More uit Melkbos

Ja, Jacob, Thomas en Sasha het Oupa en Ouma verlede week gewoel. Nou’s hulle huis toe. Hul plekke is leeg.

Nuwe oorslaapgaste is Intwa en Manzi. Die Van Deventers (junior) kuier in Sabiepark.

My sinusoperasie more is gekanselleer. My entoesiasme vir die chirurgiese ingryping in my kanale het die laaste dae vinnig getaan.

hennievandeventer.com kom, ja, hy kom. Party bladsye is nog onder konstruksie. Bouhelms is nodig! Maar krap maar tussen die bourommel. Dalk delf jy iets uit.

Ben van Rensburg en Rina Koen slaap vanaand hier. Sy kom o.m. help om die uwe se “Wall of fame” te herstruktureer.

Alf Ries is in die hospitaal vir pynbeheer. Gaan vandag darem heelwat beter as gister. Toe het hy gekrul.

Van Sarel Venter ‘n e-pos ontvang. Die ongeluk het die stomme mense die laaste ruk gery. Maar gelukkig darem niks te ernstig nie.

Carel en Sarah Louwrens van Skukuza het vanoggend kom tee drink. Lekker gewees om “ons Wildtuin-dominee” te sien.

Wens ek kon weet of iemand ooit die “bloggery” (bogtery?) lees….

Groetnis

HvD