In Kamera

In kamera staan vir “in vertroue” en “in die kamera se oog”. ’n Leunstoelsafari wat begin in ’n “nursing home” naby Babanango en oor Tuks se kampus loop deur Ienkkonserte, modderbaddens en broek-raids, Harvard se kampus, 12 jaar in Die Volksblad se redakteurstoel en jare as Uitvoerende Hoof van Nasionale koerante.

Die leser sit aan by staatshoofde se etenstafels, sien invloedryke figure in hoogs informele situasies en hoor gesprekke ver van die openbare oor. Maar dit is ook ’n intieme blik op die mens agter die openbare figuur en sý mense. Die byl het al in sy bos begin inlê maar: “Die lewe was vir my goed. Op die pad van Babanango tot Melkbosstrand het baie mense waarde toegevoeg”.

Deel dit: