AIKONA VIR OOP VOORDEUR
Lande sluit hul grense om hulle te beskerm teen vreemdelinge wat wetend of onwetend die Covid-19-virus kan binnebring. Die Kaapstad-Metro verwag – nee, eis – dat belastingbetalers hul voordeure oopgooi vir wildvreemde kontrakteurs wat nuwe koopkragmeters moet kom...
GOUE SEUN NIC BOJE
Elke keer as ‘n bohaai iewers oor studentemoleste ontstaan, gee my gedagtes ‘n groot sprong die verlede in. Kollege-tehuis toe – 60 jaar gelede. Die Kovsies en die Maties sal dit nou nie weet nie, maar in Tukkieland was Kollege ‘n gedugte plek. Die jare 60 was 'n...
WOONWA: NET EEN KEER GEBRUIK
In die klein advertensie in die koerant lees jy die TE KOOP-advertensie: “Woonwa. Amper splinternuut. Net een keer gebruik. Spotgoedkoop.” Die meeste kere is dit by die een oog in by die ander oog uit. Jy soek nie ‘n woonwa. So watwou. Dat agter die klein...
VLOERMOER OOR ‘N VOORBLADFOTO
‘n Voorbladfoto wat toe nie ‘n voorbladfoto was nie, was die voorloper vir ‘n vloermoer waarop die uwe nie trots is nie, maar wat ongelukkig nie weggewens kan word nie. Die suurderige herinnering dateer uit 1966. HvD neem die eerste keer waar as nuusredakteur van Die...
‘N SWARE GROETSLAG IN SKUKUZA
. In Skukuza, 2 000 km van Melkbos, breek more 'n waterskeidingsoomblik aan waar vele trane gestort gaan word. Na 29 jaar as leraar van die gemeente Krugerwildtuin lê ds. Carl Louwrens die tuig neer. Hy en Sarah verlaat hul geliefde wildtuin en gaan tree af in...
DEUR EN DEUR ‘N GROOT VERLIES
Op ‘n wynrak teen ‘n muur in ons woonkamer op Melkbos staan ‘n bottel Claret wat in die jare 80 vir Die Volksblad gebottel is (foto 1). Op die etiket is ‘n afbeelding van die ou-gebou se karaktervolle dubbel-voordeur met sy delikate bolig. Sentraal in die ontwerp is...
VETGESMEERDE BLITSKOERANT
‘n Sportskrywer se kopie is in ‘n blik aan ‘n tou uit die hoofpaviljoen van die stadion na ‘n wagtende verslaggewer laat sak. Hy is ore in die nek per motorfiets daarmee kantoor toe. Films is per bode met ‘n bromponie van die veld af kantoor toe gestuur. Die laaste...
LIEWE OU PIET
Liewe ou Piet ….. Dit was die opskrif van die hoofartikeltjie in ‘n spesiale Piet Gouws-uitgawe van Beeld se personeelkoerant, Beeld-Intro, met die ou vriend se vroeë aftrede in September 1998 weens swak gesondheid. Liewe ou Piet - só sal sy kollegs hierdie...
EINDELIK: ARNOLD SIEN SY LEEU!
As padingenieur het my vriend Arnold de Goede vele paaie in die Krugerwildtuin gebou. In al die jare nooit ‘n leeu gesien nie. Die laaste dag van sy wildtuin-skof laai die ouens hom in ‘n helikopter vir ‘n laaste, desperate soektog. Vuilbaard kruip steeds weg....
O GITS, MENEER MOTORREDAKTEUR
Die Volksblad het gedugte motorredakteurs soos Ben van Rensburg en Fred Schnetler gehad. Voor Ben het so ‘n pos nie bestaan nie. Tussen Ben en Fred was die pos vakant. Vir bekendstelling van nuwe modelle – gewoonlik ‘n luisterryke en luukse bederf-okkasie – het die...
ROMEINSE BACCHUSFEES
Stel jou voor: ‘n Uitbundige klomp koerantmense net in lakens geklee, gevlegde blarekrone op die kop, lywe uitgestrek op rolle rooi fluweel, en met yslike goudgeverfde erdebekers vol wyn in die hand. ‘n Romeinse Bacchusfees so uit die boek. Dit was die toneel met die...
RYK GEUR VAN MARLBORO
“Come to where the flavour is”, het die cowboy met sy diep stem verleidelik genooi terwyl hy behaaglik aan sy Marlboro teug. Het die mense dan nie gekom nie! Of dit nog so is, weet ek nie, maar in ‘n stadium toe rook nog die inding was, was Marlboro met sy “ryk...
DOMINEE, KYK NET DIE EINA!
Dominees wat die kansel vir ‘n redakteurskap verruil het, tref reuseverskille in hul nuwe nerings aan – ook ‘n klompie ooreenkomste. Hulle skryf o.a. steeds preke – heelwat korter maar elke dag pleks van een of twee per week. Dit was die wysheid van Gerrit Velthuysen...
MYLPAAL IN DIE JOERNALISTIEK
Vrymoedigheid by koerante om vorige taboe-woorde stelselmatig in hul kolomme bestaansreg te gee, het as’t ware ‘n hupstoot gekry met die dure verlies van ene John Wayne Bobbitt in 1993. ‘n Mens sou dit ook ‘n mylpaal in joernalistieke openhartigheid kon noem. Wat...
TE VINNIG MET DIE NUUS
Hoe varser des te beter. Dit geld nie net vir vrugte, groente, melk, brood en eiers nie; gewis ook vir nuus. ‘n Koerant wat skitter met sprankelvars nuus – dit is die ideaal. Pas egter op vir “te vars”. Die enigste goeie “te” is die “te” in “tevrede”, soos my ouma...
LIEFLINGSEUN KOM TOT ‘N VAL
Met Amerika nou weer so sterk in die nuus weens Donald Trump se manewales, dwing my gedagtes terug na 18 Julie 1969. ’n Insident op die eiland Chappaquiddick in Cape Cod, Massachussets, het die VSA se geskiedenis waarskynlik oornag op ’n ander koers gestuur. ’n...
‘N BRUID SOOS ‘N BOKS
’n Bedeesde. konserwatiewe redaksielid van Die Volksblad het leseresse verbaas en geskok met haar advies vir ’n ontwerpwedstryd vir trourokke: “hou by die A-lyn; vermy regaf lyne – dit laat die arme bruid soos ’n boks lyk!” Sy het nie die woord “boks” nie, maar die...
LIEWE HEUNIS EN ANDER MISTYKIES
‘n Vergissing waaroor ‘n ruk gelede op die blad Nagkantoor geglimlag is, was dié van ‘n jong verslaggewer wat in Pretoria se Mootgebied ‘n foto van ‘n slagoffer van die bosoorlog by sy ouers moes gaan haal. ‘n Familielid keer hom toe voor en beduie hy moenie nou pla...
HIER’S HY: MY NUWE BOEK
Loutere vreugde om vanoggend, 3 Januarie 2021, op my 80ste die omslag van “Bure van nature” te wys – my 21ste en seker laaste boek. “Bure” verskyn in Mei by Protea Boekhuis. Die omslag – voorbladfoto deur die wakker Organ Ongeni van Sabiepark se piekniekplek - en ‘n...
A-RA-RA-RA-RATIO! YEA TUKS!
Laat elke ou Tukkie sy glasie vol maak ….Die vyfde en laaste era van my jongmensdae was die vyf goue jare in Kollegetehuis op Tukkies van 1958 tot 1962. Die heerlike era kom vandag aan die beurt in my reeksie mymeringe oor vergange tye aan die vooraand van my 80ste...
ODE AAN DIE ROLPERS
My geliefde koerant, Die Volksblad, se verdwyning uit die hoofstroom van gedrukte koerante was vir my vanjaar 'n diepe hartseersaak. In my verjaardagboekie "Koerant" / 80 wei ek daaroor uit. In Volksblad vandag verskyn my "Ode aan die rolpers", wat 'n hoofstuk in...
OU VOLKIES BY DIE MOOIRIVIER
‘n Vierde era in my jong dae is my vervullende Volkiedae van 1953 tot 1957 op Potchefstroom. Volkies is 'n skool wat uiteenlopende politieke figure opgelewer het: Pik Botha, Ferdi Hartzenberg en Eugéne Terre'Blanche, asook Botha se voorganger as Minister van...
FLITSE UIT MY KLEINTYD
Volgende Sondag, 3 Januarie 2021, word ek 80. Tagtig, verbeel jou. Vandag, presies 'n week voor bereiking van daardie ver-ver baken as jy jonk is, dwing my gedagtes terug kleintyd toe. Van my Babanango-era op die plaas Middel-in teen die berg Spês onthou ek...
DE LESTE EEN 80
Van hierdie 1957-matriekklas van Volkies, Potchefstroom, sal ná 3 Januarie 2021 nie een oor wees wat nog onder 80 is nie. Die baba van die klas, wat die uwe is, bereik dan daardie baken. Hoeveel van die klas nog lewe, is 'n vraag. Dalk minder as die helfte. So...
VIR MY 80STE: GESPREK OP LITNET
Koerant deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk en gesprek Sarel Venter, Hennie van DeventerSkrywersonderhoude2020-12-22 0 0000000 Titel: Koerant Outeur: Hennie van Deventer Uitgewer: De Novo Boeke, Langebaan Nadat hy 20 boeke sedert sy aftrede as koerantman...
‘N TUKKIE EN ‘N TOKKIE
Een middag, vroeërig in 1962, stap die huisvoorsitter van Kollege-tehuis op die Tukkie-proefplaas ewe vernaam in die lang gange van die eerstejaars-vleuel af. Almal moet hul meisies se foto's uithaal en wys. Die kommentaar was nie bedoel om ienk-ego's te streel nie....
‘N SOET GESKENK VIR MY 80STE
So 'n deeglike, indringende resensie sien 'n mens nie aldag nie. Louise Viljoen, gerekende resensent, het my en my verjaardagboek, "Koerant", die eer aangedoen om haar werklik diep in die boek se bladsye in te grawe. Die resultaat was die resensie hieronder op die...
KERSBRIEF UIT MELKBOS
Liewe vriende Dit is die maand Desember in die jaar 2020. Koronajaar. Of Covid 19 die jaar. Dis weer tyd vir die jaarlikse bulletin uit Melkbosstrand. Hoe ook al, soos almal ter wêreld het die Van Deventers nie ongeskonde uit die verderflike virus se kake ontsnap...
VRAAGTEKENS OOR BOEK
Die polemiek oor die Melletboek The Lie of 1652 maak dit relevant om weer die spoor te vat van die boek oor Bird Island wat in die jongste verlede ná hewige kritiek en verskeie ondersoeke as ‘n bose duimsuiery ontmasker is. Albei omstrede boeke is deur...
VERRASSING IN VOLKSBLAD
In Volksblad en op Netwerk24 kry ek toe vanoggend n lekker verrassing - 'n vriendelike artikel deur my vriend en staatmaker-kollega Sarel Venter, 'n vorige adjunk-redakteur. So skryf Sarel oor my aanstaande 80ste en die boekie waarmee ek dit vier: Aan die vooraand van...
KAMERA-KONSTERNASIES
Oor fotograwe wat vergeet het om vir kritieke oomblikke film in hul kameras te laai, is hartverskeurende stories in omloop. Manjifieke nuusfoto’s het op hierdie manier verlore gegaan; selfs loopbane is kortgeknip. Twee van Suid-Afrika se grootste vliegrampe het elk...
BOEKIE VIR (AMPER) 80
Op 3 Januarie 2021 – ‘n bietjie meer as twee maande – word ek 80. Ietwat prematuur of nie, maak ek dit die onderwerp van vandag se blog. Hoekom, sal mettertyd duidelik word, hoop ek. In die (amper) 80 jaar staan verskeie hoofelemente uit. Almal wat my ken, sal...
EEN AAND IN LONDEN
My storie gaan oor 'n herinnering aan my goeie kollega, vertroueling en gewaardeerde gespreksgenoot Chris Moolman (79) wat vanoggend oorlede is. Om by die storie te kom, moet ek eers 'n draai maak by ’n motorwedstryd van die Vrystaatse Nasionale Party, ter viering...
OM TE KOES VIR ‘N SOEN
Hoe reageer jy as ’n dierbare vriendin, soos haar pikante Swartlandse manier is, jou gesig in haar hande toeskulp en jou met ’n klapsoen groet? Of as ’n goeie buurman onaangekondig jou voordeurklokkie lui sonder ’n masker op die gesig? Volhard jy om "nee dankie" te sê...
WINNIE EN VERWOERD-KONNEKSIE
Oor die ironiese kinkels van die geskiedenis kan ‘n mens soms in stomme ongeloof jou hande saamslaan. Wie sou nou kon dink dat die stowwerige Vrystaatse dorpie waar die skrander Hendrik Verwoerd in 1919 gematrikuleer het – as top-matrikulant die Vrystaat bygesê– ‘n...
TOT SIENS, OU VOLKSBLAD
Natuurlik bêre ek ‘n laaste uitgawe van Volksblad. Die koerant van 8 Augustus 2020 - opskrifte: “Einde van ‘n era – Die laaste gedrukte uitgawe van Volksblad” - hou ek saam met ander versamelstukke in ‘n verslete aktetas van buffelvel in my studeerkamer. Die...
AMPER ‘N MOERSLEUTEL
In die wêreld van die koerant leer ’n mens allerlei fyn kunsies. Een is vernuftige voetwerk. Só vernuftig dat die uwe ná 35 jaar met genoeg spanning, konfrontasie en stryd kan sê: Hennie van Deventer het verdien om gedonner te word, maar is nooit gedonner nie – hoekom...
KOERANT-KAMERADE
Kosbare koerantkamerade. So noem ek die Die Burger en Beeld in briewe wat Saterdag in die twee susterskoerante se briewekolomme gepubliseer is. Ek is dankbaar vir die geleentheid wat my gegun is om ook op hierdie wyse afskeid te neem van my geliefde Volksblad waar ek...
LAAT HEER U SEeN STEEDS OP HOM DAAL
Die ou Pers-leuse van “Het daghet overal” (die dag breek) sal moet verander tot “Digitaal is overal”. Só is onder ons ouer garde in die “Pers” geskerts toe die nuwe gonswoord “digitaal” so drie dekades gelede die joernalistieke jargon binnedring. Skeptisisme kan ons...
RAAISEL VAN ‘N ‘RAMP’
Op Dinsdag 23 Februarie 1988 het ‘n gerug deur Bloemfontein geswiep. Stortreën van tot 100 mm per uur kan uitsak. Kantore, banke en skole het vroeg gesluit. Angsbevange mense het op vlug geslaan om skuiling te soek. ‘n Yslike “vals alarm” was dit toe. Geen swaar...
ODE AAN SKUKUZA
Met Skukuza wat gisteraand aangewys is as "Kwela" se Dorp-van-die-Jaar-finalis vir Mpumalanga plaas ek graag weer 'n bloggie wat al voorheen verskyn het - ook in die tydskrif "Weg". My stuk is natuurlik meer op toeriste gemik. Vir Kwela se kompetisie is 'n sterk...
TWEE VOLKSBLAD-VETERANE
Twee Volksblad-veterane van 90-plus verwerk die slegte nuus van hul koerant se verskuiwing uit die hoofstroom tot op net ‘n digitale platform in die eensaamheid van hul onderskeie tuistes in versorgingsenhede in Bloemfontein en Kaapstad. Hulle is “Oom Gert”...
ODE AAN DIE ROLPERS
Oor ‘n rolpers kan ‘n woordkunstenaar ‘n gedig skryf. Oor hoe massief hy is, hoe vinnig hy loop, hoe hoor en sien vergaan terwyl hy duisende klaar koerante in ‘n kits netjies voor jou uitspoeg. By Volksblad is ons bevoorreg om fabriek en redaksie onder een dak te hệ....
KOERANT OP JOU VOORSTOEP
Die tot siens vir Volksblad as papierkoerant beteken ook tot siens vir die knape wat vroeg opstaan om die nuus vroegdag by intekenare se hekkie of op die voorstoep te besorg. Koerantverkopers verdwyn terselfdertyd by verkeersligte in stede soos Bloemfontein en...
PAPIER BLY KONING
BEGIN Januarie 1963 – amper sestig jaar gelede – het ek as groentjie-verslaggewer by Die Volksblad se ou gebou in Voortrekkerstraat 79, Bloemfontein, ingestap. ‘n Leeftyd by en naby koerante is daardie dag ingelui. My formele loopbaan by die Nasionale Pers – van...
HANDE AGTER RUG VASGEKNOOP
My hart is nog te stukkend oor die lot van my geliefde Volksblad - wat nou deur die magte en owerhede van die teenswoordige Naspers (of Media24 as u dan wil) op ‘n digitale syspoor gerangeer word - om ‘n blog oor my gewaarwordinge aan te durf. Ek beperk my tot ‘n...
MOORD WAT MY GERUK HET
Dit was n skok om Cicely Wahl, senior lektor in Engels aan die Vrystaatse Universiteit, op uitnodiging van buurman Hekkie Aucamp, ‘n polisiereservis, op ‘n Sondagmiddag bebloed en vol skietwonde in haar bed in die Wahls se netjiese huis in Harry Smithstraat,...
‘VOORKLIMMERS’ IN DIE AB
Waar die Regering se onderhandelingspan oor ‘n nuwe bedeling in Kempton Park “maar dun” was, kon van die lede van die staatkundige komitee van die Afrikaner-Broederbond daar 'n verskil gemaak het. Die mening spreek ek uit n my terugblikboek op die turbulente 80’s,...
LITNET-GESPREK OOR KRONIEK (II)
Skrywersonderhoud: Hennie van Deventer oor Kroniek van ’n koerantman Naomi Meyer, Hennie van DeventerSkrywersonderhoude2020-06-29 0 0000000 Hennie van Deventer praat met Naomi Meyer oor Hennie se boek Kroniek van ’n koerantman wat in 1998 verskyn en nou as e-boek...
MAAR WAAR’S DIE SKEPE DAN?
Vanoggend kom Weg hier aan saam met die oggendkoerant. Nie sleg afgegaan saam met die eerste koppie koffie nie. Wat wel sleg is, nou smag ek nog meer na "verre hawens". En waar's die skepe?
UIT DIE HAND VAN GROOT KROKODIL
Een keer in my lewe het ek uit ‘n president se hand geëet. Nogal die hand van die “Groot Krokodil”, PW Botha. Nie figuurlik uit sy hand nie maar letterlik. Wel net ‘n skyfie lemoen, maar darem. Dit was die dag toe’n jagvoertuig, ‘n omgeboude V8 van die wellewende...
KIEKIE VAN PW EN MADIBA (PLUS KOBIE)
Op die ingewing van die oomblik, en met instemming van die twee hooffigure, het kapt. Ters Ehlers, knap gewese private sekretaris van Botha, met sommer ‘n doodgewone mik-n-druk-kamaratjie die enigste foto's geneem van die eerste ontmoeting tussen P.W. Botha en Nelson...
FAMILIERUSIE: DIE BINNESTORIE
Min Afrikaners wat die turbulente jare 80’s meegemaak het, sal die intensiteit van daardie familierusie in die aanloop van die politieke oorgang van 1994 ooit vergeet. So venynig is die hervormingsgesindes deur weerstandiges toegetakel dat ‘n spitsvondige Engelse...
TJEK SE LAASTE HOP
Wuif totsiens vir die tjek. Die gerespekteerde betaalmiddel sedert die 9de eeu al loop nou die pad van ander gister-goed wat nie teen moderne plaasvervangers die pas kon volhou nie. Soos die betroubare telegram, die Kerskaart en die minnebrief met langhand op papier...
NOMMER ASSEBLIEF: VAN 40’S TOT 2020
In 1941 toe ek in die hartjie van die Tweede Wêreldoorlog in Babanango gebore is, was die plaaslyn 'n wonderbaarlike manier van kommunikasie. 'n Telefoonsentrale by die poskantoor het die oproepe bestuur. Jou oproepkode was konfigurasies van vier luie: drie langes en...
OM OP TE HOU ROOK
As 'n ervare veteraan op die gebied van ophou rook, wil ek met Oumatjie Zuma saamstem dat dit 'n maklike ding is. Mastig, ek het dit persoonlik hoeveel keer reggekry! 'n Keer wat ek in 'n ophoufase was, is ek in 1990 via Londen na Rusland op besoek. Kollega Tertius...
“HEF ‘N SIEGRET”
Oumatjie Zuma se eenvrou-oorlog teen tabak voer my gedagtes terug tot een van Volksblad se kernelemente oor dekades: die rubriek Stop van Myne. Toe ek die koerant as vyfjarige aan die voete van my oupa Visser in Kimberley gelees het, was Stop in elke uitgawe ‘n...
KYK NET DAAI ETIKET!
You can’t keep a good man down,” seg hulle op Engels. Ek verbuig ter wille van die blog die spreuk ietwat: “You can’t keep a good wine down.” Vanoggend deur ‘n brokkie in Die Burger herinner aan die Suid-Afrikaanse wyn wat ek in 1985 by Kenneth Kaunda in Lusaka...
VROT KOMMUNIKASIE
Volledige weergawe van my brief oor Covid 19 wat Saterdag in verkorte vorm in Die Burger verskyn het. ‘n Hardnekkige virus wat die wệreld in ‘n wurggreep het, ‘n deurmekaarspul met regulasies wat nie altyd sin maak nie, magsdronk wetstoepassers en vrot kommunikasie....
PIET ROOK STEEDS DIE PYP
Onder die “ienks” (eerstejaars) van 1958 in Kollege-tehuis was ene Piet Henning van die plaas Sweetwaters, Louis Trichardt. Wat hom van ons gewone vaal Boertjies onderskei het, is dat hy uit die “fênsie” St. John’s College in Johannesburg by Tukkies opgedaag...
FLUITJIE BLAAS VERNIET!
Vriend Ronnie de Bruyn wat die naweek op amper 90 in die aftree-oord Klaradyn ter ruste is, was ‘n gerespekteerde oud-skoolhoof en ‘n pilaar van die gemeenskap. Kon lekker ondeund ook wees as hy die dag lus was. Sal ek sy storie vergeet van Anita se heupvervanging?...
ONS “GEHEIME WAPEN”
Wat ‘n jaar was 1961 nie – vir Suid-Afrika; ook vir Die Perdeby, studentekoerant van Tuks! Suid-Afrika word ‘n Republiek – ‘n lang Afrikanerdroom bewaarheid. Dr. H.F. Verwoerd verbreek bande met die Statebond. NGK-mense bots sterk oor apartheid by die...
LAAT BRAAI-BYLE HUIL
Laat die byle huil, Paul Colditz van Bloemfontein! Die onderwysman mik nou om 50 dae aaneen te braai. So lees ek in Die Burger. Wat ‘n rein gedagte. Grootte en intensiteit was eers my ware vuurplesier. Frekwensie het mettertyd ‘n oorheersender...
OPE BRIEF AAN JEAN OOSTHUIZEN
Vanoggend wil ek vaderlik ‘n ope brief rig aan Jean Oosthuizen rakende sy manifes oor die Bird Island-sage wat hy kans gesien het om op 15 Augustus 2018 op Facebook te publiseer. Amper 500 mense wat ewe mislei was of daardeur mislei is, het dit sogenaamd ge-“like”. In...
DANKIE, LOUISE
Ek glimlag van oor tot oor. Reken ek moet maar een van my laaste botteltjies wyn oopmaak en ‘n glasie klink om die mooie resensie deur Louise Viljoen op Maroelamedia van my reisverhaal “Na verre hawens” te vier. Verlede week sou die bekendstelling gewees het op die...
LAG, LAG IN TAMATIESTRAAT
Die ganse wêreld is in Tamatiestraat soos nog nie in my lewe van 79 jaar nie. My idioom is eintlik ‘n volkome eufemisme. Korona keil die wêreld op met ‘n venyn wat ons ergste nagmerries kwalik sou kon optower. Dit saai ontwrigting, ekonomiese ellende, siekte,...
KORONA-MASKER-ADE
Masker of nie masker nie – dit is die vraag. In Die Burger se meningskolom gister blyk verwarring, teenstrydigheid en frustrasie oor onsekerheid. Met die lewenservaring van amper 80 jaar wil ek voorspel ons gaan hieroor bly stry en mekaar oor en weer begluur, oor ons...
VIR JAN TUISBLYERS
Lekker om jou rekenaar na twee dae in 'n werkwinkel oop te maak en so 'n ruiker op jou Facebookblad raak te loop. Dankie, Louise Viljoen. Ek brand om die volledige resensie op Maroela Media te lees. "Hennie van Deventer, voorheen redakteur van Volksblad en ook die...
ORAL NEE VIR SWERWERS TER SEE
Die Prediker het, verstandiglik, al gewaarsku dat daar ‘n tyd is om te omhels en ‘n tyd om weg te bly van omhelsing af. Die kneukelgroet en die elmboog-groet is waarskynlik die beste moontlike voorbeelde van wat hy bedoel het. Natuurlik ook die een-meter-reël,...
MSC MUSICA – ‘n OPPIWATERSTORIE
Die Oppiwaterkunstefees verskuif tot 25 -30 Januarie 2021 op die MSC Musica. Vir die VanD’s is dit ‘n skip met vele herinneringe. Ons is op hom langs Oos-Afrika op terug na Europa in 2019, al langs die Somaliese kus met sy seerowergevaar. En deur die Suezkanaal. Wat...
EERS MOORD, TOE VLAMME
My kollega Eric Wiese is op Vrydag 4 Augustus 2017 in sy huis in Trekweg, Higgovale, Kaapstad, vermoor. Gister is daardie selfde huis in die reusebrand teen Tafelberg afgebrand. Sannie, Eric se weduwee, het intussen verhuis en die huis word verhuur. Natuurlik is...
EKSKUSE IN ALLER YL
Terwyl in die base se kantore by my ou werkplek, Naspers, seker op hierdie moment kwaai kopgekrap word oor die dodelike ope brief van prokureur Johan Victor, oor die Bird Island-gedoente, kan twee ligter storietjies oor Pers-verleenthede en die flinke reaksie daarop...
BIRD ISLAND EN KOERANTE
Koerante het heelwat slae gekry oor hul hantering van die Bird Island-sage. Ek wil nie die kritiek hier herhaal nie; het wel self van tyd tot tyd my mond oor die een en ander uitgespoel - soos oor die roemlose kort verskyning op die toneel van 'n uiters...
EN NOU, POLLUX?
Meermale moet 'n mens maar sterk staan die versoekinge van die ou ondermaanse. Moet maar die persoonlike swakheidjie bely om my in 'n sekere mate te verlustig in die verleentheid van dese en gene wat my so aangevat het oor my onmiddellike verwerping van die Bird...
LAMLENDIGE APOLOGIE
Ek verwys die uitgewer Tafelberg graag na die verskoning wat die Sondagkoerant Rapport oor sy dwalinge met die Bird Island-sage op 16 April 2019 prominent gepubliseer het. “Ons het ‘n fout gemaak,” het die koerant ruiterlik erken. Sy verskoning was inklusief en...
ARME PROTEAS!
Kom nou eers tot verhaal om 'n straaltjie oor gisteraand se krieket by te dra. Het my laat dink aan die jaar 1957 toe ek tweede aanvangsbouler van Volkies op Potch was. Ons speel teen Potchefstroom-Dorp. Een van sy aanvangskolwers is Harry Newton- Walker, groot...
NET LIEVEN HEER WEET
As dit by moderne poësie kom, kan ek nie eintlik saamgesels nie. Veel daarvan is vir my duister. Soms wil-wil ek wonder of die digter (en die liriese resensent!) self weet wat hul skeppings beteken. Eintlik is dit onbillik om net moderne poësie uit te sonder. Ook van...
02:02:2020
Vir die somervakansie van 2020 het Sabiepark sy beste voet voorgesit: ‘n sprankelende lushof van milde groen; temperature van selde oor die vroeë 30’s; lekker, harde reën; perfekte braai-aande; Piet-my-vrou wat die hele maand bly roep soos nooit tevore. Eers hier...
DIS WEER DOOPTYD IN SKUKUZA
Sondag toe ons die unieke doopvont - ‘n knoetsige stomp hardekool op wieletjies (omdat dit so swaar is) - voor die kansel sien staan, besef ons dadelik: vandag word hier gedoop in Skukuza-kerk. Doop is, raar maar waar, ’n seldsaamheid in die wildtuingemeente. Sondag...
“MAAR EEN VAN DAARDIE DINGE”
Aan die vooraand van ‘n langnaweek is by die Vrystaatse Universiteit ‘n sogenaamde ope dag gehou om matrieks op die kampus rond te wys en touwys te maak. In die groep van die Sentrale Hoërskool was ‘n seun van 18 wat al van ses maande oud ‘n diabeet was. Almal...
SOPHIA EN DIE SKEPE
Het jy geweet: * Sophia Loren (foto) het al 15 skepe "gedoop" - loshande die meeste van alle koninginne, prinsesse en glansmense; * Cunard se Queen Mary2 kan drie Titanics insluk? * Seerowers het die MSC Melody in 2009 aan die kus van Oos-Afrika aangeval en is o.m....
STORMAGTIGE VERWELKOMING
So ‘n stormagtige verwelkoming het ons in twee dekades nie in die Laeveld beleef nie: die donker hemel wat as’ t ware soos ‘n stuk lap oopskeur en die water in emmers laat neerstort. Dit gebeur toe ons Sondag van OR Tambo af per bus in Nelspruit opdaag. Johan moet...
UIT MELKBOS
Liewe vriende Die tradisionele Kers-CD uit Melkbos het gesneuwel in 2016, die jaar toe Tokkie 70 en ek 75 geword het. Die tradisionele Kers- en Nuwejaarsbrief uit Melkbos met ‘n verslag (en selfs ‘n foto of twee) van die jaar se wel en wee in die Van Deventerkamp het...
REKENAAR-VERSKRIK
Herman Toerien skryf in sy Weeklikse Nuusoorsig vir die TLU op Maroelamedia se webblad (verkorte weergawe): “‘n Klompie van ons is in Hennie van Deventer se kantoor saamgetrek. Hennie was destyds, in 1981, redakteur en gaan ons toespreek oor ‘n belangrike verandering...
HULDE AAN “NANCY O”
My hulde vandag by die viering van kollega Nancy Oosthuysen se lewe by die Durbanville-gedenkpark: "Nancy was Jan se vrou Nance, sy was Marina en Elsabe se ma Nancy, sy was Fred se skoonma Nancy, sy was Lexi en Christian se ouma Nancy. Sy was ook die Volksblad-familie...
“OORLOG” OP MELODY SE DEK
“Hennie van Deventer volg die spoor van die Melody deur gevaarlike waters langs die Oos-Afrikaanse kus." So word vanoggend op Media24 se boekeblaaie berig in ‘n kort bekendstelling van my boek “Na verre hawens”. Ek wonder hoeveel mense onthou die seerower-aanval op...
ONS GROET ONS GENERAALTJIE
‘n Mens wens jy kon haar loopbaan statisties in perspektief plaas: deur byvoorbeeld hoeveel voorblaaie met impak uit haar skeppingsvermoë gebore is; hoe gereeld sy realistiese standaarde ver oortref het; by hoeveel jonger kollegas sy ‘n wonderlike werksetiek ingeprent...
WERKLIKE JAAGDUIWELS
Oor jaagduiwels in die Krugerwildruin het ek nog 'n woord op die hart. Dit is opvallend waar die snelstrikke opgestel word. Meesal laatmiddag op pad uit naby die groot hekke. Lekker inkomstetjie uit toeriste wat aanstoot om betyds by die hek te wees. Ek praat hul...
DOOD OP DIE WILDTUIN SE PAAIE
Altyd hartseer as 'n dier in die wildtuin deur 'n roekelose bestuurder doodgery word,. Gewoonlik is dit die kleintjies - patrysies, skilpaaie, dwergmuishondjies en die - wat platgetrap word. Ook groter diere bly in die slag - soos die kameelperd nou. 'n Keer in 2012...
AS “WANDERLUST” PAK
'n Gesellige lekkerleesboek gekenmerk deur 'n vloeiende skryfstyl, fyn waarnemings en beskrywings, soos verwag kan word van ’n joernalis met ’n leeftyd van skryf agter hom. So beskryf my jarelange kollega met 'n "verbete wanderlust" in sy bloed, Sarel Venter, my nuwe...
SABIEPARK SE TONY PARK
Speurder Sannie van Rensburg pak gereeld die skurke in sy boeke. Die slegte ouens is dikwels renosterstropers, ivoorjagters en avonturiers. Hul teenstanders is geharde veldwagters wat met “Toyotabakkies” ry. ‘n Kelnerin word gegroet: “Tatenda, sisi”. ‘n Mislike vent...
PECULIAR INCIDENT ON SHIP
On a recent cruise on the MSC Musica northwards to its home in Italy we were swept off our feet by the beauty of the Adriatic coast. We were similarly bowled over by the kindness of two British strangers. Over a cup of tea next to the swimming pool, one of three on...
ONS BOOTJIE LAAT VAAR
Met die nuweling “Na verre hawens” nou volstoom na die boekwinkels op pad – hy is al hier en daar, hoor ek - moet die ou man (al amper 79), nee, wil hy bitterlik graag, dankie sệ vir ‘n span medewerkers en helpers wat agter die skerms help woel het om die bootjie te...
‘n ENORME BOOT en ‘n piepkleintjie
In “Na verre hawens”, my nuwe boek. wat hopelik volgende week al taamlik wyd beskikbaar sal wees, vertel ek van vaarte met vaartuie oor die spektrum: van die klassieke lynskip Queen Mary 2 op internasionale waterweë, van gesellige vakansieskepe, plesierbote,...
TWEE GLASE VONKELWYN
Met vonkelwyn uit twee MSC-glase ('n geskenk aan lede van die Seniorsklub op die MSC Musica ) het ek en Tokkie gister die verskyning van "Na verre hawens" by Naledi gevier. Heerlik, soos altyd, om 'n varsgedrukte boek in die hande te hou. In die boek is o.m....
SALUUT AAN DIE STAD KOBE
Van die Japanse stad Kobe het rugbyliefhebbers die laaste ruk baie gehoor. Hoe die stad soos 'n feniks uit die as verrys het, vertel ek in my nuwe boek "Na verre hawens". Kobe is een van daardie "verre hawens" waaroor ek skryf. Ek en Tokkie was in Kobe in 1998 by die...
SKEPE, VAARTE EN BESTEMMINGS
"Na verre hawens" – Hennie van Deventer (kort opsomming van die boek wat binnekort op die rakke sal wees): Die boek bied ‘n nostalgiese terugblik op eie seevaarte oor 50 jaar, van die posboot-era (die Union Castle-redery se spogskip Pendennis Castle) tot die blink...
IN BAD BETRAP DEUR AARDBEWING
Dit gaan maar skud-skud die bult uit as moederaarde oral om jou skielik onbeheersd begin bibber en beef, rukkings kry en rondomtalie swaai. ’n Jonkman van Ceres het ’n Kaapse vriendin oorgenooi om met sy pa-hulle te kom kennis maak juis toe die Richterskaal in daardie...
KOM VAAR SAAM!
Oor die MSC Opera-moles in Venesie, die Oceanosramp, die seerower-aanval op die Melody aan die Ooskus van Afrika ... oor elkeen het ek my eie persoonlike storie; ook oor hope ander onvergeetlike vaarte sedert die Union Castle-dae - romanties, avontuurlik, klassiek en...
DIE OU VLAG
En Die Vlaglied nou wat ons as kinders so uit volle bors gesing het? Mag dit seker nie meer sing nie. Sal hopelik darem as versagtende omstandighede gereken word by vonnisoplegging as jy betrap word dat jy die wysie net neurie? ——————– Nooit hoef jou kinders wat...
RAAISEL VAN GEVEERDES SE BADJIE
Een van die raaisels van Sabiepark het verdiep. Hoekom, wonder ek, verkies die diere om uit die klein voëlbadjie neffens die watergat te drink? Is die watergat dalk nie so aanloklik en gerieflik soos ons dink nie? Die water is in elk geval presies dieselfde. Tokkie...
KOL-KOL KERK TOE
van die vreugdes van ‘n vakansie in die bos is die Sondagbesoeke aan die karaktervolle kerkie in die personeeldorp met sy duursame inheemse hout oral, gewyde atmosfeer en natuurlike omgewing met ‘n reuse-reuse koorsboom by die een ingang. Aanbidding saam met die...
KLIPKOP, KOEBAAI
Seker so ‘n stuk of 60/70 keer in ‘n tydperk van twee dekades het die Honda (‘n 1999-model CR-V) die 500 km tussen OR Tambolughawe en Sabiepark heen en weer kafgedraf. Johannesburg was sy basis vir die Van D’s se bosvakansies. Sy staanplek was by Klipkop Car Care (in...
HIER’T, JOU VULLIS!
Roep hardop: “swartmamba” of sommer net “imamba” in een van die ander landstale. Kyk hoe skrik mense hulle oor ‘n mik. Gewaar jy die vreesaanjaende dierasie al-op-eens hier vlakvoor jou, is die skrik dalk nog groter. Met sy hoekige kop soos ‘n doodkis, vurige...
DERTIG DAE IN WILDEVY 154
Op ‘n galop is die eerste maand van ons wintervakansie van 2019 verby. Ons begin al vliegtuigroosters kyk. Wil nou weer Nelspruit ons basis maak. Maar darem eers die Laeveldse winterweer vir nog ‘n maand of wat geniet. Natuurlik was die eerste twee weke die lekkerste...
EEN AAND 50 JAAR GELEDE …
Die media is, tereg, opnuut gaande oor die maanlanding 50 jaar gelede. Op 18 Julie 1969 het ’n totaal onverwante insident op Chappaquiddick-eiland die VSA se geskiedenis waarskynlik oornag op ’n ander koers gestuur. So meen historici. Ek skerp graag die geheue daaroor...
BEELDSKONE BAAI
Vreemde woorde in vreemde tale – “magnifico” in Italiaans, “imposant” in Frans, “wunderschön” in Duits en allerlei verwante uitdrukkings van verwondering in ander tale – het skielik vir my betekenis gekry waar ek, op die dek van die MSC Musica die intog in die Baai...
SEEROWERKONTREI
Om van die suide af by die Suezkanaal uit te kom, verg versigtige deurgang van seerowerkontrei aan die Somalilandse kus. Dit is waar hedendaagse seerowers steeds skuil en veral in die jare 2007 tot 2012 onheilspellend aktief was. Van tyd tot tyd roer die seerowers...
SEE VAN SAND
Een woord was op almal se lippe van die oomblik af dat die MSC Musica op 26 April 2019 uit Durban weg is op sy driewekelange terugtog na sy tuiswaters in die Middellandse See: Suez. Aan die skip se noordwaartse roete al langs die ooskus van Afrika op was avontuur,...
KONING VAN KWINKSLAE IS 80
O liewe magtig, o allakragtig, die Koning van Kwinkslae is more tagtig! Hartlik geluk, Ollie Olwagen, of Goëthe Olwagen , as ‘n mens nou formeel wil raak. Olllie bereik more, 6 Junie, die magiese syfer waarvan Die Bybel so 'n mooi woord spreek as hy die ouderdom...
OM “KLIPPIES” TE KOU
Prysenswaardig hoe “Suid-Afrikaans” die MSC Musica in sy eerste (en enigste) seisoen hier te lande vinnig geword het. Die sprankelende Maria Tabada van Kroasië groet vriendelik in Afrikaans by die navraagtoonbank: “Goeie môre. Hoe gaan dit?” In die informele...
HENNIE, ALIAS GARRY
Waar die Adriatiese kus van Montenegro en Kroasië ons voete op MSC Musica se vaart na Europa met sy natuurskoon onder ons uitgeslaan het, het die weldaad van twee wildvreemde Britte dit met hul ruimhartigheid gedoen. Ons het langs die swembad, een van drie, oor ‘n...
RAPPORT SIEN DIE LIG
Die Sondagkoerant "Rapport" se "mea culpa" aan sy lesers wat mislei is, die familie van die ontslape oud-minister Magnus Malan en oud-minister Barend du Plessis oor sy hantering van die beklaenswaardige Bird Island-boek en die nare versinsels oor 'n georganiseerde...
HEEL VOOR DIE BERG OP
Groot van postuur was hy nie; maar ruim van gees en met 'n geniale verstand. Sy nalatenskap was enorm. In die soeke na ‘n nuwe lotsbestemming vir die Afrikaner was hy in die jare 80 die voorklimmer teen ‘n steil berg wat plek-plek amper onbegaanbaar wou lyk. Met...
VIER SPYKERS, NEE VYF, IN DOODKIS
'n Brief oor die inploffing van die Bird Island-boek is vanoggend deur Beeld 'n groot eer aangedoen met 'n verwysing bo langs sy mashoof. In my 78 jaar het ek nogal 'n hele klompie koerantbriewe geskryf. Geeneen is voorheen so prominent aangebied nie. Die lyn tussen...
LIEWE SNOW GOOSE
In matriek op Volkies in 1957 was Paul Gallico se klassieke werk “The Snow Goose” ‘n geliefde voorgeskrewe boek. Dit was ‘n inspirasie; ek het selfs ‘n gedig oor die hartroerende boekie geskryf. In die eindeksamen kon ek my gedig neerpen in antwoord op die vraag:...
HEL OP AARDE
Eskom se ellendes is geen grap nie. Hoe af dan vir diegene wat met ‘n slim stukkie spot, ‘n kwinkslag of humoristiese kommentaartjie die gemoed ietwat verlig. Dit sluit die spotprenttekenaars in, soos Zapiro en Beeld se Niel van Vuuren. Beurtkrag Fase 4 (en die gevaar...
DRUKKERSINK BRUIS
Die drukkersink het soos lanklaas in my are gebruis toe ek en Tokkie die Claassens-kleinseuns, Jacob, Thomas en Christopher, gister met die binnewerkinge van 'n reuse-drukkery laat kennis maak het. Ons was by Paarl Coldset in Paardeneiland - ou tuiste, in my...
SOUT IN DIE WONDE
Op die storie van die hond - ‘n Engelse bulhond, maaindjoe, nie ‘n boerboel nie - wat ‘n mooi jong vrou in Kaaptad op ‘n denbeeldige pad tussen Johannesburg en Kaapstad “in die omgewing van Richmond” gebyt het, kan ek na ‘n diepte-ondersoek meer lig werp....
SKITTERSKOON UIT DIE (PIEPIE-)POT
Tant Sina Roux, my skoonma se suster, was die robuuste lid van die familie - onder andere die eerste vrou wat op Bultfontein gewaag het om ‘n langbroek (nogal ene met ‘n gulp!) aan te trek en ‘n “rooilissie” wat in die Tweede Wereldoorlog weermagvragmotors bestuur...
BY MY STOEL VERBY
Om jou toonnaels te laat knip, is een van daardie sleurwerkies waaraan min mense seker erg het. Diè roetintakie kan ‘n openbarende studie in geriatriese gedragspatrone word as jy, soos ek, vir daardie doel die plaaslike oord vir bejaardes besoek. Jy wag jou beurt...
‘N DONDER-DAG
Oor ‘n dag soos gister – nogal ‘n Donder-dag - sou ‘n mens jou maklik aan selfbejammering kon oorgee, deur jou tande sis van woede of ongereserveerd aan die swets gaan. Dalk bied ‘n suurderige glimlag van gelatenheid die beste invalshoek om die storie oor te...
SPEK, EIERS EN ONSIN
Die onverdunde onsin wat die politikus Jacob Rees-Mogg oor die ABO se konsentrasiekampe kwytgeraak het, is so tipies Brits soos ‘n tradisionele “Engelse ontbyt” met gerookte haring en daarna spek en eiers met roosterbrood plus worsies, niertjies, tamatie, sampioene,...
AL DRA ‘N AAP ‘N GOUE BRIL
My bydrae in BY, Saterdag-byvoegsel tot Die Burger, vanoggend: Desembers ly kwik nie aan hoogtevrees in die Laeveld nie. As die son in die hartjie van die somer dooierus vat, is 40 grade plus maklik jou voorland. "Bloedig warm" soos die TV-weermense sê. Dié...
‘N GEWRAAKTE MEMO
'n Ietwat oorgeesdriftige verkiesingsmemorandum van Die Volksblad se politieke redaksie in 1981 maak nou, amper vier dekades later, weer sy buiging op Facebook. Die een of ander verdwaalde gees het dit iewers uitgegrawe en stuur dit rond om sogenaamd die geheime band...
MET SLAP PAP IN ‘N WIP
As ek die uitgewer van die omstrede boek Die seuns van Bird Island reg verstaan het, is dit geskryf en gepubliseer in die hoop dat dit tot die eerste behoorlike ondersoek na die nare bewerings sal lei. Allerlei ondersoeke is wel aangekondig. Die Stigting vir...
VREESLIKE VRYDAG
Die MSC Musica was seker al in Mosambiek en terug, sy Kaapse sage vergete. As ek en Tokkie op die laaste dag van Januarie 2019 terugkyk op die gebeurtenisvolle maand is die Musica se rol egter geweldig. Ons sou immers self ook – DV (Deo Volente) - verlede week onder...
ANDER “DOMINEE TIENIE”
Danksy Dana Snyman se treffer-rolprent is “Dominee Tienie” sterk in die nuus. Ek het 'n ander "dominee Tienie" (eintlik "doktor Tienie) in lewende lywe geken: - dr. M.T.S.Zeeman, oud-leraar van die NG gemeente Berg-en-Dal, Bloemfontein. Opregte Christenmens gewees;...
SON VAT DOOIERUS
Of ons ou mense weer ‘n somervakansie in Sabiepark sal aandurf, weet ek nie. By al die vreugdes – drie keer se heerlike reën, donderstorms in die verte, die geil groen van die veld; die blomme aan die katjiepiering, die haak-en-steek en andere; die sambokpeule; die...
SKERPIOEN-SEISOEN
Dit was ‘n “skerpioenvakansie” soos nie tevore by Tarlehoet nie. Die goggas met hul dodelike knypers het gewemel. Ongelukkig het Marisa een raakgetrap. Die pyn was verblindend. Dae klank was die voet onheilpellend pynlik, verkleurd en geswel ondanks intensiewe...
FEESTE-INNIE-BOS
Fees-inie-bos noem Nelspruit sy jaarlikse kunstekarnaval.’n Fees-innie-bos soos min was ons somervakansie van 2018/2019. Op 30 Desember was Brent en Marisa 18 jaar getroud; op 31 Desember ek en Tokkie 52 jaar (70 jaar se versamelde huweliksoet en –suur binne 48 uur...
JAARBRIEF UIT MELKBOS
Liewe vriende Desember is hier. Tyd vir die jaarlikse bulletin uit Melkbosstrand vir die jaar 2018. Dit kon ‘n jaar van sombere nuus geword het met HvD se onverwagte viervat-hartomleiding en die langerige verblyf in die waakeenheid. Ook met George se verskriklike...
‘N VRIENDIN DUISEND
Op haar bereiking van die Bybelse baken van 70 jaar, het ek deur my albums gesif vir 'n foto van ons gewese Bloemfonteinse buurvrou Annette van Rensburg vir haar verjaardagkaartjie. Daardie foto wil ek vandag hier herhaal as huldeblyk by haar heengaan ‘n bietjie meer...
LIEWER DOODSWYG?
Stemme gaan al hoe meer op dat Julius Malema se flirtasies met rou rassehaat en ander bedenklikhede liefs deur die media doodgeswyg word. ‘n Mens begryp die kommer en vrese wat sulke denke dryf. Jy kom selfs in die versoeking om daarby in te val. Snoer Malema se...
DIE HOND KOM TERUG!
'n Goeie hondestorie is 'n joernalistieke treffer - 'n paspoort tot die voorblad. Dit staan in my hondeboekie,"'n Vriend vir Altyd - Honderde Hondestories" wat in 2000 by H&R verskyn het. Vandag is weer in Die Burger die storie van Millie wat in drie dae 40 km...
DUBBEL-EEUFEES VIR STILLE NAG
Dit is weer daardie tyd van die jaar dat Kersliedere in kerke se Kerssangdienste, by Kersmarkte, in skole-tablo’s, in winkelsentrums en in huise, op private musieksentrums, toenemend begin opklink tot en met 25 Desember. Die kroonjuweel van Kersliedere bly Joseph Mohr...
HAND IN ‘N EMMER
Dink jy jy is onvervangbaar, heer/ dame? Vanoggend rede gehad om die versie uit my "pampiere" te gaan uitdelf. Dis brutaal reguit en presies in die kol: Sometime when you're feeling important, Sometime when your ego's in bloom, Sometime when you take it for granted,...
HOEKOM SO STIL OOR BIRD ISLAND?
Twee maande het verstryk sedert die Bird Island-bohaai losgebars het. So eensklaps soos dit op die nasionale agenda verskyn het, het dit in die sand doodgeloop. Is ons wyser as wat ons was? Klaarblyklik “nee”. Van die “nog onthullings” wat telkemale uit soveel monde...
‘N STER VERSKIET – ‘N BLINK BOOG
Ter ere van Pik Botha wat vanoggend oorlede is – ‘n uittreksel uit die hoofstuk “Pikante kant van Pik” in my jongste boek, “Laatoes – Kykweer van ‘n Kanniedood-koerantman” wat ook by Naledi aanlyn bestel kan word. Die diep spore wat die legendariese minister in sy...
YSKASTE VIR ESKIMO’S
Johann Kriegler se verwyt teen Ton Vosloo kom daarop neer dat Naspers nie yskaste aan Eskimo's probeer verkoop het nie. Hy verwag dat ons super-verligte koerante moes uitgee in ‘n tydperk toe super-verligtheid tot ‘n baie klein puntjie van die leserspiramide beperk...
LEKKER STUKKIE LUISTER
Gerekende boekeman Danie Botha, oud-uitgewer by Tafelberg, het my die eer aangedoen om "Laatoes - kykweer van 'n kanniedood-koerantman" in die program "Boekkeuse" op Fine Music Radio te resenseer. Werklik 'n warm, gesellige resensie, en boonop perfek voorgedra....
MNR. Z SKRYF ‘N BRIEF
Die Bird Island-histerie het 'n stille dood gesterf. Die land kan weer asemhaal, dankie tog. Maar wat gebeur t.o.v. al die valse bewerings en gerugte wat as’t ware op die markplein verkondig is? Word die skromelike onreg wat mense aangedoen is, eenvoudig maar...
FOTO WAT ROER
'n Foto wat my diep roer, is gister deur matriekmaat Van Aardt du Preez van Potchefstroom op Facebook geplaas. Johan Claassen, oud-Springbokkaptein, is in 'n versorgingsoord in Pretoria opgeneem. Van sy ou spanmaats het hom kom ondersteun. Hennie van Zyl,...
ERNSTIGE SAKE
Ek het die volgende hekelversie op Facebook geplaas: Hoop nie ek's nou te krassie maar smaak my onder Rassie is ons rugby nie eens wat dit onder Snorre wassie. Die antwoorde wys: Moenie met rugby spot nie; dis ernstige sake. Die manne het my geantwoord met...
PERS EN POLITIEK: ‘N TERUGBLIK
Wyse woorde van die hoogs bekroonde historikus Herman Giliomee in Sondag se Weekliks in Rapport: "Die belangrikste beginsel van omgaan met die geskiedenis (is) om elke handeling binne die raamwerk van die tyd waarin dit plaasgevind het, te beoordeel." Amper 30...
NIKS NUUT ONDER DIE SON
Ex Africa semper aliquid novi (Uit Afrika altyd iets nuuts), lui die Latynse spreuk van wyse ou man Plinius. “ Daar is niks nuut onder die son nie,” lug die Prediker ‘n teenstrydige mening in Prediker 1:9 in die Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel. Dit lyk tog of die...
BY VLIEG AL 80 JAAR
Die Perdeby, studentekoerant van Tukkies, vlieg vanjaar al 80 jaar lank, swaai by geleentheid die heuningkwas of deel by ander geleenthede sy goedgemikte stekies uit op die kampus. Zoem voort, liewe By – my eerste “koerant” waarvan ek in 1961 bevoorreg was om...
MEDALJE-TROTS
In 1984 is die Phil Webermedalje, die Nasionale Pers (nou Naspers) se hoogste bekroning, die eerste keer toegeken: aan adv. Lang Dawid de Villiers, besturende direkteur. Gisteraand op ‘n deftige dinee in die nuwe...
MEDIA EN WAARHEID
Een gevolg van die Magnus-sage is dat oud-kollegas uit ‘n vorige era by die koerante weer ‘n slag druk met mekaar gesels. E-posse vlieg. Die verontwaardiging oor die afgelope twee weke se media-sirkus loop hoog. Dit druis in teen alle joernalistieke etiek om...
VRAE VIR MNR. X
Die geheimsinnige Mnr. X bevind hom in die gerieflike posisie dat hy eensydig sy storie kan vertel. Verslaggeefster Maygene de Wee, skynbaar die enigste met toegang tot hom, teken dit op; Netwerk24 en Media24 se dagblaaie (met die lofwaardige uitsondering van Beeld)...
MET BLINDHEID GESLAAN
‘n Massiewe ineenstorting van veiligheidstelsels sou nodig gewees het vir ‘n sensitiewe geheim oor ‘n sleutelminister se private lewe om dekades lank geheim te bly. Dink mense werklik dat PW Botha en Niël Barnard, hoof van nasionale intelligensie, nie presies geweet...
SKINDERSTORIES
My brief in vanoggend se Volksblad: Die opspraak oor die bewerings teen Magnus Malan in die boek “Die seuns van Bird Island” duur sedert Sondagoggend. Ek het nie die boek gelees nie. Ek gaan ook nie. Ek volg die beriggewing in die nuusmedia wel getrou. Tot dusver...
KAAL BENE
Vleis groei nie terug aan kaalgevrete bene nie. Met die harde werklikheid maak hiënas klaarblyklik maar moeilik vrede. In Maart is ‘n kameelperd op ons motorpad dood – ouderdom of dalk ‘n slangbyt. Sy beendere lê tussen die tamboties gesaai. Tot aan die einde van die...
RUS IN VREDE, VRIENDE
Met die lys voor jou van tien afgestorwenes in Sabiepark in die vorige jaar tref dit hoe die Byl ook in die kleiner, persoonlik bos bly kap, kap en kap … Nie minder nie as veertig gaste sal nie weer ‘n voet oor Tarlehoet se drumpel sit nie – ‘n vreemde gedagte. Met...
KAN NIE IS DOOD
Piet Theron, Volksblad-kollega wat op 27 Julie 80 word, se motto is “kan nie is dood” – ‘n rigtingwyser wat by sy ouers gekry het. Van daardie 80 jaar ken ek hom amper 60; het hom in 1960 as 21-jarige in Kollegetehuis by Tukkies leer ken. Op die lang pad wat ons...
IN MEMORIAM
'n Stroomversnelling in die Sabierivier vlakvoor die middelste van Sabiepark se drie uitkykpunte by die piekniekplek sorg vir ‘n konstante gedruis – soete watermusiek wat tot op ons stoep by Tarlehoet in Wildevy die oor streel. Die water wat voor jou oë skielik lewe...
HALF NARE NAG IN WILDTUIN
'n Sabieparkse buurman, dr. Hendrik van Tonder, vertel op die Sabiepark-webwerf van die “half nare” Wildtuinervaring nadat sy voertuig se battery hom in die steek gelaat het. Hy en sy broer, Chris, ń Australiese burger, sal hul nag van ontbering naby die...
ONVERDIENDE VREUGDE
Sestig jaar nadat hulle as onsekere eerstejaars in 1958 opgedaag het by Kollegetehuis – toe nog op Tukkies se hoofkampus, ‘n klipgooi van die statige Ou Letteregebou – het ‘n groepie veteraan-Kollegemane op ‘n nostalgiese safari van 17 tot 20 Junie in die knusse...
NOG ‘N TREURSPEL
Die eerste 17 jaar sedert ons 20 jaar gelede by ons Laeveldse hartsplek, Wildevy 154, Sabiepark, ingetrek het, was ons naaste bure Van Heerdenmense van Wes-Transvaal (nou Noordwes). Die naambord was ‘n straatnaambord: Van Heerdenstraat. Seker so ses jaar gelede sit ek...
LUISTERPOS SOOS MIN
Vir koerantmense was die Afrikaner-Broederbond (AB) vir ’n belangrike luisterpos – ’n beskrywing van prof. Piet Cillié. Cillié was een van die swaargewigte wat tot die einde lid gebly, getrou die vergaderings van die afdeling Kaapstad bygewoon en op sy kenmerkende...
‘N LANG PAD MET DIE AB
Laat die kritici die Afrikaner-Broederbond (AB) maar verguis soos hulle wil. Nȇrens anders kon in die Afrikanergeskiedenis uitdagender, prikkelender en stimulerender gedink, gepraat en geredeneer gewees het oor watter bestemming die volk moet najaag en hoe hulle daar...
AS LERAARS STAAK …
Geweet hoekom predikante nie staak nie? Omdat niemand dit sal agterkom nie. Die wysheid by Bybelstudie gehoor - nogal uit die mond van ‘n predikant. Die spitsvondige dr. Francois Hanekom, eerste leraar van die NG gemeente Melkbosstrand en nou, ná sy aftrede,...
SKUIMENDE LIEFDE
Padda-indabas kan veral na ‘n verfrissende somerbui die nagrus ru versteur. Die bruinrug-boompaddas “haa....haa” sonder ophou. Hulle glo blykbaar hulle moet die wêreld opkikker. Lag en die wêreld lag saam met jou! Ander (op-)kikkers -- identiteit onbekend -- laat jou...
VOORBLADFOTO
Reken net: dat 'n ou koerantestrydros nou 77 jaar oud moet word voordat die eerste keer een van sy foto's oor die volle 7 kolom op die voorblad aangebied word. Dankie, Burger, lekker gewees om die koerant saam met die eerste koppie koffie in die bed te kry. Die foto...
A NEE A, ASHWIN!
Van dwelm- en bendebetrokkenheid rot rugbyglorie. Rugby was goed vir Ashwin Willemse, en voorheen was hy nie skaam om aan die spel en medespelers lof toe te swaai vir sy merkwaardige opgang nie. Ek lees o.m. die volgende in 'n bemarkingstukkie (hy is beskikbaar as...
STRIKDAS EN PeRELS
Oupa het vanoggend sy rooi strikdassie uit die mottegif gehaal en ouma het ‘n dubbelstring perels uit die kluis opgediep. Ons het ons uitgevat vir Welgemoed-laerskool se stylvolle oupa- en oumatee met die tema Strikdasse en Perels. Die skoolsaal was ‘n feestelike...
KAMERA-KATASTROFES
Die rampspoedige vlug SA 228 wat op 20 April 1968, gister 50 jaar gelede met opstyging onder meer weens foutiewe flap-verstellings by Windhoek in die grond geboor het, herinner aan een van die groot kamera-katastrofes in die Suid-Afrikaanse koerantgeskiedenis. Die...
OM TE WAG EN TE WAG
Ons sending na Atlantis vir die hernuwing van ons rybewyse begin op die verkeerde voet. Die liewe "Google maps" kry die naam van 'n straat verkeerd en laat ons 'n tamaaie ompad van 20 km ry. Volgens Google moet ons in Mamregweg afdraai. Eintlik is die regte afdraai...
VOORBLADNUUS
Saam met my koerant word 'n hand geskrewe briefie by my huis afgelewer met 'n onheilspellende mededeling oor 'n aanval deur vier gewapende mans om 03:50 die oggend. Die egpaar wat ons koerante aflewer, word amper self voorbladnuus. Hulle en hul tweelingdogters is op...
BALDADIGHEID
Die eweredigheid tussen straf en oortreding is een vna die kernbeginsels van reg en geregtigheid . Geregtigheid kom nie tot reg in die ligte raps op Steve Smith se kneukels tot dusver nie. Krieket en rugby is ver van vinkel en koljander. Onthou egter wat met die...
‘N PAAR KORRELTJIES
'n Paar korreltjies uit my praatjie gister by die WAT se Woordpret op Stellenbosch oor die "Kykweer van 'n kanniedood-koerantman"- die subtitel van "Laatoes"( Naledi, 2017). Resensent Anton van Zyl skryf beeldryk oor Laatoes: Van Deventer pluk as’t ware die stories...
KARIKATUUR-MUUR
Tydsberekening is alles! So sê die wetenskaplikes. So glo die slim mense in die beleggingswêreld. So is dit in jou liefdeslewe. Oral is fyn tydsberekening 'n bate; slegte tydberekening 'n potensiële rampspoedigheid. Met Zuma se val was ek amper-amper die slagoffer...
DIE LAASTE AAND
Een formaliteit het in my loopbaan oorgebly nadat ek op 15 Desember 1997 my kantoordeur in die Perssentrum die laaste keer agter my toegetrek en die sleutels aan my bekwame p.a., Lizette Hanekom, oorhandig het. Twee maande later op 19 Februarie 2018, eerskomende...
JACOB EN JAKOB
Soos Woensdag nie Jacob Zuma se dag was nie, was gister nie Jakob van Deventer (njannies my doopnaam!) s'n nie. Albei Jacobs/Jakobs is op pad iewers heen. Jacob is op pad na Nknadla en later ... wie weet? Die uwe is op pad na die Harteenheid van die Panorama...
HERMAN EN HENNIE
Laatoes is ʼn versameling indrukke en profielstukke deur die oudkoerantman Hennie van Deventer. In die voorwoord skryf die digter en teksredakteur Louis Esterhuizen: “Wat ons voor ons het, is in wese die lewenservaring van iemand wat nie net geskakeerd geleef het nie,...
SOMER, SON EN …SWEMBADJIE
Somer en son en saffier vir my! So dig die slampamperman C. Louis Leipoldt. Wel, vir ons was die somervakansie in Sabiepark somer, son en swembadjie. Vele sorgvrye swem-sessies in die bos is agter ons blaaie. Vreemde sameloop. Gaan kyk in 'n Afrikaanse woordeboek...
‘N IENK IN 1958
By die begin van die nuwe akademiese jaar 2018 aan ons universiteite gaan die gedagtes van hierdie Tukkie-kalwer van 1958 ver terug: na die dae van ienk-wees in die “goeie ou dae”, toe ontgroening nog respektabel was. Kollegetehuis was toe nog op die hoofkampus, ‘n...
DIE KRANE WORD OOPGEDRAAI!
Jammer om dit so brutaal te stel, maar die besluit om met die Twee Oseane-marathon deur te druk hoewel die Kaap met die een voet in 'n bittere put-sonder-water staan, laat die hedonisme hoogty vier. Praat van viool speel terwyl Rome brand! Die vroom verduideliking dat...
LUSTIGE SLANG/HITSIGE SLANG
'n Boeiende slangepisode speel hom voor ons oë af toe ek van Tarlehoet se stoep uit die hoek van my oog beweging in die wilde katjiepieringboompie naby ons stoep-swembadjie waarneem. “Slang”, roep ek en beduie boompie se kant toe. Dadelik is ek en Tokkie albei op ons...
GEVAAR AGTER GORDYN
In die voue van jou gordyne of in jou linnekas – op plekke waar jy dit dalk die minste verwag, kruip een van die gevaarlikste spinnekop-kalante moontlik weg. Pas op vir die venynige sakspinnekop. Sy byt veroorsaak 'n liederlike wond (lyk soos 'n lelike puisie) en kan...
SOMER IN DIE BOS
Wil dit nou nie invryf nie, maar vir al my Kaapse vriende wat so besorgd is oor die vreeslike hitte wat ons dan van more af in die Laeveld gaan trotseer, het ek darem 'n boodskap. Ons gaan stort en swem na hartelus, mense. As die watervlak in die swembadjie sak, vul...
POTJIE MET VARKIES
Botter sal nie in die twee slapende "skoonhede" se mond smelt nie - so onskuldig lyk hulle. Maar vanoggend vroeg by Tarlehoet was die twee Sabieparkertjies hoof-figure in petalje wat in 'n taamlike moles kon ontaard het as skoondogter Mariza nie so vinnig met 'n besem...
TWEE KLEIN KRUKKIES
Die bekende spel Bingo is veral gewild by senior burgers. In die sogenaamde "Bingo Lingo" wat ingewydes in die bekende spel onder mekaar besig, is die getal 77 bekend as die "two little crutches." Synde self op die vooraand van my 77ste verjaardag more (Woensdag 3...
VREDE VAN BINNE
Ek het 'n "plaas" in Afrika... Tussen Karen Blixen van "Out of Africa" se PLAAS-plaas in Kenia en die Van Deventers se plasie-plaas in Mpumalanga bestaan 'n hele paar verskille. Een is omvang. Ons s'n in Sabiepark - 'n spikkeldeeltjie van die groter Lisbon-landgoed -...
BOEK-ET VAN ‘N LAATOES
Hierdie is die verhaal van twee Laatoese – die een op papier, die ander in 'n bottel. Die bedoeling is nie om die twee, hul boek-et en die plesier wat hulle liefhebbers of nie-liefhebbers verskaf of nie verskaf nie, teen mekaar af te speel nie. Dis 'n...
LUIPERD-LEGENDE
Die bos het sy eie ikone. Die massiewe luiperdmannetjie Mbavala (in die omgang beter bekend as Vin Diesel) is dit ruim ‘n dekade lank. In die Krugerhek-kontrei in die Sabi-Sand-wildtuin en in Sabiepark is hy die ongekroonde heer en meester. Mense word deur hom...
RAPPORT UIT MELKBOS
Drie bakens in 2017 beklemtoon dat die jare aanstap: Hennie gedenk 60 jaar uit matriek (met ‘n klein maar heuglike reünie op Potchefstroom) asook 20 jaar van aftrede; die oudste kleinkinders, Jacob en Thomas, skud die stof van die laerskool van hul voete. Ons...
KREET UIT DIE HART
Die groot staatsdienshorlosie teen 'n muur in die Groote Schuur-teater waar die eerste mensehart 50 jaar gelede oorgeplant is, staan op twee minute voor ses die Sondagoggend, 3 Desember. Dit was die uur van waarheid. Op daardie grootse oomblik het die klein, gesonde...
KANNIEDOOD VOORWAAR!
Smaak my die oud-koerantman Hennie van Deventer ervaar die verlede en hede soms in een teug. Afgetree is hy wel reeds twee dekades, maar sy skryfstem weet nie van swyg nie. So skryf die joernalis AJ Opperman in 'n resensie van Laatoes - Kykweer van 'n...
ONS EIE MOSTERDSAADJIE
In die Evangelies van Mattheus, Markus en Lukas lees ons van die wonderbaarlike mosterdsaadjie. Nietige saadjie soos dit is, word dit 'n boom met takke waarin die voëls van die hemel kom nes maak. Van so 'n mosterdsaadjie wil ek vandag vertel. Dit is die een waaruit...
WAAR DIE KOPER BLINK
Die plek waar die koper altyd blink. So het ek die Krugerwildtuin leer ken. Vandag is dit – na my kennis – eintlik net die Nasionale Karoopark, 12 kilometer van Beaufort-Wes in die hartjie van die Groot Karoo, wat die tradisie voortsit. Die Karoopark is 'n juweel in...
OP TOKKIE SE SPORE
Hertzogstraat 5. Amper so warm soos op 31 Desember 1966, ons troudag. So het Bultfontein Sondag 12 November vir ons gevoel. Ons het op Tokkie se spore gaan loop. Eerste stop op die dorp was dan ook Hertzogstraat 5, jarelange tuiste oorkant die kerk van Tokkie,...
LIEWE GEMEENTE
Wandeling op die strand. Tienie Zeeman en HvD . Vreemd om ná 25 jaar jou ou gemeente Berg-en-Dal in Bloemfontein te besoek en, ná ‘n gesukkel om tussen al die motors ‘n parkeerplekkie te kry, sommer by die deur in die glimlaggende gesigte van vriende vas te...
‘N NAWEEK IN BLOEMFONTEIN
Toe ons ons geliefde ou stad Bloemfontein op die N1 nader, sak my moed in my skoene. Die vullishoop langs die pad stort soos 'n klein Vesuvius oor sy rande en die rommel-lawa stoot tot diep in die begraafplaas langsaan. Plastieksakke kleef aan grafstene. Lyk bra...
GEDAGTES OP GOUE VLEUELS
As oudste lewende oud-redakteur van Volksblad (in chronologiese sin) was dit my voorreg om Saterdag by die veterane-saamtrek in Bloemfontein 'n woordjie te spreek. Met "gedagtes op goue vleuels" het ek hulde gebring aan ONS koerant en ONS kollegas - waarop ons albei...
GELUK, PROF. CHRIS!
Prof. Chris Barnard sou vandag 95 jaar oud gewees het. Oor minder as 'n maand word sy eerste hartoorplanting 50 jaar gelede gedenk - op 3 Desember 1967 in die Groote Schuurhospitaal in Kaapstad. So amper was dit 'n 45ste verjaardaggeskenk aan homself. Oor die...
STORIE WAT DIE TERT VAT
Wanneer Volksblad-veterane van vorige dekades die naweek in Bloemfontein saamtrek, gaan sekerlik goed nostalgies geraak word. 'n Traantjie of twee sal dalk op 'n wang verskyn. Die klomp gaan ook lekker lag – dis gewis. As ek moet raai, sou ek reken van die luimigste...
KOLLEGAS: SO ONTHOU EK
UIT VOLKSBLAD VAN VRYDAG 3 NOVEMBER: Oud-Volksbladders van die afgelope dekades trek op 10 en 11 November in Bloemfontein vir ’ n reünie saam. Die koerant, sy sy mense en hul dinge word ook in herinnering geroep in ’ n nuwe boek deur oud-redakteur HENNIE VAN DEVENTER...
OOK GEMOLESTEER
Die woordjie TE verswak dikwels 'n goeie saak. Dit weet ons mos almal. Verskoon my, dames, maar die kampanje teen mans se aanstootlikhede raak vir hierdie ou man op Melkbos nou TE dik vir 'n daalder. Alle simpatie met slagoffers van seksuele molestering in sy...
NOMMER TWEE
Die liewe Vader behoed dit, maar kom ons veronderstel die gevreesde dag zero breek aan in Maart 2018 of selfs vroeër dat die damme dolleeg raak en die krane opdroog. Skakel ons dan maar net oor na winkelwater om te drink, byt vas en druk deur? Helaas nie. Drinkwater...
KORREL VIR KORREL
Ek pluk as't ware die stories uit die wingerde waardeur ek gewandel het. Die mooi uitdrukking kom uit die Soutpanbergse streekblad Zoutnet in 'n netjiese resensie deur Anton van Zyl van "Laatoes - kykweer van 'n kanniedood-koerantman" - die eerste oor "Laatoes" na my...
MANNE EN DIE “KWIENS”
Dis mos maar van ons mansmense: spog graag oor die mooi meisies wat ons pad gekruis het, en dik meermale nog so ‘n bietjie aan ook. Sing graag, soos Julio Iglesias met sy fluweelstem, van “all the girls I loved before”. My storie vandag is,helaas, ietwat minder...
