MY STORIE BY WVK

CAPE TOWN July 3 1997 – SAPA

AFRIKAANS EDITOR TELLS TRC OF DEATH THREATS FOR SUPPORTING REFORM

A former Afrikaans newspaper editor on Friday revealed he received death threats during the apartheid years for propagating political reform.

Hennie van Deventer, chief executive of Nasionale Koerante, said in a personal submission to the Truth and Reconciliation Commission that at times he also worried about the safety of his family.

He was editor of Die Volksblad in Bloemfontein from 1980 to 1992.

Van Deventer said he pursued reform and reconciliation in editorials, columns and speeches since taking up this position. The general reaction was anger, rejection and open enmity, especially from rightwing Afrikaners.

“Personally, I was for a long time the target of never-ending telephonic venom and veiled threats against my life, daily and nightly,” Van Deventer said.

“There were times when I was on the verge of fear, also regarding the safety of my family.”

He said his submission was not an initiative on behalf of Nasionale Pers, publisher of newspapers such as Beeld, Rapport, Die Burger and Die Volksblad.

Instead, it was a recollection of his own career as editor to counter what Van Deventer described as a misconception that Afrikaans newspapers had been “slavish echoes” of the National Party.

A recent presentation to the Truth Commission by the Freedom of Expression Institute presented Afrikaans newspapers as having been campaigners for the preservation of white privilege.

“Their key role as drivers of political change within the broad Afrikaans-National community is simply ignored,” Van Deventer said.

“It is too easily forgotten what price Afrikaans newspapers, as well as the people behind them, had to pay for their efforts to persuade their readers of the need for new political views.”

Die Volksblad took the lead in efforts to break down barricades which kept Indians out of the Free State. It also did not hesitate to start creating an atmosphere for the release of Nelson Mandela, Van Deventer said.

“The first leading article in that vein was published on August 7, 1987, nearly a year before the leading article of Willem Wepener in Beeld (asking for Mandela’s release) which had so many repercussions.”

Van Deventer said when former State President P W Botha began publicly opposing the reform moves of his successor F W de Klerk, Die Volksblad confronted him in an open letter on the front page.

“The result was a bitter clash and the permanent disturbance of a long, hearty relationship between him and Die Volksblad, and also on a personal level.”

In the late 1980s, Van Deventer said he met senior African National Congress figures such as Thabo Mbeki, Pallo Jordan, Steve Tshwete, Trevor Manuel and Jay Naidoo at conferences abroad.

“With several of them I am on first-name terms. Mr Mbeki was a dinner guest in my house in Bloemfontein. What critics will find perhaps even more surprising, is that he made a special phone call to this ‘apologist for apartheid’ to congratulate him on his 50th birthday.”

Van Deventer said Die Volksblad could claim much credit for the way in which the Free State voted in the March 1992 referendum. Almost 55 percent of voters in the traditionally conservative province came out in favour of power-sharing with blacks.

“I think the foregoing suffices as background to my submission that Afrikaans newspapers and their editors who were in the political trenches during that time do not need to be repentant,” he said.

© South African Press Association, 1997

This text is for information only and may not be published or reprinted without the permission of the South African Press Association

 

AFRIKAANSE KOERANTE AS SONDEBOKKE’-  VIR PARTY TE ‘WIT’, VIR ANDER TE ‘SWART’ 

Hennie van Deventer

Afrikaanse koerante van die laaste dekade voor 1994 en die Kleurlinge van daardie tyd en nou bevind hulle in dieselfde bootjie in ongemaklike politieke vaarwaters. Vir die een groep is/was hulle te “swart”; vir die ander te “wit”.  Golwe breek van twee kante op die beleërde vaartuig aan.

Om my metafoor by koerante tuis te bring:

Vir een groep is die koerante die simbool van Afrikaner-oorgawe.  Hulle wat as ‘t ware ‘n laaste skans moes wees, het hulle skandelik laat manipuleer om dwase hervormers ter wille te word. Nou sit die land met die gebakte pere van korrupsie, misdadigheid, ineenstorting van infrastruktuur en wat nog (selfs leë damme).  Per se is hulle die argitekte van die ontnugterings wat die Suid-Afrika van 2017 vir baie van sy burgers inhou.

Vir die teenpool is dieselfde koerante fossiele wat tot by die laaste loopgraaf die gemaksone van die apartheidsideologie vir hulleself opgesoek het.  Hul aanspraak op ‘n konstruktiewe rol in hervorming is ongegrond; dit was kosmeties en oppervlakkig en het nie die jonger geslag van die kettings van en skuldgevoel oor ‘n bevlekte verlede bevry nie. Daarom die gedrewenheid van die sogenaamde Jong Turke om 20 jaar gelede by die WVK (Waarheids- en Versoeningskommissie) absolusie te gaan soek.  Seker daarom ook die gretigheid van kommentators om daardie gebeure telkens af te stof

Die verraad-skreeuers loop soos brullende leeus op sosiale media rond op soek na geleenthede om hul vitrioel uit te stort.  Selfs in ‘n gesprek oor die Kaap se waterkrisis op My Facebookblad het opportuniste onlangs die kans raakgesien om my as redakteur van die 80’s te gesel.  (“Wie’s jy om te praat; dis alles julle skuld!”) Hul narratief is tipies dié van ekstremistiese ver-regses in warmbroei-selle van die die AWB (Afrikaanse Weerstandbeweging) en ander vergete klein groepering van opstandiges. Ek ken dit.

Die tweede groep laat hulle geld in beredeneerde artikels op koerante se meningsblaaie.  Akademici soos die Lizette Rabe’s en Christi van der Westhuizens (albei oud-joernaliste) skryf beheersder, meer ontledend, en  bring geldiger insigte na vore. Hulle skryf egter eensydig verheerlikend oor die Jong Turke se UDI, en openbaar min begrip en simpatie vir ‘n redakteurskorps wat onder enorme druk van oral die stang moes vasbyt en rigting moes aandui.

Om albei groepe volledig op alle gesigspunte te probeer antwoord, is bo my vermoë. Die dinamika van daardie bewoë era was so kompleks dat dit gedetermineerde navorsing en ‘n omvattende boek sal verg om die Afrikaanse koerant se rol in die onstuimige dekades 80 en 90 behoorlik te ontleed en te evalueer.  Mag ‘n student met hope gesonde verstand, ondernemingsgees en ewewigtigheid tog maar die enorme taak die een of ander tyd aandurf, veral terwyl van ons ou garde darem nog ‘n paar strydrosse in die lewe en beskikbaar is om gedagtes uit te ruil.

As ek my dan in hierdie bydrae tot enkele kantaantekeninge beperk, is een kritieke vraag aan die vuurvreter-vingerwysers en verraad-skreeuers: waarom die koerante so moedswillig van verwante Afrikaner-instellings en –organisasies isoleer.

As die Afrikaanse koerant Afrikaners in die steek gelaat en met duistere motiewe verraad teenoor hulle gepleeg het, dan het die Afrikaanse kerke dit mos ook gedoen? En Afrikaanse kultuurverenigings soos die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) en die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging).  Ook die AHI (Afrikaanse Handelsinstituut).  En, glo dit as jy wil, boonop die AB (Afrikaner-Broederbond), hoeksteen van Afrikaner-hegemonie.

Nie almal het ewe vinnig of ewe volledig by die insig uitgekom dat dringende hervorming van die bestaande onregverdigbare en onvolhoubare Suid-Afrikaanse bestel noodsaaklik geword het nie, toegegee.  Maar almal het mettertyd tog die lig gesien oor kwessies soos die morele regverdigbaarheid van daardie bestel; oor regverdigheid teenoor almal; oor gesonde demokratiese waardes en oor vereistes vir die volhoubaarheid van ‘n stabiele Suid-Afrika.  Almal het ‘n faktor geword in die onstuitbare hervormingsmasjien waarvan die koerante en die AB, glo ek, in die pylvak die ware dryfkrag gegee het.  Ek was by albei betrokke. Daaroor sal ek my eie “skuld” soos ‘n man vat!

Sou dit in die oë van hierdie kritici dan net die AWB en sy kornuite wees wat as enigste heldere lig van ware insig in die Afrikanerdom oorgebly het?  Was die ander maar net almal te verblind deur die glans van verwagtinge van ‘n rooskleurige nuwe toekoms dat hulle daardie lig so skromelik misgekyk het?  So ‘n aanspraak sou tog te gek wees om ernstig op te neem.

Soos die identifisering van die koerant as sondebok nommer een vir  my bra raaiselagtig is, is dit ook nogal raaiselagtig dat skynbaar gedink word die Suid-Afrika van voor 1994 sou eenvoudig so kon kontinueer.  Dit is immers die Utopië waarheen koerante se aanklaers die boek se vergeelde bladsye wil terugblaai.  So asof in die oplaaiende swart drif, sanksies, toenemende internasionale isolasie, ekonomiese sukkelgang et al nie in sigself die kiem van ‘n kwade ineenstorting (selfs ‘n vernietigende revolusie) opgesluit was nie.

Om op Facebook of waar ookal met hulle te redeneer, kan kwalik ‘n vrugbare resultaat oplewer tensy hulle eers ‘n volledige scenario gee van hoe ‘n “voorspoedige” Suid-Afrika in 2017 volgens hulle daar sou uitsien indien pres. FW de Klerk, die NP (Nasionale Party) die hele falanks van hervormingstutte in Afrikanergeledere en ‘n tweederde-meerderheid van witmense dan nie by die groot kruispad in 1992 eendragtig JA sou gestem het nie. Sou dit in hul oë maar net “business as usual” gewees het?  Oortuig my asseblief van ‘n werkbare model onder ‘n krimpende minderheidsregering, mense. Dan praat ons verder.

Vir die tweede groep het ek ook ‘n waarom of twee. Dalk drie.

Sapa se verslag van my persoonlike voorlegging aan die WVK is by  http://hennievandeventer.co.za/my-storie-by-wvk/.  In die dokument, wat aanvanklik slegs vir Ton Vosloo se oë bedoel was en amper op die ingewing van die oomblik sonder goedkeuring van bo WVK toe gepos is, betoog ek dat Afrikaanse koerante te midde van die ergste intmidasie, viktimasie, doodsdreigemente teen hulle en hul gesinne, asook dreigemente van brandstigting en selfs bomme by hul koerantgeboue, moes vasbyt en bly stry vir ideale waaraan hulle glo.  My aanspraak is dat hulle nogal hul plig gedoen het.

Prof. Lizette Rabe het in die verbygaan vlugtig na my voorlegging verwys. Die meeste nuwegeslag-kommentators ignoreer dit asof dit nie bestaan nie. Waarom? Sou dit nie ‘n ewewigtiger beeld van die heersende situasie en omstandighede skep om die werklikhede van die dag wat daarin grafies na vore gebring word, ook te verreken nie?

Verder: Engelse kommentators van die kaliber van die perskommentator James McClurg van die Cape Times en selfs buitelanders het nogal meriete in Afrikaanse koerante se kampanjes vir hervorming raakgesien.

Oor die pogings van verligte Afrikaanse redakteurs het McClurg soos volg geoordeel: “That they [verligte Afrikaans editors] have succeeded at all [in discarding the myths and visions with which Afrikanerdom has long encumbered its sons], given the pressures to which they have been subjected, is a mark of courage.” En meer persoonlik oor Die Volksblad: “Batting on the sticky wicket of the conservative OFS, Die Volksblad has shown consistent courage.”

In die boek South Africa’s Resistance Press: Alternative Voices in the Last Generation under Apartheid deur Les Switzer en Mohamed Adhikari (Ohio University Press, 2000) lees ek: “Real opposition in Afrikaner press circles against grand apartheid, however, stems from the 1980s, and it came from newspapers in the Transvaal and Orange Free State. Ton Vosloo, editor of Beeld, and Hennie van Deventer, editor of Die Volksblad, for example, were critical of the government’s ban on the ANC and other opposition groups.”

Ek beklemtoon graag die begrip “real opposition against grand apartheid”, en ook dat voorloper-kollega Ton as redakteur van Beeld reeds in Januarie 1981 voorgestel het dat met die ANC gepraat word: sewe jaar voor dr. Niël Barnard se eerste gesprek met Nelson Mandela in Pollsmoor, agt jaar voor PW Botha s’n in Tuynhuys, en amper ‘n dekade voordat die aanstaande president en internasionale ikoon op Sondag 11 Februarie 1990 uit die Victor Verster-gevangenis sou stap.

Waarom skeer hedendaagse Afrikaanse kommentators sito-sito oor sulke betekenisvolle uitsprake en feite heen asof dit nie bestaan nie?  Waarom die blinddoek vir die uiterste inspanning wat dit van koerante geverg het om weerspannige, wantrouige en skeptiese lesers se vertroue te wen? Waarom net die verset uit eie jong geledere teen die ou Nasionale Pers so  beklemtoon asof dit die enigste norm vir politieke eerbaarheid sou wees?  Waarom die redakteurs se rol so onderspeel asof dit met oneerbaarheid besoedel is?

Tot aan die graf sal ek bly glo dat Afrikaanse koerante in ‘n stormagtige en uitdagende era ‘n kragtige (en eerbare) rol gespeel om die harte en verstande van gewone Suid-Afrikaners vir verstandigheid en realisme te wen, en voetslepers te swaai. Hul welslae kan gemeet word.  Die uitslag van die referendum van 1992 is ‘n betroubare barometer.  Was ‘n vreedsame oorgang daarsonder moontlik?

Wanneer Afrikaanse koerante en redakteurs van daardie tyd  bygedam word, uit watter oord ookal, word die goue reël van audi alterem partem nie juis so eerbiedig dat ‘n mens dit sal agterkom nie.  Nouja, dan is dit maar soos sake staan.  Elkeen vertroetel tog maar sy eie vooroordele.

 

Deel dit: