Gek na ‘n groen blaartjie.

Die blinkblaar-wag-‘n–bietjie het nie verniet in Engels buffalo thorn nie. Daardie dorinkies kan iou gaffel.

Tokkie vertel graag haar storie oor hoe sy die tweeling, Jacob en Thomas, kleintyd van die boom se geniepsigheid geleer het.  By ‘n kleinerige blinkblaar-wag-‘n-bietjie by die ingang het sy altyd in toegelaat dat die dorings haar mou beetkry.  Dan spreek sy die boom vermanend aan: “Nee, wag-’n-bietjie, ek kan nie nou wag nie. Ek gaan nou saam met Jacob en Thomas stap.” Dan kraai die twee.

Woensdag loop sy toe self ‘n potjie met ‘n klein wag-‘n-bietjie by die watergat.  Sy werfskaf daar met die swembad se skepnet. Effens onversigtig, laat sy die fyn net in kontak met die dorings kom.  Dadelik raak dit verstrik.

Braaihout was sis en hap.

Toe sy dit probeer loswikkel, raak sy nog onversigtiger.  Die dorings gryp eers haar een hand; toe die ander. Daar staan sy toe: ‘n gevangene van die boom. Sy roep om hulp, maar ek kan nie dadelik reageer nie, want ek sit kaalvoet op die stoep.

Ongeduldig – nogal ‘n streep van haar en dalk van die meeste vroue – pluk sy haar hande en die net met een ruk los.  Toe moet jy die bloed sien.  My maag draai behoorlik toe ek haar bereik.

Gelukkig darem ‘n erger-as-wat-dit-lyk-insident.  Maar albei van ons gaan die blinkblaar van nou af met groter respek behandel, dis nou maar wors.

(Dis hoekom Jakob die naam blinkblaar-wag-’n-bietjie borg by die WAT.  Thomas borg jakkalsbessie en Christopher wildevy, )

Likkie, die likkewaan, het weer kom tong wys. (Wonder of dit die een is wat Jacob onlangs met die braaitang verwyder het.) Elke keer leer ons meer van die plat skubbedier met sy lang tong.

Toeskouer op veilige afstand.

Hy wag ons op die stoepmuurtjie in.  Lekker plek om in die son te bank.  Ook lekker naby aan die aartappelbos. Toe ons weer sien, lig meneer homself op en begin aan die enkele blaartjies wat oor is, te knibbel. Klaarblyklik lief vir ‘n groen blaar.

‘n Ander hebbelikheid ontdek ons ook.  Hy skuifel na die hoop braaihout in die lapa toe en kamoefleer hom soos ‘n stomp knoppiesdoring. Mooi kyk om hom raak te sien.  Onthou om volgende keer versigtig te vat,  Kan ‘n ontnugtering wees as die hout begin blaas en na jou toe hap.

Hiënas was tot dusver skaars. Ons het hulle net gehoor. Uiteindelik het ons, ná amper drie weke, weer gesien ook.  Dinsdag net so skrams-skrams en gisteraand drie (‘n ma en twee welpies) in Wildevylaan die Honda se lig.  (Nagapies kom in getalle.)

Aan mensefront: weer lekker gekuier saam met Frik en Martie Nel en met die Le Roux’s van Centurion: Herman, Rina en Frans en Michelle Marais.  Herman het, soos altyd, met ‘n sak vol boeiende plakboeke opgedaag. Sulke kuiertjies raak al hoe kosbaarder soos die lys rek van Sabiepark-vuurgenote wie se name op grafstene uitgekerf raak.   Gustav Hoexter, Leonora Mouton en Winnie Dreyer het ons in kort rukkie ontval.  Lukas van der Merwe (Mnr. Hardekool) is baie siek.

 

Deel dit: