TOEGEVOEGDE WAARDE

IMG_2214-001

IMG_2215

More uit Melkbos

‘n Koerant moet ‘n mens nie op sy baadjie takseer nie.

As jy klaar gelees is, gooi jy hom nie sommer weg soos ‘n nikswerd-piesangskil of die blikkie waarin blikkieskos was nie. Jy draai bevrore vleis daarin toe om dit koud te hou vir lang ritte. Jy vee die hond se plassies daarmee op. Jy voer dit vir’n honger donkie. Jy is te dankbaar oor die beskikbaarheid as jy skielik papier op sy dringendste nodig kry en die verfynde vorm vir daardie doeleindes ontbreek.

Ja-nee, die toegevoegde waarde is enorm.

In die Suid-Tirooolse vakansiestadjie Merano ontdek hierdie gryse koerantman toe nog ‘n nuwe nut wat aan hom onbekend was. Op ‘n straathoek pryk dit – ‘n reuseblombak van monumentale hoogte en omvang. Op die foto heelbo verdwerg die struktuur vir HvD – en dit verg nogal ‘n struktuur van stoffasie om HvD te verdwerg! Bo is ‘n nabyskoot vir mense wat lus is om daardie Tiroolse vindingrykheid na te aap. (hvd)