PLETTERVAT!

Middag uit Melkbos

Hoe’s daai vir ‘n plettervat?

‘n Troppie rooibokke kry snuf in die neus; sit op loop en loop hulle vas in die luiperd se hinderlaag. Hierdie unieke foto en nog ‘n hele reeks, die een so manjifiek soos die ander, verskyn in die someruitgawe van “Wild”. Die fotograaf is Martha van Rensburg. Die plek is iewers in die Kruger, vermoed ek.

Daar’s ook ‘n video op You Tube van hierdie skouspelagtige duikslag.

Absoluut asemrowend!
(hvd)