Op Melkbos woon ‘n skugter poe-eet

Wat ewe beskeie net HvD heet. 

Vandag sit ek my verslete versiemaker-keps op.  Wat my tot digterlikheid noop, is gister se mediese prosedure van kamera sluk (van bo) en kamera ontvang (van onder.) Veral laasgenoemde gaan sit nie in ‘n man se broek nie.

Almal wat al deur ‘n kolonoskopie is, sal weet van  Picoprep:

Dis ‘n turbo-purgasie

Van ‘n erge stoffasie;

Dit word ‘n lelike ding

As jy jou nie has-ie.

Na aanleiding van ‘n vriend wat wens jy kon liewer net ‘n knoppie druk en siedaar, die resultaat:

Deur elke denkbare kanaal

Van nasaal tot urinaal,

Al is dit ook hoe skeef en krom

‘n Dokter sal wel in kan kom.

(Parodie op  ‘n ou HvD-versie)

 

 

:

 

Deel dit: