Witnek se storie in Huisgenoot, 29 Maart 2007

‘n Ruiker vir ‘n Duiker

Die verhaal van Witnek- 2001 tot 2007

Witnek, die duikertjie, het skielik in ons lewens gekom. Eendag, so ses jaar gelede, het hy  maar net van nêrens by die voëls se drinkbak onder die saffraanboom opgedaag. Ons kon aanvoel dat die jong rammetjie die vrede nie vertrou nie. Hy het ongerus rondgeloer. Sy kloutjies het gespanne getrap-trap. Die sametrekkings op sy blad was ‘n teken van senuwees wat tot die uiterste gespan is.

Die bokkie het ons twee keer laat kyk. Aan sy nek was die onmiskenbare begin van ‘n wit V in sy bruinerige vel.  Elders aan sy lyf was verskeie wit spikkels. Dié kenmerk het hom  onderskei van ander duikertjies wat in Sabiepark, ‘n private natuurreservaat teenaan die Kruger-Wildtuin, ‘n tuiste vind. Witnek was ook anders as enige duiker wat ek al oorkant die Sabierivier in die Wildtuin self waargeneem of in ‘n diereboek gesien het.

Ek het suutjies my kamera in die huis gaan haal en van agter ‘n stoeppaal op die buitengewone bokkie korrel gevat.  Toe hy uiteindelik rustig raak en dit waag om sy kop by die aanloklike skoon water in die voëlbad te laat sak, het ek my eerste foto van Witnek geneem.

Min het ek en my vrou, Tokkie, geweet dat dit die begin is van ‘n lang, hegte mens-bokkie-verhouding, en dat ek oor jare nog dosyne foto’s van “ons duikertjie” sou neem. Altyd presies op dieselfde tyd op dieselfde plek. Al verskil is dat die V deur die jare net al hoe prominenter en witter geword het. Witnek, die jong bokkie, het langsamerhand in ‘n regte gryse oupatjie verander. Deesdae is “ons duikertjie” se hele nek spier-spierwit. Ook op sy bors, pens en blaaie slaan die wit sterk deur.

Duisend dae langs die Sabie

“Duisend dae langs die Sabie” Hennie van Deventer se nuwe bosboek, bevat ‘n kleurryke weergawe van ‘n duisend dae se herinneringe aan sy bosplek, Sabiepark, karaktervolle klein buur-reservaat van die grote Krugerwildtuin. Die skrywer het op 35 bosvakansies in 12 jaar 1 000 dae daar deurgebring.
Daar is ‘n hele hoofstuk oor die Krugerwildtuin Gemeente onder die opskrif : Kerk Innibos.
Die boek beslaan 212 bladsye, kos R145 en kan bestel word deur ‘n epos te stuur na hvandeventer@mweb.co.za

HvD se Boeke
Deel dit: