Blog-argief
Tien jaar se blogs, van September 2006 tot Mei 2016
Olifantstories
'n Olifantstorie met 'n stertjie het my hierdie resente foto van Tokkie en Ou Grootvoete by Sabiepark se piekniekplek laat opdiep. Voordat ek by my olifantstorie kom, egter eers 'n paar tersaaklike opmerkings oor goeie maniere - of die gebrek daaraan. My grief is dat...
More uit Melkbos op die eerste dag van Maart 2007
Dat 'n aardse onderwerp soos lappe om voete 'n heerlike fonteintjie van herinneringe tussen volslae vreemdelinge kan oopboor, klink bra onwaarskynlik. Lees hier: Gister gesels Tokkie, my gade vir 40 jaar plus, met 'n vrou wat deur 'n vriendin aanbeveel is vir 'n...
Mayafudi e.a.
Vir wat dit werd is, kan ek meedeel dat Buurman van die Wildtuin nou in Engels op die internet sy buiging gemaak het. 'n PDF-weergawe van Next door to the Kruger word op Tony Roocroft's Book Store for Wildlife & Related Books aangebied (teen $15,00 nogal). Op die...
Byl in ons bos
Het iemand iets gese van die byl in ons bos? Tokkie se ek raak morbied om telkaart te hou, maar dit skud nogal as 20-stuks van jou nabye vriende gelyktydig onder mediese sorg is. Die laaste week of wat was nie minder nie as ses in die hospitaal. Vier het oorvleuel....
Hienas?
Drie klein kameelperdjies in ses maande deur roofdiere opgevreet! Hierdie slegte nuus uit Sabiepark het vanoggend loodswaar op die hart kom le. Slagoffer nommer drie verlede nag was die outjie wat in die voorlaaste nag van ons somerkuiertjie gebore is. Nog onvas op...
More uit Sabiepark
Die maroelas oorkant die rivier is sappiger! Selle ou as die ene by 9 Februarie se blog. Blaai net een bladsy verder. HvD
Sabieparkstories
Perry Como sing van Magic Moments. M-Net verklaar breed: "We won't stop the magic." In vriend Hennie Jonker van Melkbos se woordeskat is "magic" 'n ankerwoord. Maar hoe vertaal 'n mens "magic" in hierdie sin? Dis nogal moeilik. "Magic moments"? Oomblikke van...
TY 24
Temamusiek wat vir vandag se aflewering aanbeveel word: Vila Rides van Jarre, uitgevoer deur Mantovani se orkes. Vila Rides; HvD "rides" ook - en ek ry weer 'n TY 24. TY 24 was op die nommerplaat van my eerste ryding, 'n ligblou 1953- Peugeot 203 waarmee ek, trots...
Veertig jaar van seen
Sondag, Oujaarsdag, veertig jaar gelede is die jongeman Jakob Hendrik van Deventer en die jongevrou Gesina Susara van Wyk (toe nog nie 21 nie) op Bultfontein in die eg verbind. Veertig jaar - dis 'n stywe skof. Daardie lag-met-'n-traan-grappie oor 'n lang huwelik kan...
Feestyd
Een feesdag verby; vier om te kom. Dis die situasie by die Van Deventers hier aan die einde van 2006/begin 2007. Kersfees was 'n familie-besigheid: Ons en ons kinders en kleinkinders; ouma, swaer en skoonsus Fanie (Tokkie se broer) en Maretha, skoonsus Mimi (Mariza se...
Nancy Ames
En hierdie nooientjie? Ja, julle het al vergeet, ne! Haar naam is Nancy .... Nancy Ames. 'n Meisie met 'n groot stem, wat deur haar sangleermeester beskryf is as "warm en sensueel - soos geel koring en ryp appels". Haar debuutalbum, The Incredible Nancy Ames, kom uit...
Oupa, bursjie
Die kindertjies in die swembad is maar die begin van die storie. Dis by hul swemles geneem. In Durbanville. Ek en Tokkie moes die twee verlede Vrydagmiddag daar besorg omdat hul pa en ma vir die naweek Mosselbaai toe was. Ek neem toe my kamera saam en kom met 'n pak...
More uit Melkbos
Hierdie "blog" was lank geblokkeer - al van einde Oktober af. Die rede was die min aanvanklike verkeer. 'n "Blog" sonder lesers is vir die skrywer natuurlik erg frustrerend, soos 'n dollee (umlaut op die tweede e) saal vir 'n politikus of 'n sanger moet wees....
Mayafudi
Nee, HvD se blog staan nie uit sy "winterslapie" op nie (sien vorige inskrywing). Die status bly: Buite werking/Outside working. Hierdie bydrae, versier met Sunette de Beer se eerste ontwerp vir die Engelse Mayafudi se omslag, is om twee redes: (i) Om alle moontlike...
Buite werking
Buite werking - outside working. Dis die status van www.hennievandeventer.com/blog.html vir 'n onbepaalde tyd. Dalk permanent. Dankie vir diegene wat die moeite gedoen het om in die paar weke van sy bestaan wel die blog op te soek. Soos hulle se: tjeers vir eers....
Gasteboeke
Die Van Deventers het mos 'n ding oor Gasteboeke. Hier op Melkbos is een wat nog uit Van Schoorstraat se dae in Bloemfontein kom. Dit is propvol name wat herinneringe bring. In Sabiepark is ook ene. Wonderlik om deur te blaai en gaste se op- en aanmerkings te lees en...
Olifante
Die kinders kom uit Sabiepark terug met foto's soos hierdie. Maandagamiddag braai Johan vir hulle 'n laaste worsie by die piekniekplek. Toe's die olifante skielik soos 'n tampans op 'n hoender se rug. Hier's plus-minus 43, SMS Mariza. Later: "Korreksie, hier was 72!"...
More uit Melkbos
En die hoop pap? Die foto kom van Philip van Rensburg. Die oorsprong is Sabiepark se jaarvergadering in Julie. Klaarblyklik kom dit uit die era voor die bloeddruk-skrik en die duneet-dissiplines. Dit is natuurlik ietwat onsensitief om juis nou so 'n foto te stuur....
Van D se foto’s sit ini hek!
A, dag ek toe Die Burger sy natuurlewe-fokompetisie aankondig. My beste foto's is wel in Sabiepark. Maar hier het ek darem ook oorgenoeg. Ek begin dadelik uitsoek en instuur. Maar verrassing, verrassing, Van D. se foto's sit in die hek op 'n yslike skaal. Hiertdie...
More uit Melkbos
Ja, Jacob, Thomas en Sasha het Oupa en Ouma verlede week gewoel. Nou's hulle huis toe. Hul plekke is leeg. Nuwe oorslaapgaste is Intwa en Manzi. Die Van Deventers (junior) kuier in Sabiepark. My sinusoperasie more is gekanselleer. My entoesiasme vir die chirurgiese...



















