KONING VAN KWINKSLAE IS 80

Ollie (links) en HvD (regs) aan Die Volksblad se subtafel in die jare 60 . Wat 'n staatmaker was hy in daardie stoel nie!

Ollie (links) en HvD (regs) aan Die Volksblad se subtafel in die jare 60 . Wat ‘n staatmaker was hy nie in daardie stoel nie!

O liewe magtig, o allakragtig,  die Koning van Kwinkslae is  more tagtig!  Hartlik geluk, Ollie Olwagen, of Goëthe Olwagen , as ‘n mens nou formeel wil raak.

Olllie bereik more, 6 Junie, die magiese syfer waarvan Die Bybel so ‘n mooi woord spreek as hy die ouderdom onder loep neem.

 Ek het Ollie in die 50’s as sub by Die Volksblad leer ken. Hy was verstrooid maar briljant – ‘n kopskrywer (skrywer van opskrifte) soos ek nie weer na hom gesien het nie . Later by Huisgenoot is hy  met Naspers se Piet Cillié-prys vir kreatiwiteit vereer.  Hy was waarskynlik die kreatiefste Nasperser van sy era en het daardie prys  – ook groter erkenning – deur en deur verdien.

‘n Keer by Die Volksblad was op bladsy een vir absoluut net ‘n kort eenreëlkop plek vir ‘n stoepberiggie op die voorblad oor die prima ballerina Margot Fonteyn, wat ná ‘n opvoering onder die blomme toegegooi is. Ollie se skepping: “‘n Blom-Fonteyn”.

Moshe Dayan, die bekende Israelse politikus met ‘n oogklap, was lief vir oudhede. Bo ‘n artikel oor daardie voorliefde in Huisgenoot was Ollie se kop: “Moshe het ‘n oog vir oudhede”. Ene L Otto wen die Lotto. Ollie se kop: “Van K…erkmuis tot L…otto”.

Niemand kon in sy loopbaan by hom kers vashou as dit kom om met woorde te speel nie.  Ollie was inderdaad iemand met ‘n kop vir koppe … of, soos ‘n ander kollega dit gestel het, iemand wat sonder veel kopkrap goeie koppe kon skryf. Niemand kan steeds by hom kers vashou as hy op Facebook sy slimmighede uitstort en sy woordvaardigheid vertoon nie

Hy is die vader van Mieliestronk op CD –Rom – die so onontbeerlike hulp met skooltake wat derduidende kinders (en grootmense!) seker al moes geraadpleeg het. Hy is ook die vader van vele blokraaisels wat in SA publikasies verskyn.

Sy jongste missie is om wikipedias van senior oud-kollegas op die internet te plaas. Gaan kyk gerus na Ton Vosloo se wikipedia. Mooier kan daar nie wees nie.

Want daar is net een Ollie Olwagen. Punt.

KO LAT ONS SING …

More uit Melkbos

Die liedjies wat ons gesing het toe ons nog jonk was. Van die heel bekendste is liedjies soos You are my sunshine, She’ll be coming round the mountain when se comes, She stepped into the water and so got her ankles wet en so aan. Meesal met vindingryk aangepaste woorde.

Herinneringe oor die sentimentele onderwerp is die afgelope paar dae op Facebook opgediep. Steve Botha het die bal aan die rol gesit. Ek en andere het daar saamgesels. Wil graag hier uitvoeriger doen.

Ek het op FB geskryf: Dink ek aan liedjies, dink ek dadelik aan my vriend Piet Henning van Louis Trichardt (voorheen Makhado) wat in 1958 met ‘n besonderse liedjieskat van St. John’s College in Johannesburg af in Kollegetehuis. Tuks, opgedaag het. Ons was saam ienks of eerstejaars.

Liedjieboer Piet se “songs” was in die algemeen slimmer, ouliker, oorspronkliker, verfynder en … gewaagder … as Die maan skyn so helder op my p…. en so aan voort wat ons Wes-Transvalers gesing het as ons van Potjiesdorp na plekke soos Klerksdorp, Lichtenburg en, ja, Ventersdorp reis om op die sportveld kragte te meet.

(Ons het ook gesing Valencia, wie de hel het jou vertel die Jood se neus (sic) het nie ‘n vel… en Tekkies laat jou voete stink, Brasso laat jou stêre blink op die maat van Pale Toe – taamlik “voorstedelik en banaal”, in Paula se woorde. )

Daarteenoor het Piet se repertorium gesofistikeerde liedjies soos hierdie ene van St. John’s se buurskool, die meisiekool Rodean, ingesluit: “We are the girls from Rodeon High, we take pride in our virginity; we take precautions by having abortions, we are the girls from Rodean High.”

Van Piet se liedjies weerklink soms nog by Tarlehoet as ’n klompie Kollegemanne soos vanouds saamkuier. Net, nousedae gaan dit darem heelwat stigteliker! Omdat baie van die woorde in die vergetelheid geraak het, klink dit meermale soos ’n minder harmonieuse neuriekoor.

Een Piet-lied wat voorleef, The Ball at Kerriemuir, lui so: Four and twenty virgins came down from Inverness, and when the ball was over, there were four and twenty less. . . . Oor daardie deel struikel die “kampvuursangers” soms.

My ervaring is dat hulle die akrobatiese doen en late van ene Mrs McGinty in dieselfde lied egter uitstekend onthou: Mrs McGinty, she was there; she kept us all in fits, by jumping off the mantlepiece and bouncing off her t**s.

Ons sing ook graag nog Way down in Arizona where the doggies shovel coal, a doggie shovels shovels up another doggie’s hole. ’n Tweede strofe kan selfs (baie) verlangs op ’n “bostema” aanspraak maak: Way down in Arizona where the birdies pick up grass, a birdie picks a feather from another birdie’s a**e.

Voëls maak ook hul buiging in die “koor” van die ietwat weemoedige Quarter Master Stores: My eyes are dim, I cannot see, I haven’t brought my specs with me . . .

Later word uitgewei oor met watter moeite elke soort voël haar eiers lê: And now ladies and gentlemen, we come to the kee-kee bird . . . the ostrich . . . the ooh ah bird. . . . Laasgenoemde uiter na die verskriklike inspanning van die eierproduksie net ‘n verligte oe –aaa.

Gaudeamus igitur …. (hvd)