KAAPSTAD ‘N SPOOKSTAD?
Het die tyd nie aangebreek om toeriste te ontmoedig om Kaap toe te kom nie? Kan konferensies en sportbyeenkomste maar onbelemmerd voortgaan? Kan mense vir hul plesier in skitter-swembaddens bly plas? Lees vanoggend se hoofberig in Die Burger. Dr. Roger Parsons spel...
ODE AAN BUFFELSBAAI
Buffelsbaai is ongetwyfeld die skilderagtigste, heerlikste strandoord wat ek ken. Die Van Deventers het op die stukkie hemel op aarde naby Knysna van 1971 af tot in die 90’s seker 25 keer salige vakansies gehou. Met welbehae dink ek terug aan die wonderlike plek: die...
TYD VIR VONKELWYN
Met 2017 volstoom afdraande na die einde toe, tref dit my nogal hoeveel mooi dinge in my lewe vanjaar herdenkings belewe. Kan gerus 'n bottel goeie Cap Classic vir 'n vierinkie op die ys sit. Einde 1997, 20 jaar gelede, het ek nie net die laaste keer in my lewe my...
OUPA VOOR PAALTJIES
"Hier het Oupa krieket gespeel." Die brokkie was veral bedoel vir die ore van die 13-jarige tweeling Thomas en Jacob Claassens, aan die vooraand van 'n driedaagse kriekettoer na Knsyna. Dit is geuiter terwyl die Kaapse Rooi Bus op sy mini-Skiereiland-toer verby...
EK WAS DAAR!
In my boek "Laatoes – kykweer van 'n kanniedoodkoerantman" hou ek my lyf onder meer rugbyskrywer – Herman le Roux en Frikkie van Rensburg skuif op! Van die gedenkwaardigste oomblikke in Bok-rugby op SA velde het voor my oë afgespeel, vertel ek in 'n hoofstuk oor...
DIE GEGONS VAN ONHEIL
Blou Maandag is vir die Van Deventers altyd die dag wanneer hulle tuiskom ná 'n vakansie. Maak nie saak watter dag van die week dit is nie. Ervaring het ons al geleer dat iets soos 'n soomlose tuiskoms eenvoudig nie in ons gesinskultuur bestaan nie. Iets gaan groot...
WINTERVAKANSIE 2017
Foto van die vakansie. Geneem deur Organ Ongeni. Nog 75 salige dae op ons kerfstok geplaas in Sabiepark hierdie winter. Kan amper sê: soveel dae, soveel hoogtepunte. Elke dag lewer sy vreugdes. Kom ek probeer die hoogste hoogtepunte identifiseer: 1. Die...
KANNIEDOOD-KOERANTMAN
Hierdie Hennie van Deventer-ou moes beslis ‘n koerantman gewees het” – kollega Sarel Venter se kommentaar ná ‘n vinnige koekeloer na die omslag van “Laatoes – kykweer van ‘n kanniedood-koerantman”. Sarel is in die omgewing van die kol, maar nie presies daar nie. ...
ORGAN SE FOTO
Mense wat Sabiepark se piekniekplek ken, sal seker nie verbaas wees nie dat daardie seer geliefde stukkie grond aan die Sabierivier in my oë die heerlikste werkplek in die land is. Die man wat daar die septer swaai, Organ Ongeni, se dagtaak kan insluit ‘n leeuvangs...
KLINK ‘N OTTERMAKLOTTERTJIE!
Die Krugerwildtuin bestaan natuurlik uit veel-veel meer as net die Vyf Grotes, algemeen bekend as die Groot Vyf. In van jou beste wildtuin-ervarings figureer soms nie eens een van die grotes nie. Meermale sommer doodgewone ou diertjies soos otters. In die amper 20...
ROTS-BALLERINAS
Die klein klipspringer is nie om dowe neute nie as die ballerina van die rotse bekend. Die bokkie klouter op die punte van sy hoewe se kloutjies rats tussen die klippers rond. Hou dus gerus maar by ‘n rotsagtige heuweltjie stil. Bekyk die wereld rustig deur ‘n...
JUWEEL VAN DIE WILDTUIN
Ek wil Boulders ‘n fluweeltoga om die skouers hang en n opgerolde perkamentrol in die hand stop met ‘n akkolade van die hoogste orde: Juweel van die Krugerwildtuin honoris causa. Pas terug van ‘n tweede besoek, is ek nog te meer in vervoering met die unieke boskamp...
‘N BOKKIE SE LEED
Diere in veelvoud het gister gesorg vir ‘n vrugbare eerste skof van ons kort vyf-dae-wildtuinuitstappie, die skof van Sabiepark tot in Olifants. Twee leeumannetjies, vyf hiënas, vyf njalabulle en vier koedoebulle het om die beurt so saam-saam langs die pad...
DRIE DROOMKAMPE
Die drie wildtuinkampe wat van almal dalk die heel diepste in my hart gekruip het, is die natuurskone Olifants, sy buur-boskampie aan die Olifantsrivier, Balule, en die knusse private kampie Boulders, versteek tusen rotskoppies, naby Mopanie. Om die drie spesiale...
TYD VAN KOM EN TYD VAN GAAN
Wederom, wederom -so groet ons vrolik by die tyd van kom; maar dan kom weer die tyd van gaan, blink in die oog 'n hartseeertraan; ja, kom en gaan en kom en gaan, so rol 'n mense se lewe aan ... Die Claassense is vanoggend om 06:OO hier weg na 'n heuglike twee...
DROEWIGE STORIE
Van al die droewige stories van ontreddering en verlies in die onlangse Knysnabrande is die verhaal van Sabieparker Hans Weigl seker een van die aangrypendste. Sy huis is in vlamme op met al sy besittings (ook dokumente) terwyl hy in Mosselbaai in die hospitaal was...
KOMMOSIE BY DIE KAMPVUUR
Kommosie by die kampvuur! "Slang!" kreet kleinseun Thomas en spring soos 'n veer uit sy stoel. "Waar, waar?" wil almal weet. Die storie ontvou. Thomas het agter hom 'n geritsel gehoor. Toe hy omkyk, sien hy die adder se kop. Ta was skynbaar op pad uit die veld...
KOEK, KOEK EN … KOEK
.Die tradisionele troukoek maak toenemend plek vir allerlei fênsie konstruksies met kolwyntjies, roompoffertjies, sjokoladebolletjies en selfs droëwors ‘n keer in die Bosveld, hoor ek. Vir die ouer garde is die troukoek egter ‘n ernstige saak. Van die sny daarvan...
KNERTSIE OP KALANTE MET KOLLE
Op al die luiperds wat ek en Tokkie al in Sabieprk raakgeloop het - veral die ene wat haar ewe kontant op ons stoep tuisgemaak het twee jaar gelede - drink ek vandag 'n knertsie Wild Africalikeur in Beeld se bladsye. Lees saam by:...
O KOEK, SARGE BOURKE!
Toe die agt Kollegemanne – kalwers van 1958 en 1959 – die week in die knusse wildtuinkampie Orpen die Kollegelied met dieselfde passie as toentertyd aanhef, kon jy sweer Sarge Bourke was self teenwoordig. Die besnorde polisieman-gelukbringer was inderdaad – nou nie in...
LAATOES UIT MELKBOS
Douvoordag more as die Kaap nog net begin ontwaak, sal ek en Tokkie op pad wees van Melkbos af lughawe toe. As alles reg verloop, sit ons more-aand by 'n vuurtjie in Sabiepark. 'n Vakansie van amper drie maande wag, so plus-minus al ons 50ste vandat Tarlehoet einde...
REIS OM TE ONTHOU
Op 26 Mei 1977, 40 jaar gelede, het ek en Tokkie tot siens gese vir Harvard, tot siens vir vir Cambridge, tot siens vir Boston, tot siens vir Massachusetts. Ons jaarlange Nieman-avontuur was verby. Die Nieman-klas van 76/77 was vir oulaas byeen vir 'n gawe kreefete...
ORPEN, HIER KOM ONS!
Met soveel oorgawe het ek leeus nog nie hoor brul nie. Dit was behoorlik asof al die maanhare van die kontrei op die Balulekampie aan die Olifantsrivier toesak vir ‘n magtige klimaks om 'n era af te sluit. Elke winter sedert 2012, vyf jaar lank, het ‘n sesstuks...
‘N HARDEKOOL TUIMEL
Die bos het sy eie broederskap. Dit reik oor alle grense heen as bosmense in die atmosfeer van hul lieflingsplek saamsit om 'n vuurtjie, en gesels oor die dinge wat hulle na aan die hart lê. Sabiepark het sy eie broederskap, nog hegter weens die gemeenskaplike liefde...
SCOOPS – EN ‘N SKANDE
Niks is lekkerder vir 'n koerant as 'n ordentlike scoop nie. Ai, die louter genot om mededingers met 'n groot storie die loef af te steek dat hulle hik! Een van die groot scoops van my loopbaan was op 15 Februarie 1990 – onder die opskrif: "Foto's waarvan wêreld nie...
MOENIE SO MORS NIE!
Kinders, moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink. So het ons in die dae van my jonkheid gesing. Party het ondeund bygevoeg: Die oumense gooi dit by (in hul brandewyn of hul whiskey). Die woorde van die tradisionele volkswysie (verwerk deur die...
“FELISITASIES”
Jannie Zaaiman, sy vrou, Marina en twee van hul kinders was vroeg in die nuwe millennium in 'n kapingsdrama. Hulle het wonder bo wonder skotvry daarvan afgekom. Die egpaar doen toe 'n lofwaardige ding – verhard nie hul harte in veroordeling nie, maar besluit om iets...
OUPA SE AS
Alle as is níé altyd net verbrande hout nie. Een soort word by krematoriums uit van die goedkoper soorte doodskiste plus hul inhoud herwin, en as laaste wens, by 'n hartsplek van die bron van die verbrande materiaal gestrooi. Langs die kus, op ’n berg, in die bos, in...
O TOG, ‘N HOELA-HEUP!
Vanoggend in my eie bed op Melkbos wakker geword. Tokkie het vir my koffie en Die Burger gebring. Niks ongewoon aan die roetine nie. Buiten dat ek oorgehaal was om in 'n waaksaal in die Panorama Medi-Clinic wakker te word (kateter en al) ná 'n tweede heupvervanging...
KOERANT-KAPELAAN
Die kapelaan van die Volksblad – so het ek in die jare 80 die wellewende leraar met die permanente glimlag, die flink humorsin en die mooi gemoduleerde stem gedoop. Die foto van ds. Johan Lombaard is by my 50ste verjaardag by ons huis in Van Schoorstraat,...
NET HIER BYT ONS VAS!
"Van die stoep, oor my grasperk, oor die sand, in die see. En dit 'n skrale 30 km van die hartjie van Kaapstad. Ek het nooit geweet 'n doodgewone mens kan soveel plesier hê nie." So het ek die tydskrif "Sarie" geantwoord toe dié vir my vir 'n artikel oor Melkbos in...
VYFTIEN BOTTELS BRANDEWYN
Gesondheid! So kon jy iemand toeroep wat dertig jaar gelede, op 2 Mei 1987, by "die grootste verjaarsdagparty wat Bloemfontein nog gesien het" ‘n stukkie vrugtekoek in die mond gesit het. In daardie koek was 15 bottels brandewyn (geen tikfout nie!). Die...
TWEE TAMAAIES IN TANDEM
'n Bruidegom loer nie met 'n begeerlike oog vir 'n ander meisie nie. Jy voel half skuldig, of jy so 'n nare, ontroue vent is, as jy van die dek van die sierlike vakansieskip die MSC Sinfonia aaneen foto's van 'n ander skip neem. Maar as daardie ander skip nou die...
DRIE MAAL IS “SKEEPSREG”!
Drie maal is skeepsreg. So lui die spreekwoord. Wel, ek en Tokkie het nou drie maal goue bruilof gevier. Wat die "skeepsreg" in die spreekwoord ookal beduie; ons kan gewis nou daarop aanspraak maak, glo ek. Die eerste viering was ietwat prematuur. Op 26 Maart 2016 al...
Iets WAT-wonders
Die Afrikaanse woordeskat bestaan uit een miljoen woorde waarvan die meerderheid uiteindelik in die omvangryke Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) te boek gestel sal wees. Dis maar net 'n baie klein-klein druppeltjie aan 'n enorme emmer, maar my genoegdoening...
WEDEROM, PROF. CHRIS!
Geen Standard & Poor kan hierdie "status" van Suid-Afrika afgradeer nie en geen All Black- rugbystewel kan hierdie stukkie nasionale trots vertrap nie. Op ekonomiese gebied moet Suid-Afrika koes vir al die "rommel". Op die rugbyveld word die Bokke maar sleg...
ALTYD IETS NUUTS UIT DIE BOS
Ons luiperds het nou name: Mandleve en Shlarulini. Mandleve is 'n dominante mannetjie in die Sabi-Sand en Shlarulini is sy wyfie. Die twee het Sabiepark ge-annekseer as deel van hul gebied en kom nou enige tyd van die dag of nag op inspeksie in hul "kolonie". Groter...
BEROEMDSTE GAS
Het Lady Diana ooit in Sabiepark gekuier? Het die Britse “prinses van harte” in haar fleur hier wakker geword met die klokhelder roep van die visarend wat bo die gedruis van die Sabierivier opklink? Het sy by een van die die rustige piekniekplek se uitkykpunte die...
‘N HUISIE VIR ‘N STORIE
As ek ‘n skrywer van storieboeke was, sou ons oornagtuiste in die golwende groen heuwels van Mpumalanga op Machadodorp – deesdae bekend as eNtokozweni - gewis iewers in ‘n storie opduik. Die huisie is ‘n doodgewone plattelandse plekkie met ‘n beskeie, amper...
“KOOS SE GEBOU”
By my afskeid van Naspers amper 20 jaar gelede het Ton Vosloo, uitvoerende voorsitter, “opdrag gegee” dat ek na die inwyding van die Perssentrum/Mediasentrum in Aucklandpark genooi moet word. Niemand het dit genotuleer nie, en ek is nie genooi nie. Die laaste twee...
VOLBLOED-VOLKIE VIR ALTYD
As ek die Volkiematrieks van 60 jaar gelede moes evalueer vir ‘n rapport, sou ek oor die simbool vir beweeglikheid (noem dit ons “ars mobilitas”) twyfel. Party is verrassend hups. Ander kamoefleer dit doelgerig, maar loop bra moeisaam. Gelukkig vir laasgenoemde was...
