!cid_image001_jpg@01D4E088 !cid_image043_png@01D4E088Eskom se ellendes is geen grap nie. Hoe af dan vir diegene wat met ‘n slim stukkie spot, ‘n kwinkslag of humoristiese kommentaartjie die gemoed ietwat verlig.

Dit sluit die spotprenttekenaars in, soos Zapiro en Beeld se Niel van Vuuren.

Beurtkrag Fase 4 (en die gevaar van nog erger aanslae van die duisternis) herinner die uwe aan ‘n storie van vele jaar gelede oor wat die Engelse as “hel op aarde”  beskou. Dis glo ’n plek waar:

Italianers die soldate is;
Duitsers die polisie;
Belge die popsangers;
Swede die komediante;
Grieke die regering vorm;
Spanjaarde die spoorwee bedryf;
Skotte die kroegmanne is;
Die spraaksame Iere die politici is,
En Nederlands die amptelike taal is.

Daardie storie is natuurlik lankal verlede tyd. Meen, die Spaanse spoorwee loop darem stukke beter as Prasa se gesukkel, of hoe?

Nou met Eskom se dinge kan ons by die ou grappie seke rook sonder skroom ‘n nuwe kategorie van “hel op aarde” voeg: ‘n Plek waar die Suid-Afrikaners (lees ANC-kaders) die elektrisiteit moet verskaf.

Ek glo ook nie dat die berugte Grieke juis by die nimlike kaders kan kers vashou om ‘n land ferplie op te foeter nie!