Die kinders kom uit Sabiepark terug met foto’s soos hierdie.

Maandagamiddag braai Johan vir hulle ‘n laaste worsie by die piekniekplek. Toe’s die olifante skielik soos ‘n tampans op ‘n hoender se rug.

Hier’s plus-minus 43, SMS Mariza. Later: “Korreksie, hier was 72!” Maak nie saak presies hoeveel nie; wat hulle gesien het, is indrukwekkend. Ek en Tokkie is jaloers. Baie ander Sabieparkers sal ook wees.

OP my Picasa-bladsye het ek begin met ‘n album oor olifante by die piekniekplek. Klik net www.hennievandeventer.com. Onderaan die tuisblad is ‘n skakel na die Picasa-albums. Die nege olifantfoto’s (fotograaf: Mariza) in die nuwe album is maar net ‘n begin.

Robbie Wessels se Leeuloop het die mense aan’t gons. Toe kry ek ‘n in die nag ‘n ingewing. Hier’s my nagversie – titel Leeuloop.

Satan loop rond

soos ‘n leeu wat brul,

boeta, dis ‘n leeuloop

met ‘n enorme verskil.

Ou Robbie se leeuloop

is net vermaaklik … of laf,

die Bose se leeuloop

spel die ewige straf.

Spits dus jou ore,

hou jou oe wawyd oop:

kan ‘n mensvreterleeu wees

wat daar loop, wat daar loop ….

Mooi loop!

HvD

Deel dit: