IN DIE KOL

Middag uit Melkbos

In sy gewraakte “wens-hy-sterf”-toespraak het Jonathan Jansen ook ander merkwaardige uitsprake gelewer.

Oor die kawolt op die Ikey-kampus oor die peiling rakende die aantreklikheid van rasse laat hy hom, volgens berigte, soos volg uit: “Wat de f*k het die student gedink? Oh my God! As sy een van my studente was, het sy baie groot moeilikheid gehad.” Daar word nie ontken dat dit sy presiese woorde was nie.

‘n Rektor wat so padlangs met ‘n gehoor van 250 jeugleiers van oral praat? Ek vind dit heel vreemd, en nie juis op peil vir ‘n meningvormende akademikus nie.

Volksblad se spotprent is in die kol. (HvD)