More uit Melkbos

My vriend Kobus Bosman, oud-politikus, is ‘n kranige fotograaf met ‘n rits salonpryse en eerbewyse vir spogfoto’s wat hy geneem het.

Hy bel vroegoggend van die Krugerhek van die Wildtuin. Hy deel mee hy wil by die voelskuiling Lake Panic gaan tyd deurbring. Hy soek ‘n kuifkop-visvanger (die malekite in Engels) met ‘n seer hart.

Wel, ek het in Julie by Lake Panic ‘n kuifkoppie afgeneem wat my nogal plesier gee.

Hier’s hy ….. hoop jy kry ook so ‘n mooie, Kobus! (HvD)

Deel dit: