SOOS GRAS IS ONS DAE

1-IMG1-1450032_233702740135026_871429343_n1-IMG

Toy, Naas, Jammie  – drie bure in twee maande oorlede.

‘n Sonderlinge verhaal van drie bure:

Op 24 Desember 2016 is Toy Vermeulen op Melkbos (92) oorlede. Ons was in die jare 80 bure in Bloemfontein;

Op Sondag 12 Februarie is Jammie Olivier (57) op Melkbos oorlede. Sy was 20 jaar lank ons buurvrou in die huis langsaan in Penguin Place;

Op Maandag 13 Februarie is prof. Naas Viljoen (80) op Hermanus oorlede (foto). Hy was in die jare 70 ons buurman in Bloemfontein.

Van Toy het ons by ‘n gedenkdiens op 5 Januarie in die NGK Melkbos afskeid geneem.  Hy is begrawe as politikus wat in die Vrystaat diep spore getrap het, ook as kultuurmens by uitstek.

Sy studeerkamer was sy koninkryk. In die kulturele skatkamer het ek hom besoek enkele ure voordat hy oorlede is. Hy was ‘n klassieke bibliofiel wie se boekrakke gekreun het onder sy monumentale ABO-versameling en ander Africana.  Sy kwaliteitswyne het getuig van liefde en kennis.  Sy seëlversameling was op sy dag in filateliekringe hoog aangeskrewe

Al hierdie waardevolle eiendom is geberg in kaste van glimmende dolfhout. Ook mooi hout was vir Toy onweerstaanbaar. Op sy lys van liefhebberye sou ‘n mens munte en vetplante kon voeg. Dan is dit nog onvolledig.

Onvergeetlik uit ‘n persoonlike hoek was sy buurmanskap in Dan Pienaar, Bloemfontein, in die jare ’80.  Hy was ‘n buurman wat in droogtes selfs sy boorgat “uitgeleen” het (met die tuinslang snags oor Kmdt. Senekalstraat gespan) en boonop altyd ‘n noodpakkie Rembrandt Van Rijns in sy boonste laai gereed gehou het vir ‘n skelm dampie.

Buurvrou Jammie, vrou van Kosie, se gedenkdiens was  vandag om 12:00 uit ‘n stampvol NGK Melkbosstrand. Soveel motors het ek lanklaas, indien ooit, op die kerkterrein gesien. Haar dood op 57 was ‘n reuseskok vir die gemeenskap. Ook vir haar bejaarde buurman.

As ‘n mens 76 is, word die gereelde begrafniskennisgewings, gedenkdienste, teraardebestellings van vriende en kennisse ‘n ongemaklike werkllikheid. Jy ontwikkel ‘n sekere gehardheid wat jou in staat stel om dit filosofies te aanvaar en te verwerk.

Maar dan sterf iemand soos Jammie heel onverwags: sprankelend, lewenslustig, energiek, aktief. Een wat gereeld heen en weer by jou verbygewip het in haar silwerskoon wit Mercedes. Of so dikwels voor jou verby strand toe gestap het op ‘n pas wat atlete sal bleek maak. Wat meermale saans met haar breistem gebel het om te waarsku: jy het al weer jou motorhuis se deur oop vergeet!

Jy sit skielik penorent. Jy was immers loshande die “ou man” in die buurt. Die een in die “vertreksaal”. Niks berei jou voor vir ‘n scenario dat jy nie die eerste is wat uit die klein bossie gekap gaan raak nie. Niks kan jou meer aan jou eie verganklikheid herinner as juis iets so totaal onverwags nie.

Naas was ‘n uroloog en, soos heelparty van sy mediese kollegas, lief vir skryf. Oor ‘n lang tyd het seker dosyne briewe uit sy pen in Die Burger verskyn.  Onthou hom as ‘n uiters beskaafde, belese en fyn mens. Was uiters hulpvaardig toe sy jonger buurman eendag sy voorkop teen die half-oop motorhuisdeur oopkloof.

Nogal ‘n vreemde sameloop van omstandighede, die drie sterfgevalle binne twee maande. Sommer ‘n driedubbele vermaning vir die uwe dat ons dae soos gras is …

WIE’S DOOD?

More uit Melkbos

Die hatch-, match- en dispatch-kolom of die cradle-, altar- en tomb– kolom – so is dit by Engelse koerante bekend: die kennisgewings van geboortes, huwelike en sterfgevalle.

Lesers blaai graag daarheen, om verskeie redes. Die lotgevalle van medemense is boeiende leesstof. Trouens, tydskrifte oor mense is voor in die sikulasiekoor, en ‘n tydskrif soos “People” glo daardie drie onderwerpe bied die beste temas vir omslae wat die lesers lok.

Vir “People” beteken dit watter glanspaartjies verlief is, watter bekendes se babas op pad of pas gebore is en wie in die openbare oog langboompies toe is (verkieslik op ‘n buitengewone wyse – hoe buitengewoner des te beter).

Ouer mense soos die uwe (moet ek weer herinner dat ek op 3 Januarie 70 word?) lees veral die “dispatch”-gedeelte. In Afrikaans sou ‘n mens dit ook vir ons generasie kon noem die “byl-in-my-bos”-kolom, a la die titel van my vorige boek.

Dit is opvallend dat ouens wat in daardie kolom opduik, dikwels jou model is – soms selfs later modelle. Dit boei jou op ‘n morbiede manier om die geboortedatums deeglik deur te kyk.

‘n Ander rede waarom gryses kennisgewings van sterfgevalle graag lees, is aan die hand gedoen deur die anonieme digter van die volgende vers, wat met ek met die verskuldigde apologie aanhaal:

There is nothing the matter with me.
I’m as healthy as I can be.
I have arthritis in both my knees
And when I talk, I talk with a wheeze.

My pulse is weak and my blood is thin.
But I’m awfully well for the shape I’m in.
Arch supports I have for my feet.
Or I wouldn’t be able to walk in the street.

Sleep is denied me night after night
But every morning I find I’m alright
My memory’s fading, my head is in a spin
But I’m awfully well for the shape I’m in.

The moral of this, as the tale I unfold
That for me and you, who are growing old,
It’s better to say I’m fine with a grin
Than to let folks know the shape you’re in.

How do I know that my youth is all spent?
Well, my get up and go has got up and went.
But I really don’t mind when I think with a grin
Of all the nice places my get up has been.

Old age is golden, I’ve heard said,
But sometimes I wonder as I get into bed.
With my ears in a drawer, my teeth in a cup,
My hair on the table until I get up.

Ere sleep comes over me I say to myself
Is there anything else I could put on the shelf?
When I was young my slippers were red.
I could kick my heels over my head.

When I grew older my slippers were blue,
But still I could dance the whole night through.
Now when I‘m old my slippers are black,
I walk to the store and puff my way back

I get up each morning and dust off my wits,
Pick up the paper and read the Obits,
But if my name is missing, I know I’m not dead,
So I eat a good breakfast and go back to bed.

Ja, natuurlik, die lees is ‘n soort ontdekkingsreis as ‘ t ware! (HvD)