Jan 30, 2023 | Hennie van Deventer se Blog, Vars Blog

Liedjieboer Piet Henning (regs agter met kleurbaadjie) was ook aktief in koshuisrugby. Die foto dateer uit 1961.
In 2022 Jannie of Sannie in die klaskamer; vanjaar meneer of mejuffrou in die lesingsaal. Vir derduisende jong mense – iemand praat van 250 000 – begin ‘n splinternuwe in hierdie dae. Gaudeamus igitur – hul studentelewe breek aan.
Studentelewe kan van kampus tot kampus hemelsbreed verskil. Koshuislewe en woonstellewe is ook nie eenders nie. Trouens, tradisies en praktyke in selfs buurkoshuise is eiesoortig. Hoe ook al, jou studentelewe kom net een keer in ‘n leeftyd. Dit bring weergalose ervarings (o, al die ondeundhede) en skep herinneringe wat jy tot jou oudag vertroetel.
Vriendskappe byvoorbeeld – en romanses. Die woorde “studentemaat” en “studentekêrel“ of “studentenooi” (“aster” in my tyd) bevat magiese kwaliteite. Die durendheid van studentevriendskappe beskou ek as een van die beste onverdiende vreugdes wat in my 82 jaar oor my pad gekom het. Studenteromanses was in my eie geval kortstondig. Maar vir derduisende vorder dit van die kampus tot in die kieriefase.
Aan die begin van die nuwe akademiese jaar 2023 deel hierdie oudste lewende voorsitter van Tukkies se Kollegetehuis (nou College) met sy versamelde binnekennis van vyf jaar se verbruik van blouerige koshuiskoffie graag enkele onthou-dinge en -stories met die nuwe generasie – in die hoop dat hul studentelewe in hul partikuliere omgewings, hoewel waarskynlik baie anders, nie minder onvergeetlik sal verloop nie.
Hopelik sal hulle byvoorbeeld ewe gereeld en hartlik sing. Raai, die woorde van allerlei lawwe liedjies kom ná 60 jaar nog spontaan by my op. Dit is so
onverganklik as die Vrystaatse volkslied s’n.
As ons Kollegemanne van ouds saamkom in die wildtuin of waar ook al – ons is gek na reünies – is dit nie lank nie of ons lig ‘n glasie en hef die koshuislied uit volle bors aan sodat selfs die seekoeie hul trombone ‘n wyle bêre en die kikvorse ophou kik: Aan het oever van het Schelftzee / tussen Delft en Rotterdam / Zat een verie luid te wenen / met een Matie vuur en vlam /Zag het verie aan het Matie/ Ziet je daarde Kollegeman? / Ben de moord’naar van je vader/ Neuk hem op so goed jij kan/ “Ag verdomme,” zeg de jonge / heeft de donder dat gedaan / Wag maar tot ik even groot ben / Zal hem op zijn donder slaan!
Dink ek aan liedjies, dink ek aan wyle Piet Henning van Louis Trichardt (voorheen Makhado) wat in 1958 met ‘n besonderse liedjieskat van St. John’s College in Johannesburg af by Kollege opgedaag het. Piet se “songs” was in die algemeen slimmer, ouliker, oorspronkliker, verfynder en … gewaagder … as Brasso maak jou stêre blink en so aan voort wat ons ander op skool gesing het.
Een van die liedjies het herinner aan Horatio Nelson se stoflike(?) oorskot wat in ‘n vaatjie gevul met brandewyn op ‘n lang skeepsreis bewaar is: And when I die, and when I die, don’t bury me at all, don’t bury me at all, just pickle my bones, just pickle my bones, in alcohol, in alcohol. Sy repertorium het ook gesofistikeerde liedjies soos hierdie ingesluit: Four and twenty virgins came down from Inverness, and when the ball was over, there were four and twenty less of Mrs McGinty, she was there; she kept us all in fits, by jumping off the mantlepiece and bouncing off her t**s.
Nog ‘n lied met ‘n sterk vroulike dimensie handel oor die meisies van Rodean High, St. John’s se buurskool in Houghton, Johannesburg: We are the girls from Rodean High, we take pride in our virginity, we take precautions by having abortions, we are the girls from Rodean High.
Ons het ook graag gesing: Way down in Arizona where the doggies shovel coal, a doggie shovels shovels up another doggie’s hole. In ‘n tweede strofe kom gevleueldes ter sprake: Way down in Arizona where the birdies pick up grass, a birdie picks a feather from another birdie’s a**e.
Voëls maak ook hul buiging in die “koor” van die ietwat weemoedige Quarter Master Stores: My eyes are dim, I cannot see, I haven’t brought my specs with me… …And now ladies and gentlemen, we come to the kee-kee bird … the ostrich … the ooh ah bird… Dan word o.m. uitgewei met watter moeite elke soort haar eiers lê.
Laasgenoemde uiter na die verskriklike inspanning van die eierproduksie net “oee-aaa!”
Weet nie wie se kinders of kleinkinders sing Hasie Vaaljan nie. Ons het en het ons verkneukel aan die bekoorlike lirieke: Hasie, Hasie Vaaljan / olifant speel kitaar / slakkie blaas die saksofoon / en skilpad sê net poing-poing …poing-poing. Die tweede versie is ook oulik: Hasie, Hasie Vaaljan / walvis het gelam / snoekie was die nursie / sardientjie was die baba … baba … baba.
Deel gerus met eerstejaars wat julle ken. Later gesels ons verder oor die studentedae. .
May 20, 2011 | Hennie van Deventer se Blog
More uit Melkbos
Weet nie wie se kinders of kleinkinders sing nou Hasie Vaaljan nie. Ons het dit in Kollege-tehuis gesing in die goeie ou Tukkiedae rondom die 60’s, en nou die dag was op dit op my blog. Ander oupas en oumas kan maar kennis neem: kleinkinders hou daarvan!
Pierre le Roux van Mosselbaai by wie ek die eerste versie die eerste keer in dekades weer gehoor het, het intussen ook die tweede versie gestuur. Vir algemene kennisname publiseer ek dit hier:
Hasie, Hasie Vaaljan,
Die walvis het gelam.
Snoekie was die nursie
En sardiens was die baba …. baba … baba.
Dankie, Pierre.
Intussen nog ‘n versie gekry van Thsikilei-di-ei, Thsikilei-di-ei. Moenie hierdie een vir die kleinkinders leer nie:
Oh, you can’t get to Heaven in a strapless gown,
‘Cause a strapless gown might fall right down.
Lekker naweek.
(HvD)
May 9, 2011 | Hennie van Deventer se Blog
More uit Melkbos
‘n Liedjie uit die vergange Tukkiedae duik nou die oggend, wanneer, skielik spontaan in my gedagtes op:
And when I die
And when I die
Don’t bury me at all
Don’t bury me at all
Just pickle my bones
Just pickle my bones
In alcohol
In alcohol.
Ek e-pos dadelik vir Piet Henning van Chiredzi/Louis Trichardt, wat destyds ons “liedjieboer” was. Hy het met ‘n sak vol rugbyliedjies (nie almal ewe behoorlik nie) van St. John’s College in Johannesburg by Kollege-tehuis oorkant die Jukskei opgedaag.
“Onthou jy hom? Onthou jy die res van die woorde?” wil ek weet.
Nie lank nie hier blits Piet se antwoord terug:
Tshikelei
tshikelei
Kom lê by my
kom lê by my
dat ek en jy
dat ek en jy
so lekker kan vry
tshikelei, tshikelei.
Natuurlik, toe onthou ek. Net, na my wete, moet dit lui “tshikelei-di-ei, tshikelei-di-ei”. Die ekstra lettergrepe sing lekkerder.
Nietemin, nou is die sluise van “onthou-jy-nog?” oop wat Tshikelei of Thsikelei-di-ei betref. Oor ‘n laat-Sondagaandwyntjie onthou ek toe ook die volgende versies:
You can’t go to heaven
No you can’t go to heaven
In a Ford V8
In a Ford V8
‘Cause a Ford V8
‘Cause a Ford V8
Will crash at the gate
Will crash at the gate!
You can’t go to heaven
No you can’t go to heaven
In the SAR
In the SAR
‘Cause the SAR
‘Cause the SAR
Don’t go that far
Don’t go that far!
You can’t go to heaven
No you can’t go to heaven
In this old bus
In this old bus
‘Cause this old bus
‘Cause this old bus
Is full of us
Is full of us!
Pierre le Roux tree intussen uit Mosselbaai tot die gesprek toe. “Thsikelei” of “tshikelei-di-ei” maak nie saak nie. Albei is dooddollies, laat weet hy.
Wie wil nog saamgesels? Al vereiste (darem net speel-speel): jy moet 70 jaar oud (of dêm amper 70) wees! (HvD)