Die “kroeg” is toe vir die volgende 48 uur of wat. Geen nuwe joernale sal oor die naweek gelaai word nie. Lesers word egter steeds met ope arms verwelkom, soos ook op my en Tokkie se webwerf www.hennievandeventer,com

Die varsste naweek-leesstof hier op HvD se Blog bestaan uit die volgende:

* Twee bydraes oor “senior oomblikke” volgens my eie positiewe definisie – dat ‘n “senior oomblik” eintlik ‘n helder, slim, raakvat- oomblik is;

* M vir Meyer – Deon Meyer: ‘n Blik op die knap, enigmatiese spanningskrywer van Melkbos wat, in die woorde van Marita van der Vyver, al ‘n internasionale verskynsel geword het;

* Wat maak ‘n man met sy armsvol ou dasse? As jy HvD is, is jy te sentimenteel om hulle prys te gee;

* Tien goue jare – ‘n “re-unie” van dieselfde kollegas wat 10 jaar gelede op my afskeid die aand van 18 Februarie 1998 in die Mount Nelson saam aan die tafel was ;

* Met pistole by ons kole – ouens wat braai met ‘n braaitang in die een hand en ‘n skietding in die ander.

Blog-lesers met baie tyd en die inklinasie daarvoor kan met plesier aanhou terugblaai en terugblaai so ver hulle wil. Kliek net telkens op die Next-skakel om die volgende gerf joernale oop te maak. Die joernale op HvD se Blog trek nou by nommer 110.

Lekker naweek – ook vir die Bulls, Cheetahs, Lions en Stormers! (HvD)

Deel dit: