Image (4)-001‘n Brief oor die inploffing van die Bird Island-boek is vanoggend deur Beeld ‘n groot eer aangedoen met ‘n verwysing bo langs sy mashoof. In my 78 jaar het ek nogal ‘n hele klompie koerantbriewe geskryf.  Geeneen is voorheen so prominent aangebied nie.

Die lyn tussen spog en goeie nuus deel, is maar dun. As dit na spog lyk, ekskuus.  Maar dankie, Beeld, nie ter wille van my nie, wel ter wille van die waarheid en geregtigheid. Die brief lui:

Vier, nee vyf, spykers is nou in die doodkis van die “Bird Island”-boek gekap.

In drie onafhanklike ondersoeke is tot dieselfde slotsom gekom:  geen bewyse teen die beswadderde oud-ministers nie; ernstige vrae oor die integriteit van die beswadderaars.

Die ondersoeke was deur ‘n senior oud-speurder Wouter de Swart namens die Menseregte-stigting, Jacques Pauw, bobaas-  ondersoekende joernalis,in Vrye Weekblad  en ervare Derek Watts van die deurdringende M-Net-program “Carte Blanche” – nie liggewigte nie.

Barnard Beukman, redakteur van “Beeld”, het die boek bestempel as “waarskynlik ‘n laagtepunt in die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf”. Sela.

Die vyfde spyker was, ironies, ‘n “eie doel”.   “Ons het geen konkrete getuienis dat enige van die drie ministers enige slagoffer seksueel aangerand het nie,” het die selferkende rampokker wyle Mark Minnie vier dae voor publikasie in ‘n e-pos aan sy meelopers geskryf.

Desondanks is blindelings volhard om die versinsels te publiseer.  Paar dae later het Minnie homself doodgeskiet nadat hy hom klaarblyklik eers self wou ophang.

Die sogenaamde polisie-ondersoek word nou deur mense agter die boek as rookskerm opgewerp. Maar watter polisieondersoek? Net een moontlike “verdagte” is nog in lewe: Barend du Plessis.  In agt maande het niemand van die polisie by hom opgedaag om sy storie te hoor nie.

O gits, Chris (Barlow)-Steyn. O gits, Maryna Lamprect.

  • LogoDiegene wat nie na die Carte Blanche- program van 7 April 2019 kon kyk nie, kan net op hierdie skakel kliek om dit nou te doen.

 

 

 

‘n

Deel dit: