Donovan Marx en sy vrou, Louise (Foto: Netwerk24).

Deur die beskaafde wêreld trek ‘n siddering van skok oor die marteling wat Donovan Marx (50), boer van Noordwes, Woensdagoggend in ‘n wrede plaasaanval tussen Potchefstroom en Ventersdorp te beurt geval het.

In koerante, op TV-skerms en in radio-nuusbulletins oral word prominent en in besonderhede berig oor hoe sy ore tydens die aanval afgesny is.
Oor hierdie golf van slegte publisiteit vir die land en die wye afkeer oor die wandaad kan hierdie keer nie verwyte rondgeslinger word teen mense wat “stories” oorsee gaan vertel of op ander wyses die aandag op die voortslepende geweldpleging teen boere, hul naastes en meermale ook lojale arbeiders vestig nie.
Dit is die boosheid van die barbaarse daad self wat ver buite Suid-Afrika se grense weergalm en die weerstand teen sulke opruiende haatdraendheid soos in die aanstootlike “Kill the Boer”-lied in konteks plaas.
Die owerhede en magte wat hulle blind hou vir die aanslag op die land se boere kan maar weet dat hul stilswye en geduld met sulke misdade bydra tot die prys wat Suid-Afrika daarvoor betaal en nog gaan betaal
Deel dit: