Lewensgroot en Groter

Lewensgroot en Groter bevat ’n keur uit sy blogs by hennievandeventer.com en lignetblogs en handel oor ’n verskeidenheid mense. Hy skryf in die voorwoord dat hy oor 224 bladsye veral oor “eie mense” skryf – naastes oor wie hy die pen in deernis doop. Daar is ook mense oor wie hy soms afsydiger skryf. Behalwe familie en vriende maak bekendes soos Nelson Mandela, Thabo Mbeki, Ton Vosloo en selfs André Rieu, André P. Brink, Chris Louw en Max du Preez hul buiging.
Van Deventer skryf oor geëerde ontslapenes soos Swanie Human, Ema Strydom, Johan Uys (vervoerdienste) en Pieter de Kock (voorheen van die Hotel Roberta).
Dan is daar kranige kollegas soos Johan van Wyk, Herman le Roux, Sarel Venter, Piet Theron en Frikkie van Rensburg oor wie hy skryf en ander bekendes soos appèlregter Gustav Hoexter en Margaret Wessels (Matrieknooi 1991).
Selfs sy skoonma, Marietjie van Wyk, se Bultfonteindae kry ’n beurt en so ook sy swaer Fanie van Wyk wat uit Bultfontein ’n Suid-Afrikaanse kampioen in die 440 m geword het.
Van Deventer sê die blogboek is vir hom ’n hartsding.

Deel dit: