Entry for January 21, 2008
INHOUD
Webjoernale (blogs) het die laaste paar dae kort op mekaar se hakke gevolg.
Hier is die jongste vier:
21 Januarie: Neem Ta’ Hessie se wit perd gerus maar met ‘n blokkie ys. Gesondheid op ‘n stout kleuterliedjie!
20 Januarie: Stampe en stote van ‘n redakteur in die 80’s – HvD se voorlegging aan die WVK.
19 Januarie: Groot ure langs Buffelsbaai se (soms maar sukkelende) vure – ‘n nostalgiese terugblik op ons idilliese vakansieplek vir meer as twee dekades (en die verhaal van die blondine, die Old Brown-sjerrie en ‘n “baaisiekel”.)
20 Januarie: Die Toring van Pisa – of van Pissa? Verknoeide name – ‘n doodsonde!
(Sulke “inhoudsopgawes” sal voortaan van tyd tot tyd verskyn om lesers hul weg deur HvD se blogs te help vind. Welkom hier!)