Die Pendennis

Die Pendennis

In die posboot-era 50 jaar gelede is ‘n skip soos die Pendennis Castle as ‘n “tamaaie” skip gereken. Hoe ver van “tamaai” die “tamaaie” skepe van ‘n klompie jare gelede was teenoor die drywende plesierpaleise van die dag, bring ’n vergelyking van tonnemaat tuis.

In “Na verre hawens” noem  ek dat die Pendennis (foto een) ’n skip van 28 582 ton was. Die MSC Musica (foto 2), maar net ’n medium-plesierboot in die MSC-vloot – of “cruise ship” – wat al in 2006 gebou is en in die somerseisoen van 2018/19 in Suid-Afrika bedrywig was, is ’n lywige 92 409 ton – meer as drie keer groter!

MSC se nuwe vlagskip, die MSC Bellissima, is 171 598 ton. Royal Caribbean International se reusagtige Symphony of the Seas, die wêreld se grootste, is ’n verstommende 228 081 ton! Ek sit ook foto’s op van die Constellation (foto 3) en die Oceanos (foto 4) waarvan in Na verre hawens vertel word en wat op hul tyd as groot skepe gereken is. Hulle lyk bra plat teen die drywende hotelle van vandag met hul multiverdiepings. 

*Die boek behoort eerlank by boekwinkels te wees. Dit is ook direk aanlyn te koop by www.naledi.online. 

 

Die MSC Musica

Die MSC Musica

Die Constellation

Die Constellation

Die Oceanos

Die Oceanos 

Deel dit: