Die foto van die kroeg wat nie oop is nie omdat hy toe is, is ongelukkig nie sonder relevansie – ten minste op die kort termyn – vir hierdie geselsie uit Melkbos (of Sabiepark) nie.

Twee verwikkelinge moet meegedeel word:

Die eerste is dat ons jaarlikse hibernasie in die bos more aanbreek. Dit word voorafgegaan deur ‘n vlugtige Natalse draai via Swaziland. Moenie ‘n vars blog verwag voor na 20 Junie nie.

Die tweede verwikkeling is, wat my betref, sorgwekkender. My huidige blogtuiste, Yahoo 360*, word naamlik gesluit, en ‘n ingewikkelde verplasing wag wat waarskynlik nie sonder adres-implikasies gaan wees nie.

Presies wanneer die groot trek gaan gebeur, weet ek nie, maar dit kan wees dat hierdie inskrywing die laaste in huidige formaat by www.hennievandeventer,com/blog.html sal wees. Die volgende kan dalk iets wees soos: www.hennievandeventer.com/my blog of selfs myblog@hennievandeventer.com en heelwat anders lyk.

Jammer, vir die ongerief. Dit kan vir niemand meer pyn verskaf as vir hierdie gefrustreerde blogskrywer nie.

Sodra duidelikheid bestaan, sal die blog-skakel op die tuisblad van my webwerf, www.hennievandeventer.com, die verandering weerspieel. Hou dus maar daar dop, asseblief.

As by Yahoo ‘n totale deurmekaarspul ontstaan, kan HvD se stukkies nog by Litnet gelees word. Google asseblief Litnet, skakel op Blogs en soek na my blog. Sy naam is Uit Melkbos.(sonder aanhalingstekens).

Dit spyt my waternat! Dankie vir geduld!.

HvD

Deel dit: