AS LERAARS STAAK …

Dr. Francois en "Pop"

Dr. Francois en “Pop”

Geweet hoekom predikante nie staak nie?  Omdat niemand dit sal agterkom nie. Die wysheid by Bybelstudie gehoor  – nogal uit die mond van ‘n predikant. Die spitsvondige dr. Francois Hanekom, eerste leraar van die NG gemeente Melkbosstrand en nou, ná sy aftrede,  bedienaar van die 75-plussers in die gemeente, is dikwels so ondeund. Ook van die kansel af.

‘n Keer het hy sy gemeente nog regopper as gewoonlik laat sit toe hulle  sy preektema verneem: “Hou jy van ‘striptease’?” Maar dit was darem net oëverblindery. Klaar geterg, word dit ‘n verrykende preek – “vintage” Francois Hanekom. .

Die hulpmiddels waarmee hy sy boodskappe beklemtoon, is legendaries. Hy het bv. al ballonne laat bars, geraamde foto’s van die kansel gewerp dat die glas in stukkies spat, ‘n rooi bra aan sy vinger geswaai of met poppe, teddies, ander speelgoed, iinspuitnaalde, selfs vermomming vorendag gekom.

Dr. Marius Falck, medeleraar, onthou ‘n Sondag toe dr. Francois se keuse geval het op ‘n Pyrexbak uit sy “Pop” (mev. Riana Hanekom) se kombuiskas – boonop een waaraan sy buitengewoon waarde heg. Sy was orrelis. Toe sy van die orrel (destyds nog op die galery) afkyk, val haar oog op haar kosbare bak in sy vreemde rol.

Sy het verstyf en deur dun lippies uitgepers: “Mannetjie, vandag gaan ek jou vrek maak.”  Francois kon net antwoord: Ai, Pop, ai ….., aldus kollega Marius.

‘n Dominee se treffendste hulpmiddele is helaas nié altyd immuun teenoor die “onvoorsiene” nie. ‘n Keer het die “onvoorsiene” pynlik toegeslaan. Dit was toe Francois met boeie die houvas van die sonde wou demonstreer. ‘n Meisie van so plus-minus 10 kom op sy uitnodiging vol bravade na vore. Sy word met presiesheid “geboei”.

Toé tref die onheil – die sleutel wil om die dood nie die boeie oopsluit nie.

Terwyl die geproes en gelag in die gemeente al ‘n crescendo bereik, gaan skakel  die koster die polisiehoof. Die geregsdienaar hou met die vangwa voor die kerk stil, natuurlik met skreeuende bande! “Pop” speel en speel. Die dominee en die verskrikte meisieskind word weggeneem polisiekantoor toe. Eers daar word die regte sleutel gevind.

Die volgende oggend het Francois Die Burger se voorblad gehaal: Leraar se “gevangene” vas ná boeiende preek. ‘n BOEIENDE preek, inderdaad.

By die feesdiens met die kerkgebou se 30ste verjaardag was hy op die kansel. Voor die diens is die lidmate op ‘n geestige toer deur die vroeë geskiedenis geneem. ‘n Konneksie van die kerk met ‘n kroeg word toe onthul.

Klink gelukkig erger as wat dit werklik was. Die verkoper van die grond,   Harold Ashwell, ‘n eiendomsbaron na wie ‘n spogstraat van Melkbos genoem is, en verteenwoordigers van die gemeente Philadelphia waarvan Melkbos afgestig is, het afgespreek om die koopkontrak by die Hotel Miramar in Kusweg te teken.

By die hotel aangekom, was die sitkamer onder reparasie, Die kroeg was al uitweg. Die manne het darem nie die transaksie met ‘n dop beklink nie, het dr. Francois bekommerdes verseker.

Anders as sy destydse  kollegas, dr. Marius en dr. Hennie Swanepoel, is dr.  geen sanger van formaat nie. Maar – het hy sy gemeente by ‘n Pinksterdiens ingelig – hy sing darem self ook, en dan nie met “backtracks” nie; hy sing sommer met sy “eie bek”. Toe sing hy ‘n opgeruimde solo: “Jesus roep my vir ‘n sonstraal, ‘n sonstraal …..”

