Middag uit Sabiepark

Darem nie net olifante by die pieknieklek gesien hierdie vakansie nie. Minstens ses troppe buffels het kom water drink in die Sabie. Hierdie foto’s is van die laaste besoek. My raaiskoot was 200, party Sabieparkers het gewonder of dit nie nader aan 300 is nie. Die foto’s laat nie reg geskied nie. Hulle was te versprei vir een indrukwekkende massatoneel – veral met ‘n langlens.

(hvd)

Deel dit: