KOM VAAR SAAM!

Na-Verre-Hawens_Omslag-ENKEL_2019-09-20_highres-500x778Oor die MSC Opera-moles in Venesie, die Oceanosramp, die seerower-aanval op die Melody aan die Ooskus van Afrika … oor elkeen het ek my eie persoonlike storie; ook oor hope ander onvergeetlike vaarte sedert die Union Castle-dae – romanties, avontuurlik, klassiek en nostalgies.

Seevaarte en hawens wat ‘n spesiale plek in my hart het, is die kerntema van “Na Verre Hawens” wat enige dag nou by Naledi gaan verskyn.

Ekskuus as dit onbeskeie klink. Ek dink regtig dis ‘n boek vir elkeen wat lief is vir die oop see, vir elkeen wat al gevaar het of droom van ‘n vaart, Dis ‘n ideale geskenkboek vir vriende wat gaan of wil gaan vaar. 

Die boek, met relevante illustrasies, kos R200. Dis reeds by die drukkers.

ir vooraf-bestellings, hier is die adresse: http://naledi.online/product/na-verre-hawens , tertiaswart@naledi.online of Tertia Swart by 0786488616.