‘n Sonstraal? Ja-wel, die keuse van liedjie was werklik in die kol. Waar Francois Hanekom is, breek die son gou deur die wolke.

DIE KERK EN DIE BAR

1-Afskeid F3

Francois Hanekom en sy “Pop”, Riana

Middag uit Melkbos

Die kerk en die bar is langs mekaar. So sing studente en ander vrolikes by geleentheid – in verskillende variasies. Melkbos se NGK en die bar is nie langs mekaar nie, wel sommer in mekaar.

Die wysheid Sondag uit die mond van die spitsvondige dr. Francois Hanekom, eerste leraar van die gemeente, gehoor by die feesdiens met die kerkgebou se 30ste verjaardag. Hy was vir die spesiale nagmaal op die kansel terwyl sy vrou, Riana (of “Pop”), die orrel laat jubel het. Die span Hanekom – soos van oudsher.

Voor die diens is die lidmate op ‘n geestige toer deur die vroeë geskiedenis van die gemeente geneem. Dis waar die kerk-en-kroeg-storie inkom. Klink gelukkig erger as wat dit werklik was. Die verkoper Harold Ashwell, die eiendomsbaron na wie die spogstraat van Melkbos genoem is, en die gemeente Philadelphia waarvan Melkbos afgestig is, het afgespreek om die koopkontrak by die Hotel Miramar in Kusweg te teken.

By die hotel aangekom, was die sitkamer onder reparasie, Die kroeg was al uitweg. Die manne het darem nie die transaksie met ‘n dop beklink nie, het Francois bekommerdes verseker.

Soos ou gemeentelede natuurlik weet, is/was Francois geen ortodokse, doodgewone herder nie – nes die pikante Riana geen bloudruk van ‘n tradisdionele Mev. Dominee was nie. Hulle was/is … wel … Francois en Riana. Soms was tussen die man op die kansel en die vrou agter die orrel ‘n goedige gehekel, en die vrou was nie een wat haar onbetuig gelaat het nie!

Dr. Marius Falck het die gemeente Sondag laat skater met een so ‘n storie: Oor die hulpmiddel wat Francois een Sondag saamgebring het, soos sy gewoonte was. Hy het bv. ballonne laat bars, geraamde foto’s van die kansel gewerp dat die glas in stukkies spat, of met poppe, ander speelgoed, iinspuitnaalde, selfs vermomming vorendag gekom. (Sondag weer ‘n reuseteddie.)

Die betrokke dag het sy keuse geval op ‘n Pyrexbak uit sy “Pop” se kombuiskas – boonop een waaraan sy buitengewoon waarde heg. Toe sy van die orrel (destyds nog op die galery) afkyk, het haar oog op haar bak in sy vreemde rol geval. Sy het verstyf en deur dun lippies uitgepers: “Mannetjie, vandag gaan ek jou vrek maak. ”

Francois kon net antwoord: Ai, Pop, ai …..,aldus Marius.

‘n Dominee se treffendste hulpmiddele is helaas nié altyd immuun teenoor die “onvoorsiene” nie. Van ‘n keer toe die “onvoorsiene” pynlik toegeslaan het, het Marius by ‘n vorige geleentheid, Francois se afskeid, vertel.

Dit was die keer toe Francois besluit het om met behulp van polisieboeie die houvas van sonde te demonstreer. ‘n Meisie van 10 kom toe vol bravade na vore. Sy word met presiesheid “geboei”. Toé gebeur dit – die sleutel wil om die dood nie die boeie oopsluit nie.

Terwyl die geproes en gelag al ‘n crescendo bereik, het die koster die polisiehoof gaan skakel. Die geregsdienaar hou met die vangwa voor die kerk stil, natuurlik met skreeuende bande! “Pop” speel en speel. Die dominee en die verskrikte meisieskind word weggeneem polisiekantoor toe. Eers daar word die regte sleutel gevind.

Die volgende oggend het Francois Die Burger se voorblad gehaal: Leraar se “gevangene” vas ná boeiende preek. BOEIENDE preek, inderdaad.

Francois was dikwels bra avontuurlik en ondeund. ‘n Keer het ons nog regopper as gewoonlik gesit toe ons sy preektema verneem: “Hou jy van striptease?” Maar dit was net oëverblindery. Klaar geterg, word dit ‘n verrykende preek – “vintage” Francois.

Anders as sy vorige kollegas, Marius en dr. Hennie Swanepoel, is Francois geen sanger van formaat nie. Maar – het hy sy gemeente by ‘n Pinksterdiens ingelig – hy sing darem self ook, en dan nie met “backtracks” nie; hy sing sommer met sy “eie bek”. Toe sing hy ‘n opgeruimde solo: “Jesus roep my vir ‘n sonstraal, ‘n sonstraal …..”

‘n Sonstraal? Ja-wel, die keuse van liedjie was werklik in die kol. Waar Francois is, breek die son gou deur die wolke. Net so met Riana. So was dit altyd. So is dit steeds. (hvd)

‘N SONSTRAAL, ‘N SONSTRAAL

More uit Melkbos

Francois Hanekom aanvaar vandag, ná 31 jaar vrugbare diens in die NG gemeente Melkbosstrand, sy emeritaat in wat, om dit sag stel, as ongemaklike finansiele omstandighede in ‘n krimpende gmeente beskryf kan word.

Ek moet tot siens sê, namens elkeen van die 1 500 lidmate. Dit is nie die maklikste takie wat ek al moes verrig nie. Elkeen begroet hierdie skielike emeritaat met sy/haar eie vrae, gewaarwordinge en emosies. Van verbasing tot verdwasing … die reaksie dek ‘n wye register.

Wat sake bemoeilik, is dat Francois geen ortodokse, doodgewone herder was nie – nes die sjarmante /elegante /pikante (kies eie woord) Riana geen bloudruk van ‘n tradisdionele Mev. Dominee is nie. Hulle is … wel … Francois en Riana.

Die woorde van Rykie van Reenen het by my opgekom . Oor daardie perskolos Piet Cillié het sy gesê: Daar was maar een soos hy. Toe voeg sy spitsvondig by: Dalk ook maar goed so. Daar was inderdaad ook net een Francois en Riana Hanekom. Of dit dalk ook maar goed so is? Laat elkeen maar self besluit.

Waaroor ons wel almal dit eens sal wees, glo ek, is oor hul innige menswees. Die twee mens-mense soos min laat jou voel dat die wêreld n vriendelike plek is met goeie, wellewende medemense op wie jy sal kan staatmaak as jy oor n klip struikel. Ek dink veral die ouer garde en gebrokenes beleef Francois intens so. Bejaardes hang aan sy lippe. Gebrokenes skuil graag onder sy vlerk.

Almal sal seker ook saamstem: Francois is buitengewoon kreatief. Hy is lief vir alliterasie, bv. klinker-geloof teenoor kluitgeloof. By hom het ons gehoor van Kat-teologie en Honde-teologie, van God se ICU (I see you), van ballon-Christene en van manne se menoPorssche. Hy is vader van die begrip “preek in ‘n woefkardoes”. In ‘n stadium was die gereelde FvH op die skerm ewe bekend as sy rooi Shopritesak met lekkertjies vir die kinders. FvH staan terloops vir “faks van die hemel”.

Een van sy talente is sy gulle, verfrissende humor, wat soos ‘n fonteintjie uitborrel – dikwels in ‘n goedige gehekel met sy geliefde “Pop” as sy die dag die orrel beman het. En “Pop” is nie een wat haar onbetuig laat nie! Sy kan lustig terugpraat!

Hy is ook avontuurlik en ondeund. Soms het van sy preke die gemeente laat regop sit. ‘n Keer het ons regopper as gewoonlik gesit toe ons sy preektema verneem: “Hou jy van striptease?” Maar dit was net oëverblindery. Klaar geterg, word dit ‘n verrykende preek – “vintage” Francois.

Anders as sy kollegas, Marius Falck en Hennie Swanepoel, is Francois geen sanger van formaat nie. Maar – het hy sy gemeente by ‘n Pinksterdiens ingelig – hy sing darem self ook, en dan nie met “backtracks” nie; hy sing sommer met sy “eie bek”. Toe sing hy ‘n opgeruimde solo: “Jesus roep my vir ‘n sonstraal, ‘n sonstraal …..”

‘n Sonstraal? Ja-wel, die keuse van liedjie was werklik in die kol. Waar Francois is, breek die son gou deur die wolke. Net so met Riana.

Ek het na die begrip “kluitgeloof” verwys. Die kluit het natuurlik ook ‘n ander simboliese betekenis, naamlik die kluitklap op die kis. Oor Francois kan’n mens nie klaar gepraat wees sonder om te vermeld hoe hy as prediker by gedenkdienste uitblink nie. Hy het die kuns bemeester om met ‘n unieke mengsel van deernis en humor die hartseer naasbestaandes so op te beur dat hulle glimlaggend die kerk verlaat.

Francois, jy moet my ook nog begrawe. Onthou, asseblief. (hvd)

VAN LAG KOM HUIL

More uit Melkbos

Dr. Francois Hanekom laat sy Melkbosse gemeente soms nogal regop sit met sy onortodokse formulering van preektemas. ‘n Week gelede het ons nog regopper as gewoonlik gesit toe ons die tema verneem: “Geniet jy ‘n ‘strip-tease’?”

Natuurlik laat so ‘n buitengewone tema lidmate wonder: wat voer onse leraar dié keer in die skild?

Aan die orde was die storie van Noag, die wynboer, wat te diep in die bottel gekyk het. In Genesis lees ons hoe hy kaal in sy tent sy roes gaan afslaap het, en van sy seuns Sem, Gam en Jafet, se verskillende reaksies op hul pa se verleentheid. Gaan lees gerus maar in Genesis 9: 20 -29 hoe Gam se onverskilligheid hom duur te staan gekom het. ‘n Klassieke voorbeeld van my Ouma Visser se geliefkoosde vermaning: “Van lag kom huil!”

In ieder geval, dr. Francois had nog ‘n “verrassinkie” vir sy gemeente. Terwyl almal nog ongemaklik rondskuif oor wat die “strip-tease“-preek kan oplewer, toor hy ‘n rooi bra en ‘n wit mansonderbroek onder die kansel uit. Njannies. Jy kon as’t ware hoor hoe na asems gesnak word.

Maar dit was sommer net oëverblindery. Klaar geterg, neem die preek ‘n geheel ander wending. Die gemeente luister aandagtig na ‘n oproep om nie mense verbaal kaal te stroop deur hul oomblikke van swakhede vir openbare sensasie te ontbloot nie. Hy haak aan by 1 Korintiers 13 oor die liefde wat alles bedek, en moedig ons aan om in liefde ook so ‘n bedekkende “dak” op te sit oor ander se skades en skandes.

Als in als ‘n mooi, positiewe en verrykende preek.

Oor die amperse misverstand wat die aankondiging van die preektema in die Nuusbrief en elders gewek het, het ek ‘n speelse versie geskryf wat ek, tot sy plesier, vir Francois gestuur het:

Doomnie stel vir ons ‘n wip,
Vra vir ons: Hou jy van ‘strip’?
Ek dink: O wee, hoe sê mens nee?
Toe lei hy ons op ander weë.

Lyk of ‘n nuwe versieskryf-seisoen by HvD aangebreek het. Gisteraand net voordat ek die ligte afsit, kry ek ‘n nuwe “inspirasie” – oor die Noag-stukkie self. Hier’s my Noag-versie vir wat dit werd is:

Gam dag nog hy kan maar lag;
Toe ontwaak No-ag met nuwe krag.
Verdoem, in ‘n felle donderslag,
Meteens Gam’s ganse nageslag.

Hoop ek tas met die kortpad wat dié versie vat, nie eksegeties te ver mis nie!