Op ‘n mooi dag mik Postberg toe. Die blommetapyt is skilderagtig, en die Maleise hoenderkerrie by Geelbek vingerlek-lekker.
Goeie advies: gaan vroeg voor die verkeer te druk raak en kruie dan laatoggend Plankiesbaai toe en terug. Die pad is nie oral vyf-ster nie, maar die tonele langs die pad is oor en oor die moeite werd.
Vir ‘n beter beloning kan ‘n mens nie vra nie. Moenie die kamera by die huis vergeet nie!
Ons het Dinsdag selfs ‘n elandtrop van minstens 100 bo die blomme sien uittoring. Wat ‘n gesig!
HvD
