Welkom by HvD se Webwerf
Gaste word met ope arms verwelkom by Hennie en Tokkie se webwerf Loer binneNuwe Blogs
Kyk onder 'BLAAI SAAM' bo
Gebruik die ‘menu’ heel bo om ons webwerf to navigeer
Welkom by ons Tuisblad!
- Lees resensies en lesersindrukke van boeke uit my pen tot en met nommer 22, “Koerantkamerade” (Litnet, 2021). Klik op die skakel Boeke.
- Kom loer in by ons Bosveld-paradys Sabiepark en op Melkbos – ware plekke van melk en heuning. Skakels: Bosveld, Melkbos.
- Kyk saam na die album van ons Drie Bakenfees (my 75ste, Tokkie se 70ste en ons goue bruilof) op 26 Maart 2016 in ons “tent van samekoms” op Melkbos se grasperk (fotograwe: Jacob en Thomas Claassens). Skakel: Tentfees.
- Kry ‘n prentjie van ons karre en ons huise deur die jare.Skakels: Motors/Huise.
- Kom vaar saam met die Van D’s op die manjifieke QM 2. Skakel: Kom vaar saam.
- Maak kennis met Witnek, ons (gewese) Sabieparkse duikertjie Skakel: Witnek.
- Lees oor my nuwe e-boek oor die olifant Mayafudi, Spore in die bos. Luister na die inspirerende ELEPHANT SONG. Skakel: Mayafudi.
- Maak kennis by met HvD se kerk-memoires – die beskeie begin en einde van ‘n abortiewe boek oor my verbintenis met die NGK. Skakel: Kerk.
- Kry ‘n volledige lysie van HvD-titels. Skakel: Boeke.
- HvD en die WVK, Skakel: HvD en die WVK.
- Wie is HvD? Lees die profiel vir die webblad Mediamense.Skakel: Hoogtepunte.
- Wie is Tokkie? Sy swaai die septer – met CV en al. Skakel: Tokkie. .
- Vir ‘n “selfportret” besoek die skakel die Ware Jakob.
Klik op die verwante fotos om meer te lees..
Einde van era
Op Saterdag 7 Augustus 2020 het Volksblad vir oulaas as papierkoerant verskyn. ‘n Ikoniese gewel verdwyn uit die galery van hoofstroomkoerante. Volksblad skuif in ‘n nuwe gedaante op ‘n digitale syspoor onder die sambreel van Netwerk24. ‘n Hartseerdag!
Wiele
Die Van Deventers se wiele deur die jare kan besigtig te word deur op die foto te klik (Die X1 staan van 15 Januarie af in my motorhuis)
Tentfees
Foto’s van ons tentfees op 26 Maart 2016 ter viering van my 75ste, Tokkie se 70ste en ons goue bruilof op 31 Desember.
Kom vaar saam
‘n Onvergeetlike vaart op hierdie skip van prag, praal & styl. Tokkie op die dek by die kenmerkende rooi reuseskoorsteen van Cunardskepe
Ek-bril
Ek betrag my 50 jaar by koerante deur ‘n – natuurlik uiters bevooordeelde – ek-bril.
Sabieparkkuiers
KRONIEK van die lief en leed van nege Sabieparkkuiers saam met Oupa en Ouma.
HvD en die WVK
“Afrikaanse koerante het hul plig gedoen.”. Getuienis van o.m. doodsdreigemente vanuit die ver-regse AWB.
Ons luiperd
Luiperd maak haar tuis op Tarlehoet se stoep. Dag en nag vir twee dae lank. Caroline Pols van Gecko het die verrassing op die lyf geloop en die foto’s geneem.
Huise
Van Babanago af tot nou op Melkbos was daar nogal heelwat huise in die Van D’s se lewe. Meer as waarvan ons foto’s het. Klik op die foto
HVD SE BOEKE – VAN ‘SCOOPS’ (1993) TOT ‘ELKE DAG ‘N MOOI NOOI EN ‘N MOORD’ (2023)