Die spasie in my boekrak wat vir eie titels gereserveer is, huisves nou 22 boeke.  Hulle is die volgende:

Gevorderdheid in jare kan die beste waargeneem word in vier dinge: ou hout om te brand, ou wyn om te drink, ou vriende om te vertrou en ou skrywers om te lees.

 – Francis Bacon

Scoops en skandes (Tafelberg, 1993)
Flaters en kraters (Tafelberg, 1996)
Oos, wes – reismoles! (Human & Rousseau, 1998)
Kroniek van ‘n koerantman (Tarlehoet, 1998)
‘n Vriend vir altyd (Human & Rousseau, 2000)
Halfpad hemel toe (Tarlehoet, 2001)
In kamera (Protea Boekhuis, 2003)
Polisie, polisie, ons reenboog is geroof (Tarlehoet, 2003)
Buurman van die Wildtuin (Tarlehoet, 2004)
Mayafudi (Tarlehoet, 2005)
Sabiepark – ons foto-album (Tarlehoet, 2006)
Mayafudi – memories of an elephant  (Tarlehoet, 2006)
Oifante Onbeperk (Tarlehoet,2007)
Byl in my bos (Griffel Media, 2009)
Praat-praat  in Tamatiestraat (Griffel, 2010)
Duisend dae langs die Sabie (Tarlehoet, 2011)
Lewensgroot en Groter (Tarlehoet, 2012)
Laatoes -kykweer van ‘n kanniedood-koerantman (Naledi,2017)
Na verre hawens (Naledi, 2019)
Koerant (De Novo, 2021)
Bure van nature (Protea, 2021) 

Koerantkamerade (Naledi,2021)

Die e-boek Spore in die Bos het by e-boeke vir Afrika en De Novo Uitgewers verskyn. Praat-praat in Tamatiestraat, Kroniek van ‘n Koerantman en Koerant  het ook as e-boeke by De Novo verskyn,

REAKSIE OP “KOERANTKAMERADE”  

JOHANNES FRONEMAN:

 Hierdie is ‘n skat van lekker leesstof en span die kroon op Hennie se uiters vrugbare aftreejare waarin hy ‘n hele aantal boeke die lig laat sien het, skryf Johannes Froneman oor “Koerantkamerade” op sy webblad mediamense bylae .

 FLIP SMIT:

Jy is loshande die aktiefste afgetrede redakteur met Ebbe tweede.

Geluk met jou nuwe boek. Ek het die vorige een Kroniek van … baie geniet. P W  bel jou . Ou grootman ek laat nie dat joernaliste vir my sê hoe ek die land moet regeer nie.

Ek het veral jou artikel oor Izak in Die Kerkbode baie geniet.

Izak was my tutor in Afrikaans op Stellenbosch en het altyd na my as sy student verwys.

Besonder begaafde mens. Maar ek glo n groot ondiens om hom sommer redakteur van Rapport te maak.Jy weet n redakteur kom deur die ranks. Dieselfde met Wimpie de Klerk. Ton sê tereg hy het Rapport REGS gestoot. Agterna gesien was Izak nooit soos meeste mense bewierook deur die wonderrwerk wat paasvind nie. In sekere opsigte was hy tog reg . Jammer hy is as verbitterde man dood.

BEN SMIT:

Die inhoud is veel meer as wat ek verwag het. (Ek hoop verwag het meer as een betekenis!)

Dit is met groot waardering dat ek die voorreg het om die boek se skrywer  te ken. Ek weet nie hoekom dit so is nie, maar as ek my weer kan kry biggel dit. (Dit is tog seker net trane wat biggel?) Sowat van puntenerigheid om die taal korrek los te laat op die publiek het ek nooit kon droom nie!

Ek was seker te jonk en onervare om myself af te vra hoekom ek uitgenooi was deur Prof Piet Cillié en Willem Wepener vir ete. Miskien was dit omdat ek ‘n paar ouens van Groote Schuur aangevat (koerantbrief) het oor aspekte van borskanker, of dalk het hulle my brief/artikel gelees oor kernkragsentrales (kan nie stasies wees nie want daar is nie spore van treine nie!) Miskien het Willem geweet dat ek van Tweeling afkomstig was, want aldaar het ek sy twee susters geken (of twee van sy susters). Hy was ietwat verbaas dat hierdie snotkop hier in die Kaap uitgeval het! Bethelehem is heelvat groter as Tweeling, en as daar nie drie wyse manne in Bethelehem (OVS) gevind kon word nie, waar het Johan Heyns, Oom Freek Marais en die Human broers in Tweeling vandaan gekom? En die nuttige kateter in die kerk vir blaasprobleme?

Goethe: Ek was eenkeer in Dȕsseldorf en het ‘n senior funksionaris van Siemens iets uitgevra oor die gevierde Goethe. Hy het van niets geweet nie, en een van sy personeellede het die naam vir hom uitgespel: “Ach so! Gooth!” Miskien het oom Ben by daardie Duitser kers opgesteek!

Wimpie de Klerk en broer FW het albei op gevorderde leeftyd hulle “midlife crises” gehad, lyk dit my! (Wimpie lyk dit vir my, was onse Piet se held!)

Is ‘n Rover regtig baie beter as n Cortina? Duurder wel!

Grappies op ‘n stokkie. Die meeste van hierdie koeranthelde is afgestorwe en elkeen was ‘n “held van die daad” wat beswyk het na “swoeë en swerwe!”  Die inherent tragiese bestaan van elke mens het telkens ontroer- die bewonderenswaardige arbeid en ‘commitment’  van hierdie flytige en skrander mense het my weereens laat besef hoe gering my eie bydrae was en die wete dat ek ook graag as ‘n item in die boek sou wou gewees het, geweldig begeesterd maar helaas sewentig jaar of so te laat!

Dan is daar die taalgebruik, die pragtige vergelykings uit jou pen en die byderwetse woorde soos bv idool! Jy is heel gemaklik ‘een vir vele medekoerantskrywers!

Daar is te veel blink en skitterende items mbt taalgebruik om op te noem; ek is maar net dankbaar dat ek hierdie juweeltjie met soveel fasette, uit jou pen kon lees!

NS

Harvard: Ek het gemerk dat jy nie te opgenome was met die liberals aldaar nie.

Ek was bevoorreg om meer as een keer daar te kom- as die gras groen is, wat skynbaar maar net vir ‘n week of twee hou!

Daar was ek goed ontvang en die pragtige boerplek van “Beste Professor” en die bibioteek is aan my vertoon. Die gashere het so ‘n bietjie moedswillig vir my gevra of ek nie dalk die studente wou toespreek nie; maar so dom was ek darem nie! Ek het my ietwat vererg en toe doodonskuldig gevra of die (Charles) rivier die Missippi was “waar die manne gesing het “Coloured folks work while the white man plays” (Uit “Showboat en Ol’ Man River”).  Ek was nie verder gepla met politiek nie; Ou Abraham Lincoln het maar net meewarig na my getuur!

JOHAN VORSTER:

 ‘n Moet vir elke beskaafde boekrak.

 FRIKKIE LOMBARD:

 Pragtig geskryf oor Charles Fryer (woordman sonder woorde), Hennie! Kwit, ek is nou 68. Hy, soos ook my pa, het dit nie verder as 68 gemaak nie. Ek geniet die skryfwerk: Jy moet nie die lier te vinnig aan die wilg wil staan en hang nie …

Na verre hawens

Vir Louise Vijoen se resensie op Maroela Media klik op: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-na-verre-hawens/

Vir Sarel Venter se lesersindruk op Litnet, klik op: https://www.litnet.co.za/lesersindruk-na-verre-hawens-deur-hennie-van-deventer/

Laatoes

Vir Danie Botha se resensie op Litnet klik op: https://www.litnet.co.za/laatoes-kykweer-van-n-kanniedood-koerantman-deur-hennie-van-deventer-n-fmr-resensie/

Vir Herman Lategan se onderhoud op Litnet klik op: http://www.litnet.co.za/n-kanniedood-koerantman-n-onderhoud-met-hennie-van-deventer/

Vir Wordsworth se bekendstelling lees hier:

Hennie van Deventer het diep spore in die joernalistieke wêreld getrap, onder meer as redakteur van Die Volksblad en  uitvoerende hoof van koerante by Naspers. In die ongeveer twintig jaar sedert sy aftrede kon hy weer met mening begin skryf. Laatoes is geneem uit sy pennevrug in hierdie tyd: talle bydraes vir koerante, dagblaaie, blogs, Litnet en Netwerk24.

Die onderwerpe is uiteenlopend. Herinnerings by herdenkings van groot gebeure soos die moord op Verwoerd en die Soweto-opstand kry ’n onverwagse invalshoek, terwyl nostalgie die “afsterwe” van Sapa, herdenkingsgeleenthede en eerbewyse aan afgestorwe medejoernaliste kenmerk. Dan is daar natuurlik ook die baie ernstige sake, soos die Bokke se neerlaag teen die All Blacks en sy vrou se sewentigste verjaardag.

Die verrassende (of dalk nie?) ervarings met diere in die Krugerwildtuin sorg vir baie vermaak. Luiperds in hul erf, ratels op die stoep, vlakvarke in die kerk…  Laatoes is ’n heerlike bundel.

 Spore in die bos – Swerftog van ‘n Olifant

Vir resensie deur Anton J. Jansen op Amazon klik op: https://www.amazon.com/Spore-die-Bos-Swerftog-Afrikaans-ebook/dp/B0087B7DOU#customerReviews

Stergradering 4  -“Fabelagtige ervaring”

 

.

Deel dit: