Welkom by Tarlehoet

Enige tyd van die dag of nag kan ‘n mens in Sabiepark  verras word – tot deur ‘n rondloper-luiperd op jou stoep.

By jou voordeur daag kameelperde op wat sappige blare kom soek, koedoes, sebras of wildebeeste wat kom suip, ‘n duikertjie of twee, ‘n gesin verkennende vlakvarke. Hienas maak gereeld hul opwagting.

‘n Luiperd op Tarlehoet se stoep. Caroline Pols se merkwaardige foto van luiperd se kind wat dae (en nagte) lank doodgerus en tuis op Tarlehoet se stoep verwyl het. .

Vir ‘n lekker Wildtuinkuier op die web, besoek gerus www.thekruger.com

Deel dit: