Die hoogtepunt van die Suid-Afrikaanse ludiens se viering van “50 goue vlugjare” in 1984 was ‘n reuse-galabanket vir 4 500 gaste in ‘n enorme Boeing-loods op die lughawe Jan Smuts, soos die O.R. Tambo destyds bekend was.
‘n Onvergeetlike Mimi-moment het vir ‘n roerende slot gesorg. Die nuus van Mimi se dood het my dadelik daaraan laat dink: die massatablo van militêre orkeste en SAL-kapteins voor ‘n skitterblink Boeing 747 en die nimlike Mimi wat voorgaan met die sing van “Die Stem”.
Die goue stem van Suid-Afrika wat “Die Stem” van Suid-Afrika met onverbloemde trots sing saam met daardie indrukwekkende orkeste – dit was ‘n fiere klank, waarlik ‘n “magtige dreuning”, wat die haartjies op op jou voorarms laat regop staan het. ‘n Skouspelagtige einde van ‘n skouspelagtige aand.
Die gala-banket was op 23 November 1984 – asemrowend in omvang en eksieperfeksie in uitvoering. Jan Smuts se nuutste loods, ‘n kolossale struktuur van derduisende vierkante meter wat staanplek vir twee Boeing 747’s en ‘n rits kleiner vliegtuie bied, is as onthaal-area ingeruim.
Die gaste wat van oral ingevlieg is, het aangesit by keurige tafels met spierwit damask, die fynste kristal, silwer en porselein. ‘n Span lugwaardinne in wasige wit uitrustings wat wolkies uitbeeld, het hulle verwelkom. ‘n Personeelkorps van 1 000 het gespring om alles te laat vlot.
Die Amerikaanse ruimteman Buzz Aldrin, vlieënier van die eerste maanlandingstuig tydens die Apollo 11-ruimtesending, was die eregas en dr. Anton Rupert die hoofspreker.
Op die spyskaart was ‘n seleksie van seekosse, ‘n rojale vleisverskeidenheid – veral hope wildsvleis (elandfilet, springbok en volstruis) om buitelandse gaste gastronomies te oorrompel – groente en vars vrugte vir Afrika, kraakvars broodjies uit die oond, en allerlei uitsoek-lekkernye soos ganslewer, eksklusiewe kase, koek, roomys en sjokolades.
Fynproewerwyn vir elke smaak – die beste uit die voorste kelders in die Boland – was volop, en ook vir elke tafel sy toegewysde kelners, ‘n hele garnisoen van weermagrekrute.
Alles die beste wat Suid-Afrika kan bied. En dan was daar Mimi natuurlik.
Die hoogtepunt van die Suid-Afrikaanse ludiens se viering van “50 goue vlugjare” in 1984 was ‘n reuse-galabanket vir 4 500 gaste in ‘n enorme Boeing-loods op die lughawe Jan Smuts, soos die O.R. Tambo destyds bekend was.
‘n Onvergeetlike Mimi-moment het vir ‘n roerende slot gesorg. Die nuus van Mimi se dood het my dadelik daaraan laat dink: die massatablo van militêre orkeste en SAL-kapteins voor ‘n skitterblink Boeing 747 en die nimlike Mimi wat voorgaan met die sing van “Die Stem”.
Die goue stem van Suid-Afrika wat “Die Stem” van Suid-Afrika met onverbloemde trots sing saam met daardie indrukwekkende orkeste – dit was ‘n fiere klank, waarlik ‘n “magtige dreuning”, wat die haartjies op op jou voorarms laat regop staan het. ‘n Skouspelagtige einde van ‘n skouspelagtige aand.
Die gala-banket was op 23 November 1984 – asemrowend in omvang en eksieperfeksie in uitvoering. Jan Smuts se nuutste loods, ‘n kolossale struktuur van derduisende vierkante meter wat staanplek vir twee Boeing 747’s en ‘n rits kleiner vliegtuie bied, is as onthaal-area ingeruim.
Die gaste wat van oral ingevlieg is, het aangesit by keurige tafels met spierwit damask, die fynste kristal, silwer en porselein. ‘n Span lugwaardinne in wasige wit uitrustings wat wolkies uitbeeld, het hulle verwelkom. ‘n Personeelkorps van 1 000 het gespring om alles te laat vlot.
Die Amerikaanse ruimteman Buzz Aldrin, vlieënier van die eerste maanlandingstuig tydens die Apollo 11-ruimtesending, was die eregas en dr. Anton Rupert die hoofspreker.
Op die spyskaart was ‘n seleksie van seekosse, ‘n rojale vleisverskeidenheid – veral hope wildsvleis (elandfilet, springbok en volstruis) om buitelandse gaste gastronomies te oorrompel – groente en vars vrugte vjr Afrika, kraakvars broodjies uit die oond, en allerlei uitsoek-lekkernye soos ganslewer, eksklusiewe kase, koek, roomys en sjokolades.
Fynproewerwyn vir elke smaak – die beste uit die voorste kelders in die Boland – was volop, en ook vir elke tafel sy toegewysde kelners, ‘n hele garnisoen van weermagrekrute.
Alles die beste wat Suid-Afrika kan bied. En dan was daar Mimi natuurlik.ir
Vir wie meer wil lees oor daardie skouspelagtige aand: https://www.netwerk24.com/…/hennie-van-deventer-die-sal…
********************************
GÊ EN MIMI EN GAPENDE GULP
Met ‘n openingsaand van die operette Die Fledermaus in die Aula in Pretoria was tussen Mimi Coertse (Rosalinde) en Gé Korsten (Gabriel von Eisenstein) ‘n prettige toneeltjie wat nie in Johan Strauss II se libretto was nie. Dit het die hele saal laat uitbars van die lag.
Ek het die storie nie tweedehands gehoor nie, maar uit Gé se eie mond in ‘n onderhoud vir Beeld se rubriek Onder vier oë in 1978 /79 rond. Mimi, had nogal ‘n vonkelende humorsin. Ek glo sy sou die episode met meer as net ’n tikkie plesierigheid onthou het.
Gevra na ongemaklike oomblikke op die verhoog, het die geliefde sanger my onder meer die storie vertel. Dit het so gekom: Op een plek in die operette moet sy karakter ‘n bietjie oefeninge doen voordat hy tronk toe gaan. Dan kom Rosalinda in en vra: Wat maak jy nou?
Toe Rosalinda (in dié geval Mimi Coertse) met hom begin praat, kom hy agter sy kyk so grootoog na die middel van sy lyf en wys-wys.
Sy hele rits was gapend oop; die wit van sy hemp was al wat hy gesien het. Dit was ‘n bietjie ongemaklik so op ‘n openingsaand, volgens Gé, maar gelukkig is dit ‘n geestige operette. Hy het doodluiters sy rug gedraai en gewys hy maak nou toe. Toe lag almal te heerlik saam.