Byl in my Bos

n Bekende het my een keer nogal kortgevat toe ek hom uit verbeelde hoflikheid meedeel dat iets oor hom in ‘n aanstaande boekie uit my pen sou verskyn. “Wat wil jy hê moet ek doen?” wou hy iesegrimmig weet. “Moet ek uithardloop en jou boek gaan koop?”

Ek wys graag vandag die omslag van waarslynlik die uwe se laaste boekie, Byl In My Bos, wat in Augustus/September sy buiging maak.Wat wil ek hê moet julle doen? Natuurlik wil ek graag hê julle moet uithardloop en die boekie koop, maar darem nie nou al nie. Dus sal ek nader aan die tyd weer herinner.

Van daardie omslag het ek die bekende boekemeisie Chrisna van Rensburg, uitgewer van Kakkerlak (“Te kort jou skoonheidsduur, roos van my hof …..”), wat die Engelse noem ‘n “sneak preview” gegee. Haar kommentaar? “Sjoe, dit is verskriklik mooi! Is dit ‘n foto? Lyk eg en pragtig.”

Deel dit: