WILDE KLEINGOED
Middag uit Melkbos
Hiermee ‘n vinnige klein glimpsie na van die “wilde” kleingoed wat die Laeveldse bos in hierdie geilste van geil somers as ‘t ware oorbevolk.
Bo kom wys ‘n trotse bosnagaap-moedertjie haar nuwe tweeling vir die inwoners van Tarlehoet. Onder is die besoekers Mev. Vlakvark en haar viertjies.
Die Picasa-album van ons memorabele Desembervakansie in Sabiepark is nog in wording. Wees tog maar geduldig, asseblief.
Groete
HvD

