SABIEPARK SE TONY PARK

Tony en Nicola voor hul huis tydens 'n olifantbesoek.

Tony en Nicola voor hul huis tydens ‘n olifantbesoek.

Speurder Sannie van Rensburg pak gereeld die skurke in sy boeke. Die slegte ouens is dikwels renosterstropers, ivoorjagters en avonturiers. Hul teenstanders is geharde veldwagters wat met “Toyotabakkies” ry. ‘n Kelnerin word gegroet: “Tatenda, sisi”. ‘n Mislike vent word pront …wel ..’n “poepol” genoem.

Klink of dit ‘n Botha of ‘n Van der Merwe kan wees wat hier die pen hanteer. ‘n Laevelder.  Ten minste dan ‘n Suid-Afrikaner. Dit is nie. Dit is ‘n Park uit Sydney – Park, Tony Park, die skrywer van 17 aksiebelaaide spanningsverhale met ‘n Suider-Afrikaanse adres.  Almal blitsverkopers.

Die jongste, “Ghosts of the Past”, het ‘n sterk aanbeveling op die omslag deur niemand minder nie as Deon Meyer. Die boek – oor ‘n raaiselmoord in die ou “Duitswes” – word op die oomblik landwyd bekend gestel. Eerste aan die beurt  was Hazyview. Hazyview? Ja, Hazyview. En nie om dowe neute nie, hoor. Hazyview is die naaste groot dorp aan die Parks se “ander huis” waar hulle sedert 2012 om die beurt tuisgaan: ses maande in Sydney, ses maande hier.

Tony het in 1995 verlief geraak op Suid-Afrika na ‘n eerste besoek waarvoor hy maar traag was. Sy vrou, Nicola, moes hom behoorlik hierheen sleep. Die oomblik toe hy die Krugerwildtuin binnery, het alles verander. “I was blown away. It was the combination of landscape, wildlife, excitement, the unpredictability, you know. It was unlike any other holiday we’d been on before,” het hy sy bekering aan die tydskrif “Wild” beskryf.

Binne die eerste week het ‘n tweede al in die oog begin vonkel.  Daarna het hulle vir 20 jaar elke jaar gekom – buiten toe die oud-joernalis en -soldaat in Afganistan militêre diens moes gaan verrig. In 2012 het hy vir hom ‘n boshuis gekoop in Sabiepark, private natuurreservaat, aan die Sabierivier by die Krugerhek – ‘n plek waarop hy versot is.

Agt nuwe Tony Park-boeke het sedertdien op die rakke gekom – almal knewels. Maar tyd om te speel, is daar darem ook. Elke middag in die skemerkelkie-uur kan jy maar weet waar om die Parks (en hul olyfgroen ou Land Rover)  te soek. By die piekniekplek langs die Sabie.  Met hul lang lense en gelaaide piekniekmandjie is hulle daar ‘n bekende gesig. Geen ander inwoner het so ‘n valkoog vir luiperds nie. Al is die gras en die riete hoe dig, Tony snuffel hulle uit.   Sy foto’s op die eienaars se private webblad laat die monde water.

Sabiepark het van Tony toenemend ‘n “Boere-Aussie” gemaak. Dit is waar die milde gebruik van Afrikaanse woorde in sy boeke vandaan kom: “ja, lekker, boerewors, braai, babelaas, ‘dagga boy’” en andere. ‘n Laevelder.  Sy mense lees “Die Laevelder”. Hulle koop graag by die Spar op Phalaborwa. En ‘n Hazyviewer. Hy ken Oom Kallie se slaghuis (wat onder meer vleis aan die Wildtuin verskaf) en was bewus van die gewilde Pepper Vine Bar wat intussen sy deure gesluit het.   Hy het ook die plaaslike taal Tsonga begin aanleer. Toe steel ‘n verduiwelse bobbejaan sy notas uit die huis!

Oor die Wiltuin skryf hy dat die leser se tone krul. “Sharp and sensory,” noem  die Western Australian dit. “Sharp and sensory” inderdaad.

Onthou nog my vrou se skaterlagbui oor ‘n toneel toe Britse “James Bonds” ‘n ontvoerde hoë uit die kloue van die vyand red. Op pad na die Krokodilrivierhek was ‘n erger verkeersknoop as in Londen. Moedeloos pluk een sy vuurwapen uit en trek ‘n skoot in die lug af. Toe ontdek hulle die rede vir die motorchaos: ‘n trop leeus in die pad!

Vir baie resensente is hy die “nuwe Wilbur Smith”. “Since Wilbur Smith in his heyday no one has written as well about Southern Africa than Tony Park,” skryf die Crime Review Magazine onder meer. Maar so onder die vel van die omgewing waaroor hy skryf, het Smith werklik nooit gekom nie, wil hierdie aanhanger beweer.

Dit is nie toevallig nie dat Sabiepark, of eerder ‘n fiktiewe weergawe, deel was van die inspirasie vir sy laaste agt boeke, sê Tony. Hy het die plek ontdek terwyl hy navorsing gedoen vir “The Prey” wat oor onwettige goudmynbedrywighede handel.

‘n Ander Sabieparker, Casper Strydom, was hoofbestuurder van die Fairview-goudmyn by Barberton, en hy was geneë om te help. Hy sou Tony op ‘n toer deur sy myn neem. Hul eerste ontmoeting was vir ‘n braai by Strydom se huis in Sabiepark terwyl die Parks in die Wildtuin gekampeer het. Strydom het hulle rondgewys. Hulle het gekyk na ‘n paar huise wat in die mark was, “en die res is geskiedenis”.

In “The Prey” vind van die aksie plaas in die mynbestuurder se vakansiehuis in ‘n denkbeeldige private natuurreservaat met die naam “Hippo Rock”. Dit is nie juis ‘n geheim nie dat Hippo Rock uitgeknip Sabiepark is. “Hippo Rock” het in verskeie latere boeke opgeduik.

“Ek het talle goeie vriende onder Sabiepark-eienaars en –personeel gemaak. Verskeie van hul stories en wedervaringe is in my boeke opgeneem. Die Afrikaner en die Sjangaan-Tsongamense wat ek ontmoet, is ongelooflik vriendelik en gaan uit hul pad om ‘n mens tuis te laat voel. Hul gebruike en tale het in my skryfwerk neerslag gevind.

“Afrikaans is so ‘n wonderlik beskrywende taal dat ek lief is om iets daarvan in my boeke in te werk. Ek het ‘n Afrikaanssprekende vriend in Johannesburg wat deesdae as proefleer optree. Dit is noodsaaklik, want een keer het ek boerewors verkeerd gespel in een van my eerste boeke (‘n onvergeeflike flater!).

Ander Laveldse omgewings is ook invloede. Die nimlike Sannie van Rensburg trek van Johannesburg na haar familieplaas naby Hazyview. Uiteindelik koop sy en haar Engelssprekende man, Tom, ‘n plek by “Hippo Rock”. Kaptein Van Rensburg los trouens in “The Cull” ‘n misdaad op weens haar kennis van toegangsprosedures by die sekuriteitshek by “Hippo Rock”. Sy model was dié van die werklike sekuriteitspan by Sabiepark!

Die Wildtuin verskaf ook heelwat inspirasie. Boek nommer 17, “Ghosts of the Past” speel deels af in die  Krugerkontrei.

‘n Karakter wat in ‘n paar boeke opduik, die safarigids en private speurder Hudson Brand, pas ‘n huis op in “Hippo Rock” – in werklikheid die huis van die mynbestuurder van “The Prey”. Sonja Kurtz, een van Tony se gewildste karakters , woon soms in die “Hippo Rock” Private Natuurreservaat by haar aan-af aan-af kêrel, Hudson Brand.

Die regte Sabiepark word slegs in een boek “The Hunter” by die naam genoem. Daarin voer speurder Van Rensburg en haar span ‘n operasie uit om ‘n klompie nare karakters in die  Sabi Sand-wildtuin aan te keer. Voordat hulle toeslaan, kom hulle byeen by die afdraaiplek na Sabiepark vir ‘n voorligtingsessie.

“Soveel van Sabiepark beïnvloed my skryfwerk – die omgewing, die mense wat daar woon en werk, en die wildlewe, Ou ‘Vin Diesel’, ons manjifieke, heengegane resident-luiperd word selfs in een van my boeke vermeld.

“Vir ‘n skrywer is dit ideaal om iewers te kan skryf waar jy inspirasie en vreedsaamheid vind – Sabiepark bied dit alles en meer

(Het oorspronklik verskyn in die Sondagblad Rapport) 

PECULIAR INCIDENT ON SHIP

Cappuccino wit the Corbell on th Musica.

Cappuccino with the Cornells on the MSC Musica.

On a recent cruise on the MSC Musica northwards to its home in Italy we were swept off our feet by the beauty of the Adriatic coast. We were similarly bowled over by the kindness of two British strangers. Over a cup of tea next to the swimming pool, one of three on Deck 13 of the Musica, we struck up a conversation with Garry and Christine Cornell  from Hayling Island, Hampshire.

‘Despite my precautions and the promises of my service provider,’  I grumbled , ‘my cell phone picked up no signal.’

Garry looked at Christine, and Christine looked at Garry, I noted. The next moment I was surprised by a generous offer. Their tour package included internet service which they did not use, and I was free to avail myself of it. Promptly the MSCMusicahotspot was found and connectivity activated. From that moment on my alias was Garry Cornell. Switching on my computer, Google greeted me with a ‘Hello, Hennie’.  Turning  to the Musica App, I heard, ‘Hello, Garry’.

 

Hopefully no fraud or similar impropriety was committed. Garry had, after all, paid  for the service fully. Magnanimously, I merely supplied the device, of course!

Later on we became aware of the fact that Thursday 2 May was Christine’s birthday. As the Cornells did not imbibe, we celebrated with strong Italian cappucinnos . For Christmas (and/or) er next birthday I sent Christine a copy of my new book, “Na verre hawens” ( To faraway harbours)  with a translation of the relevant paragraphs.

‘Watch your mail box, Christine.’

Cappuccino with the Cornells became a ritual. Where to meet up was no problem at all. Near the ‘floating’ concert piano made of glass in the luxurious foyer of the Musica was just the spot. Glass replaced wood in this pièce de résistance – even the piano stool was of nothing but glass.  One could watch the vibrating strings and the movement of the hammers through the glass lid as the pianist Sifiso from Sandton tickled the keys.

This unique grand piano stood against the backdrop of a glass waterfall on a platform of glass. To me it was the most marvellous object on the lovely ship. Peculiar, though, no one seemed to know the story of the piano.

Usually it is the person whose birthday it is who gets the gift. With the Cornells, it  was the other way round – to the benefit of the receiver who perpetually yearns for communication with the outside world.  May Christine abundantly experience the Biblical truth that it is better to give than to receive.

In the process of getting acquainted, we learned that the brother of Garry’s American  grandfather  worked as a slave in the famous American circus Barnum’s where  he boxed against every possible contender. The surname Cornell he purloined from the American university. On a visit to London he put some distance between himself and Barnum ’s and became a decorated hero in the British army.

Currently, his story is being filmed.  Illustrious indeed was my alias.

  • In my 15 years of blogging this is my first try at one in English. If it is not perfect, please forgive an 78 year old Afrikaans man the errors. The peculiar incident described here is also described in my new book on cruising over a period of 50 years. The title is “Na verre hawens”. It is published by Naledi.  If not available at book shops yet, it should be soon    The  ISBN no. Is 978-1-928518-18-1.  You can also buy directly from Naledi at naledi.online.

 

 

 

 

 

ONS BOOTJIE LAAT VAAR

Contant is die ietwat jonger ou, regs.

Constant Steyn is die ietwat jonger ou, regs.

Met die nuweling “Na verre hawens” nou volstoom na die boekwinkels op pad – hy is al hier en daar, hoor ek –  moet die ou man (al amper 79), nee, wil hy bitterlik graag, dankie sệ vir ‘n span medewerkers en helpers wat agter die skerms help woel het om die bootjie te laat vaar.

Johan Coetzee, die baas

Johan Coetzee, die baas

Sonder vier, nee, sonder vyf vennote sou hierdie onderneming skipbreuk gely het.

Naledi – uitgewer van my vorige boek, Laatoes – kykweer van ’n kanniedood-koerantman – laat ook hierdie skip te water. Dankie, “kaptein” Johan Coetzee en jou bekwame bemanning vir jul rol in die enjinkamer en op die brug. Met ’n A-span soos Anita Froneman (wat ongelukkig heel aan die einde ‘n ander koers ingeslaan het), Lisel Krige (proeflees), Tertia Swart (bestuur) en Karen Cronjé (ontwerp) kan jy oorlog toe gaan.

Danie Botha, gedugte stuurman.

Danie Botha, gedugte stuurman.

Sonder sulke ferme hande aan die roer raak ’n skrywer maklik in diep water. Dit sluit Danie Botha in. Hy was in die belangrike eerste fase van die projek ’n stuuurman/koersaanwyser van die eerste water. Dankie, Danie, vir ure se rugbreek-arbeid by hope naslaanboeke.

Oud-kollega Constant Steyn het, op my versoek, in die diepsee by die die Buro vir Eietydse Geskiedenis van die Vrystaatse Universiteit gaan rondduik om uit vergeelde koerante herinneringe op te skerp. Daarsonder, en sonder Bun Booyens se Oceanos-artikel in Die Burger 100: Sy mense en hul stories was hoofstuk 6 (koerante se hantering van die Oceanosrsamp)  nie moontlik nie.

Lisel Krige, valkoog.

Lisel Krige, valkoog.

Google het gesorg vir waardevolle kontoerkaarte. Waar die eie geheue te kort geskiet het, kon ek dankbaar in sy bergruimtes delf. Na Google en elke ander bron ’n dankbare buiging.

 

Tokkie was die een wat baie kere koffers gedra het – letterlik. Veral op ons laaste reis op di MSC Musica het sy harder gewerk as elke handlanger in ’n oorpak aan boord. Ai, ou Tokkie.

*Die boek kan ook aanlyn gekoop word by www.naledi.online .

‘n ENORME BOOT en ‘n piepkleintjie

Die Grote.

Die GROTE. .

In “Na verre hawens”, my nuwe boek. wat hopelik volgende week al taamlik wyd beskikbaar sal wees,  vertel ek van vaarte met vaartuie oor die spektrum: van die klassieke lynskip Queen Mary 2 op internasionale waterweë, van gesellige vakansieskepe, plesierbote, veerbote, rivierbote, jagte, skeertuie, motorbote; ook van  doodgewone skuitjies, soms maar van bedenklike veiligheid.

Van die kleintjies in die boek is die twee veerbootjies “On Time 1 en 2” wat van Edgartown op Martha’s Vineyard in Cape Cod, Massachusetts, na die eilandjie Chappaquiddick loop – die eiland waar Ted Kennedy in sy spoggerige Olds met Mary Jo Kopechne, ‘n jong verpleegster, van ‘n brug af gery het. Mary Jo het verdrink.

En die kleintjie.

En die kleintjie.

Die “On Time” het nie vaste tye nie. Elke keer as drie motors wag, kry die verbootjie koers. Mense, fietse en motors word elke dag dosyne kere vir ’n skamele paar dollar droogvoets by hul bestemming besorg. Die plaaslike troetelnaam is die “Chappy”.  Dit kom natuurlik van Chappaquiddick.

In ’n koffietafelboek, The Chappy Ferry Book, wat oral op Martha’s Vineyard trots uitgestal word, beskryf die outeur, Tom Dunlop, die ‘Chappy”-bote dalk ietwat hiperbolies as “the most unusual, hardest working, and best known ferries on earth”.

Die grootste boot in my boek is die QM 2. Van die boeg tot die agterstewe is haar lengte 365 meter – so lank soos 41 Londense dubbeldekker-busse snoet aan snoet geparkeer. Die Eiffeltoring in Parys is 45 meter korter. Die vloere is 16 kilometer (10 myl) onder mat, die afstand van Melkbos tot in die hartjie van Bloubergstrand. In die binnegoed is 2 500 kilometer se elektriese kabel. Dis drie dae se stywe ritte per motor.

Geriewe sluit in vyftien restaurants, vyf swembaddens, balsaal, planetarium, teater, gimnasium, skoonheidsalonne, boetiekwinkels, ’n casino, nagklub en ’n dierehawe wat selfs ’n eie lamppaal en brandkraan het vir bedorwe honde om die been teen te lig!

Meneer, mevrou, as jy gedink het die QE2, legendariese voorganger, was enorm – hier is vir jou ’n verrassing. Dié makroskip sou die QE2 twee keer volledig kon insluk. Drie van die veelgeroemde Titanic sou in haar pas. Glo dit maar. Dis die reine waarheid.

  • “Na verre hawens” word deur Naledi gepubliseer. Dit kos R200. Buiten in boekwinkels kan dit direk aanlyn by Naledi gekoop word. Klik op www.naledi.online.

TWEE GLASE VONKELWYN

IMG_0466Met vonkelwyn uit twee MSC-glase (‘n geskenk aan lede van die Seniorsklub op die MSC Musica ) het ek en Tokkie gister die verskyning van “Na verre hawens” by Naledi gevier. Heerlik, soos altyd, om ‘n varsgedrukte boek in die hande te hou. In die boek is o.m. hoofstukke oor minstens ses MSC-vaarte, wat twee na Venesie insluit. Ander vaarte sluit in een op die QM2 na Australie. Asook talle ander op veerbote, plesierbote en watter bote nog.

Die verhaal van die glase begin toe ons op 26 April 2019 in Durban aan boord die Musica kom. ’n Verrassing het op my en Tokkie in kajuit 8102 gewag: dieselfde geskenk van MSC as vir ons goue bruilof twee jaar gelede op ’n vaart na Walvisbaai – ’n ysemmer met ’n bottel Moët et Chandon-sjampanje uit Frankryk (prys op skip: nou al $75 teen $70 destyds) en daarby die twee elegante glase met die MSC-logo daarop gebrandskilder. Alle lede van die MSC se “Seniorsklub” is so bederf.

Vele van die proppe het dalk sommer die eerste aand al tussen Durban en Mauritius geklap. Ons goue voggies het ons vir ’n spesiale “goue oomblik” gebêre.

Ons “goue oomblik” het daardie aand in die Baai van Kotor aangebreek. Kan Moët et Chandon die kieskeurigste verhemelte (en die gees) ooit heerliker verkwik as te midde van die beeldskoonste berg-en-see-tonele denkbaar; om op die agterstewe van dek 13 suinig-suinig daaraan te sit en teug terwyl die afgesonderde huise van skilderagtige kusdorpies soos Perast in die verte verdwyn?

Tussen die teue sjampanje het ek bly foto’s neem; ook van twee eilandjies met monnikekloosters, binne vyf of tien minute per veerboot van Perast af. Vernaamlik die potensiaal van die kleinste – so groot soos ’n voorstedelike erf in ’n middeslag-buurt – kon ’n mens nogal idealiseer. Die geringe lappie aarde heet “Lady On the Rocks” en hou letterlik skaars kop bo water. Dit het, volgens oorlewering, ontstaan deurdat seemanne ná elke geslaagde tog een klip daar in die water gegooi het.

Wat ’n unieke, eksklusiewe Eden sou die afgesonderde eilandjie nie vir ’n wittebroodsvakansie wees nie of, sprekende uit die oogpunt van my eie generasie, wat ’n aftreeplekkie vir ’n alleenmens? Die rustigheid asook weergalose uitsigte oor Kotor se fjord moet hemels wees – soos die vonkelwyn uit die MSC-glas gisteraand met sononder op Melkbos op die verhemelte was!

  • Die boek sal binnekort by boekwinkels te koop wees. Dit kan reeds aanlyn gekoop word by http://naledi.online . Die prys is R200. Die ISBN-nommer vir bestellings by boekwinkels is 978-1-928518-18-1.

SALUUT AAN DIE STAD KOBE

72874778_10158212497925190_8496497780338982912_n (1)Van die Japanse stad Kobe het rugbyliefhebbers die laaste ruk baie gehoor. Hoe die stad soos ‘n feniks uit die as verrys het, vertel ek in my nuwe boek “Na verre hawens”. Kobe is een van daardie “verre hawens” waaroor ek skryf. Ek en Tokkie was in Kobe in 1998 by die wệreldkongres van koerante.

Die stad was pas herbou na ‘n verpletterende aardbewing. Ons was in die indrukwekkende Oriental Hotel Meriken Park in die hawe en is op daardie einste skippie, die Luminous Kobe 2,  soos konings onthaal. Ons bewonderings vir Japanners is omvangryk.

Kobe is ’n aantreklike hawestad aan die voet van die Mt. Rokko-gebergte. Sy bevolking was met ons besoek in 1998 sowat 1,4 miljoen. Op die rampspoedige dag, 17 Januarie 1995, is die stad in 20 skrikwekkende sekondes feitlik platgevee. Altesaam 6 394 mense is dood, 25 000 beseer en 300 000 dakloos gelaat. Die skade was minstens $132 biljoen. Die meting op die Richterskaal was 7,2 – die hewigste in die land sedert die Groot Tokio-aardbewing in 1923 waarin 140 000 mense omgekom het.

in Mei 1998 is die  spreekwoordelike “rooi tapyt” is vir die “eregaste” – dis nou ons kongresgangers! –  uitgerol. Die asemrowende, ultra-moderne Oriental Hotel Meriken Park was die eerste verrassing. Die gebou word omring deur die oseaan aan drie kante en staan as ’t ware in die water van die baai. Elke kamer het ’n eie balkon. Daarvandaan het hotelgaste ’n onbegrensde uitsig oor die see, op skepe en mega-seiljagte wat kom en gaan, asook op die helder verligte stadsprofiel met flitsende kleure wat van uur tot uur wissel.

Onthale vir die kongresgangers was onder meer ‘n skemervaart. Daarvoor het die Luminous Kobe 2 ons as ’t ware by die Meriken Park se voordeur kom oppik. ’n Mens kon letterlik van die tweede verdieping van die hotel op die dek stap. Ons is verby die Awaji-eiland en die piece de resistance – die ellelange Akashi-Kaikyo-brug wat pas ingewy was; glansend in die laaste karmosynstrale van die sonsondergang. (Die brug het ’n rekord-span van 1,991 meter, ’n hoogte wat hom in die geselskap van reuse soos die Tokiotoring en die Eiffeltoring in Parys se 321 meter plaas.)

Die Luminous 2 is ’n  ’n groot, kragtige, vinnige, weelderige en stylvolle skip in eietydse Art Deco-styl. Met ’n lengte van 106 meter en vier restaurants op drie dekke was dit onder Japan se voorste bote vir sulke plesiervaarte.’n Span galante offisiere en elegante Japanse meisies in kimono’s het by die oopswaaideure gewag. Op die silwerskinkborde was kelkies met ’n verskeidenheid van hul eie voorkeurdrankie, sake, maar – verrassend genoeg – ook met cabernet sauvignon, chardonnay en merlot uit eie wingerde in die Kobekontrei. Kobe-wyn is gesog oor die hele Japan, is ons ingelig.

Op die tafels was ’n fees van Japanse geregte: potjies shabu-shabu en soetsuur sukiyaki met verleidelike geure, en die tradisionele visgereg funamori met repies rou vis kunstig uitgestal op ’n bootvormige bord, sashimi, matsuba-kreef – seekos nommer een uit Japan se waters.Die vleisliefhebber uit Suid-Afrika het dadelik gesoek na die Kobe beef met die kenmerkende “marmer”-strepe in die dieprooi vleis. Die sappige filet kom van beeste wat met massering, bier en ryswyn spesiaal vetgemaak is om koningskos te word.

In “Na verre hawens” vertel ek meer