JOU TROTSE VRIEND
Middag uit Melkbos
In my Tukkiedae (1958-1962) was jy eers werklik ‘n Tukkie sodra jy nĂ¡ die “ontheffing” aan die einde van jou “ienk”-jaar by Grant McKenzies of Uniewinkels vir jou ‘n kleurbaadjie met die “koord van rooi, blou en goud” kon gaan koop.
Soos destyds met die baadjie, voel ek die sertifikaat wat vandeesweek in die pos opgedaag het, maak nou my status as “Vriend van die Voortrekkermonument” amptelik. My sertifikaat soek net ‘n plek teen ‘n muur. Gaan ook my lapelknopie met trots dra. En die lisensieplakker gaan BMW toe.
Wil terloops net noem dat ‘n hele pak sulke sertifikate seker op pad is Beijing toe. Bykans 50% van alle Chinese besoekers doen deesdae die Monument aan, wat hulle as ‘n voorkeurbestemmings in die land ag. Dat Chinese besoekers in ‘n jaar met 45% gestyg het, het juis vir die Monument pas ‘n yslike pluimpie in die sak gebring.
Die VTM het by die China Outbound Travel and Tourist Market in Beijing die goue, algehele prestasietoekenning ontvang as algehele wenner by die skou. Prominente rolspelers in die toerismebedryf in Amerika, Afrika en Europa was teenwoordig.
Vyftig persent van Chinese besoekers kan nie verkeerd wees nie. Geluk, Monument, geluk Sonja Lombard.
Van ‘n trotse “Vriend van die Monument”.
HvD
