Middag uit Melkbos

Absolute waarde vir geld!

Op George (in George?) was ek en Tokkie nou tuis in ‘n netjiese, gerieflike, moderne, kraakskoon eenslaapkamerwoonstelletjie met allerlei verrassings in die yskas teen R200 per nag. Nee, dis geen tikfout nie.

Spesiale pluspunte: goeie adres, rustige omgewing, hanetree van die hospitaal, minute van die hart van die dorp (stad?).

Vir navrae: Kitty Kruger, 072 2345 355.

Terloops, as dit Donderdag is en jy’s ‘n lid van die kieriekommando, laat vat Mosselbaai toe. Die Kingfisher (op die see) bied op Donderdae ‘n middagete vir pensioentrekkers aan (vis, skyfies en ‘n glasie wyn) teen R29,50. Geen wonder nie daar’s vier sessies al van 11:00 in die oggend af. Almal tjok en blok.

Eet vroeg, eet reg, eet dikwels!

Die beste van als: hierdie wenkies kom met komplimente van HvD. Gratis en verniet! (HvD)

Deel dit: