MET PISTOLE BY ONS KOLE

Om ‘n tjoppie agter tralies op die kole te sit met ‘n skietding gerieflike binne bereik klink vir ‘n Melkbosser – ver van die groot misdaadneste – na ‘n nare droom. Dis ‘n nagmerrie wat ‘n siddering deur jou stuur.

Voor die koms van die jaar 2000 al was dit vir sommige in Suid-Afrika ‘n harde werklikheid. ‘n Destydse kollega wat iewers in die Alberton-omgewing gewoon het, het ons hier in die Kaap se monde behoorlik laat oophang met sy mededelings oor die omvattende veiligheidsmaatreels by sy huis – en veral oor sy storie oor hoe hy sy rewolwer saamvat rooster toe.

In 2003 het ek my bundeltjie gepubliseer met oneerbiedige hekelversies oor politiek …tot rumatiek. Die titel is Polisie, Polisie, Ons Reenboog Is geroof!

Vir een versie, Tjoppie agter tralies, het daardie waaksame kollega met die skietding by sy braai die inspirasie verskaf. Dit lui:

Ingehok soos watse gekke
Agter tralies met hoe hekke,
Met pistole by ons kole,
Hou ons dikbek
Ons blink bekke.

Aan daardie kollega en daardie versie dink ek toe ek gister, eergister die volgende lees:

“‘n Bewoner ……… is nie net deurentyd bekommerd dat hy sy eiendom gaan verloor nie, maar leef in ‘n staat van nimmereindigende persoonlike gevaar. Indien hy 500 tree van sy huis af moet beweeg, is dit vir hom noodsaaklik om sy geweer saam te dra. Hy kan nie ploeg, saai of oes sonder sy wapens nie. As hy iets in sy groetentetuin wil gaan pluk, doen hy dit wapen in sy hand. Om deurentyd in sulke angs en kommer te kan oorleef, vereis dat ‘n mens van kleintyd af daaraan gewoond moet wees of onbewus van ‘n gemakliker lewenswyse moet wees.”

Die aanhaling kom uit Jackie Grobler se boeiende boekie Uitdaging & Antwoord – ‘n vars perspektief op die evolusie van die Afrikaners. Dit is neergepen deur John Barrow, volgens Grobler geensins ‘n vriend van die Afrikanerboere nie. Trouens, hy het telkens neerhalend oor hulle berig.

Die “bewoners” oor wie hy met soveel empatie skryf, was die grensboere in die Sneeubrge noord van Graaff-Reinet, wat deur die San bedreig was.

Die jaar was 1798 – meer as twee eeue gelede.

Wat is nuut? (HvD)

KAR KOOP IS NIE PERDE KOOP NIE!

So rofweg 20 keer in my lewe het ek ‘n nuwe kar gekoop. Elke keer was – heerlike anglisisties – ‘n rooiletterdag. Maar dis ‘n anglisisme met ‘n motief. Ek wil die werklike, letterlike rooiletterdag uitkom toe vroulief Tokkie verlede Saterdag haar karneoolrooi Avantgarde 180C K by Mercedes gaan haal het,

Dis natuurlik die spogwa op die foto’s hierbo. Op die boonste foto kry sy haar eerste opwindende loertjie in. Onder is sy agter die stuur terwyl sy sy by die “Taj Mahal” in Century City (so noem verkoopbsbestuurder Henry Uys die indrukwekkende Mercedes- glaspaleis) uitry huis toe.

Die gebrek aan nommerplaat in daardie stadium was met komplimente van die Kaapse “misipaal”. Die rekenaar- netwerk was “af”, soos veral soms. Intussen het die rooie CA 299-047 geword.

Laat my eers dit se: daardie rooi laat ‘n mens se bloed bruis. As die son op hom skyn, verskyn ‘n goue tintel in die donker karneool. En ek WOU vir Tokkie – VIR OULAAS – ‘n rooi kar koop. “Tooi jou in rooi my rooibloedvrou, om my vir altyd aan jou voete te hou…..” (Vir oulaas? Omdat die volgende tjek deur die volgende eggenoot uitgeskryf sal moet word!)

Dat dit ‘n rooie moet wees, het ek en Tokkie dadelik saamgestem. Henry vertel van ‘n ander paar wat gesukkel het om oor daardie aspek konsensus te bereik. Dinge het begin warm raak. Toe gee die eggenoot (heelwat ouer as sy wulpse blonde gade) maar boedel oor: “Give the bitch her red car!”

En van tjeks gepraat. Eendag koop ‘n man ‘n duur vuurwa by Henry. Aan wie moet hy die tjek uitskryf? “Ag, sommer aan Henry Uys,” grap laasgenoemde. Maar toe die tjek kom, toe is dit werklik aan Henry Uys – en dis bankgewaarborg. Het nogal ‘n geskarrel afgegee.

Mercedes se mense weet om van die oorhandiging ‘n okkasie te maak. Dis ‘n lang, liplek-lekker lusmaker. Uiteindelik as die seil met die rooi lint gelig word en die nuwe ryding in al sy glorie daar staan, voel jy soos bloubloed.

Nie almal hou van so ‘n seremonie nie. Veral een manlike koper was kopsku, onthou Henry. Maar “nee man,” het Henry volgehou: “Ons doen die hele ding met ‘n meisie wat uit die koek kom en al.” Op daardie oomblik spring die ou se adamsappel senuweeagtig. “Kry dan maar liewer vir my ‘n Chippendale, asseblief!”

As die kar klaar oorhandig is, kom die geskenkies. Een is in ‘n mooi houer, wat die nuwe eienares (klaarblyklik ‘n kerkmens) nou die dag laat opmerk het: “A, net reg om my Bybel in te sit!”

Maar perde koop. Dat kar koop nie perde koop is nie, beweer ek om twee redes.

Die eerste is dat hulle die goed deesdae so ongelooflik gesofistikeerd bou. Dis ‘n rekenaar op wiele. Ek het simpatie met die ou wat by ontvangs van sy nuwe C-klas moedeloos uitgeroep het: “I’m IT challenged, you know!”. My arme vrou is ook “IT challenged”. Maar sy kan darem al loshande die klankstelsel beheer en flink van RSG na die CD van haar keuse oorglip.

Moet se ek beskou myself nie as buitengewoon “IT challenged” nie, maar ek bewonder haar. Baie van die goeters in daardie handleiding slaan my dronk. Nou die dag wou ons bloot van binneliggies ontslae raak wat bly brand en bly brand. Ek vat toe vol selfvertroue die handleiding. Uiteindelik kom sit ek voor die rekenaar en stuur vir Henry ‘n navraag per e-pos.

Interessant genoeg, bemerk ek toe in die handleiding die beskrywing “cockpit” wat vroeer net met vliegtuie ge-asosieer is. ‘n “Cockpit” is dit deesdae in ‘n kar ook inderdaad – hoewel alle “cockpits” natuurlik ook nie meer “cockpits” is nie.

Dalk het julle ook die tekengrappie iewers gesien van die ou wat by die lugwaardin kla daar is dan net drie vroue in die “cockpit”. Uit die hoogte deel sy hom mee: “It’s not a cockpit anymore, sir. We now call it the box office!”

‘n Tweede rede vir my perdekoop-versugting is hoe ‘n kar se prys eenvoudig bly klim en klim. Jy begin hier, jy eindig daar! Elk keer word ‘n nuwigheid genoem “wat deur ons aanbeveel word”. Elke keer hoor jy in jou verbeelding die sompompie kletter. En hy kletter, broer, hy kletter.

My seun, Johan, stuur juis daaroor ‘n oulike e-pos van ‘n Vrystaatse boer wat ‘n nuwe Merc uitgetrek het. Hy was vies oor al die ekstras wat die prys so opjaag. Later koop ‘n direkteur van “Driepuntster-motors” by hom ‘n koei vir sy naweekplasie. Die boer lewer toe ‘n faktuur: Koei – R2 400; twee kleure (swart en wit) – R150; leer – R100; melkopgaartenk – R50; vier kraantjies – R50; twee horings – R30; outomatiese vlieeplak – R30, ens., ens. Die totaal is R2 490.

Vrystaatse boer, HvD weet presies waar jy vandaan kom!

Ewenwel, Tokkie ry nog voorspoedig – anders as ‘n ander vroulike nuwe eienaar wat sommer by die eerste straathoek in Century City met haar nuwe C-kar voor ‘n vragmotor beland het. (My vriend Toy Vermeulen van Bloubergstrand het met ‘n nuwe Honda dieselde teenspoed oorgekom – net op ‘n ander plek).

Die nuwe Audi TT-Turbo van vriend Ben van Rensburg van Langebaan se dogter, Madeleen, het nie eens die toonkamer gehaal nie. Dit is nog op die afleweringswa so plat soos ‘n pannekoek geval toe die hidrouliese stelsel ingee. Gelukkig het sy nog nie betaal nie!

Maar ek se mos: kar koop is nie perde koop (of koei koop!) nie. (HvD)

KOP OP ‘N PAAL!

‘n Ouma Doer Onder was wild toe drie skurke haar mooi kleindogter verkrag. Sy het haar geweer gegryp, spoorgesny totdat sy hulle vasgekeer het en hulle toe aan flarde geskiet.

Haar visier was gerig presies op daardie kol van die anatomie waar die instrumente waarmee die verradderlike daad gepleeg is, aan die manlike lyf geheg is.

Niks was oor nie.

Haar storie het ‘n ruk gelede op die internet die ronde gedoen. Die verspreider van die e-pos se versugting was: Ons het sulke oumas nodig in SA!

Vandag lees ek in Jackie Grobler se insiggewende boekie oor die evolusie van die Afrikaners, Uitdaging en antwoord, ‘n storie raak wat hom by die kwaai Aussie-ouma se wraak aansluit.

‘n Slaaf, Antony van Mosambiek, het in 1713 sy eienaar, Pieter Joubert, se 14-jarige dogter verkrag.

Hy is wreedaardig tereggestel. Sy liggaam is op vier plekke met ‘n gloeiende tang geknyp, geledebraak (op ‘n wiel verskeur, volgens die woordeboek) en onthoof. Sy kop is op ‘n paal geplaas op die toneel van die misdaad – kennelik om ander slawe af te skrik.

Menseregtekommissie, waar was julle! (HvD)

DIT IS NAG, REGTIG NAG ……

Onder ‘n stukkie van Saterdag se treffende Burger-voorblad oor slapende Slaapstad wil ek vandag ‘n ou grappie ‘n nuwe kinkel gee.

Die ou grappie is:

Wat vir die Engelse werklik nag is , is ‘n plek waar:

Italianers die soldate is,
Duitsers die polisie,
Belge die popsangers,
Swede die komediante,
Grieke die regering vorm,
Spanjaarde die spoorwee bedryf’,
Skotte die kroegmanne is,
Die spraaksame Iere die politici is, en
Nederlands die amptelike taal is.

HvD se nuwe kinkel is die volgende:

Raai, raai wanneer dit regtig, regtig nag is vir Suid-Afrikaners.

‘n Mens sou nogal ‘n gawe lysie kon maak van die duisternis alternatiewe, oor Eskom en so ……..

Maar wag nou, wag nou, HvD, netnou boikot Blade Nzimande jou blog weens anti-ANC-geid!

(HvD)

DIE NEGENDE PLAAG

Die prentjie hierbo is bedoel om ‘n glimlag uit te lok. Om gisteraand omstreeks 23:00 deur ‘n pikdonker Kaapstad van Constantia Melkbos toe te ry, was egter ver van ‘n glimlag-aangeleentheid.

Die Moederstad was soos ‘n groteske karikatuur uit ‘n Hollywood-uitbeelding van ‘n piesangrepubliek.

Soos die negende plaag, het Die Burger dit genoem. En: so donker dat ‘n mens dit kon voel.” Ek is na Eksodus. Daar lees ons oor die negende plaag: “Daarna het die Here vir Moses gese: ‘steek jou hand in die lug op, dan sal dit donker word in Egipte, so donker dat ‘n mens dit kan voel.’ ”

Lyk of daar ‘n Bybel in Die Burger se nagkantoor rondle – bemoedigend!

En komplimente aan die kopskrywer van die hoofberig op bladsy een: Onder Es-kombers.

Wel, ‘n mens kan glimlag oor die humor wat oral uitbroei. Jy kan gefrustreerd of warm om die kraag word.Wat jou die verste sal bring, is om prakties te begin dink.

In daardie verband is die stuk hieronder deur Peta Thorneycroft, ‘n Zimbabwiese joernalis, vir my die beste wat ek nog onder oe gehad het sedert die “negende plaag” ons beet het.

Dit kom, soos die sketsie hierbo, met komplimente van Kobus Bosman, oud-politikus.

Van Peta se wenke wenke val vir ‘n Sabieparker nie vreemd op die oor nie. Sonkrag, batterynes, “inverter” – dis soos ons daar krag opwek, tesame met ons gas, lampolie en kerskrag.

Hier is Peta aan die woord:

What an incredible fuss you South Africans make about a few power cuts.
I happened to lie down next to my battery-operated satellite radio for a nap this week after the season’s only two hours of summer whacked me out. I heard the likeable David O’Sullivan sounding unlikeable. Okay. He was in a rage, so angry he sounded as though he might burst an artery, or the membrane holding his brain in place. About Eskom.

I couldn’t believe my ears. As far as I can remember, in this past week there were only about six cuts, and none longer than five hours. Same thing at the pharmacy: moan, moan, moan.

Then it struck me – for the first time in my life I had really useful knowledge.I do know about electricity cuts and what to do about them.

I know about boilers, paraffin fridges, wicks and lighting the lamps by pumping them hard at 5.30pm.

Please, South African householders, unless you live on more than an acre, don’t get a generator. There will be murder in the streets of Parkhurst, the Berea in Durban and Obs in Cape Town if home owners on tiny bits of land all have generators farting rhythmically through long days and dark nights.

Even small generators use 1 litre of diesel per hour. And they get stolen easily unless cemented in and you need monster ones to do fridges and stoves. Leave generators to Raymond Ackerman and his ilk.

First rule for survival: get a solar panel on the roof, which is connected to an especially large car battery in your house, which is then attached to an inverter, which in turn has a switch that lights up the world.

This system keeps a TV, DSTV encoder, DVD player, mobile and laptop chargers going. And it costs nothing to run. The bigger the battery, the more lights. (Ditch desktop computers today.) It doesn’t do fridges (more about fridges later) and it doesn’t do electric stoves.

Go for gas. Mozambique has 300 years of gas, and the ANC government – even though it chose to do the arms deal instead of electricity – did put in a pipeline for gas from Mozambique. If you live in the older suburbs of Johannesburg phone up the angels (seriously) at eGoli Gas and they will look on the map to see if you have a gas pipe in your street.

If you have, then get connected. Gas geysers also work at a fraction of the cost of electricity if you don’t go for solar-heated water.

Refrigerators are another thing altogether. If you keep the doors shut, a tall one will keep food from going off during a power cut of about 30 hours. A deep freeze lasts about 2,5 days if you don’t open it. Longer than that and the food goes off.

After all, you can shop daily in South Africa. Raymond Ackerman is going to keep the generators running.

Most Zimbabwe-owned supermarkets shut down during power cuts. Only foreign-connected ones such as Spar have generators, or those owned by Zanu-PF chefs (political elite), as they get cheap fuel.

You must conserve power. You have a chance to do this because you still do have commerce and industry. We lost our industry over the past few years, so that sector can’t really help much.We have more or less given up mining. Except, except, and think about this: your mining houses can buy power with foreign currency directly from Cahora Bassa and pay in US dollars, as they are doing in Zimbabwe now. It is a bit more expensive than Eskom, but it keeps the platinum pouring out.

We also don’t have any robots left in our streets, and little traffic, so we don’t have the kind of traffic jams I saw along Jan Smuts Avenue in Jo’burg on Thursday during a power cut. We don’t kill each other in fuel queues, and we don’t have road rage as our roads are mostly gone. Nor do we kill each other in banks, even when there is no money there, or in supermarkets. Well, only very,very occasionally, and only once, over sugar and that was in Bulawayo, which is very far from town.

So bear up, improvise and go get the solar, inverter, battery alternatives, and gas. And you will all survive until you have enough new power sources within eight years, so I hear, and you are not going to be nearly as short of foreign currency as Zim, so can import some power.

But Zimbabwe will recover sooner than South Africa, because our population is in Hillbrow.

Dankie, Peta – stof tot nadenke, en dit uit Harare! (HvD)