EREWAG VAN MOEDER NATUUR
Ons ry onder blareboë deur verby ‘n erewag van bome wat fier in gelid staan in hul seremoniële groen uniforms, kraakvars en blink gepoets, asof ‘n hoë indoena op besoek kom. Ons plus-minus 50ste besoek aan Sabiepark begin op ‘n heuglike noot. Waar in Augustus 2016...
TOE SOEN EK DAAI SKYFIE
'n Klassieke geval van die derde probeerslag gelukkig; tegelyk 'n neerdrukkende ervaring van die abortiewe eerste twee kere se groot gesukkel. Ter sprake is die geskiedenis van my lisensieskyfie vir my bosmotor, die 1999-Honda CR-V, wat uit sentiment steeds die...
DS. HENNIE SE LEEU
Nogal 'n openbaring as jy begin sommetjies maak hoeveel keer diere in die Bybel opduik: van die skeppingsgeskiedenis in Genesis af tot in die eindtye, soos in Openbaring aan ons voorgehou. Diere en voëls kom in verskillende gedaantes in die Bybel voor. Hulle was,...
DIE PRYS VAN ‘NAAM
Ons name het ons gister geld gekos: R120 vir my en R120 vir Tokkie. By ons kerk, die NG kerk Melkbossstrand, was dit "naam-Sondag". Vir elke letter in jou naam moes jy R10 of R20 opdok, mits jy natuurlik wou saamspeel. Die Van Deventers het gekies om vir die goedkoper...
SOOS GRAS IS ONS DAE
Toy, Naas, Jammie - drie bure in twee maande oorlede. 'n Sonderlinge verhaal van drie bure: Op 24 Desember 2016 is Toy Vermeulen op Melkbos (92) oorlede. Ons was in die jare 80 bure in Bloemfontein; Op Sondag 12 Februarie is Jammie Olivier (57) op Melkbos oorlede. Sy...
GOODBYE, JOOST!
'n Lewendige gesprek is op my Facebookblad aan die gang oor die bloedmin Afrikaans by Joost van der Westhuizen se begrafnisdiens - of liewer "memorial ceremony" - op Loftus. Die aanleiding was die opmerking: "Miskien is dit net nodig om party mense daaraan te...
MELKBOS SE EIE DICK
Jare lank het jy van die straat af vir Dick Turpin in sy motorhuis op die hoek van Pelican Parade en Seagullstraat, Melkbos, dag in en dag uit sien houtwerk doen. Dit was sy fabriek waar hy sy aftreebesigheid, “Knock on wood”, bedryf het. Dit was ook sy heiligdom. ...
AÄRON EN HUR IN EEN
Die notering van Naspers op die Johannesburgse Effektebeurs toring ongetwyfeld uit as een van die hoogtepunte in die vyf-jaar-skof aan die einde van my loopbaan by die Nasionale Pers. Sal ek die opwinding vergeet om op die vloer van die Beurs te kon staan toe die klok...
SAAM IN ‘N BUS
In langer as sewe uur saamgebondel in 'n bussie kry die passasiers kans om hul medereisigers goed vir koddige gewoontes, geite en giere deur te kyk. Op 'n rit van Kaapstad na George Vrydag het verskeie van die insittendes 'n mens nogal geboei. Veral drie het 'n...
ON-VERGEETLIKE FANIE
My swaer Fanie van Wyk wat vandag 'n jaar dood is, het ek by sy gedenkdiens tipeer as: Vinnige Fanie: In matriek op Bultfontein in die laat 50's was swaer Fanie van Wyk junior SA kampioen in die 440. Vergooi Fanie: 'n Keer het hy die spies so ver geslinger dat dit...
KONING CAMRY
Die Camry kom terug! Baie Camry-eienaars sal vir jou sê: maar die Camry was mos nooit weg nie. Dis net dat nuwe modelle nie die laaste jare bygekom het nie. Sou graag wil weet hoeveel Camrys is nog in Suid-Afrika op ons paaie. 'n Mens sien amper elke dag een – almal...
WIE MORS WATER?
Van die arme belastingbetalers word sondebokke gemaak in Kaapstad se waterkrisis, skryf ek vandag in 'n brief aan Die Burger. Die volledige brief: Tien miljoen passasiers stroom in 2016 deur Kaapstad Internasionaal se hekke, en die betrokke Wes-Kaapse minister jubel...
‘N SIERAAD VAN ‘N MAN
Hoe lyk die profiel van iemand wat 'n sieraad van 'n mens is? Paulus - die oorpronklike een – gee vir ons kosbare rigsnoere in sy brief aan die Galasiërs. Sy lys kerndeugde is formidabel: liefde, vreugde, vrede, geduld vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,...
OTJIE MET ‘N C.V.
Kleinseun Christopher(7) kom van die strand af in groot haas om 'n emmer te kom soek. Steek in die deur vas. Staar na die gedoentetjie op die tafel in die woonkamer. "Is dit 'n wolf?" wil hy weet. Geen wolf nie, Christopher. Net maar 'n otjie, lekker bruin gebrand en...
RAAISEL VAN ONS HUWELIK
Presies 50 jaar gelede, op 'n snikhete Oujaarsdag, 31 Desember 1966, is Jakob Hendrik van Deventer (25) en Gesina Susara van Wyk (20) op haar tuisdorp Bultfontein in die huwelik bevestig. In die NG kerk neffens die ou begraafplaas op Bultfontein, met rye grafstene as...
BUILOFSLIED VIR 50 GOUE JARE
Hoe nader Saterdag 31 Desember kom, des te sentimenteler raak hierdie bruidegom van 50 jaar gelede oor sy bruid, Tokkie. Delf genoeg stof uit die "argiewe" om 'n hele paar blogs te vul. Hierbo is die tuisblad van 'n spesiale Tokkie60-webwerf wat vriend Ollie Olwagen...
OP VER PAAIE WOORD GEBRING
Ds. Ockie Raubenheimer (92) se plek in die kerk is nou finaal leeg. Ook in die NGK Melkbosstrand. Vyf jaar lank was hy elke Sondagoggend van vroeg hier fier en regop op sy pos in die gangetjie by die hoofdeur. Kennisse is met 'n breë glimlag en ferme handdruk...
BOBAAS-BUURMAN
Die spore van J.A.J. Toy Vermeulen (92) wat Saterdag sag heen is, lê veral die Vrystaat vol . Op vele terreine was hierdie seun van De Aar 'n staatmaker. Hy kon dankbaar terugkyk op 'n vol en vrugbare lewe. In die dekades 70 en 80 van die vorige eeu was hy ‘n...
GESEËNDE KERSFEES
By die Kerswense in vele tale op hierdie "internasionale" kaartjie uit Spanje van ons Nieman-vriende José Antonio Martínez Soler en Anna, sy vrou uit New Hampshire, voeg ek graag in Afrikaans by: Geseënde Kersfees. Sal graag José se kommentaar wil hoor as hy sou weet...
FANUS DIE KERSBABA
‘n Kersdagstorie van Fanus Rautenbach wat dalk nie so bekend is nie, uit die mond van Danie Botha wat as boekeredakteur saamgewerk het aan Tien uit Tien, ‘n keur uit Fanus se humorstories saam met ‘n paar verse en spitsvondighede: “Tot kort voor sy dood op 29 Januarie...
ONS BAKENJAAR 2016
Die Jaar van die Drie Bakens. Só sal 2016 in die Van Deventer-annale opgeteken wees. Baken een was HvD se 75. Baken twee Tokkie se 70. Baken drie is amper hier: ons goue bruilof op Oujaarsdag! Aan die vooraand van die groot dag vloei die gedagtes onwillekeurig terug...
ENGELTJIE OP DIE DUIN
VIR KERSFEES 2016 - Piet Cillië se mooi Kersverhaal: Die engeltjie wat agtergebly het (met erkenning aan die outeur en onbekende verwerker). Daar was eendag twee meisietjies wat elke jaar saam met hul ouers by Willie-se-Baai vakansie gaan hou het. Hulle name was...
STOUTE MATRIEKS
Veronderstel in 1957 toe ons klas in matriek was, het sulke dinge soos matriekvakansies, en "Plett Rages" al bestaan. Hoe rof sou ons rinkink het? Die vraag boei my nou al dae lank. Vir 'n antwoord het ek die 81 gesiggies op die amptelike klasfoto van die Hoër...
PROFEET IN ROOI PAJAMAS
My vriend en kollega Alf Ries, prins van politieke beriggewers, is al 10 jaar langboompies toe. 'n Hele dekade - 'n kwart van die skof wat hy as doyen in die persgalery van die parlement die septer geswaai het. In die tien jaar het ek van tyd tot tyd van Alf se seun,...
WENNERS EN VERLOORDERS
En die wenner is …..? Deesdae gebeur dit nogal dikwels in allerlei kompetisies dat die ware wenner op verdienste nie wen nie. Dalk is die wenner selfs die een wat heel laaste moes gekom het. En wie moet ons blameer? Nie so maklik om altyd agter die kap van die byl te...
RYK EN LEKKER
Gevatte koerantopskrifte en pittige byskrifte by advertensies is naaste bloedfamilie. Dankie aan almal wat op my webblad, op Litnet, op Facebook, op Netwerk24 en in Die Burger land en sand saam gesels – en saam geproes - het oor "Opskrifte wat jou laat proes" (om nou...
KOPKRAP OOR KOPPE
Die kuns van die kopskrywer (skrywer van opskrifte) is selfs groter as wat dit dalk lyk. Die uitdaging is nie net om 'n treffende opskrif te skryf nie. Nee, dit moet, kom wat wil, in 'n bepaalde ruimte inpas. Sonder om te tegnies te raak: Des te groter die...
GESOEK: ‘N BAAS
'n Towerformule sal dit nie wees nie, ook nie wondermedisyne wat Bokrugby oornag sal regruk nie, maar dit sal ten minste 'n goeie begin wees: soek 'n BAAS. Dan praat ek nie van die moderne soort "baas" wat in die handboeke tipeer word as die sagte, beskeie en...
SLIMKOPPE SE SLIM KOPPE
Dit was die week waarin die Doom-doom-inie (Doom-profeet) van Limpopo mense laat proes, die Bokke se vertoning in Florence - Mamma (Bleddie) Mia!*- mense laat stik en die kwessie of Toetie moet tata of nie mense laat gons het. Die slim koppe (koerantopskrifte) van die...
OU “ONE LIGHT”
Bultfontein se eerste straatligte het in 1963 hul buiging gemaak in die straat waar ou "One Light" gewoon het. Hy was die “misipaal” se elektrisiën-cum-honde-inspekteur, en sy bevoorregting met die beligting is seker nie onverklaarbaar nie. By sommige het die indruk...
WIE IS DIE SKULDIGE?
'n Kleuterrympie wat 'n studenteliedjie geword het, draai in my kop terwyl ek mymer oor outydse kerkbasaars wat al hoe meer deur allerlei "feesmarkte" op die agtergrond gedruk word. Die vetkoek, kerrie en rys, pannekoek en basaarpoeding speel tweede viool. Voor in die...
DIE PêREL IN JOU OOG
'n Oog kan sag, teer en liefdevol wees. 'n Oog kan blits , vuur spoeg en jou deurboor. Sterre skitter in jou oë of onweerswolke pak daarin saam. 'n Oog kan vele ander dinge wees: hartseer, blink, troebel, betraand. Dit kan 'n bars kyk of geneig wees om te dwaal. Jy...
REGTE KAR VIR ‘N PIEKNIEK
My briefie oor my Sabiepark-Honda in vanoggend se Motors-bylae in Die Burger word hier herhaal. Sou darem uiters dislojaal gewees het aan die Honda as sy trotse baas nie sy stem laat hoor het nie. Geagte Redakteur ‘n “Netjiese truuk” in die nuwe Mini Countryman is...
‘N VROU VIR ELKE SEISOEN
"Apples" het haar naam op 'n speelse manier gekry. Sy het eintlik Hannetjie Smith geheet. Was 'n nooi Strydom van Rietfontein, Pretoria. Letterlik almal het haar man, Ben - ook my neef Ben - Ben genoem. Vir sy seuns, Brent en Bryan, skoondogter, Michelle,...
EK EN DIE KAPELANE
Min tokkelokke het in my geliefde Kollegetehuis onderdak gevind in die laat jare 50, begin 60's. Kan hulle op die een hand se vingers tel. Tokkelok se kind moes jy in Sonop gaan soek. Altyd 'n volop spesie daar gewees. Ek dink vandag aan twee tydgenootlike...
AFRIKAANSE PAULUS
Soos die apostel Paulus gereis en geskryf het, het ds. Ockie Raubenheimer in die vreemde gereis en gepreek.. Sy eie en sy 47 nasate se voetspore lê in 'n verstommende 272 lande. Die patriarg se bydrae is verreweg die grootste. Die wellewende veteraan-leraar, nou 'n...
PURGASIE VAN ERGE STOFFASIE
Op Melkbos woon 'n skugter poe-eet Wat ewe beskeie net HvD heet. Vandag sit ek my verslete versiemaker-keps op. Wat my tot digterlikheid noop, is gister se mediese prosedure van kamera sluk (van bo) en kamera ontvang (van onder.) Veral laasgenoemde gaan sit nie in...
DEUR DIK EN DUN
Niemand wat ek ken, sal so vootvarend wees om 'n mens oor jou keuse van huweliksmaat en jou getrouheid aan hom/haar aan te vat nie. Ek en Tokkie is fluks op pad na ons goue bruilof. Niemand het dit nog gewaag om iets daarvan te bevraagteken nie. Oor ander "liefdes"...
OU EN NUWE NASPERS
Na die "swart Woensdag" wat 6 September 1989 vir die Vrystaatse NP was - die KP het in die algemene verkiesing ses van die provinsie se 14 setels ingepalm – het iemand met galgehumor verklaar sy parlementere koukus sou voortaan gerieflik in 'n telefoonhokkie...
WIE GAAN WEN?
Pierre Spies snr. lê rieme neer doellyn toe. 'n Voorspelling oor wie Saterdag gaan wen? Sal dit nie waag nie. Die Cheetahs lyk na die oorweldigende gunstelinge. Maar 'n wedstryd word oor 80 minute op die veld tussen die wit lyne beslis. Een enkele oomblik van...
WYS, WAARDIG, WARM
'n Wyse, weloorwoë, waardige, wellewende en warme mens. Só het ek Johan Russouw gistermiddag in 'n huldeblyk by sy gedenkdiens in die NG kerk Bloubergstrand genoem. Hier volg die volledige huldeblyk: Die einde van Johan Russouw het ontnugterend snel aangebreek. Sy...
40 JAAR NA SOWETO ’76
Percy Qoboza en Tehobo (Tsietsi) Mashinini sal vir altyd in hierdie Afrikaanse koerantmens se geheue afgeëts bly. Ek het 40 jaar gelede net na die Soweto-opstande in 1976 op die Harvard-kampus met die twee te doen gekry, en kan na al die jare nie help om te...
Mamma, waar kom Pendoring vandaan?
Die 90's was nog jonk en Suid-Afrika aan die vooraand van 'n splinternuwe bestel toe mense met hul mes in vir Afrikaans 'n kans sien om die dolk in te dryf. "Afrikaans is history," het 'n reklamebaas een aand ná 'n paar Skotse watertjies in die Jakkalsbessiekamp in...
OM WEER TE WEN
Die verstommendste woorde ná die rugbyramp in Durban het uit die mond van die hoofafrigter gekom. Mnr. Allister Coetzee het kans gesien om op TV voor die verslae Suid-Afrikaanse rugbypubliek te staan en te verklaar: Teen 22 -15 was ons nog in die wedstryd. Wat...
EIE BLOEDFAMILIE
Nooit gedink as ek kaartjies vir 'n familiebyeenkoms begin pos dat een gerig sal wees aan Rolene Strauss (Roelien, soos ek haar geken het) nie. Natuurlik sal ouma Elsie van Bloemfontein ook genooi word. Oupa Johann is ongelukkig al geruime tyd langboompies toe. Die...
BLIK VOL KLIPPE
Wyle Fred Schnetler, meesterlik op die gebied van motors en musiek, het die pikante gewoonte gehad om vir vriende op bakenverjaardae CD’s te sny met musiek uit hul geboortejaar. Toe ek in 2001 60 word, was ‘n Fred-CD in die pos. Toe Tokkie vyf jaar later volg, ditto....
MIKROFOON-MOLESTE
Seremoniemesters as spesie is nie op hul mond geval nie. Party maak soms hul naam krater en sit hul voet in die mond. Name, name, name … met name moet 'n mens tog so allerversigtig wees. Dit het ek as koerantman as't ware aan moedersknie geleer. As jy nie is nie, kan...
SPRINGBOKGLORIE
Ek was 10 jaar oud en in standerd vier (graad ses) aan Port Natal in Durban toe 'n vlammetjie in my aangesteek is wat ses en 'n half dekades lustig gebrand het. Daardie vlammetjie begin nou flou raak. Uitbrand is sy voorland, vrees ek. Ek praat van rugby. In Julie...
SPEKE SING VIR BOEKE
My fiets het die pad van die huis na die biblioteek so goed geken dat dit amper nie nodig was om te stuur nie. So dink ek baie jare terug – na my standerd vyf-jaar (graad 7-jaar) in 1951 op Potchefstroom – in 'n gesprek met die Oos-Vrystaatse digitale nuusportaal...
VERWOERD: 50 JAAR GELEDE
WAARMEE assosieer jy die naam Hendrik Frensch Verwoerd? Nege uit die tien keer sal die antwoord waarskynlik dadelik kom: apartheid. Hy was immers bekend as die Meneer Graniet van apartheid, wat nêrens wou skietgee nie. Ek assosieer die naam ook met iets anders:...
BRULLENDE KLIMAKS
Met soveel oorgawe het ek leeus nog nie hoor brul nie. Dit was asof die maanhare van die kontrei op Balule toesak vir ‘n magtige klimaks. Dit was Woensdagaand 24 Augustus 2013. Balule V - ‘n okkasie vir groot ure om groot vure; van herinneringe opdiep, stories...
BOSHUIS SE MURE
Teen die mure van ons boshuis, Tarlehoet, hang 504 foto’s. Die feit word vermeld met die komplimente van kleinseun Thomas Claassens (12), ‘n ontluikende statistikus van formaat. Thomas het van vertrek tot vertrek geloop en elke liewe foto opgeskryf. Ook die op die...
KEES-KOEKEDORE
As jy kan lag met ‘n traan, is die omgekeerde seker ook moontlik – jy kan grens met ‘n grininik. Laasgenoemde verskynsel is nogal eie aan Sabiepark. Eienaars sal wurgend vertel van hul jongste onplesierigheid met bobbejane. Net as jy voel om saam in trane uit te bars,...
OLIFANTE OM JOU STOEP
Nie op ons stoep nie – genadetjie tog – maar by ons stoep, langs om stoep, teenaan ons stoep – daar het die jongste “anderster stoepstorie” hom verlede nag by Tarlehoet ontvou. In die vorige blog vertel ek van die hiëna wat enkele dae gelede so skielik langs ons...
ANDER SOORT STOEPSTORIE
Ons eet by die ronde tafel op die donker voorstoep. Die muurliggie se gloeilampie het die gees gegee en die enigste lig kom van twee outydse lanterns. Tokkie hoor ‘n geritsel en gryp haar flitsie. Toe sy die lig na regs swaai, sien ons gelyk die ongenooide gas op die...
BOBAAS-BOULDERS
Ons het skaars begin om die heerlike geriewe en merkwaardige uitsigte op die eksklusiewe watergat van die boskamp Boulders te ontdek, toe twee verwelkomingskomitees opdaag. By die watergat het twee olifante kom drink. Oor die rotse by die braaiplek het die...
OP DIEREPAAIE
Luiperd by die piekniekplek. Die nuus trek soos ‘n veldbrand deur Sabiepark. Skielik wemel dit van eienaars en gaste met kameras en verkykers. Tot op datum het ons hierdie vakansie drie keer luiperds in die omgewing van ons eie “Leopard Rock” by die piekniekplek...
DIS MOS KOS UIT DIE BOS!
Al gehoor van ‘n “kers-aand” in Julie? Wel, kyk na die treffende foto hierbo. Kleinseun Jacob (12) het met ‘n versameling kerse uit Ouma se voorraad die gewone ronde tafeltjie op Tarlehoet se stoep in ‘n feestelikheid omgetower; ‘n eer vir die aand se spyse van die...
KEES IN DIE KOOI
Ontnugterings wat die uwe al in Sabiepark te beurt geval het, sluit in ‘n langdurige kuier van ‘n vasgekeerde veldlikkewaan. In sy wanhopige pogings om uit sy “tronk” te ontsnap, het die meneer aansienlike skade aangerig. Verflenterde gordyne en stukkende breekgoed...
SO IS DIT NOU
In kollega en vriend Johan van Wyk se eerste boek, So was dit, het hy ‘n buiging na die uwe gemaak vir my rol om hom te bly druk om ‘n boek van sy kostelike (en kosbare) skryfsels op die rak te kry. Ek het inderdaad al van die 1980’s af met hom daaroor gespook. Ek was...
ONDER EEN DAK
Kort nadat ek in 1980 van Beeld af Die Volksblad in Bloemfontein toe is, het ek my ou tuisstad Kimberley besoek. Ek het Tokkie Diagonaalstraat 10 gaan wys waar ek van 1944 tot 1950 gewoon het, waar my pa in 1946 oorlede is en waaruit ek in 1947 by die Laerskool...
KOUE VOETE
Oorstelpende reaksie gekry op my stuk oor Pa Seun (vorige blog), veral nadat dit ook in By, naweekbylae tot Die Burger, en op Netwerk24 gepubliseer is. Wonderlik dat my herineringe ook ander mense se herinneringe geword het. Hieronder volg ‘n briefie van ‘n...
VADERHART VOL LIEFDE
Aan herdenkingsdae soos Vadersdag en Moedersdag het ek min erg gehad. Te kommersiëel. Vadersdag 2016 tref my anders. Ek het ontdek dat Vadersdag vanjaar plus-minus met die 70ste herdenking van Pa Seun se dood saamval. Vadersdag is Sondag 19 Junie. Pa het op 21 Junie...
KERK-INNI-BOS
Kerk in dreigende reën op ‘n verlate koppie op die oop vlakte; piekniek knus in die kerk tussen die kerkbanke. Waar gebeur iets so raar? Hier's leidrade: in dieselfde kerk is al ‘n vlakvarksog en ses kleintjies per ongeluk toegesluit, het ‘n dronkgeslaande hiëna by...
OP SOEK NA FOKôl
Vir elke diertjie sy plesiertjie. Vermoed ek het al voorheen hier vertel van Danie Krynauw van Melkbos wie se plesiertjie dit is om vir niksvermoedendes strikke te stel.Vir die doel hang hy meermale by die plaaslike Pick 'n Pay rond. Dis sy gunsteling-jagveld,...
SKEPPIE PAMPOEN
'n Man met 'n obsessiewe haat vir pampoen geniet aandete in 'n trein se eetwa. In 'n onwaaksame oomblik skep die kelner 'n ruim porsie op sy bord. Die passasier krap die pampoen eenkant toe. Die gewraakte oranje hopie loer steeds vir hom. Toe hy seker is niemand kyk...
MET GRASSNYER DEUR DIE KAROO
My eerste studenteryding was 'n Peugeot 203 van 1953 – weduwee se motor, goed opgepas. Een aand in 1960 vat ek 'n aster met 'n kort opwiprokkie na 'n tafeltennisoefening toe. Iets – weet nie wat nie - trek my aandag van die pad af. Ek mis die stopstraat op die hoek...
TEE VERDRA NIE ONREG
In die laat jare vyftig was “Tant Bella” (die lang ontslape Hotel Belvedere in Kerkstraat, Pretoria) se “tee” ‘n gewilde verversing onder Kollegemanne. In aansluiting daarby was in die koshuis selfs ‘n sogenaamde "boozeklub” - eufemisties bierklub genoem - met die...
VOOR TRONKDEURE
“Iewers is ‘n skroef los as tronkdeure oopgaan vir moordenaars, terroriste, rowers en verkragters, terwyl ‘n joernalis gevonnis word tot ‘n jaar agter die tralies net oor sy gebondenheid aan die eer van sy beroep”. Hierdie is dalk die “gevleuelde woorde” uit my lang...
Oor of mis?
Johan Bekker, HvD, Hans Kruger en Pierre le Roux “kaap”‘n donkiekar op ons 1961-rugbytoer. Rugby was in my tyd in Kollege (1958 -1962) ‘n saak na aan die gemeenskaplike hart. Groot wedstryde is gespeel, en dikwels gewen, want latere provinsiale spelers soos Nic Bojé,...
In Pap is Plesier
More uit Melkbos As dit pap reën, moet jy skep, lui die spreekwoord. Hoe liewer jy vir pap is, hoe ruimer skep jy natuurlik. ‘n Geleentheid om werklik ruim te skep, is Sabiepark se jaarvergadering, gewoonlik die eerste Saterdag in Julie. Die pap word deur...
Gatpaarties en P-Paarties
More uit Melkbos Met die terugdink aan Kollege en Asterhof se dinge in die vorige blog bokspring my gedagtes wild. Dit gee ‘n sprong amper 50 jaar terug. Na die jaar 1958 toe ek, ‘n manhaftige 17-jarige, my as eerstejaar-student aan die deurlugtige Universiteit van...
Vars Blogs
Van alles en nog wat.
AIKONA VIR OOP VOORDEUR
Lande sluit hul grense om hulle te beskerm teen vreemdelinge wat wetend of onwetend die Covid-19-virus kan binnebring. Die Kaapstad-Metro verwag – nee, eis – dat belastingbetalers hul voordeure oopgooi vir wildvreemde kontrakteurs wat nuwe koopkragmeters moet kom...
GOUE SEUN NIC BOJE
Elke keer as ‘n bohaai iewers oor studentemoleste ontstaan, gee my gedagtes ‘n groot sprong die verlede in. Kollege-tehuis toe – 60 jaar gelede. Die Kovsies en die Maties sal dit nou nie weet nie, maar in Tukkieland was Kollege ‘n gedugte plek. Die jare 60 was 'n...
WOONWA: NET EEN KEER GEBRUIK
In die klein advertensie in die koerant lees jy die TE KOOP-advertensie: “Woonwa. Amper splinternuut. Net een keer gebruik. Spotgoedkoop.” Die meeste kere is dit by die een oog in by die ander oog uit. Jy soek nie ‘n woonwa. So watwou. Dat agter die klein...
VLOERMOER OOR ‘N VOORBLADFOTO
‘n Voorbladfoto wat toe nie ‘n voorbladfoto was nie, was die voorloper vir ‘n vloermoer waarop die uwe nie trots is nie, maar wat ongelukkig nie weggewens kan word nie. Die suurderige herinnering dateer uit 1966. HvD neem die eerste keer waar as nuusredakteur van Die...
‘N SWARE GROETSLAG IN SKUKUZA
. In Skukuza, 2 000 km van Melkbos, breek more 'n waterskeidingsoomblik aan waar vele trane gestort gaan word. Na 29 jaar as leraar van die gemeente Krugerwildtuin lê ds. Carl Louwrens die tuig neer. Hy en Sarah verlaat hul geliefde wildtuin en gaan tree af in...
DEUR EN DEUR ‘N GROOT VERLIES
Op ‘n wynrak teen ‘n muur in ons woonkamer op Melkbos staan ‘n bottel Claret wat in die jare 80 vir Die Volksblad gebottel is (foto 1). Op die etiket is ‘n afbeelding van die ou-gebou se karaktervolle dubbel-voordeur met sy delikate bolig. Sentraal in die ontwerp is...
VETGESMEERDE BLITSKOERANT
‘n Sportskrywer se kopie is in ‘n blik aan ‘n tou uit die hoofpaviljoen van die stadion na ‘n wagtende verslaggewer laat sak. Hy is ore in die nek per motorfiets daarmee kantoor toe. Films is per bode met ‘n bromponie van die veld af kantoor toe gestuur. Die laaste...
LIEWE OU PIET
Liewe ou Piet ….. Dit was die opskrif van die hoofartikeltjie in ‘n spesiale Piet Gouws-uitgawe van Beeld se personeelkoerant, Beeld-Intro, met die ou vriend se vroeë aftrede in September 1998 weens swak gesondheid. Liewe ou Piet - só sal sy kollegs hierdie...