Noem hierdie ‘n allerlaaste toegif.Aan die einde van ”Koerantkamerade” (Naledi, 2021) was ‘n stuk onder die hofie ”Die gordyn sak”. Dit was bedoel as my tot siens as skrywer.
Maar as jy miere het, het jy miere.
Daarna het by dieselfde uitgewer gekom “Elke dag ‘n mooi nooi en ‘n moord” ( 2023) en by Protea “Bure van nature”( 2021).
Ook twee private publikasies: “Koerant80” (2021 ) en “Water wat verby is” (2024).
In Augustus / September rond maak “Wag-‘n-bietjie –Stories wat gryp” sy buiging by Naledi. Dis vol koerantestories. Aangeheg is die Inligtingstuk.
Dit is regtig die allerlaate toegif, dink ek, hoop ek. ‘n Respektable 84-jarige moet immers tot ruste kom en liewer vir die see sit en staar as om hom ure der ure komrug voor die rekenaar tuis te maak. Of hoe?