk. Die nuus van sy treurige dood het werklik soos 'n skokgolf deur die klas getrek, want hy was 'n...

VLIEG, KRAANVOëL, VLIEG!

VLIEG, KRAANVOëL, VLIEG!

Hoekom? Hoekom? Hoekom? Oupas en oumas moet bontstaan om al die raaisels op hul ontdekkingsreis van grootword vir die kleingoed te verklaar. Oupa en Ouma Hennie en Tokkie – veral Ouma Tokkie – word weens hul vermeende status as ”kenners van die bos” meer as normaalweg...

OUMA SE ROOI NAGROK

OUMA SE ROOI NAGROK

Almal wat weet hoe geweldig lief my Tokkievrou vir rooi is, sal begryp hoe dit gekom het dat Ouma Marietjie in haar middel negentigs vir Kersfees ‘n helder rooi nagrok present gekry het – waarskynlik haar eerste. Vanselfsprekend het die rooi nagrok nie ongesiens...

MELKBOS KRY ‘N POSKANTOOR

MELKBOS KRY ‘N POSKANTOOR

In die netjiese gebou op die foto, een van Melkbos se nuweres, was aanvanklik ‘n oulike koffieplekkie (wat gevou het) en ‘n videowinkel (wat nie veel langer as sy buurman gehou het nie). Nou huisves die gebou met die groot glasruite soos ‘n KFC-winkel ‘n...

OM LEKKER TE SLAAP!

Een storie lei tot ‘n ander. Die geselsie oor medisyne in die inskrywing hieronder het twee lekker pillestories gegenereer. Nommer een is oor ‘n ouma wat haar dokter oorleef. Die nuwe baas van die praktyk vra dat sy vir hom ‘n lys bring van al die medisyne wat sy...

VAT DAAI MEDISYNE!

VAT DAAI MEDISYNE!

‘n Medisynegrappie wat, vermoed ek, so oud is dat ek dit in een van my Tukkiejoolblaaie (1958 – 19620) sal vind as ek net hard soek, vertel van die ou wat met ‘n slepende kwaal dokter toe is. Die dokter diagnoseer en skryf medisyne voor. Die dankbare pasiënt betaal...

HULLE WILLIE WENNIE!

HULLE WILLIE WENNIE!

Dis nou amptelik hier van onder Tafelberg: die Stormers willie wennie. Kanse was daar wel om vandag se Super14-stryd teen die Brumbies in Canberra te wen, maar die een na die ander is weggesmyt. Pap in die hande, jeukvoete, lusteloosheid, en skrikkerigheid vir seerkry...

KABOEM – DAAR LÊ DIE DUIKER!

KABOEM – DAAR LÊ DIE DUIKER!

Om ‘n bok te skiet, is om ‘n leuen te vertel, aldus JL van Schaik se uiters nuttige Afrikaanse Spreekwoorde en Uitdrukkings. ‘n Leuen? Dis darem ‘n baie harde en brutale uitspraak, meen ek – ook na aanleiding van die duikertjie wat in my eie bokkie-bloggie hieronder...

VREUGDEJARE NA 90

VREUGDEJARE NA 90

Mense - ek ook - raak maklik stellings kwyt soos dat hulle asseblief tog nie te oud wil word nie. Wel, Ouma Marietjie van Wyk (eggenote Tokkie se ma) was op 7 April 2004 90 jaar oud. Toe was sy nog nie 'n oumagrootjie nie. Op Dinsdag 7 April 2009 was sy 95. Sy is in...

DUIKERS EN IMPALAS

DUIKERS EN IMPALAS

Hoe verduidelik 'n mens as jy duikers en impalas so deurmekaarklits asof dit een soort bok is, soos die uwe in sy vorige blog? Die ergste van alles: niks en niemand kan blameer word nie buiten die gebrek aan konsentrasie en oorhaastigheid aan my eie kant. Mea culpa,...

RIDDERORDE VAN DIE IMPALA!

RIDDERORDE VAN DIE IMPALA!

‘n Luislang-lummel het verlede week naby Cullinan n impala gevang en selfs die koerant gehaal oor sy kortdaatstuk. Nou misgun ek die ou grote nie sy ete of sy publisiteit nie, maar in Sabiepark het ons al geleer dat luislange nogal lief is vir impalavleis. Geen...

KEN JOU KAARTE!

KEN JOU KAARTE!

Die kredietkaart – seën of vloek? Ek weet nie of skole nog debatsaande hou nie, (te “boring”?) maar bogenoemde sou ‘n gawe debatsonderwerp kon wees. Stapels argumente ten gunste albei standpunte is beskikbaar en met die internet net ‘n klik ver, hoef jy nie ver te...

MARKO EN LUCAS EN CLARA

MARKO EN LUCAS EN CLARA

Die Engelse wat, te oordeel na hul letterkunde, baie van die liefde weet, het ‘n gesegde dat “all’s fair in love and war”. Of daardie “alles” sulke agterbaksheid insluit soos ons nou in ons eie “trots Suid-Afrikaans” sepie Sewende Laan beleef, het ek egter bedenkinge...

PURE LEM-PLESIER!

PURE LEM-PLESIER!

Basies is die beste. So ek glo aan menige front, en baie bepaald as dit by skeer kom. In 1956 het ek met ‘n heel basiese Minoralemmetjie – hulle was in sulke geel pakkies – die eerste donsbaardjies van my ken gekrap. Die seep is per kwas aangewend. Een oggend het ek...

“BALOONS, BALOONS BY ‘N TOETS!”

“BALOONS, BALOONS BY ‘N TOETS!”

Die sirkus langs die veld by gisteraand se Twintig20-krieketwedstryd op die Wanderers was waarskynlik nie erger as die stuitighede wat maar altyd by sulke okkasies opgedis word nie. Dalk was dié ou grysaard maar net buitengewoon broos en weerloos na ‘n hewige...

“LIEFDESKINDERS” EN SEEKOEIE

“LIEFDESKINDERS” EN SEEKOEIE

Nou het die sanger Theuns Jordaan ook ‘n “liefdeskind” verwek. By ‘n bloedjong loskop-dollatjie van Namibië wat ‘n flirtasie in ‘n biertent by ‘n kunstefees woeps laat oorgaan het tot ‘n seksuele avontuurtjie met ‘n jagter op soek na prooi. Die blonde poppietjie is...

VERKEER VOOR ONS HUIS

VERKEER VOOR ONS HUIS

Seiljagte sien ons soms in die verte op die Atlantiese Oseaan dobber, maar normaalweg is seiljagverkeer by ons Melkbos-huis verby aansienlik skaarser as byvoorbeeld sebraverkeer voor ons boshuis op Sabiepark. Hierdie foto's is Vrydag van ons huis in Penguin Place af...

KYKIE IN ANDER SE OU KIEKIES

KYKIE IN ANDER SE OU KIEKIES

Ander mense se foto’s kan nogal pynlik raak as hulle jou die slag beetkry en vriendelik verplig om te kyk, kyk en nogmaals te kyk totdat jou gô uit is. Veral uit die gloriedae van die skyfie – deur sekere taalbewustes ‘n skuifie genoem, omdat jy die skyfie moes in- en...

BLAAI, BLAAI DEUR BUFFELSBAAI

BLAAI, BLAAI DEUR BUFFELSBAAI

Op die saamgestelde foto hierbo word aangesit vir aandete op Kammarus se asemrowende dek op Buffelsbaai. Die branders rol as' t ware onder jou voete in! Meer foto's van die Van Deventers se nostalgiese herbesoek aan 'n geliefde ou kuierplek hier van 1971 af tot 1995...

BOEMELAARS EN BROOD OP DIE WATER

BOEMELAARS EN BROOD OP DIE WATER

Boemelaar-stories gryp mense dikwels aan, waarskynlik weens die wete: was dit nie vir die genade van die Vader nie, kon dit ek gewees het daardie – “for the grace of God there goes I.” In matriek in 1957 het ek trouens tot die jaarblad ‘n stuk bygedra oor ‘n...

BUFFELSBAAI, JY IS NOG JY!

BUFFELSBAAI, JY IS NOG JY!

Die dierbare Buffelsbaai is nog dieselfde plek as die een wat die Van Deventers in jare her liefgekry het. Hy is ook anders. Van Vrydag tot Dinsdag was ons hele gesin – nou versprei oor drie geslagte – in dié bekoorlike Lilliput aan die Suid-Kaapse kus saamgetrek...

‘HEMEL’, HIER KOM ONS!

‘HEMEL’, HIER KOM ONS!

Vrydagmiddag aanstaande val die Van Deventers Buffelsbaai binne – die skilderagtigste, heerlikste strandoord wat ek ken, die geliefde plekkie naby Knysna waar ons van 1971 af tot in die 90’s seker 25 keer vakansie gehou het. Elk keer is die gees en liggaam verkwik....

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Die kroeg is nie oop nie omdat hy toe is. Dieselfde geld HvD se Blog vir die volgende week of wat. Hiermee word die vensters en deure gegrendel en die luike laat sak terwyl die familie Van Deventer - die hele boksemdaais - in Kammarus op Buffelsbaai gaan kuier,speel,...

Watwou, ‘n AREND – DIS ‘N wou!

Watwou, ‘n AREND – DIS ‘N wou!

Die leerkurwe duur voort. Gister moes ek bely ek het ‘n lalreier vir ‘n wouadpie aangesien. Vandag se korreksie geld ‘n swartwou (Engels: yellowbilled kite) wat ek ‘n ruk gelede hier as ‘n bruinslangarend uitgeken het. Ekskuus vir die wals. Maar dit gee my darem kans...

‘N SAALBEK, GEDORIEWAAR!

‘N SAALBEK, GEDORIEWAAR!

Terwyl dit op HvD se blog die seisoen vir gevleueldes is, hier is ene wat ek reggekry het na die kleitrappery met die lalreier en die swartwou. Ja, dis 'n saalbekooievaar wat hier luiters in die teerpad afstap. Met die sierlike saalbek kan niemand egter eintlik 'n...

Dis ‘n lalreier, jou (woud-)apIE!

Dis ‘n lalreier, jou (woud-)apIE!

Voëlkyk is nie vir sissies nie. Dit verg konsentrasie en vinnige koördinasie om die verkyker te gryp, die onderwerp van kop tot toon te bestudeer en deur ‘n proses van eliminasie blitsig by ‘n diagnostiese bevinding uit te kom. As jy boonop aan ‘n kleurswakte ly soos...

Schabir “in staatsie”

Schabir “in staatsie”

Die tonele op TV waar Schabir Shaik gimlaggend en skynbaar perdfris die “dood tegemoet stap”, herinner aan Mark Twain se beskrywing van sy premature doodsberig as ‘n “oordrywing”. Wat ons hier beleef t.o.v, mnr. Shaik se “teminale fase” is op die oog af dan – a la...

Op Sarie Se Werf

Op Sarie Se Werf

Sarie (die tydskrif) betaal my niks vir die reklameflits nie – glo my dus dat jy ver op die web sal moet loop soek om ‘n werf raak te loop wat in voorkoms en sprankel by www.sarie.com kers vashou. ‘n Strofe uit die “Sanger van Suikerbosrand”, A.G..Visser, se...

‘Hupse ouma’ se voet!

‘Hupse ouma’ se voet!

Sonder die meisies se toestemming sal ek nie hul name en telefoonnomers op die web uitblaker nie, want ‘n mens weet nooit watter ongure tipes besoek dalk jou webwerf met onheilige motiewe nie. Met absoluut geen moeite of inspanning nie sal ek egter in my onmiddellike...

DIAGNOSE VAN ‘N DORING IN DIE VLEES

Oor Paulus se “doring in die vlees” (2 Kor. 12:7) is rakke vol teologiese boeke geproduseer. Bespiegelings dek ‘n veld so wyd soos die Heer se genade. Party ontleders verklaar met groot stelligheid iets fisiek het met hom geskort, soos dat hy dalk gehakkel het of...

LESSE UIT ‘N LUGDRAMA

LESSE UIT ‘N LUGDRAMA

Iets wat my diep getref het in my jongste sarsie e-posse is die verhaal van Vlug 1549 - die Airbus 320 wat in ‘n swerm Kanadese ganse vasgevlieg het en toe wonderbaarlik deur die 58-jarige kaptein, Chesley Burnett Sullenberger III, by Manhattan, New York, in die...

‘BRILLE EN PILLE’ TOT ‘KROM EN DOM’

‘BRILLE EN PILLE’ TOT ‘KROM EN DOM’

Die bekende stadium van “brille en pille” breek vir sekere seniors aan wanneer hulle, by wyse van spreke, nog in die kinderskoene van hul bejaardheid verkeer. Ek verkies om nie te probeer onthou hoeveel jaar gelede ek al die volgende versie uit pynlike persoonlike...

RAPPORT, JOOST EN DIE VIDEO

By die Bybelstudie het ons gisteraand gepraat oor ‘n onderwerp wat na 10 dae op die lippe bly: die sogenaamde Joost-seksvideo. Die aanknopingspunt was die Bergpredikasie in Matttheus 5: “Geseënd is dié wat treur ...” Die leraar wou weet of “treur” in die openbare...

ASSEBLIEF EN DANKIE

ASSEBLIEF EN DANKIE

As hulle in Frankryk reis, byvoorbeeld, is hulle voor in die koor met hul “silvous plaiz” ’s en “merci” ’s. In Suid-Afrika kan hulle om die dood nie “asseblief” of “dankie” deur hul lippe pers nie. In die briewekolom van vanoggend se Die Burger word daardie lotjie...

DIE LEKKERSTE WERKPLEK

DIE LEKKERSTE WERKPLEK

Gesoek: Suid-Afrika se lekkerste werkplek. As so ‘n ambisieuse soektog wel geloods sou word – stel ek ‘n aanspraakmaker voor wat ander mededingers harde bene sou laat kou. Mense wat Sabiepark se piekniekplek ken, sal seker nie verbaas wees nie dat daardie seer...

TOT SIENS BY DIE BRAAI, OU FICKIE!

TOT SIENS BY DIE BRAAI, OU FICKIE!

Dat ek nooit weer saam met Fickie Visagie om ‘n vleisbraaivuurtjie in Sabiepark sal sit nie, is ‘n vreemde, amper onwerklike wete. Goed, Fickie was al 83 toe ‘n aggressiewe leukemie hom beetgekry het, maar in my oë was dié goeie vriend onverwoesbaar soos ‘n ou...

SKELM KYKIES BY DIE WASBAK

SKELM KYKIES BY DIE WASBAK

In Carl Niehaus se matriekjaar in 1977 het sy ma ‘n nuwe huisbediende , Mary, in diens geneem. Niehaus beskryf haar as jonk, lank en skraal "met vlytige hande en ‘n bree, vriendelike glimlag" (Om te veg vir hoop, Human & Rousseau, bladsy 41). Een middag, terwyl sy...

CARL GROOTLIEG – VIR OULAAS

CARL GROOTLIEG – VIR OULAAS

'n spitsvondige vriend wat in sy lewe 'n menige trefferopskrifte vir Huisgenoot en Volksblad geskryf het, Ollie Olwagen. Die "gedokterde" omslag kom van Hildegard Martin van Melkbos se behendige rekenaar, op HvD se diaboliese versoek. 'n Mens voel om die vuisvose...

WINTER-WAATLEMOENFEES!

Op Sowetodag, 16 Junie 1976, was Carl Niehaus se skool aan die Wes-Rand oorgehaal vir ‘n hengske waatlemoenfees. “ Die rye, groen ovaalvrugte is in die skadu agter die hoofgebou onder sproeiers nat en koel gehou.” So lees ek in die kloeke Niehaus se boek van...

HONDE MET HARTE VIR HONDE

HONDE MET HARTE VIR HONDE

Die land is in 1988 aangegryp deur ‘n driejarige steekhaarbrakkie, Josef, se wanhopige pogings om die bebloede liggaampie van sy lewenslange maatjie, Lucky, in Bellville uit die pad te sleep. Die verkeer in ‘n besige straat in Brackenfell het honderde meter ver...

‘N SWAELTJIE SE SMART

‘N SWAELTJIE SE SMART

Twee swaeltjies dartel-duik sorgvry oor 'n pad. Enetjie, die wyfie, se tydsberekening laat haar in die steek. 'n Motor snel op haar af. Sy probeer wegswenk, maar te laat - sy word getref en syg op die teer neer, 'n patetjiese bondel wit, blou en bruin veertjies. Die...

SWAELTJIE-FOTO’S

SWAELTJIE-FOTO’S

Hierbo pryk 'n nie-professionele (eintlik maar taamlik amateuragtige!) eie montasie van die ses swaeltjiefoto's waaroor in Amerika, Europa en elders emmers vol trane gestort is - sien die blog hieronder: " 'n Swaeltjie se smart." Die volgorde is links bo, regs bo,...

O VIR ‘N VISUM NA LONDEN!

O VIR ‘N VISUM NA LONDEN!

Visum-skok, basuin koerante die slegte nuus uit. ‘n Skok is dit absoluut en inderdaad om nou R1 000 bloedgeld op te dok vir ‘n visum vir Engeland. Die een of ander lomperd het hier sleg gegly, en dis om van briesend te word dat ons so gestraf word vir sulke lamsakkige...

VRIENDE VIR EWIG VIR EWIG VEREWIG

VRIENDE VIR EWIG VIR EWIG VEREWIG

In ‘n Suid-Afrikaanse galery van beroemde honde sou Jock of the Bushveld ‘n ereplek beklee. Dié onverskrokke baster-staffie (kleinste van ‘n werpsel wat in 1885 in die Laeveld geteel is) was by uitstek 'n jaghond. Dapper en meedoënloos. Hy het vir niks teruggedeins...

BY DIE DOOD VAN ‘N OLIFANT

BY DIE DOOD VAN ‘N OLIFANT

In die Krugerwildtuin het mans, vroue en kinders “getjank dat die water rol” oor die dood van die olifantbul Alexander – een van die wildtuin se grootste ivoordraers. Eintlik het die trane emmers vol gerol oor die ontroerende afskeid van ‘n vriend wat agtergelaat is....

MURPHY KLIM SAAM OP DIE KANSEL!

Murphy Se Wet bepaal dat alles wat kan verkeerd loop, verkeerd SAL loop. Dié gesegde is so van 1952 se kant as Murphy Se Wet bekend, maar sy wortels lê veel dieper in die verre geskiedenis. Rondom 1870 reeds het die volgende versie in ‘n Amerikaanse koerant in die...

TJIPS, HIER KOM OUPA SE AS!

TJIPS, HIER KOM OUPA SE AS!

Alle as is nie verbrande hout nie. Een soort word by krematoriums gegenereer en word, op versoek, gewoonlik by ‘n gunstelingplek van die oorspronklike besitter van die verbrande materiaal gestrooi. Langs die kus, op ‘n berg, in die bos, in die woestyn, op ver paaie –...

‘N PASIeNT SE PYN

‘N PASIeNT SE PYN

In die dokter se wagkamer sit ‘n mens gewoonlik maar op naalde en spelde, nie wetende wat jou gaan tref nie. Dis seker die spanning in die lug wat mede-pasiënte soms so koddig laat optree. Die ergste beproewing is die spesie wat blykbaar hul spanning verwerk deur...

KLINK ‘N GLASIE, OOM JAN, OP 350 JAAR!

KLINK ‘N GLASIE, OOM JAN, OP 350 JAAR!

Oor wyn moet jy versigtig skryf. Skryf jy te entoesiasties, kan wantrouiges maklik dink: “Aha, hier’s ‘n slang in die gras.” Skryf jy te neutraal (of veroordelend!), ontstaan die vermoede dalk jy’s ‘n opperste skynheilige. Skryf jy of jy alles weet, kan dit ‘n...

SEWENTIG SAKKE SEËN!

SEWENTIG SAKKE SEËN!

Die kalwers van 1939 loop raak vanjaar 70. Niks buitengewoon daaraan nie, buiten dat daardie kalwers hope van my matriekmaats op Potch-Volkies en mede-eerstejaars in Kollegetehuis, Tukkies, insluit. As een verjaar, kan jy maar vra: “Jy’s nie dalk vandag 70 nie?” Die...

MARKO, DIEDERIK EN SAN-MARI

MARKO, DIEDERIK EN SAN-MARI

Die “ewige driehoek” is ‘n tema so oud soos die berge in romantiese fiksie – jy tref dit aan in boeke, verhale in tydskrifte, rolprente (veral romantiese komedies), TV-stories (die sogenaamde “soap operas” of sepies) werklike operas en operettes, trefferliedjies deur...

GESKENK AAN OU MENSE

GESKENK AAN OU MENSE

Soos elke oupa van wie ek weet (om van oumas nie te praat nie!) is hierdie ene behep met sy kleinkinders. Ek probeer dit net verbloem, want ek weet hoe irriterend dit kan raak. Daarom sal ek darem nie, soos die oupa in die grappie, met ‘n pakkie foto’s in my binnesak...

MELKTANDE EN DIE ‘WISSELKOERS’

MELKTANDE EN DIE ‘WISSELKOERS’

Elke melktandjie wat gewissel word , kom slaaptyd onder die kopkussing of in 'n glas water langs die bed. In die nag sluip die tandemuis (of tandefeetjie) stilletjies in en ruil die tand vir 'n muntjie, lekkerny of ander presentjie. Die tradisie is omtrent oral op ons...

HIER KIEP-KIEP, DAAR KIEP-KIEP

HIER KIEP-KIEP, DAAR KIEP-KIEP

Dit is nogal ‘n aardige ontdekking dat die name Hennie en Tokkie in die liewe Nederland as “leuke namen voor kippen” geag word. Dit is immers die twee bekendste name in hierdie Van Deventers se nameregister. “Hennie” behoort aan my; “Tokkie” is hoe my gade vir 42 jaar...

OU LIEFDE WAT ROES

OU LIEFDE WAT ROES

Die fluweelstem van die Spaanse hartebreker Julio Iglesias het vir vele treffers gesorg – min mooier en geliefder as sy To all the girls I loved before. Ek onthou van hierdie liedjie veral ‘n seepgadde duet met Willie Nelson in Engels en Spaans: To all the girls I...

‘N OU BOEK BRING VREUGDE

‘N OU BOEK BRING VREUGDE

Wat maak dat ‘n mens ‘n ou boek na jare weer optel, daarin blaai, begin lees en dan end-uit opnuut geboei word? Wens ek weet. In matriek, in 1957, was een van my voorgeskrewe werke daardie Paul Gallico-meesterstuk The Snow Goose. ‘n Eksemplaar daarvan staan in ‘n...

DOK KRY ‘N KISHOU!

DOK KRY ‘N KISHOU!

Dit is nogal verrassend hoe een enkele woord ‘n gesprek, of ‘n grapsessie, of veral die onthou-jy-nogs van ou vriende se afstof van gedeelde herinneringe in ‘n onverwagte koers kan stuur. Een sleutelwoord is al wat nodig is om ‘n hele negosiekis assosiasies oop te...

HOOR JY DIE KLOKKE?

HOOR JY DIE KLOKKE?

Sondaars kom, sondaar kom, Roep die klokke om en om …. Ek wonder hoeveel keer het hierdie woorde van die digter Totius al spontaan in die gedagte gekom wanneer kerkklokke lui. In ander tale is waarskynlik ewe bekende frases wat met beierende kerkklokke geässosieer...

EEN REUSE-KRAAMSAAL

EEN REUSE-KRAAMSAAL

Van vroeg November af vir ‘n maand of word die ganse Kruger-wildtuin ‘n reuse-kraamsaal. Hoeveel klein rooibokkies van hier onder by Berg-en-Dal tot bo by Pafuri gebore word, kan ‘n mens net raai. My raaiskoot sou wees: 20 000, 30 000. Dalk tas ek mis – dit kan selfs...

VIR ‘N WARE BOSVAKANSIE

VIR ‘N WARE BOSVAKANSIE

HvD se Blog is nie 'n advertensiebiljet nie. Allermins. Hier gesels ons sommer net oor dit, dat en die ander. In die omstandighede het ek tog geoordeel dat dit nie verkeerd sou wees om bogenoemde hier op te sit nie. Wat is die omstandighede? In kort maar net dit dat...

MAMMA, WAAR KOM BABAS VANDAAN?

MAMMA, WAAR KOM BABAS VANDAAN?

Ooievaars bring babas. Met die stukkie mitologiese onsin het die meeste van ons grootgeword. Eers later het ons ontdek ander faktore speel ‘n deurslaggewende rol om ‘n nuwe bondeltjie in sy bababedjie te besorg. Soos in die geval van Kersvader (of Vader Krismis, soos...

‘N AREND VAN ANDERSTER VERE

‘N AREND VAN ANDERSTER VERE

Luislangarend? Sê net weer! Nee, natuurlik sal jy hom nie in ‘n Roberts- of Newmansvoëlgids of enige ander voëlgids kry nie vir die eenvoudige rede dat so ‘n arend nie bestaan nie. Tog het ek oor ene geskryf. Doodernstig. In enkele blogge terug rapporteer ek oor ene...

PAS OP VIR TE MAK RAAK!

PAS OP VIR TE MAK RAAK!

Oor die gevare van kaalvoet loop in die wildernis het ek my iewers – in my bosboek Buurman van die Wildtuin, meen ek – ewe slimjan uitgespreek. Teen my eie verstandige advies in braai ek egter hierdie vakansie in Sabiepark een aand ‘n vleisie met (in polisieterme)...

WOUDAPIE – SO BY MY KOOL!

WOUDAPIE – SO BY MY KOOL!

"Woudapie se voet, man, dit was seker maar 'n groenrugreiertjie of iets." Vir die skeptiese vriend wat hierdie onvriendelike kommentaar staan en lewer het op nou anderdag se blog oor waarnemings by Lake Panic naby Skukuza, het ek belowe hy gaan sy woorde saam met sy...

Vies, verydel, verlee …

Vies, verydel, verlee …

Hier is hy in sy boom - die kalant wat in Sabiepark soveel beroering veroorsaak het deur sy prooi by 'n huis se stoepstrappies op te sleep. Die volledige storie is in die blog hieronder. Die foto is verskaf deur Cheryl Sterk van Sabiepark. (HvD)

KERSVADER MET KOLLE

‘n Yslike luiperdmannetjie wat ‘n rooibokram tot op jou stoep sleep vir ‘n vroeë ontbyt ‘n meter van jou voordeur is nie juis die klas verrassing waarop ‘n Christenmens voorbereid is as jy om 05:30 vreemde geluide op die stoep hoor nie. Trouens, in hul onderskeie...

DIEREPLESIERE

Die eerste dag van 2009 het hier aangebreek met ‘n troppie rooibokkies wat rustig voor ons kamervenster wei; die ge-zoem van ‘n swerm bye in die haak-en-steek by die hoek van die swembad wat amper oornag oortrek geraak het met fyn, wit blommetjies; ‘n piet-my-vrou wat...

BEKERS LOOP OOR – LETTERLIK!

BEKERS LOOP OOR – LETTERLIK!

Dit is die radio-omroep van Sabiepark. Hier volg die weerverslag van die veertien dae sedert 15 Desember ... Klink na doodgewone roetine-inligting wat gaan volg. Moenie glo nie, dis ‘n eksklusiewe stuk hierdie, spesiaal saamgestel vir my Kaape vriende wat botweg bly...

VREUGDES VAN KERSFEES IN DIE BOS

VREUGDES VAN KERSFEES IN DIE BOS

Die toppunt van ‘n bos-Kersgeskenk? Tot Woensdag 24 Desember omstreeks 15:00 was vir my loshande die onoortreflikste denkbare geskenk die rooibok-rammetjie wat ‘n meneer van ‘n luiperd-mannetjie die vorige dag op die voorstoep van mede-Sabieparker Ettienne Liversage...

ONGEMANIERDE DIERE

ONGEMANIERDE DIERE

Dit was nie Saterdag regtig baie warm in die Bosveld nie. Net warm. So 33 grade. Warm genoeg darem vir die ape om te gaan swem. “Gaan swem” is nie heeltemal korrek uit die hoek van die Van D’s nie. “Kom swem” is korrekter. Toe ons die oggend Skukuza toe ry vir ‘n...

BOS, HIER KOM ONS!

BOS, HIER KOM ONS!

Sing saam met my op die wysie van Stadig, stadig oor die klippertjies: Die lewe in die bos Die is so wonderlik, Jy drink jou koffie uit 'n ou jemblik, Jy pak jou vuurtjie net met hardekool En jy kyk in jou Voelboekie Wat is watter voel ..... Ja, Sabiepark die roep ons...

‘KLAP MY ORE MAAR WARM’

‘KLAP MY ORE MAAR WARM’

Verfrissende boodskappie gekry van die nooi wat verantwoordelik was vir die Honda se "luikrug" wat in die advertensie in Die Burger "luikrag" geword het. "Klap maar my ore warm," se sy - "ek kan dit vat." Dankie, Terisa, vir jou boodskap. Ek hou daarvan dat jy so...

TRAAGHEID OP WIELE

Vandag weet ek nie mooi of ek moet lag en of ek moet huil nie. Oor die Honda-advertensie hierbo. Ek kry dit op die agterblad van Die Burger. Beoordeel my storie asseblief in die volgende konteks: (i) Ekself is ‘n Honda-ryer. Vra my oor die kar se verdienste en jy...

KOEVERTE VAN BE-TEKEN-IS

KOEVERTE VAN BE-TEKEN-IS

Was dit Piet Koornhof, altyd reg met ‘n grappie ten koste van homself, wat vertel het dat ‘n seuntjie hom eendag gevra het vir 12 handtekeninge. In sy skik, wou Dr. Piet toe weet: ”Hoekom twaalf?” “Omdat ek twaalf van Oom s’n kan verruil vir een van Mannetjies Roux!”...

TEKEN NET GOU HIER, TOE!

TEKEN NET GOU HIER, TOE!

Oor handtekeninge en die waarde daarvan wonder ek al dae lank nadat my oog geval het op ‘n berigge in die koerant oor die een of ander getekende rugbyprogram wat vir ‘n frisserige bedraggie in Engeland opgeveil is. Ek wonder onder meer waar sou die stokperdie...

WIE GRYP, KRY ‘N HAND VOL

WIE GRYP, KRY ‘N HAND VOL

As ek reg onthou is dit in Danie Craven se "Ek speel vir Suid-Afrika" waarin die storie opgeteken is van die onthaal vir die Springbokke van 1931 in die burgemeester van Londen se deftige kamers. 'n Kelner met 'n wit baadjie en strikdas loop rond met 'n tros druiwe op...

KOS-KENADES

KOS-KENADES

Ons leef in ‘n seisoen met vele tradisies. Een lekker feestyd-tradisie is uiteet. Gesinne draf in strepe op op vir Desember-“bederfies”. Restaurante bars uit hul nate. Kombuise kook letterlik. Kelners draf behoorlik met boordensvol borde (plus ‘n wittetjie of ‘n...

PRAAT-PRAAT IN ‘TOMEITO’-STRAAT

PRAAT-PRAAT IN ‘TOMEITO’-STRAAT

Praat-praat land jy maklik in Tamatiestraat - of is dit nou 'Tomeito'-straat? Ja-nee, die slaggate in kommunikasie met vreemdes is velerlei. Party praat in vreemde tale. Ander praat (in naam) 'n bekende taal, maar verfomfaai dit so met hul aardige aksente dat 'n...

ALLESANDRO DOMENICO STEFANO

ALLESANDRO DOMENICO STEFANO

Ek was gister by ‘n doop-seremonie van ‘n seuntjie met die gewigtige name Allesandro Domenico Stefano Broccehetto. Die Stefano kom van die Stephanus van my swaer Fanie van Wyk, trotse oupa van die knaap. Stephanus (Fanie) het Stefano in sy familiedooprok wat al...

SOP MET SKOP EN SOSATIE AU NATURAL

SOP MET SKOP EN SOSATIE AU NATURAL

Kom ons gesels verder oor koddige kos na aanleiding van die stukkie oor die “afskeepkos” (be-roerde eier?) in Spanje toe die bul die keer die stiergeveg gewen het (blog hieronder). Vir my spel “koddige kos” die Ooste, reg of verkeerd. Suspisieuse spyskaarte duik egter...

ALET KRUIP UIT HAAR DOP*

ALET KRUIP UIT HAAR DOP*

Een van die dorpsgeheime was waarom Alet van Dyk** nooit getroud is nie. Sy was ‘n netjiese dame, goed versorg en altyd geklee dat jy haar deur ‘n ring kan trek. Net titseltjies grys in die kuif en langs die slape het haar jare verraai . In ‘n stadium is druk gegis...

Naweek leesstof op HVD se blog

* Alet kom uit haar dop - die vuur en avontuur van laat liefde uit die rubriek Blaaskans in Huisgenoot van 4 Desember * Sop met skop en sosaties au natural - suspisieuse spyskaarte uit die humorboekie Oos, Wes- Reismoles (uit druk) * Afskeepkos - die storie oor 'n...

AFSKEEPKOS

Na al die erns sommer 'n stukkie plesierigheid - wat is 'n blog sonder 'n bietjie bog tog? Hier's my storie: 'n Karooboer woon in Spanje 'n stiergeveg by. Die aand in 'n restaurant oor 'n glasie sangria sien hy die kelner bring vir die Spanjaard aan die tafel langs...

OU MANNE MET SLIM PLANNE

OU MANNE MET SLIM PLANNE

Die tradisionele definisie van ‘n sogenaamde “senior oomblik” is negatief: dis volgens die jonger garde en arme gebreinspoelde senior burgers self wanneer jou geheue jou in die steek laat; die naam van ‘n bekende om die dood nie by jou wil registreer nie, ‘n...

DANKIE, MAX, EN TOT SIENS

“Gee my bril. Ek moet briewe skryf.” Dit was die sterfbedwoorde van Boy Stockenström(71), kampioen-briefskrywer wat in 1972 in Johannesburg oorlede is. Dié afgetrede geskiedenisonderwyser het in sy leeftyd iets soos 2 000 koerantbriewe geskryf. Ek verbeel my nie ek is...

KAPING VAN ‘N STERFBED

KAPING VAN ‘N STERFBED

Motorkapers raak al hoe waaghalsiger, openbaar al hoe minder menslikheid en betoon al hoe minder genade teenoor hul slagoffers. ‘n Resente kaping van bekendes in Pretoria se geliefde ou Kombi Transporter uit die jare 50 was teen hierdie agtergrond genadiglik geen...

KWAAD VIR ‘N BED

Besoekers uit die Suide oornag die eerste keer by ou vriende op Potchefstroom en bewonder die styl en vakmanskap van die meubels in die gastekamer met verskuldigde eerbied. Die indrukwekkende, swaar spieëlkas en bypassende hangkaste van donker embuia is die toonbeeld...

KNOPPIE-KONSTERNASIE

Statistieke wat ‘n Zimbabwiese vriend aanstuur, laat my sommer stukke beter voel. Dit het niks te make met daardie droewige buurlandjie se inflasiekoers nie, maar met die mensdom se begrip vir die tegnologie wat hulle veronderstel is om met die flinke druk van ‘n paar...

PIEKNIEK BY HLANGULENI

PIEKNIEK BY HLANGULENI

‘n Piekniek-ontbyt by Hlanguleni – dis nou Wildtuin met ‘n hoofletter W. As jy dit gelukkig tref, is jy dalk stoksiel-alleen. Moontlik baljaar olifante in die pannetjie oorkant die lae heining terwyl die geur van die roergereg in die skottel talmend met die natuurlike...

OOR KORRELS EN KAF

OOR KORRELS EN KAF

In my redakteursdae was dit een ou grappie wat altyd goed afgegaan het: dat redakteurs die korrels van die kaf skei … dan publiseer hulle die kaf. Mag ek dan as een oud-redakteur aan ‘n ander sê: “Max, jou “Intrapslag” in Saterdag sy By was in daardie opsig ‘n...

Die varsste joernaal hieronder, OOR KORRELS EN KAF (bygevoeg op Sondag 16 November), bevat 'n sterk politieke element. Lesers van HvD se Blog wat nie sin het in polemieke oor die sondes /beweerde sondes van die redakteursgenerasie van die jare 80 nie, kan dit gerus...

HOU JOU BEKKIE OOR MY REKKIE

HOU JOU BEKKIE OOR MY REKKIE

Op ‘n dag het ek 'n brief van Bybelkor ontvang, koelbloedig gerig aan "Geagte Mnr. Van Deventer 'Pens'". Waarop ek toe aan ds. Hans Linde, Uitvoerende Direkteur, terugskryf: "U skryf aan my as ....'Pens'. Ek kan kategories stel dat 'Pens' (met of sonder...

SKUKUZA SE HART

SKUKUZA SE HART

Skukuza is verreweg die grootste kamp en die slagaar van die Kruger-wildtuin. Al die fasette van ‘n omvangryke infra-struktuur is daar saamgeknoop. Soek jy ‘n dokter, ‘n poskantoor, ‘n noodhersteldiens vir jou motor, noem op – Skukuza is die regte adres. Nie alle...

DIENSWILLIGE DIENAARS

DIENSWILLIGE DIENAARS

As die gruwels van vrot diens die dag opgeteken sou woord in ‘n soort Guinness-boek van kampioen-gruwele sal hierdie chroniese slagoffer ook ‘n straaltjie of twee wil aanbied. My kwota van minagting van verbruikersregte het ek darem ook al deeglik verduur, en stelle...

Die aarde bewe

Die aarde bewe

My vriend Piet Parlement (op sy dag ‘n bekende lid van die ou Volksraad) het op Melkbos kom kuier. Ek herinner hom aan die aand toe die aarde gebewe het. Hy lig sy glas in 'n speelse heildronk en ons lag lekker saam oor sy woonwa-fase. Piet is 'n deeglike kêrel. Toe...

AS MY SKIP KOM …..

AS MY SKIP KOM …..

Die Kaap was lanklaas so deur skepe betower. Oral het mense die laaste paar dae met kameras en verkykers oor duine geklouter om die die 300 meter lange reuse-vliegdekskip USS Theodore Roosevelt met sy 85 vliegtuie in die visier te kry. In die hawe was die...

SEWE STREEPSAKKE STORIES

SEWE STREEPSAKKE STORIES

Van een Danie Krynauw (blaai aan tot by vorige blog) na ‘n ander …. Op Melkbos waar die Van Deventers na aftrede kom wortels inslaan het, het ons vriende geword met die “ander“ Danie Krÿnauw van die Kaap – die Danie met die umlaut op die “y” wat burgemeester was van...

AGGENEE, W.P!

AGGENEE, W.P!

Koddige tydsberekening, lyk dit, as ek juis vandag skryf oor reusegolwe wat die Kaap getref het na die eerste sjampanje-aand in maande waarop ek en mev. Van D., wyntjie in die hand, op die stoep kon sit en kyk hoe die son se laaste gloed oor die Atlantiese Oseaan...

Kollegas van weleer

Kollegas van weleer

Kollegas van weleer. Danie Krynauw en die uwe Saterdag by Danie se 80ste verjaardagfees op Lourensford by Somerset-Wes. In die blog hieronder -Vriende se Feesdae - word vertel hoe lekker en stylvol Saterdag gekuier is, asook van die goeie tye saam in buurkantore by...

VRIENDE SE FEESDAE

VRIENDE SE FEESDAE

Die byvoordele van oud word is bra minnerig. Jy kry (ook net soms) afslag by nasionale parke, by flieks en hier en daar by ‘n toeriste-attraksie; jy kry winkelkaarte vir inkopies op spesiale dae vir pensioentrekkers; jou versekering kos effens minder … en dis omtrent...

STUUR, STUUR, DIS PURE DIEREPLESIER!

STUUR, STUUR, DIS PURE DIEREPLESIER!

Maar, ma, ek wou nog rem – toe sien ek net, ek moet nou swem! Met hierdie variasie op ‘n vorige HvD-versie kon die baba-kameelperdjie op die foto hierbo wel sy lot bekla nadat hy op 'n wildplaas by Hoedspruit pens en pootjies in 'n (mense-)swembad beland het....

ONS GAAN DALK NOG VERLANG!

Nie al my vriende stem saam met my blog hieronder oor Thabo Mbeki en wat die toekoms vir ons kan inhou nie. Vanmiddag was ek weer daaroor in 'n vurige debat. Ek is egter nie heeltemal alleen in my sienswyse nie. Hierdie paragraaf uit 'n hoofartikel van die...

PIK SE TREIN

PIK SE TREIN

Vir vandag se stukkie moes ek uit twee opskrifte kies. Die een wat eerste by my opgekom het, was Tot siens, Thabo. Ons twee se paaie het in 1988 in Londen gekruis en 'n vreemde band het tussen die wellewende ANC-diplomaat van destyds en die Afrikaanse koerantredakteur...

BRAAIDAG, HIER KOM ONS!

BRAAIDAG, HIER KOM ONS!

Onse braaimeester, Sakkie Bruwer, het gepraat, en kom storms, sneeu of wat ook al Woensdag, Braaidag, ruk ons Probus-span met ons braaitange, mandjies en genoeg wyn op vir ‘n meneer van ‘n braai hier by die uwe op Melkbosstrand. Probus sal gereelde lesers van hierdie...

Hoede af vir die “vyand”!

Hoede af vir die “vyand”!

Die komediant Victor Borge sit op die klawers en tokkel en sê kamma-ernstig oor die mikrofoon: “The Steinway people have asked me to announce that I’m playing on a (sê nou maar)Otto Bach piano.” Ek het gedink dis nogal skerp. Voordat die Sonoppers my vra (dwing) om...

STORMFOTO’S

STORMFOTO’S

In die blog hieronder skryf ek oor die indrukwekkende stormfoto's wat per e-pos rondgeblits is. Bo is 'n foto wat my oud-kollega Johan van Wyk van Stop-van-Myne-faam op Plettenbergbaai geneem het. Die reuse-branders het ruite op die vyfde verdieping van die Beacon...

STORIE OOR ‘N STORM

STORIE OOR ‘N STORM

wat ek as seuntjie by die skool ingepalm het. Die naam was – as ek reg onthou – Slaaptydstories. ‘n Storie oor ‘n storm het by my vasgesteek tot vandag toe. Ek onthou tot die illustrasies. Die ander stories het ek al lank vergeet. In daardie storie tref ‘n...

ERFPORSIES OP REIS

ERFPORSIES OP REIS

Kyk hoe reis die boedels al weer. Dis die beskrywing van my vriend Pierre le Roux van Mosselbaai van die langslewende weduwees wat so fluks met hul splinternuwe koffers aantree om die wye wereld te gaan verken. Deesdae is oumens-reise egter nie beperk tot weduwees wat...

VRUG VAN VAKANSIE

VRUG VAN VAKANSIE

Daar sit die aangename jong kerel toe voor my op my stoep in Sabiepark in absolute ongeloof dat ek twee maande lank in die bos kan kom sit en "niks doen" en - nog erger - al langer as tien jaar onproduktief afgetree is. Ek hoor uit sy mond die verbaasde vraag waarmee...

KAAP VAN STORMS

KAAP VAN STORMS

Die Kaap van Storms doen sy naam hierdie naweek met mening gestand. Hierdie foto is vanmiddag (Sondag 30 Augustus) omstreeks 14:00 van ons stoep op Melkbos geneem. Die Atlantiese Oseaan is wild! Vanoggend omstreeks 06:00 was die westerkim so dreigend swart dat my...

SEE IN DIE STRAAT

SEE IN DIE STRAAT

Die see is in die straat. Of dit Jacob of Thomas was wat die toneel rondom ons so beskryf het, weet ek nie. Wie dit was, daardie beskrywing van die agterste sitplek van my Honda af was vol in die kol. Ons het vanmiddag met hoogwater (omstreeks 16:00) 'n entjie gaan ry...

‘SERENGETI’ AAN DIE SABIE:

‘SERENGETI’ AAN DIE SABIE:

FOTOBEELD Belofte maak skuld. Die beloofde fotobeeld van die indrukwekkende oortog oor die Sabie van 200 of meer buffels en sowat 20 olifante is pas na die uwe se terugkeer op Melkbos by sy Picasa-albums gevoeg. Ek het daardie wonderlike Woensdagmiddag, 20 Augustus,...

HUIS TOE MET ‘N MANDJIE SOOS MIN

€˜n groter verskeidenheid – na amper twee maande in die bos. Ek gaan huis toe ook met ‘n buitengewone vrag foto’s wat in albums gesorteer moet word. ‘n Yslike werk daarmee lê voor. Dat na al die jare se Sabiepark-kuiers, seker omtrent 25 keer, die...

TONEEL UIT SERENGETI

TONEEL UIT SERENGETI

Soos ‘n toneel uit die Serengeti van my verbeelding (ek was nie self daar nie) was dit Dinsdagmiddag 19 Augustus skuins voor vyf toe ‘n trop van minstens 200 buffels en sowat 20 olifante by Sabiepark se piekniekplek saam die Sabierivier oorsteek. ‘n Arme kiewietpaar...

‘N GLASIE OP DIE ALL BLACKS!

‘N GLASIE OP DIE ALL BLACKS!

HvD (links), Herman le Roux en sy vrou, Rina, saam in ons boshuis Tarlehoet se swembadjie in Maart 2008 Oor die redes vir verlede Saterdag se bloedneus op Nuweland is sedertdien lank en uitvoerig geredekawel. Hier aan die suidpunt van Afrika is ‘n geween en ‘n...

DIERE SE RARE GIERE EN MANIERE

DIERE SE RARE GIERE EN MANIERE

Kyk, seekoeie ken die kuns om lui te lyk. Tienstuks van die luiste lui lummels in ‘n kuil naby Onder-Sabie het die inspirasie vir die volgende Wildtuin-versie verskaf: Een oefen kliphard Om wydbek te gaap, Die ander lê heeldag In die water en slaap; Waaraan ly...

NOU’S DIT: MEER VAN BETOWERING

NOU’S DIT: MEER VAN BETOWERING

Vir Lake Panic – my “Meer van die Drie Raaisels” (blaai net effe terug) – het ek ‘n nuwe naam: Lake Magic – Meer van Betowering. Die “drie raaisels” het nou “vier vreugdes” geword. Soos die onbekende outeur wat sy verwondering op die toonbankie van die voelskuiling by...

HIËNA MET BLOU KRUISBANDE

HIËNA MET BLOU KRUISBANDE

By die jaarvergadering van die private natuurreservaat Sabiepark het ‘n jong man ergerlik betoog dat alle hiënas uit die park geboender moet word. Hy het gepraat teen die agtergrond van iets soos R18 000 se hiëna-skade aan sy motor. Ek het vir sy mosie gestem, al het...

LEEUS: GISTER, VANDAG EN MORE

LEEUS: GISTER, VANDAG EN MORE

In die “logboek” by Sabiepark se piekniekplek het die "leeu-telkaart" vir Julie jou werklikwaar nog hoër geklim. Op die laaste drie dae van Julie was daar elke oggend leeu-opwinding. Ons kon vir mense sê: kom so 10:15 rivier toe. Diegene wat wel gekom het, was nie...

AMPER VERVELIG, SOVEEL VOORSPOED!

AMPER VERVELIG, SOVEEL VOORSPOED!

Mag die voorspoed jou verveel! So word 'n mens soms toegewens. Voorspoed in Wildtuin-terme is vir baie mense hoeveel leeus hul besoek opgelewer het. Party hou sulke deeglike leeu-statistieke dat hulle na jare nog iewers kan gaan uitkrap watter jaar hul beste of...

“ONS” LEEUS: VANDAG SE FOTO

Vanoggend het Julie se leeu-telkaart vir Sabiepark se piekniekplek op agt gestaan. Toe kom die vuilbaarde weer - die negende dag ... en die maand is nog nie verby nie. Ons is so skuins voor 12:00 saam met Eric en Sannie Wiese en Hennie en Babs Conradie van Kaapstad...

MEER VAN DIE DRIE RAAISELS

MEER VAN DIE DRIE RAAISELS

Die Meer van die Drie Raaisels - vanwaar Gehasi? Nee, so ver my kennis strek, bestaan ‘n plek met die naam nie regtig nie. Dis sommer my eie naam vir ‘n stukkie Wildtuin-weelde waarvoor die Van D’s baie lief is. Ek verwys na Lake Panic, die voelskuiling in die...

AS DIE NOOD DRUK

AS DIE NOOD DRUK

Kyk, as ek dan vasgekeer moet raak, sou my voorkeur van plek wees een van daardie glaskaste wat veral by duur hotels in eksotiese vakansie-omgewings as buite-hysbakke dien - verkieslik een met 'n panoramiese uitsig oor 'n diepblou oseaan waarop die golwe ry op ry...

Leeus op jag, en die ou Bose jag saam

Ledigheid is mos die duiwel se oorkussing. So het my ouma altyd gewaarsku. Die teenoorgestelde van ledigheid is seker hiperaktiwiteit. Die ou Bose speel ook daarin ‘n rol, glo ek. Getuienis daarvan is pas by Sabiepark se piekniekplek aanskou. Tien leeus kom doelgerig...

WELKOM IN DIE WILDTUIN MET ‘N VERSKIL!

By Sabiepark se piekniekplek kan 'n mens weer asemhaal. Die skole het begin. Die massas het gewyk. Net toe die menseverkeer afneem, het die diereverkeer 'n hoogtepunt bereik. Gisteroggend was daar leeus, met spelerige welpies wat heen en weer oor die rotse klouter,...

‘N ONGEWONE DUIMRYER

Uit die boshuis van Fickie en Andre Visagie in Sabiepark kom altyd ‘n nuwe storie. Laas was dit die ene oor die luiperd op hul stoep. Die jongste is oor die nagapie wat drie dae in hul Honda Jazz deurgebring het. Die eerste tekens van die ongewone “duimryer” was sy...

VROEG ROER VIR DIE WILDTUIN!

Die "bostelegraaf" bring Woensdag die nuus tot in die poorte van Sabiepark: 'n trop leeus hang uit ses kilometer van die Krugerhek op die Doispanepad na die Phabenihek. Soos altyd, is dit 'n tyd vir aksie. Ons gryp gou ons Wildkaarte en sit af hek toe vir 'n vinnige...

‘N PERFEKTE DAG IN DIE BOS

Was dit Joseph Crookes wat gesing het van die "Perfect day"? Op Volkies in die jare 50 was die lied een van die immergroen-gunstelinge op plate-aande (waarvoor ons, terloops, nie baie lief was nie omdat die skoolsaal se deurborende ligte die hele aand bly brand het!)...

HOU VAS DIE LEEUS … EN OLIFANTE!

Leeus het ‘n vlakvark platgetrek. Hulle lê reg voor die piekniekplek op die klipplaat oorkant die Sabierivier en vreet. Regs is vyf olifante in die rivier. Hierdie sms van Leonora Mouton is genoeg om die mond op Melkbos te laat water. Enkele dae tevore was daar ‘n...

‘N KLEIN WERELDJIE

‘N KLEIN WERELDJIE

Die foto van die vrolike, singende poppies hierbo het ek gaan uitgrawe uit een van my plus-minus 80 propvol foto-albums diep in 'n kas. Die oorsprong is Oujaarsdag 1976 in Disneyworld, Florida. Die Van Deventergesinnetjie het daardie dag grootoog deur Walt Disney se...

GEGROET, AFRIKANER-ADEL

GEGROET, AFRIKANER-ADEL

Afrikaner-adel. Die beskrywing van Wynand en Daleen Mouton het spontaan by my opgekom toe ons paaie langer as ‘n kwarteeu gelede in Bloemfontein kruis. Dit is ‘n beskrywing van die voortreflike egpaar Mouton wat mettertyd des te meer geldig geword het. Dit was ‘n...

Op HVD se blog verskyn 2 nuwe inskrywings

Op HVD se blog verskyn 2 nuwe inskrywings

Op HvD se blog verskyn twee nuwe inskrywings. Hieronder is my resensie. op versoek van Beeld, van Tol Pienaar en span se ensiklopediese nuwe boek oor die geskiedenis van die Laeveld en die ontstaan van die Krugerwildtuin, wat vandag in die koerant verskyn het. Die...

KOMBUISKASTE VIR LETTIE *

KOMBUISKASTE VIR LETTIE *

Kort na die onverwagte dood van my studentemaat Hennie se vrou, Lettie, bel ek op ‘n dag Potchefstroom toe om te hoor hoe hy daar op die plaas so alleen regkom. Hy hou maar besig met dit en dat, antwoord Hennie op sy rustige manier. Sy groot projek op die oomblik is...

KLEIN BOTTELTJIE GIF

KLEIN BOTTELTJIE GIF

Dit is die klein botteltjies wat die groot gif het. Soos ek hierdie woorde verstaan, beteken dit dat mense wat klein van persoon is dikwels oor die grootste dryfkrag beskik. Klein maar getryn! Om die spreekwoord in aksie te sien, mik maar net De Doorns toe. Tussen die...

WELKOM IN DIE KLUB, SALOMO!

WELKOM IN DIE KLUB, SALOMO!

Selfs die koning Salomo in al sy wysheid erken iewers in Spreuke dat sekere dinge hom dronkslaan. Ek wil amper vir hom se: Welkom in die klub, Salomo! My eie lysie kopkrappers van die week is: * Hoekom kom die tandestokkies in ons kombuis op Melkbos uit Indonesie? *...

GOEIE RAAD OOR PETROLPRYS

GOEIE RAAD OOR PETROLPRYS

Ek dink deesdae dikwels aan 'n ou vriend wat altyd gevra het: "If you can use V for Victory, why not P for Petrol?" Dis 'n billike vraag! Hierdie tenkwa op die foto is net speel-speel, maar dis seker geen speletjies nie om so 'n bulperd teen huidige pryse met petrol...

LOFLIED VIR STUKKIE PLASTIEK

LOFLIED VIR STUKKIE PLASTIEK

Plastiek is, in die algemeen gesproke, uiters eko- onvriendelik. Almal weet mos: plastiek-besoedeling is een van die ergste aaklighede waarteen buitelug-mense 'n ewige stryd stry. Vir een stukkie plastiek wil ek egter 'n loflied aanhef. Dit is die "Wild-kaart" van...

WAT VAN ONS EIE NOOD?

Ek wil kom vra, Heer, wat van die kinders wat nood en lyding glad nie verstaan? Wat van die mense wat stukkend en seer is? Wat van die een wat eensaam vergaan? As ek dan vra Heer, waar is u liefde? Moet ek erken, dit le nog by my! Hier in my selfsug stap ek gevoelloos...

DIE HARTKLOP VAN S.A.

DIE HARTKLOP VAN S.A.

Die lekker wysie van Smokie se trefferliedjie van lank-lank gelede Living next door to Alice draai in my kop. Die liedjie handel oor die skaamste vryer denkbaar, maar dit is nie my assosiasie nie. Die Alice wat by my spook, is die Oos-Kaapse dorp met daardie naam –...

HAPOOR – PLEK VAN OLIFANTE

HAPOOR – PLEK VAN OLIFANTE

Die Hapoordam kry sy naam by 'n legendariese bul wat 24 jaar lank in die Addo-olifantpark geheers het. Sy naam is onuitwisbaar in Addo-folklore oor die genadedood wat hy 'n gedaan ou olifantkoei, Ouma, toegedien het. Hapoor het haar skedel vier keer met dodelike...

TOT SIENS TOT WEDEROM

Die hortjies word 'n wyle laat sak hier op HvD se blog. Ons ry Maandag Oos-Kaap toe - 'n lekker groep van 25. Op ons reisplan is die Karoopark, Bergkwaggapark, Hogsback, Addo en Tsitsikamma. Dalk kry ons nog sneeu by Hogsback! Daarna gaan ek en Tokkie George en...

DIE PERDEBY WORD 70

DIE PERDEBY WORD 70

Ons draai vandag die horlosie ver-ver terug – tot in 1961 toe die uwe redakteur van die Tukkie-studentekoerant, Die Perdeby, was. Daardie bytjie zoem nou al 70 jaar, en aanstaande week word daardie verjaardag saam met U.P. se eeufees gevier. Dis ‘n feesprogram om oor...

VIR MOEDERSDAG

VIR MOEDERSDAG

Moedersdag en daardie klas van ding was nooit juis vir my nie. Selfs verjaardae glip amper ongesiens by my verby. Die eerste keer toe die ma van my skool- en Tukkiemaat Giel de Swardt - by wie ek gekuier het - my dwing om op Moedersdag huis toe te bel, was ek...

AI, NATIONWIDE, AI …..

AI, NATIONWIDE, AI …..

Vir die tweeling Jacob en Thomas Claassens se vierde verjaardag het elkeen ‘n kaart soos die een op die foto hierbo van Oupa Hennie en Ouma Tokkie gekry. Dis sommer deur Oupa op die rekenaar saamgeflans. Agter daardie speel-speel-kaartjies is egter ‘n storie wat...

O, DIE GRAP KOM WEER

Van der Merwegrappe is nie dood nie. Hulle was net in ‘n winterslaap. So lees ek in die Duwweltjie-rubriek van die saketydskrif Finweek. Grappe hiberneer inderdaad. Soos die kat kom hulle egter weer en weer, en weer. Soos ‘n slang wat na sy winterslaap sy ou vel...

Tong-in-die-kies-versie

'n Tong-in-die-kies-versie vir vermaledyde mammas: Pa se kind Die slim kind stam, nota bene, uit sy vader se ramkat-gene; sy broer, ‘n gemiddelder ou, is mos uitgeknip die produk van pa se gemiddelde vrou! -Hennie van Deventer

SUPER-FRUSTRASIE!

SUPER-FRUSTRASIE!

Skoenmaker hou jou by jou lees. Na nog 'n naweek van Super-frustrasie moet ek egter van die hart kry wat deesdae al hoe swaarder daarop druk. My vraag is eenvoudig: hoe op deeske aarde kan Suid-Afrika wereldkampioen in rugby wees, maar ons spannetjies ploeter so voort...

LIEWE SPIETKOP …..

‘n Grysaard wat weens erge hardhorendheid die klok nog net vaagweg hoor lui het, maar dikwels geen benul gehad het waar die klepel hang nie, het op ‘n goeie dag ‘n volksfees van ouds bygewoon. Telkens spring hy opgewonde orent en klap dawerend vir die spreker hande....

VINGERAFDRUK VAN DIE WILDTUIN

VINGERAFDRUK VAN DIE WILDTUIN

‘n Skilder hou by ‘n karaktervolle kremetart in die Kruger-wildtuin stil om dit vinnig te skets. Op daardie oomblik daag ‘n stowwerige motor met ‘n GP-registrasie op. Binne is pa, ma en vier kinders. Dit lyk of dit vir die verwaaide gesinnetjie ‘n lang, frustrerende...

BERGE BEDEK MY …..

BERGE BEDEK MY …..

‘n Mens wil ook nie al jou skandes uitlap nie, maar toe die gesprek oor persoonlike verleenthede eers koers kry, skiet drie van my eie pynlike herinneringe soos proppe in ‘n skottel water na die oppervlak. Nommer een word deur Fred Mouton hierbo uitgebeeld op die...

‘N (ONT-)BLOTE ONGELUKKIE

‘N (ONT-)BLOTE ONGELUKKIE

Ver van jou goed na aan jou skade. So lui die spreekwoord. Ons sou die woord "goed: met "huis" kon substitueer en "skade" met "pernarie" of "verleentheid". Ver van jou huis kan jy allerlei ongemaklike dinge oorkom. Ek het hier veral verblyf in 'n hotel in gedagte. Op...

DIE DOKTER EN DIE BEDPAN

Jy se vir iemand: "Hef 'n bedpan". Is dit "in swak smaak, grof, ontfatsoenlik en beledigend?" Beteken dit, om dit brutaal te stel, dieselfde as: "Gaan dinges"? Oor hierdie komplekse strydvraag moes 'n edele regter, Oscar Galgut, in 1982 uitsluitsel gee na 'n klag teen...

STAALTJIES VAN STRAALTJIES

STAALTJIES VAN STRAALTJIES

Almal ken ‘n storie of ses van die kaliber wat as stedelike legendes of stadsprokies bekend is en soos ‘n veldbrand kan uitslaan. Dit is gewoonlik oor die een of ander vreemde insident, verknorsing of verleentheid waarin “ ‘n vriend van ‘n vriend” of die “dogter van...

BY DIE DOOD VAN ‘N WIT TERRORIS

BY DIE DOOD VAN ‘N WIT TERRORIS

"Wit Terroris Dries Kriel (63) dood na hartaanval." So lui 'n SMS wat ek gister van oud-kollega Sarel Venter van Bloemfontein ontvang het. Dries Kriel - die naam sal dalk by min 'n klokkie lui. Wit Terroris - wat beteken dit? Andries Stefanus Kriel was egter aan my...

‘N DOODERNSTIGE SAAK?

‘N DOODERNSTIGE SAAK?

Kyk, as daar nou 'n doodernstige saak is, is dit 'n begrafnis. Altans, so was dit in die jare van my jonkheid. Baie trane is gestort, snikke het deurentyd bo die somber orrelmusiek en treurige teem-sang uit die familiebank opgeklink. Dominee het strak sy boodskap...

GOGGATAAL SE DONKER KANT

Ses weke nadat die pot hier in HvD se Blog geroer is oor Mxit-taal en die aanslag daarvan op beskaafde kommunikasie, basiese grammatika en die respek vir dissipline is hierdie gryse se onrus allesbehalwe besweer. Trouens, tot my afgryse het ek nou aan Mxit selfs ‘n...

SWART KOM DIE BUFFELS …..

SWART KOM DIE BUFFELS …..

Net die tyd wat dit neem om 'n eiertoebroodjie te eet - dit kan in die Kruger-Wildtuin die verskil wees tussen 'n onvergeetlike oomblik en 'n nul op die kontrak. Ervare Wildtuingangers sal saamstem dat dit geen nuwe insig is wat ek verkondig nie. Ek en Tokkie het die...

MORSJORSE IN DIE DRINKWATER

MORSJORSE IN DIE DRINKWATER

BO: 'n Morsjors in Tarlehoet se drinkgat. ONDER: Wat is vir aandete? Hiënas moenie in die water mors nie, die ander diere wil dit drink. Aan hierdie vermaning het vier van hierdie onwelriekende skuinslyf-gediertes hulle min geskeel toe hulle Maandagnag om 02:00...

RAAISEL VAN DIE WATERLELIE

RAAISEL VAN DIE WATERLELIE

Tokkie wonder oor haar waterlelie wat laas so mooi begin blom het in ons boshuis, Tarlehoet, se watergat. Die blom is skoonveld. Haar lysie verdagtes trek na oorweging van verskillende scenarios en moontlike motiewe taamlik lank. Gister, eergister sit ons by Lake...

TWEE LUIPERD-AVONTURE

TWEE LUIPERD-AVONTURE

Hoe voor op die wa kan 'n luiperd raak? Sommer voor in die koor, hoor! Sabiepark se meneer was Maandagoggend op huisbesoek aan die Van Deventers - en dit was vir jou omtrent 'n avontuur. Die ou grote is skuur-skuur teenaan die swembad en die voorste lapa'tjie verby....

VERJAARDAG-PARADES EN BOS-SALUUT

VERJAARDAG-PARADES EN BOS-SALUUT

Twee witrenosters het by die piekniekplek kom paradeer of hulle opgekommandeer is. 'n Tienstuks kameelperde het om ons boshuis, Tarlehoet, 'n erewag gevorm. 'n Mooi troppie sebras het by die TV-kamer binne vatafstand gewei en gesoog. Ja, die bos het behoorlik op...

KERK INNIBOS, PIEKNIEK INNIKERK

KERK INNIBOS, PIEKNIEK INNIKERK

Kerk in dreigende reen op 'n verlate koppie op die oop vlakte; piekniek knus in die kerk tussen die kerkbanke. Raai waar gebeur iets so raar? Goed, hier's 'n leidraad: in die nimlike kerk is so twee weke gelede 'n vlakvarksog en ses kleintjies per ongeluk toegesluit....

ONS LOOP ONS EIE “LUIPERD-LOOP”

ONS LOOP ONS EIE “LUIPERD-LOOP”

In Sabiepark loop ons op die oomblik omkyk-omkyk. Dis ons weergawe van die "luiperd-loop". 'n Fris kalant het hier ingetrek en duik hier, daar en oral op. Hy is so tuis in Sabiepark soos 'n hoender op 'n winkelstoep. Patson, ons eersteklas-handlanger, ag dit gerade om...

SABIEPARK, HIER KOM ONS!

SABIEPARK, HIER KOM ONS!

Olifante steek op die foto hierbo die Sabierivier oor van die Krugerwildtuin na Sabiepark. As Nationwide se vliegtuie op skedule is, is dit waar Tokkie en ek moremiddag (Woensdag) hierdie tyd (16:00) sal wees. In salige Sabiepark, ons Bosveld-Eden. Tot 27 Maart sal...

LEKKER GELD VERLOOR!

LEKKER GELD VERLOOR!

Van al die maniere om geld te verloor, is perde die vinnigste, boerdery die sekerste en meisies die lekkerste. Dit is een van die wyshede wat my oud-kollega die rubriekskrywer Johan van Wyk kwytgeraak het. Wel, van perde en boerdery weet ek nul. Die laaste Julywenner...

NAWEEK -LEESSTOF

NAWEEK -LEESSTOF

Die "kroeg" is toe vir die volgende 48 uur of wat. Geen nuwe joernale sal oor die naweek gelaai word nie. Lesers word egter steeds met ope arms verwelkom, soos ook op my en Tokkie se webwerf www.hennievandeventer,com Die varsste naweek-leesstof hier op HvD se Blog...

OU HOND SE SENIOR OOMBLIK

OU HOND SE SENIOR OOMBLIK

Hoekom juis 'n Jack Russelltjie? So is ek telkens gevra toe my hondeboekie (hierbo) in 2000 by Human & Rousseau verskyn. Billike vraag. Die boek handel immer nie oor 'n JR of JR's in die algemeen nie. Dit handel oor hondestories. Soveel stories, soveel soorte honde....

SKITTERENDE SENIOR OOMBLIKKE

Hier is nog vyf heerlike voorbeelde van “senior oomblikke” n.a.v. die Jack Russell-blog wat 'n rukkie gelede hieronder opgesit is. Glimlag saam, almal wat al deur die grysheid bekruip word: Een: BIELIE VAN ‘n KIELIE Doer in die Dorsland tussen Broekafval en Gorragas...

M VIR MEYER – DEON MEYER

M VIR MEYER – DEON MEYER

Hoe dieper ik poog te delven, hoe meer verderf ik ontmoet. So sprak de Hollanders mos. Oor Deon Meyer - MEESTER van die aksie- en spanningsliteratuur in Afrikaans - het ek diep gaan delf. Nie verderf het ek daar ontmoet nie, maar fassinrende feite. Ek het o.m. ontdek...

POEF! … VAN DIE AARDBOL AF!

POEF! … VAN DIE AARDBOL AF!

Die opskrif van Die Burger se hoofartikel vanoggend (Saterdag 23/2) is: 'n Taal sterf. Ons lees in die artikel van die die taal Ejak wat op 21 Januarie gesterf het toe sy laaste moedertaalspreker, Marjorie Smith op 89 na die graf is. Nog nooit van Ejak gehoor nie?...

DANKIE VIR DIE LUISTER

DANKIE VIR DIE LUISTER

Agter elke man is 'n vrou. Hier - op spesiale versoek - is die vyf vroue wat Dinsdag by die HvD10-herdenking op Melkbos saam aangesit het. Van links is Anet Pienaar-Vosloo, Bessie Raubenheimer, Lisa de Swardt (na wie 'n lekker Akkerdraaise boetiekwyn nou heet). Tokkie...

TIEN GOUE JARE LATER

TIEN GOUE JARE LATER

'n Bekende Engelse omroeper wie se naam my nou ontgaan het, het vir hom 'n monumentjie gebou met sy kreatiewe "verengelsing" van die Latynse spreuk tempus fugit - die tyd vlieg. Hy (was dit dalk Eric Egan?) het dit omskep tot "tempus is fugitting like mad". Die tyd...

RAAMDASSE, KASDASSE EN DOOSDASSE

RAAMDASSE, KASDASSE EN DOOSDASSE

'n Tekengrappie in 'n Tukkie-joolblad van so vat-vat aan 50 jaar gelede spring skielik uit die vergetelheid kaplaks in my kop. 'n Smous stoot 'n waentjie in die straat en 'n vrou kom hoopvol na hom aangedraf met 'n swaaiende bra - as ek reg onthou, het ons toe nog van...

MORSEKODE, MORS(-IGE) KODE!

"Heyta da al julle leka dingetjies. Die naam is Adri en ek is di nuwe jeugwerkertjitji hie bydi kerk. "Daar is n paar leka goetrs wat ons wil doen ini kwartaal soos soki hou, dalk n road trip, kamp. battle of the pool geeks, LAN- aande en moenie wory ni, di deurnagte...

VIR VALENTYNSDAG

VIR VALENTYNSDAG

Die Spaanse minnesanger Julio Iglesias het gesing: To all the girls I loved before.. Met sy trefferliedjie as my inspirasie, hiermee 'n bossie rooi rose vir al my meisies van toeka tot nou. Toemaar, toemaar, ek doen geen belydenis nie en ek lap ook geen geheim uit...

MET PISTOLE BY ONS KOLE

MET PISTOLE BY ONS KOLE

Om 'n tjoppie agter tralies op die kole te sit met 'n skietding gerieflike binne bereik klink vir 'n Melkbosser - ver van die groot misdaadneste - na 'n nare droom. Dis 'n nagmerrie wat 'n siddering deur jou stuur. Voor die koms van die jaar 2000 al was dit vir...

KAR KOOP IS NIE PERDE KOOP NIE!

KAR KOOP IS NIE PERDE KOOP NIE!

So rofweg 20 keer in my lewe het ek 'n nuwe kar gekoop. Elke keer was - heerlike anglisisties - 'n rooiletterdag. Maar dis 'n anglisisme met 'n motief. Ek wil die werklike, letterlike rooiletterdag uitkom toe vroulief Tokkie verlede Saterdag haar karneoolrooi...

KOP OP ‘N PAAL!

'n Ouma Doer Onder was wild toe drie skurke haar mooi kleindogter verkrag. Sy het haar geweer gegryp, spoorgesny totdat sy hulle vasgekeer het en hulle toe aan flarde geskiet. Haar visier was gerig presies op daardie kol van die anatomie waar die instrumente waarmee...

DIT IS NAG, REGTIG NAG ……

DIT IS NAG, REGTIG NAG ……

Onder 'n stukkie van Saterdag se treffende Burger-voorblad oor slapende Slaapstad wil ek vandag 'n ou grappie 'n nuwe kinkel gee. Die ou grappie is: Wat vir die Engelse werklik nag is , is 'n plek waar: Italianers die soldate is, Duitsers die polisie, Belge die...

DIE NEGENDE PLAAG

DIE NEGENDE PLAAG

Die prentjie hierbo is bedoel om 'n glimlag uit te lok. Om gisteraand omstreeks 23:00 deur 'n pikdonker Kaapstad van Constantia Melkbos toe te ry, was egter ver van 'n glimlag-aangeleentheid. Die Moederstad was soos 'n groteske karikatuur uit 'n Hollywood-uitbeelding...

LUIPERD OP MY STOEP!

LUIPERD OP MY STOEP!

Lig daardie luiperd se stert en kielie hom saggies met 'n takkie gwarriebos of huilboom. Jy sal vinnig agterkom dat hy nie uit 'n soliede stuk rooiboswilg gekerf is deur die een of ander soeweniersmous op die pad tussen Hazyiew en die Krugerhek van die Wildtuin nie....

PAP VERSKONING

PAP VERSKONING

Hoe meer jy ons hamer, des te meer kom ons humor na vore. Dis nou maar wors van ons ouens hier in Zumaland. Vat nou weer die kragkrisis. Dis geen grap nie. Spitsvondighede en kwinkslae reen nietemin op ons uit alle oorde: in die koerante, per sms, per e-pos... Een van...

‘N BLES VAN ‘N ANDER KLEUR

‘N BLES VAN ‘N ANDER KLEUR

'n Assosiasie met Bles Bridges is in my eie gemoed, om dit sag te stel, wel....onwaarskynlik. Ek sing nie, ek speel nie kitaar nie, ek deel nie bosse rooi rose uit om vroue se harte te verower nie. Tog loop ek vanoggend in 'n los uurtjie op die internet op Google...

‘N VUIL STREEP DEUR ‘N SKOONDOGTER!

‘N VUIL STREEP DEUR ‘N SKOONDOGTER!

Skoonmagrappe is in die Van Deventer-huis skaars. Tokkie is sensitief oor die onderwerp omdat sy self 'n skoonma is. In my graparsenaal is skoonmagrappe dun gesaai, vir die eenvoudige waarheid dat my skoonma geen stereotipe draak is nie. Ouma Marietjie laat my dink...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

En hierdie stuitigheid nou? So kan lesers van hierdie webjoernaal wel wonder na aanleiding van die bottel White Horse langs 'n CD met die onskuldige naam Strykers vir Snuiters. Die bietjie pret het sy oorsprong op Die Burger se boekeblad vanoggend; in die rubriek...

Inhoud

Entry for January 21, 2008 INHOUD Webjoernale (blogs) het die laaste paar dae kort op mekaar se hakke gevolg. Hier is die jongste vier: 21 Januarie: Neem Ta' Hessie se wit perd gerus maar met 'n blokkie ys. Gesondheid op 'n stout kleuterliedjie! 20 Januarie: Stampe en...

Sapaverslag

Ek lees vanmiddag weer op die internet 'n Sapaverslag raak van my persoonlike voorlegging aan die Waarheids- en Versoeningskommissie tien jaar gelede. Niks in daardie voorlegging is melodrama of ter wille van sensasie of gewoon onwaar nie. Dit is hoekom ek so driftig...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Iets wat by die koerant van die eerste dag af by my ingedril is, is om respek te hê vir mense se name. Dieselfde geld vir hul adresse. Jy maak dubbel seker. ‘n Fout is onvergeeflik. ‘n Vriendin wat ook joernalis was, Rina Koen van Langebaan, onthou as iemand sê haar...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Soms kom uit onverwagte oord 'n prikkel wat die sluise van herinneringe volstoom ooptrek. Vanoggend se Eiendomme-bylae tot Die Burger was so 'n prikkel uit die bloute. Heerlike herinneringe is aangewakker. Ek het boonop na ou foto-albums gegryp, 'n versie opgediep wat...

Ongepubliseerde brief

Ongepubliseerde brief

Slaan maar oor, slaan maar oor as die Sage van die Ongepubliseerde Brief jou al 'n pyn gee op 'n plek wat in 'n ordentlike webjoernaal net onder die uiterste provokasie by sy kort naam in plat Afrikaans genoem word. Moet darem net die volgende ontwikkelinge...

Blapse

Blapse

Saterdag het ek die omslag van Kroniek van 'n Koerantman by my blog gesit oor die venynig salvo in my rigting op By se brieweblad, omdat ek dit durf waag het om oor die politieke rol van die verligte Afrikaanse redakteurs na 1980 'n positiewe geluid te laat hoor. Min...

Kroniek

Kroniek

Wie vanoggend se briewe in By gelees het, kan wel wonder of hierdie joernaalskrywer gekneus voel en of hy iets gaan rep van die venynige oordele oor die Afrikaanse koerante (en daarmee noodwendig hul redakteurs) oor hul beweerde rol as "skoothondjies" of "lakeie" van...

Ablusie Ablusie

Ablusie Ablusie

Plus-minus die laaste 10 jaar gaan ons gesin vir die duur van die KKNK tuis in Kleinplaas, Oudtshoorn. Tokkie en die tweeling, Jacob en Thomas, is op die foto hierbo juis verlede jaar by die ingang afgeneem. Die huisie wat ons huur, is die tweede of derde van die...

Taai kuiergaste

Taai kuiergaste

Kuiergaste kan krampe wees in die onnoembare doolhowe van ‘n mens se lyf. Is dit nie vreemd nie dat gaste dikwels goeie maniere by hul huise vergeet? Die oomblik as hulle oor jou drumpel stap, sit hulle die slegste voet voor. Die gevolg is kuiers wat meer frustrasie...

Oor Oorlog en Musiek

Oor Oorlog en Musiek

Nee, my tema is nie vandag oorlog nie. Dis musiek. Wat 1941 - my geboortejaar - betref, is oorlog en musiek egter stalmaats. In die Tweede Wereldoorlog het te midde van al die troostelose ellende musiek gekom wat onvergeetlik geword het. Trouens, die oorlogstoneel...

Dit lieg jy mos!

Dit lieg jy mos!

Mens, dit lieg jy mos , se Katryn van Kakamas oor my lys pryse wat ek al in wedstryde gewen het (HvD se blog van so 'n dag of drie gelede). Wel, Katryn op die foto is die twee motors: bo die manjifieke Dodge SE (1972) met vroulief, Tokkie, agter die stuur en onder die...

Nuwejaarswens

Nuwejaarswens

Die son sak oor die ou jaar... Ons Nuwejaarswens vir al ons vriende is tyd: tyd vir God, tyd vir geliefdes en vriende, tyd vir liefde, vir lag en vir lewe. Tyd is so kosbaar. Laat ons leuse vir 2008 wees: Carpe diem - pluk die dag. Geniet elke oomblik van die tyd wat...

More uit Melkbos, seker die laaste keer in 2007

More uit Melkbos, seker die laaste keer in 2007

Op 3 Januarie verjaar die uwe - sal liewer verswyg hoe al hoe nader aan 70 die jare begin aanstoot. Wel, dit kon nogal 'n fees gewees het ingevolge 'n "eksklusiewe" aanbod wat in die pos opgedaag het. Hoe klink dit: ek word met 'n limousine gehaal by my huis in...

Arrie-nee, Charlize!

Arrie-nee, Charlize!

Vanoggend se droewige aflewering met sy onvermydelike element van selfverguising begin by gister se blog oor Kersfees-kraters n.a.v. die sakeblad Finweek se weeklike bekroning van die een of ander mamparra of mamparras vir die Wanklank vannie Week. Die mooie Charlize...

“Mayafudi’s” vir Kersfees

“Mayafudi’s” vir Kersfees

Van waar, Gehasi? Hoe kry HvD vandag met die olifantjies hierbo die slurpie by die stertjie? Laat ek julle nie aan 'n lyntjie hou nie - dis "Mayafudi's" wat in my Kerspos opgedaag het met Kerswense vir my en Tokkie. Herman en Rina le Roux van Randburg vra by die...

Uit Melkbos – ‘n ope brief aan Thabo Mbeki

Uit Melkbos – ‘n ope brief aan Thabo Mbeki

Liewe Thabo In die jare negentig het jy in ‘n stadium via ‘n swart Naspers-kollega laat weet dat ek in jou oë nie ‘n “slegte Boertjie” is nie.Ek het nie juis spitsvondig nie, maar sonder enige kwaadwilligheid. gereageer dat jy volgens my “nogal ‘n oulike kaffertjie”...

Hoe geseend is mens nie

Hoe geseend is mens nie

More uit Melkbos Ek het die sneeufoto hierbo gaan opdiep met 'n doel. Hope Kersboodskappe daag in hierdie dae per e-pos op. Veral een het my en Tokkie getref. Ek wou dit graag hier verder versprei en die foto van Johan (5) en Marisa (3) daaraan koppel. Ongelukkig...

Kersfees

Kersfees

Met hierdie skitterende beeld van die Kerstoneel (hierbo) wat met Michelangelo se kunssinnigheid en Job se geduld uit seesand geskep is, wens Hennie en Tokkie van Deventer almal wat hierdie webjoernaal in die volgende tien dae opsoek, 'n vreugdevolle Kersfees toe....

Die blerrie fools ploeg al weer!

Die blerrie fools ploeg al weer!

Dit was altyd die "Oom" (Johan van Wyk) se ironiese kommentaar as die trekkers die oggend na goeie reens in die landerye begin dreun. Dan is al die moederverlorenheid oor misoeste en ander ellendes skielik weg soos mis voor die son. Hierdie "blerrie fool" blog ook al...

Hef a heart

Sedert my blog van 1 Desember het hier weer 'n spoedboete op Melkbos opgedaag - die hoeveelste. Ek is op die R102 naby Somerset-Wes betrap dat ek 82 kilometer per uur in 'n 60-sone ry. Die betrokke landdroshof is Blue Downs. Die boete is R300. Die uwe - 'n arme...

Is dit standaard?

Is dit standaard?

So breek die bewoë dag toe gister aan dat ons moet gaan teëls, matte, kaste en ligte uitsoek vir die nuwe oudaghuisie wat dakhoogte gemessel staan in 'n Toskaanse (reg geraai!) aftreedorpie wat in Durbanville se wyke verrys. Dit is 'n taak wat ek met 'n bepaalde...

Belhar

Belhar

Op die NG gemeente Melkbosstrand se kerkalmanak vir 2008 verskyn die kerkgebou uit ‘n ander hoek – weer geskilder deur lidmaat Maré Bruwer en, soos haar vorige skilderye van die kerk, uiters vleiend. Jy kan die argitek (en die kommissie wat die planne goedgekeur...

Tokkie Klokkie

Tokkie Klokkie

Op Oujaarsdag, 31 Desember, is dit presies 41 jaar sedert ek, swetend in ‘n swart wolpak, voor die kansel in die moederkerk op Bultfontein gestaan het met my pragtige jong bruid, Tokkie, aan my sy. Vandag moet ek my hoed vir haar afhaal, want dat sy 41 jaar by my...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Op my webwerf, www.hennievandeventer,com is ‘n balkie “KERK”. ‘n Kliek daarop bring ‘n mens by ‘n onvoltooide manuskrip met nog ‘n of/of-titel: Die een of is: Moenie skeur nie, dis ons kerk. Die ander is: Kerk op die voorblad. Die boekie volg die pad wat...

Boetedoening

Boetedoening

O gaats, daar gaan my ryding (lasbrief uit Magareng), my rekenaar (lasbrief uit Leekwa Teemane) en my TV-stel (lasbrief uit Emakhazeni) … en die balju dreig bloeddorstig: hy kom volgende week weer. Nuwes goeters gaan koop, kan ek maar op my maag skryf en met my hempie...

Ouderdom is nie vir sussies nie

Ouderdom is nie vir sussies nie

Dat die ouderdom nie vir sissies is nie, is ‘n holrug-geryde uitdrukking, maar die ou wat dit uitgedink het, het geweet waarvan hy praat. Gewoonlik word daarmee verwys na die onvermydelike ophoping van skete, kwale en mankemente wat by die meeste van ons voorkom soos...

Motorstories

Motorstories

HvD se webjoernaal vertoef nog 'n keer by die fassinerende onderwerp van karre. Op die foto sit die uwe met die "wettige" en "onwettige" nommerplate van sy Honda CR-V. Lees in die tweede bydrae hieronder van die potjie wat hy hieroor met die gereg geloop het. In die...

TY 24

TY 24

Ek sit op my stoep in Sabiepark en lees Beeld toe ek op die vreemde storie afkom van die vurige Blou Bul-ondersteuner wat deur ‘n genaakbare metropolisieman oorgesien is toe hy oor ‘n rooi lig ry. Sy verskoning was vrees om gekaap te word. Wat die geregsdienaar se...

Maaskaas?

Maaskaas?

Grappenderwys is al gesê redakteurs se taak is om die korrels van die kaf te skei – dan publiseer hulle die kaf! Namate die Maas-fenomeen in die Suid-Afrikaanse media bly spoed optel het, het ek begin wonder oor die element van waarheid wat die ou grappie dalk bevat....

Fred Schnetler

Fred Schnetler

Fred Schnetlerwas baie soos sy geliefde 1941 Packard wat hy gerestoureer het, skryf Leo Kritzinger in die huldeblyk hieronder: betroubaar, eerlik, opreg, met net so 'n sweempie aristokrasie in sy houding. Op die foto is die "twee Packards" saam.Vrydag op Malmesbury...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

“Het daardie omgewing nie verander nie! Jy sal die wêreld nie ken nie!” So het ‘n fiktiewe tante telkens geantwoord as ‘n jong man wil weet wat van ou bakens op sy geboortedorp – die vellelooiery, ‘n klein kafeetjie op die hoek, die ou vulstasie met die handpompe en...

Mayafudi loop weer

Mayafudi loop weer

Mayafudi loop weer. In my twee Mayafudiboekies, Mayafudi (Afrikaans) en Mayafudi - memories of an elephant neem die olifantbul Mayafudi se swerftog na ‘n reeks beproewinge hom op ver paaie in die Krugerwildtuin. Hy dek ‘n stewige stuk van die Park, van die Sabierivier...

Bloemfontein die roep my en ek moet gaan!

Bloemfontein die roep my en ek moet gaan!

Hierdie keer was dit die Afrikanerklub wat die Van D’s geroep het – na sy goue jubileum op Donderdagaand 25 Oktober, met die bekendstelling van Sarel Venter se gedugte gedenkboek, ‘n Plek in die son, die spilpunt van die viering. Ek is genooi as...

Vyf juwele in die Wildtuin

Vyf juwele in die Wildtuin

Onontdekte juwele kan ‘n mens, hulle nie werklik noem nie. Geheime ook nie. Vandag deel ek egter graag met joernaal-vriende vyf juwele in die sentrale Kruger-wildtuin wat hoog op my lys van MOETE is. Dit is plekke waarheen ek en Tokkie graag besoekers bring, en waarop...

Die Volksblad ini Bos

Die Volksblad ini Bos

Is die bleddie kar nog nie verkoop nie? Jou advertensiebreek raak darem nou ellendig lank. So kapittel ‘n vriend my. Moet toegee, die intermezzo op die HvD-blog is ietwat uitgerek. Ek wou al lankal uitkom by die Volksblad-okkasie in Sabiepark. Op my skedule is ook...

Tooi jou in rooi, Tokkie!

Tooi jou in rooi, Tokkie!

Oor Tokkie het ek op 'n keer 'n versie geskryf: Tooi jou in rooi, my rooibloed-vrou, om my vir altyd aan jou voete te hou. Haar liefde vir enigiets rooi is wyd bekend. Haar rooi hardebol-hoedjie versier dikwels die ouderlingsbanke van die NG kerk Melkbos. Nou gaan sy...

Re-unie-ouens

Re-unie-ouens

Kyk, jy kry re-unie-ouens en jy kry nie-re-unie-ouens. Ek is ongekwalifiseerd een van eersgenoemde. Tokkie beweer ek sal 1 000 kilometer ry om 'n re-unie van my speelgroepie by te woon. Sy maak 'n groot fout: daar was nie sulke goeters soos speelgroepies in my tyd...

Goeie more uit Melkbos op die laaste dag van September

Goeie more uit Melkbos op die laaste dag van September

Al wat swaar is van Sabiepark is elke keer se tot siens. Hierdie woorde uit die hart het ek in ‘n nawoord tot my bosboek Buurman van die Wildtuin neergepen. Op Erfenisdag, 24 September, het die tyd vir nog ‘n tot siens aangebreek. Die gewone heimweë het soos ‘n digte...

Alle paaie lei na Potchefstroom

Alle paaie lei na Potchefstroom

Vir Volkies se matriekklas van 1957 lei alle paaie die naweek na Potchefstroom. "Ons kom weer lag, ons kom weer droom.!" Ons sal seker darem ook 'n wyntjie of wat geniet op die goeie ou dae saam met lekker maats en mooi meisies. Die Van D's val more vroeg-vroeg in die...

Bos-avonture

Bos-avonture

Aan die een kant van die skokdraad ons, net aan die ander kant – drie, vier meter ver – ‘n olifantbul met tamaaie Mafunyane-agtige tande – so naby dat jy die slaap in sy oë kon sien; amper ook sy mangels wanneer hy die vars afgestroopte blare in sy oop mond prop. Jaco...

Potsberg toe

Potsberg toe

Op 'n mooi dag mik Postberg toe. Die blommetapyt is skilderagtig, en die Maleise hoenderkerrie by Geelbek vingerlek-lekker. Goeie advies: gaan vroeg voor die verkeer te druk raak en kruie dan laatoggend Plankiesbaai toe en terug. Die pad is nie oral vyf-ster nie, maar...

Die klas van ’57

Die klas van ’57

Vyftig jaar gelede, 1957, was die jaar van die Russiese Spoetnik, Gert Potgieter se eerste wêreldrekord in die 440-hekkies,karre soos die elegante Chev Bel Air en die Plymouth met sy enorme haaivinne, en Elvis Presley se treffers Jailhouse rock en I'm all shook up....

Bosplesier

Bosplesier

In Buurman van die Wildtuin skryf die uwe oor bobbejane: “…laat ander mense maar by hulle stilhou om hul manewales te bekyk. Vandat ek die ou nasie op ‘n harde manier beter leer ken het, ry ek dikbek by hulle verby met ‘n permanente wraaklus in my boesem.” Kanselleer,...

Gesoek: Van Tonder, die donder, die hel

Gesoek: Van Tonder, die donder, die hel

Gesoek: Van Tonder, die donder, die hel. Dit kan die opskrif van vandag se aflewering wees. Wie daardie vuige karakter is en waarom hy hier gesoek word, sal hopelik mettertyd duideliker word. Die soektog duur egter sedert ons wintervakansie in Sabiepark na 'n paar...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Die Van D's is terug in die Kaap. Dis 'n groen, groener, groenste Kaap, 'n Kaap wat blink van die dammetjies oral, en 'n koue Kaap. Na Sabiepark is dit behoorlik bibberweer hier. Dalk moes ons maar langer in die bos gebly het... Om die nuwe blog-seisoen te open, plaas...

More uit ‘n sopnat Melkbos

More uit ‘n sopnat Melkbos

Nou sous dit! Die Kaapse winter is hierso met al sy streke. Sabiepark, hier kom ons (ek en Tokkie vlieg - vlug! - Donderdag cum Jacob en Thomas). Vra die manne waar sit ons in die vliegtuig, antwoord hulle kordaat: 3c, d, e en f. Ouma sit natuurlik op 3e met enetjie...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Van 14 Junie tot 14 Augustus is die Van Deventers in Sabiepark. Vir daardie tyd gaan hierdie webjoernaal in ‘n winterslaap. Vir vakansieleesstof publiseer ek vandag ‘n toeprakie hier wat ek op 28 Maart voor die NG gemeente Blouberg se 60-PLUSSERS gelewer het. Die...

Naand uit Melkbos

Naand uit Melkbos

Oom Koos se storie oor die glasoog, soos deur Alida Fourie oorvertel (HvD se vorige blog) noop die groepie waarderende Melkbossers die aand om die kampvuur om op meer vertellings uit dieselfde oord aan te dring. Goed, willig Alida in – daar’s ook die storie van...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Die manjifieke Du Toitsklooftonnel het nou wel die pad na Worcester heelwat korter gemaak, maar ‘n onlangse uitstappie Montagu toe viadie ou pas was verfrissend – o.m. weens die panoramiese uitsigte, die afwesigheid van voortsnellende swaar vragmotors en, les bes, ‘n...

Naand uit Melkbos

Naand uit Melkbos

Die maak van ‘n geleentheidsboekie kan nogal ‘n uitdaging wees. So kom ek agter terwyl ek spook om net so 60 A4-bladsye met die doen en late van ons matriekklas in die 50 jaar sedert 1957 sinryk te vul. ‘n Reünieboekie is natuurlik maar n ou vulletjie teenoor regte,...

Oom Jim

Oom Jim

'n Staatspresident wat in sy ampswoning se studeerkamer met 'n knipmes aan 'n skaapkop wegle, moet 'n kleurryke karakter wees. Wel, Oom Jim Fouche was een. Kleurryker kom staatspresidente nie. Wilhelm Jordaan se storie in Van Alle Kante (knipsel hierbo) - wat vir my...

Frank Smuts

Frank Smuts

Nou is Frank Smuts ook oorlede. Nog ‘n Vrystaatse seder het geval. Aan die jintelman van die regbank het ek aangename herinneringe, en ook aan sy aristokratiese vrou, Mudie, wat hom vooruit gegaan het. Regter Frank het sy vrou lank in hul elegante huis in Rhynlaan,...

Silwer Bruilof

Silwer Bruilof

Raai wie? Hulle is Melkbos-vriende en die foto is op hul silwerbruilof geneem, meer as 25 jaar gelede. Hul identiteit word verklap in die webjoernaal hieronder. En jy was beautiful in Beaufort-Wes ... En laas winter you tried to cut both of your wrists en nou skryf jy...

Leo Kritzinger

Leo Kritzinger

Die jaar '57 was die jaar van die Russe se Spoetniek, Jailhouse Rock (die fliek en die trefferliedjie) van Elvis, die gewilde Chev Bel Air en die blyspel West Side Story. Die Huisgenoot het 'n sjieling gekos en 'n pakkie 20 Westminster 85 sigarette was 1/3. In my...

Oor die Bulle en die Haaie

Oor die Bulle en die Haaie

Op my draaitafel vandag vir die Bulle: Rhapsody in blue. En vir die Haaie: Singing the blues. Habana se drie was die rapsodie. Die Haai se verlore glorie in die laaste oomblik was genoeg om 'n haaitenk met trane te vul. Een tikkie briljantheid bring 'n drie uit die...

Vriend Herman

Vriend Herman

Die foto hierbo vertel 'n storie van Herman le Roux. (i) In sy hande het hy 'n PLAKBOEK. (ii) By hom is 'n bekende sportmens wat 'n VRIEND geword het (Sandra Reynolds, die mooi joolmeisie wat 'n raket so kon swaai). (iii) Hy het spesiaal UIT SY PAD GEGAAN om die boek...

Moedersdag

Moedersdag

Ek is nou nie juis 'n ou vir Moedersdag, Vadersdag, Valentynsdag en dies meer nie. Ek is kwalik 'n ou vir verjaardae. Dit was nietemin lekker gewees om die kinders, kleinkinders, ouma, die lot, vandag saam aan tafel te he. Hierdie foro van oupa en ouma saam met Jacob...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Dis seker ook lekker om 'n Haai te wees, en dit gaan na die eindfluitjie Saterdag dalk nog lekkerder wees, maar hierdie ou se bloed is blou. Potblou. Niks gaan dit verander nie - ook nie 'n ontnugterende uitslag Saterdag nie. Die laaste ruk is die plesier om 'n Bul te...

Hierdie blog is blou

Hierdie blog is blou

Drie soorte leuens is deur Benjamin Disreali onderskei ( aldus Mark Twain se outobiografie, altans): "Lies, damn lies and statistics." As vriend Benjamin korrek had, is Frikkie van Rensburg 'n liegbek by uitstek. Hierdie oud-sportredakteur van Die Volksblad, kan...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Die een of ander slim kerel het die volgende wysheid kwytgeraak: Hoe ouer 'n mens word, des te swaarder word jy, want jy dra meer inligting in jou kop. Ek haal hom graag aan oor my eie teenspoed met die skaal. Maar dit daar gelaat. Op die oomblik is ek aan die...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Die sprankelendste stuk skryfwerk in die Berg-en-Dal-gedenkboek waaroor ek in 'n vorige aflewering begeesterd geraak het, handel oor 'n hospitaal-insident voor 'n operasie op Ansie Rall (op die foto saam met haar man, Willie) van Bloemfontein. Ek stel Ansie graag self...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Die goeie in mense aanvaar ons dikwels as vanselfsprekend. Dit word die norm waarvolgens almal almal oordeel. Laat iemand net nie aan ons verwagtinge voldoen nie – dan is ons gou om klippe te gooi. Vir ‘n hele paar vriende - en ook ‘n totaal onbekende – wil ek vandag...

More uit Melkbos

More uit Melkbos

Vraag een vir die dag: watter pad is die besigste in Suid-Afrika? Ben Schoeman tussen Johannesburg en Pretoria, sou ek raai, hoewel die N1 tussen die noordelike stadsgebiede en Kaapstad ook maar 'n nagmerrie kan wees. Vraag twee: en watter pad is die stilste? Vir die...

Bloemfontein

Bloemfontein

Dit was 'n kuieraand soos min met hope "onthou-jy-nogs" en politieke staaltjies toe tagtig of wat oud-politici van die destydse NP/NNP twee weke gelede in Bloemfontein vir 'n reunie saamtrek. Loshande die onvergeetlikste staaltjie van die aand was - seker nie...

Waar le die grense van die Karoo?

Waar le die grense van die Karoo?

Waar le die grense van die Karoo? Waar trek jy die streep noord, suid, oos en wes? Iewers sal ek in 'n goeie atlas seker die antwoord kry. Maar dis mos makliker vir 'n lui mens om te vra - en te hoop iemand wat hier lees, laat weet. Hoe manjifiek is die Karoo tog nie!...

KKNK ’07

KKNK ’07

Die Van D's het heel ingenome van die KKNK af weggery. Die keuse van produksies is altyd maar 'n dobbelspel. Hierdie keer het ek en Tokkie goed gekies. Ons pakkie was solied, met 'n lekker verskeidenheid. Stewige drama soos Festen (maar, ai, wat 'n ongelukkige naam -...

Wat ‘n herfs!

Wat ‘n herfs!

Was 'n herfs op Melkbos al ooit so idillies? Beslis nie in ons tyd nie. En ons is in ons tiende jaar in Penguin Place. Elke oggendwandeling is 'n verfrissing vir gees en liggaam. Elke lang aand (kyk foto) is 'n uitnodiging tot 'n uitgerekte kuier op die stoep - terwyl...

Waar’s Zulu?

Waar’s Zulu?

Waar's ZOELOE ? Waar is Lance Klusener nou dat ons hom so broodnodig het? Ek weet ek praat met die mure, maar na eergisteraand se foltering in Georgetown. Guyana, moet ek regtig die kritieke vraag van die hart kry. Dis ook 'n uiters relevante vraag, want so kan dit...

Kuier is koning!

Kuier is koning!

Die gewese Superman Christopher Reeve het sy vrou Emma die lof gegee dat sy 'n hoender kan gaarmaak dat dit 'n eer vir die hoender is. Op Melkbos het ons Sakkie Bruwer(onderste foto). Hy kan 'n tjoppie braai dat dit 'n eer vir die betrokke skaap is. Sakkie is 'n...

Ingehok

Ingehok

Ja, Tafelberg staan nog waar hy staan. Vandag is die fokus egter nie op die berg nie. Dit is op daardie muur en tralies (die duskantste) wat my eiendom omring om fisieke indringing van my persoonlike domein te probeer verhinder. Oral (veral in Gauteng, liewe Gauteng,...

More uit Welgemoed

More uit Welgemoed

Gaste dam op voor jou hek. Jy druk dan hierdie knoppie, dan daardie een. Die hek bly bot-toe. Jou vrou raas al hoe harder oor jou onbeholpenheid. Verward druk jy later die "remoutjie" in haar hand. Dan ontdek sy genadiglik die regte knoppie.... Regtig met my gebeur....

Ouer Blogs

Deel dit: