Vir wat dit werd is, kan ek meedeel dat Buurman van die Wildtuin nou in Engels op die internet sy buiging gemaak het. ‘n PDF-weergawe van Next door to the Kruger word op Tony Roocroft’s Book Store for Wildlife & Related Books aangebied (teen $15,00 nogal).

Op die kuber-rakke van daardie boekwinkel is nou die volgende uit die Tarlehoet-stal:

Next door to the Kruger (net pdf)

Buurman van die Wildtuin ( boek en pdf)

Mayafudi – memories of an elephant (boek en pdf)

Die pad boekwinkel toe loop deur een van die volgende vier webwerwe:

www.krugerview.co.za

www.mayafudi.com

www.sabiestories.com

www.greathunters.com

Klik net op ene en dan op die regte “click here” en… siedaar!

Dis natuurlik Next door se pdf-“buiteblad” op die foto. Orin Scott se oulike ontwerp vir Buurman is net so ietwat aangepas.

George Holloway, 82-jarige mede-Melkbosser, is vir die vertalings verantwoordelik. Rina Koen, ex-Mweb en in die jare sewentig vroueredaktrise van Die Volksblad, het met die finale taalversorging reusewerk gedoen.

Tony Roocroft (bekend as die pond professor) en Priscilla (zuluprincess) is verantwoordelik vir die pdf”s en die webwerwe hierbo genoem.

Hiermee graag ‘n buiging in daardie vier se rigting.

Hoop maar die mense koop nou die “blerrie boeke” – om Nataniel se woorde te leen. – al is dit net ter wille van al die medewerkers vir wie ek vrug op hul arbeid gun.

Groetnis

HvD

Naskrif: Doen julleself die guns en besoek Tony se webwerf www.thekruger.com – dis ‘n fees vir Wildtuinliefhebbers.

H.

Deel dit: